English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 124
Total Replies: 227 581
Total Views: 82 274 458
topics: 777
replies: 12 445
views: 4 973 452
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Ford Ranger 2.2 Tdci 4x2 Hi-Rider

replies: 15
views: 5753
10 Aug 2016 @ 08:41:05 am
amn
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 01 Apr 2014
Experience: 52 years
Goeie dag!
Is daar enigiemand wat met 'n Ford Ranger 2.2 Tdci 4x2 Hi-Rider (118kw), 'n 2005 Jurgens Classique sleep?
Ek sal graag wil weet hoe die sleepervaring is en wat die gemiddelde dieselverbruik is.
Ek sleep tans met 'n 2009 Nissan Navara 2.5 Dci 4x2 Dubbelkajuit en het 'n baie stabiele sleepervaring. Die dieselverbruik teen 110 km/h wissel tussen 6.2 en 6.7 km/l.
Sien uit na die terugvoering.
Ds. Andries Nel
amn@absamail.co.za
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 10:08:40 am
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Ek het nie 'n Ranger nie maar wel die nuwe Hilux 2.4 wat 110kw is. Ons het pas Kathu en terug gedoen en volgens wat ons beleef het behoort jy hom maklik te sleep (die Engelse karavaan tydskrif het die maand 'n toets waar hulle 'n Classique sleep meet 'n 1600 diesel teen 100km/h maks) maar jou verbruik gaan aansienlik hoer wees as die 6.2 tot 6.7. Myne was so 12 punt iets i.e. het so geraak aan 13 teen 100 - 110km/h. Met die ekstra kw/h sal verbysteek net soveel makliker wees.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 11:01:02 am
Vettie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 08 Nov 2015
Ek het nie 'n Ranger nie maar wel die nuwe Hilux 2.4 wat 110kw is. Ons het pas Kathu en terug gedoen en volgens wat ons beleef het behoort jy hom maklik te sleep (die Engelse karavaan tydskrif het die maand 'n toets waar hulle 'n Classique sleep meet 'n 1600 diesel teen 100km/h maks) maar jou verbruik gaan aansienlik hoer wees as die 6.2 tot 6.7. Myne was so 12 punt iets i.e. het so geraak aan 13 teen 100 - 110km/h. Met die ekstra kw/h sal verbysteek net soveel makliker wees.


Hi vir Piet, Die Geestelike en al die ander maters op die forum.

Ek kan nie Ds Andries se vraag beantwoord nie maar wil graag saam klets.

Piet, Ds Andries se skrywe = kilometers per liter. Groot verskil tussen jou liters per 100km
(12,0) en Ds Andries se kilometers per liter (6.2 na 6.7). 6.2 kilometers per liter = 16.1 liters per 100 kilometer wat inderdaad nog n reuse verskil in verbruik is tussen joune en die Ds.)
My nuwe ford 3.2auto is so swaar op brandstof vergeleke met ou Toyota 3.0D dat ek nou maar eerder voetslaan. Nee, nie so erg nie maar byna.

Groetnis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 11:24:07 am
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Vettie ek glo die 6.2 tot 6.7 is nie met 'n karavaan anders koop ek wraggies daai Ford. My Hilux doen ook 6 punt iets as ek nie sleep nie.

Andries kan jy bevestig asb.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 15:43:49 pm
amn
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 01 Apr 2014
Experience: 52 years
Goeie dag, vriende!

Ons (3 volwassenes) is in April 2016 Mapungubwe toe en van daar Kruger Wildtuin toe.
Die Navara se verbruik met die Jurgens Classique @ 100-110 km/h was-
* 6.46 km/l (15.48 l/100km) tot by Mapungubwe
* 6.0 km/l (16.7 l/100km) van die Wildtuin af terug Roodepoort toe met N4
Solo kry ek tussen 10.4 - 11.4 km/l @ 120 km/h (Snelhede is GPS aangedui).

Groetnis.
Ds. Andries Nel.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 17:24:25 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
Ek wil ook graag weet hoe die Ford 2,2 TDCi hom gedra? Wil my Splash met hom sleep. Dankie byvoorbaat vir terugvoer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 18:07:32 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13742
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goeie middag Andries. Mede kