English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 504
Total Replies: 234 930
Total Views: 82 553 731
topics: 10 944
replies: 127 803
views: 38 963 985
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ford in oorvloed.

replies: 81
views: 1227
page 1 of 2
20 Sep 2019 @ 21:37:22 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2053
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Sit by n gewilde en groot oord wat stampvol geboek is. 

Dit is half ongelooflik om te sien hoeveel mense aanklank vind in Ford. Orals waar jy kyk is Ford. Bakkies, Suv's. You name it. Moet regtig mooi kyk om iets anders te sien.

Dan verstaan ek nie hoe mense reken dat Toyota n beter verkoop syfer wys. Beslis nie hier onder kampers nie.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 01:10:10 am
Hennie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 14 years

Hier kom 'n ding !!.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 06:14:34 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6430
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Hulle is seker op spesial.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 07:15:39 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Al die Toyota manne is hier by my.

Hulle kamp nie die naweek nie.

Gee Ford n kans opdie pad.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 07:18:45 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 275
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Stem saam Bakoor.  Dieselfde gebeur in die Skiboot wereld.  Volgens Lightstone se statestiek het die Ford Ranger se bubblecab reeks al in 2015 41% van die mark gevat.   Ek sal graag wil sien hoe lyk die syfers nou wat elke tweede bakkie is n Ranger

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 08:24:54 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1941
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Hoe het die destydse grappie nou weer gegaan oor n ander fabrikaat........"nes aambeie......Koes Koes sorry.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 10:27:14 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Hoe het die destydse grappie nou weer gegaan oor n ander fabrikaat........"nes aambeie......Koes Koes sorry.

Dit is Leon Coetzee se sê ding.

Hulle sê,

Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself sal doen nie.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 11:36:03 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 886
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Wel, my ervaring by Eiland Spa (die afgelope winter) was ongetwyfeld anders. Ja, daar was etlike Ranger's en Territory's. Maar die Toyota's was by verre in die meerderheid.

Toe ons die afgelope Maart/April Namibië toe was, het ons op 'n stadium die verskillende fabrikate (SUV's en D/K's) getel. Ek kan nie meer die presiese syfers onthou nie (het dit op 'n ander forum genoem), maar daar was meer Toyota's as al die ander fabrikate tesaam. In Hentiesbaai het ons geskat dat 80%+ van die vissermanne ry Toyota.

Op 'n ligter noot - toe my seun vir een van die toer-operateurs (wat begeleide toere tussen Lüderitz en Walvisbaai aanbied) vra of hy iets saamsleep, was sy antwoord (hy ry 'n Cruiser-bakkie): "Is jy be%$*? Mens kan nie in daardie sandduine nog iets saamsleep nie. Al wat ek by geleentheid sleep, is Ford's wat vassit".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 13:57:18 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5204
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ja nee ek verstaan ook nie want nerens anders in die wereld sien jy dit nie? Miskien is dit net wense en drome daarso??? Kort dalk brille

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 18:21:00 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 275
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Brommer julle toyota manne se oe is rooi gehuil oor die ou bokkies.  Dis waarom julle nie al die rangers sien nie

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 19:07:38 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2053
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hierdie draad is nie om toyota by te kom en is n opregte opmerking by n kamp. Hier is as ware honderde kampers en was nog nie by so vol kamp. Ford se teenwoordigheid is opmerklik die meerderheid by vêr. 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 23:39:16 pm
kleinman
Silver Member
48% Profile Strength
Posts: 55
Joined: 27 Nov 2017

"I'm just here to read the comments...😁"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 08:59:25 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek stem saam

Net 40% van alle voertuie is Toyotas. Die ander 60% is AL die ander karre SAAM.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 09:47:06 am
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 374
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

It all about your personal taste and branding.  

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 12:29:49 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2053
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek sê wat ek sien. En die vraag het jy my opgekom. Hoe is dit moontlik dat Toyota top verkoper is.  Orals waar ek kyk is dit omtrent net Ford in die kamp van ongeveer 320 kampers. So as Toyota nog top verkoper is dan weet ek nie waar parkeer hulle die karre op die oord. Lyk soos Ford wat n saamtrek ./ open day hou.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 14:12:43 pm
Seeman
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 18 Sep 2019
Experience: 6 years

Ai, Ek lag te lekker vir die toyota, Ford kompetisie. Ek ry n Toyota Land Cruiser SUV en n Ford Ranger. Ek geniet beide voertuie ewe veel. Elkeen is in n klas van sy eie. Cruiser baie sterk en sleep n karavaan dat hy rekmerke kry TEEN 6km/l. Ranger is seker die mooiste bakkie op die pad met die beste diesel verbruik. Nog nie met Foer gesleep nie, maar sal binnekort weet hoe hy sleep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 14:15:31 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 886
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Jissie Bak oor - kan 'n mens dan by een oord só 'n klomp 'stupid' mense kry? 😜😜 Hei, ek grap net hoor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 15:37:57 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

By gebrek aan toys is dit nie dalk die gevolg van die verniet voertuie wat by Beitbrug oor die rivier is nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 15:39:15 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 546
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Wonder net of hierdie betrokke oord nie een van die is waar die 3 liter Ford, 2 liter Coke en 1 liter Brandewyn manne altyd uit gehang het nie.☺☺☺

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 15:52:30 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2053
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Wonder net of hierdie betrokke oord nie een van die is waar die 3 liter Ford, 2 liter Coke en 1 liter Brandewyn manne altyd uit gehang het nie.☺☺☺

Nee ou Chris. Dis die ou dae. Dinge is vêr meer upstairs want ons kyk nou na 3.2 en 2.0 en manne wat klas ken. 

Hier staan n paar Suzuki,s ook sien ek. 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 16:10:43 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Ai, Ek lag te lekker vir die toyota, Ford kompetisie. Ek ry n Toyota Land Cruiser SUV en n Ford Ranger. Ek geniet beide voertuie ewe veel. Elkeen is in n klas van sy eie. Cruiser baie sterk en sleep n karavaan dat hy rekmerke kry TEEN 6km/l. Ranger is seker die mooiste bakkie op die pad met die beste diesel verbruik. Nog nie met Foer gesleep nie, maar sal binnekort weet hoe hy sleep.

Welkom op die forum..

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 16:40:27 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2608
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Bak-Oor sê:    Ek sê wat ek sien. En die vraag het jy my opgekom. Hoe is dit moontlik dat Toyota top verkoper is. Orals waar ek kyk is dit omtrent net Ford in die kamp van ongeveer 320 kampers. So as Toyota nog top verkoper is dan weet ek nie waar parkeer hulle die karre op die oord. Lyk soos Ford wat n saamtrek ./ open day hou.

Moontlik is die antwoord dat die Toyotas veilig in hulle garages geparkeer is sodat hulle nie seerkry niewink terwyl die ouens met Fords sonder kommer hulle karavane sleep wetende dat hulle niks sal oorkom nie en dat hulle onderstelle ook nie sal buig nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 18:19:09 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1941
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Hoor nou die dag die opmerking van n Ford eienaar dat sy Ford se paaiement nie so erg is nie maar al die "accessories" om van hom n aanvaarbare bakkie te maak is besig om sy tol te eis!!!!!!!!!!!!!!!!!! Sorry, Sorry onthou ek het n Ford en n Toyota. Ha Ha.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 18:30:49 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Geweet die draad gaan in n Toyota Ford ding verander.

Wel......na 10 jaar het ek nie meer n Toyota nie. Eks weg by die laaste co na 3 jaar van hel, maar ek kan met trots se ek mis die Toyota. Ons het saam 310 000km geloop.

Vandag my nuwe 12 jaar oue wa gekry. Dis nie die mooiste bakkie nie MAAR dis myne en kontant betaal.

Mitsubushi Triton 2.5 4x4 DC.

Wed julle min mense het al so bakkie gesien🤣🤣🤣🤣

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 18:36:51 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 275
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Baie geluk Hannes.  Jy moet hom geniet

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 19:22:04 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

So sal almal praat en praat maar aan die einde van die dag bly die kampioen doooodstil.

Dit kan maar raserig raak wanneer die hienas om die leeu chank.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 22:16:53 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Dit laat my weer dink aan die ou grappie van die klein hondjies wat se ogies nog moet oopgaan.wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 23:15:12 pm
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Ek het nou die korrekte syfers nie, maar ek het iewers gelees dat hoewel Toyota die meeste bakkies verkoop, Ford voorloop wat die dubbelkajuite betref. Dit werp dalk lig op Bak oor se waarneming. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 06:24:33 am
kleinsnor
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 05 Apr 2018

Seker maar n ford saamtrek

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 07:36:50 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 275
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Seker maar n ford saamtrek

Kampers is mense wat weet wat hulle in die lewe wil hê.  Gemoedsrus en weelde. Dis seker waarom daar so baie Fords is.tongue-out

Op 'n ernstiger nood.   My vrou en seuns speel altyd 'n nommerplaat speletjie as ons ry en die pad raak lank.   Die syfers word vinnig opgetel en binne 'n micro sekonde gegee.  As bestuurder raak die vir my vinnig vervelig om na hulle te luister.  Met my laaste trip na Yellows Sands het ek gevra dat hulle die dubble kajuit bakkies make moet tel.   Om eerlik te wees gaan ek jok as ek die syfers moet herroep maar die Ranger dubbel kajuit bakkies het ver gewen.   Probeer dit en kry selfs die resultate.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 08:03:56 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2608
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die stellings hierbo dat Ford die meeste dubbelkajuisbakkies op die pad het laat my wonder.  Is dit dan dalk dat Toyota se bakkies die taaiste is en dus as werkesels gebruik word terwyl die Ford bakkies die pierewaaierbakkies is wat deur mense gekoop word as sogenaamde laaifstaail voertuie?  Dan begin ek almeer die Toyotamanne glo wat beweer hulle voertuie is die betroubaarste.  As ek 'n boer of sakeman is of gedurig in die woestyn rondry met gaste, wil ek seker wees die bakkie kan sy werk doen en nie net mooi lyk nie.  Ek probeer nie Ford afbreek nie, ek probeer net logiese afleidings maak van alles wat op hierdie en ander drade gesê word.

En ek lei ook nie af dat Ford bakkies nie goeie sleepvoertuie is nie- selfs 'n sedanmotor kan karavaan sleep mits hy genoeg krag het, wat beteken die sleepvoertuig hoef nie besonder taai te wees nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 08:06:51 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5204
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Totale dubblekajuit syfers vir die jaar sover tot einde Augustus:

TOYOTA 12457

FORD  12361

So miskien is die dubbelkajuit verkope baie naby mekaar en nader as wat baie wou he. Nou kan die Ford manne maar die bespiegelinge los, Toyota is tops...

Ford wil so graag die top verkoper wees dat hul R100k - R120k afslag kort kort ingooi. Hul bakkies se pryse so laag te wil druk om net die mark te probeer swaai (en ek erken, daar kry hul dit reg deur die swakste features in die intreevlakke te gee) en dis die bakkies wat verkoop, ek sien baie onderwysers wat graag double cabs wil koop, koop die Ford intreevlak modelle juis omdat hy dit net kan haal. Niks teen onderwysers nie, net iets wat ek opmerk.

Dan kry jy die manne soos een van die skole se hoof, hy koop maar die Toyota intreevlak...... En daar is die features ens baie meer as met 'n basiese Fordjie.

Mens kan nie Ford en Toyota vergelyk nie, Ford is nie in dieselfde klas of doel nie. Ford is vir die manne wat bietjie in die stad rondploeter en elke 3 tot 4 jr inruil.

Toyota is vir ander mark bedoel. Manne wat kwaliteit, betroubaarheid, werksverrigting (vir langer) en BAIE kms op die klok wil sit sonder veel ernstige probleme.

Toyota is ook nie so sensitief nie. Sy brein clutch en blaas nie sommer as jy net ander gloeilampies insit, of accessories konnekteer nie. Hel, as jy 'n Ford gloeilamp vervang beter jy hoop sy computer blaas nie. Watse nonsens is dit? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 08:27:09 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 275
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Brommer by watter bron kry jy die syfers?

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 08:37:58 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 702
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Wel, my ervaring by Eiland Spa (die afgelope winter) was ongetwyfeld anders. Ja, daar was etlike Ranger's en Territory's. Maar die Toyota's was by verre in die meerderheid.

Toe ons die afgelope Maart/April Namibië toe was, het ons op 'n stadium die verskillende fabrikate (SUV's en D/K's) getel. Ek kan nie meer die presiese syfers onthou nie (het dit op 'n ander forum genoem), maar daar was meer Toyota's as al die ander fabrikate tesaam. In Hentiesbaai het ons geskat dat 80%+ van die vissermanne ry Toyota.

Op 'n ligter noot - toe my seun vir een van die toer-operateurs (wat begeleide toere tussen Lüderitz en Walvisbaai aanbied) vra of hy iets saamsleep, was sy antwoord (hy ry 'n Cruiser-bakkie): "Is jy be%$*? Mens kan nie in daardie sandduine nog iets saamsleep nie. Al wat ek by geleentheid sleep, is Ford's wat vassit".

As jy naby kamp Ford, as jy verder kamp Toyotatongue-out

Die Toyota mense is slim genoeg om nie op `n langnaweek te kamp?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 09:03:48 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 275
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Totale dubblekajuit syfers vir die jaar sover tot einde Augustus:

TOYOTA 12457

FORD  12361

So miskien is die dubbelkajuit verkope baie naby mekaar en nader as wat baie wou he. Nou kan die Ford manne maar die bespiegelinge los, Toyota is tops...

Ford wil so graag die top verkoper wees dat hul R100k - R120k afslag kort kort ingooi. Hul bakkies se pryse so laag te wil druk om net die mark te probeer swaai (en ek erken, daar kry hul dit reg deur die swakste features in die intreevlakke te gee) en dis die bakkies wat verkoop, ek sien baie onderwysers wat graag double cabs wil koop, koop die Ford intreevlak modelle juis omdat hy dit net kan haal. Niks teen onderwysers nie, net iets wat ek opmerk.

Dan kry jy die manne soos een van die skole se hoof, hy koop maar die Toyota intreevlak...... En daar is die features ens baie meer as met 'n basiese Fordjie.

Mens kan nie Ford en Toyota vergelyk nie, Ford is nie in dieselfde klas of doel nie. Ford is vir die manne wat bietjie in die stad rondploeter en elke 3 tot 4 jr inruil.

Toyota is vir ander mark bedoel. Manne wat kwaliteit, betroubaarheid, werksverrigting (vir langer) en BAIE kms op die klok wil sit sonder veel ernstige probleme.

Toyota is ook nie so sensitief nie. Sy brein clutch en blaas nie sommer as jy net ander gloeilampies insit, of accessories konnekteer nie. Hel, as jy 'n Ford gloeilamp vervang beter jy hoop sy computer blaas nie. Watse nonsens is dit? 

Dit gebeur as backyard machanics werk aan 'n gespesiliseerde voertuie soos Ford, BMW, Audi en MB.  Hulle rekenaar systeem is gevorderd.   Los dit vir die manne wat fabrieks opgelei is in 'n produk.  Die dae van net 'n spotlig of iets bykoppel is getel met deesdae se rekenaar systeme wat alles beheer, selfs gloeilampe.  

My partikular filter op my MB250cdi het laas week die derde keer probleme gegee na hy by MB was.  Die voertuig gaan in limp mode.  Na ek die vervanging prys gekry het het ek amper verstik aan my suigstokkie.  Die goedkoopste opsie was om dit en die sensors uit te haal.  Die software is aangepas en R5300 later en die probleem is uitgesorteer.  'n Backyard machanic kan nie dit doen nie.  Die software en rekeraars is te ingewikkeld op nuwe voertuie.   Elke man moet hom maar hou by sy les.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 09:58:49 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 886
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Synde dat ons nou so lekker gesels oor "my pa is tog sterker as jou pa" - net nog 'n stukkie statistiek (aldus Car Magazine). Bakkie-verkope vir die eerste 6 maande van die jaar:

1) Hilux 20918

2) Ranger 12 875

3) Isuzu 8050

4) Amarok 1421

5) Navara 877

Tweedehandse waardes van bakkies (uitgedruk as % van aankoopsprys):

Hilux 72.4%

Isuzu 67.4%

Ranger 66.1%

Amarok 65.1%

Navara 57.0%

Vele mense sal sê dat tweedehandse waarde vir hom geen rol speel nie. Persoonlik is dit egter vir my belangrik. Daarom is dit my enkele grootste rede hoekom ek maar deesdae met my Hilux volstaan. En niks teen Ford of enige ander fabrikaat nie. My eerste 3 DK's was Ford's - met uitstekende diens. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 10:18:21 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 275
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Jy is reg Chris.   My pa is die sterkste

Volgens Bussnesstec Lightsone -----41% van alle Dubble cab Bakkie is Ford Rangers vanaf 2015

https://businesstech.co.za/news/motoring/220061/single-vs-double-cab-bakkie-sales-in-south-africa/

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 10:28:25 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 275
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Dis nou syfers wat tel.  Ford doen iets verseker reg.

Combined Ranger production for the domestic and export markets for 2018 ended on       98 505 units, 8 383 more than the previous year.  

https://www.wheels24.co.za/OffRoad_and_4x4/Bakkie_and_SUV/sa-built-ford-ranger-tops-exports-best-selling-bakkie-in-europe-20190226

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 10:33:30 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 886
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

https://www.leisurewheels.co.za/4x4-news/double-cab-sales-figures-hilux-back-lead/

Volgens Leisure Wheels (sien "link" hierbo) is die Hilux 'n kortkop voor t.o.v. van DK-verkope vir 2019 (tot end Aug).

12 457 Hilux

12 361 Ranger

So waaroor stry ons? Ons pa's is inderwaarheid maar ewe sterk. Ek wonder egter hoe lyk die syfers t.o.v. die Fortumer en Everest.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 10:35:15 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek hou by my standpunt dat mense die voertuig koop waar jy die beste dien kry. As Ford in jou dorp n beter diens lewer koop jy Ford. Ek glo dat Toyota in die Strand n goeie diens lewer, maar mense, wees gereed om n verband uit te neem as jy jou mouster daar ingee. Nadat my Fortuner sy diens-periode uitgeleef het laat ek hom diens vir n kwart van die prys by n "reputable" diensplek wat my nog nooit in die steek gelaat het nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 10:39:12 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 886
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

https://www.iol.co.za/motoring/industry-news/sas-20-best-selling-suvs-in-the-first-half-of-2019-28928848

Sien bogenoemde "link" vir verkope van Fortuner versus Everest vir eerste 6 maande van die jaar. Daarvolgens lyk verkoopsyfers as volg:

Fortuner 6449

Everest 2210

Hiervolgens blyk dit dat my pa tog die sterkste is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 10:56:25 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 275
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Dankie Chris, ek geniet die syfers.  Ander kant van die munt.

Tussen Fortumer en Everest.  Ek dink die Fortuner sit hier die Everest ore aan die laaste paar jare.  Een groot gevaar is dat die Fortuner se tegnologie sal moet aanpas anders gaan hy stagneer in die toekoms.   Mense soek luukshede en blink knoppies.   Veiligheids aspekte  is 'n sterk vereisde.   Selfs die klein 1.0 van Renault het alle luukshede wat groot voertuie nie inhet nie. 

Om jou te antwoord op inruilwaarde.  Vir my as persoon het dit nog nooit 'n groot rol gespeel nie.   Met al my voertuie het dealers my maar 'n relatiewe prys aangebied wat ek aanvaar het.   Met my laaste toyota as ek na die versekerings premies en inruilwaarde kyk is dit maar hand aan hand.   Jy betaal meer verskering en kry 'n bietjie meer inruilwaarde.   Die twee balanseer mekaar uit op die ou einde van die dag.

Ek weet nie wat die forum beleid is nie maar my vriend moet sy LandCruiser 2013 SC  model 83000 km verkoop.  Dis 'n stads bakkie sou jou seun belangstel.  Super opgepas.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 10:56:28 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 886
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek hou by my standpunt dat mense die voertuig koop waar jy die beste dien kry. As Ford in jou dorp n beter diens lewer koop jy Ford. Ek glo dat Toyota in die Strand n goeie diens lewer, maar mense, wees gereed om n verband uit te neem as jy jou mouster daar ingee. Nadat my Fortuner sy diens-periode uitgeleef het laat ek hom diens vir n kwart van die prys by n "reputable" diensplek wat my nog nooit in die steek gelaat het nie.

Danie - Jy's 100% korrek. As ek in die Strand gewoon het, sou ek dalk nog steeds Ford gery het. Ek het (destyds toe ek in Grabouw gewoon het) die mees fantastiese diens by Kelfords (voor dit Selfords) ontvang. Ongelukkig kan ek nie dieselfde getuig van die Toyota-handelaar in die Strand nie. Laasgenoemde laat jou voel hulle doen jou 'n guns wanneer hulle jou voertuig diens. Gevolglik koop en diens ek deesdae (sedert ek op Kleinmond woon) by Hermanus Toyota. Ek ervaar laasgenoemde ook nie "trouble free" nie, maar beslis baie beter as die reeds-genoemde ouens.

Die handelaargroepin die Strand (wat oor verskeie fabrikate se handelaarskappe beskik) het verseker dat ek nie weer 'n Mitsubishi-produk wil hê nie. Ek wonder of ek nie 'n groot fout gemaak het toe ek twee jaar gelede vir my vrou n Honda by dieselfde groep se Honda-afdeling gekoop het nie. Ek begin dieselfde gevoel oor hulle diens kry as wat ek met Mitsubishi en Toyota ervaar het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 11:53:47 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Chuck ry n groot Toy met sy naam op.

As daar iemand is wat kan opsit laatweet dat ek hom vir jou kan stuur.

Ek kry dit nie reg nie.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 14:04:04 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Mense wat Beweer Ford verkoop die meeste DC,s is KORREK.

Toyota het hulle laasmaand verby gevat.

Dus is Fred se stelling korrek dat die meeste Totota,s werksbakkies is. Onthou die syfers sluit nie die XCab in nie.

Ford het nog altyd die beste XCab gehad met die feit dat hy deure gehad het. Ek het 5 jaar gery met Toyota se Xcab en basies was dit in pyn in die Foefenjolletjie.

Jou bak gedeelte is nou net te kort om groot pompe op te laai. Jou ekstra Cab gedeelte is net bietjie meer as 129% om jou tyd en plek te mors. En probeer hom binne skoon hou.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 16:00:24 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2053
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek dink al die verslae van joernaliste moet jy met n tee lepel in neem

Maw. Meeste n klomp twak. Onderande lees ek die link van Chris waar hulle sê Toyota se verkope is die beste want sy beter sleep vermoëns en spasie in die kajuit. n Joke as jy my vra want beslis een van die kleinste kajuite en beslis nie die beste sleep vermoë. (Wie sleep ernstig en het nie sy Toyota ge chip nie wil ek weet. Bitter min want Toyota is net daardie bietjie tekort aan krag) 

Verkoopsyfers wat korrek is, is van die owerheid wat nuwe voertuie by gerigestreer word en van hul data basis. Nie n klomp joernaliste van tydskrifte wat hul eie storie op maak en dalk nog finansieël gemotiveer word om sekere dinge te sê. En as jy die fout uit wys " o sorry typing error"

Ek sê kom ons kyk net om ons en sal sien dat Ford die meerderheid is. Ford is ook die mooiste en gewildste onder mans en vrouens

Toyota het begin uit die bus te val en Ford sit hom ore aan. Die wat nog stry, agter os kom ook in die kraal. Ek sê weer Toyota is n puik voertuig maar beslis nie afgod wat almal van hom maak. Gaan bestuur n Ford spandeer n paar kilometer met hom. Dan sê ons niks en gaan stoei maar met jouself. Niks fout om Toyota te ry en as dit jou smaak is goed so. Dit is ook n status voertuig maar huidiglik het hy n baas, n mooi een ook.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 17:38:13 pm

Ja broer. Is maar al wat ek sê broer. Ons gaan nie met jou stry nie broer. Jy klink te slim vir my broer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 19:23:12 pm
Dries
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

Al die manne wat Fords ry, is gevat vir 'n ride. Eerste wat uitgekom het was XLT 3.2, toe spring die manne en koop want dit was die beste. Toe kom die Wildtrack, en die ouens koop weer die beste. HA,.... ford slaap nie , toe kom die raptor badges, bonnets en grills en die manne koop en plak(not the real mccoy). Piepie Ford op almal se batteries en ontwikkel die SA raptor (afgewater van USA se F150 6.2l 330 kw 690NM) met 'n 2.2 wasmasjien motor. En die ouens koop om die beste te wil besit. Dit is hoekom elke pietie en sy boetie 'n ford ry. Plein ekonomiese sin vir Ford.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 22:04:23 pm
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Die volgende val nou bietjie buite die veld van hierdie bespreking, maar dit is tog baie interessant: Die Ford F reeks is sedert 1977 die beste verkoper onder die bakkies in die VSA en sedert 1986 die  beste verkoper van alle voertuie, ook in Kanada. in 2018 het die F reeks vir Ford 'n inkomste van $41 miljard gegenereer. Dis baie jammer ons kry nie meer hierdie bakkies hier in SA nie. (Bron: Wikipedia - Ford F-Series) 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 22:57:46 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2053
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Al die manne wat Fords ry, is gevat vir 'n ride. Eerste wat uitgekom het was XLT 3.2, toe spring die manne en koop want dit was die beste. Toe kom die Wildtrack, en die ouens koop weer die beste. HA,.... ford slaap nie , toe kom die raptor badges, bonnets en grills en die manne koop en plak(not the real mccoy). Piepie Ford op almal se batteries en ontwikkel die SA raptor (afgewater van USA se F150 6.2l 330 kw 690NM) met 'n 2.2 wasmasjien motor. En die ouens koop om die beste te wil besit. Dit is hoekom elke pietie en sy boetie 'n ford ry. Plein ekonomiese sin vir Ford.

🤣 Hulle se jy moet nooit jou vinger wys want n paar ander wys terug na jou. Ander sê weer moenie klippe gooi as jy agter glas vensters staan of sulke goete.

Presies die geval en kyk bietjie wat vang Toyota aan met sy kliente. Ek gaan nie die lys weer deur gaan want dit is te groot. Maar ek is seker baie is bewus van hulle almal maar bly in denial. Deur te sê elke Pietie ry n Ford is eintlik n erkenning van Ford se gewildheid. Dit staaf my observasie van die oor meerderheid Fords by die betrokke oord.

Broer Chris. Die is glad nie slim praatjies, feite my broer feite.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 17:36:59 pm
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 305
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Seker iewers by ń dam met ń moerse special op verblyf en gratis dubbel brannas en coke vir die mallet wat kaptein span die seile die beste sing. 😂

Geseende Kersfees vir almal en voorspoed vir 2020!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2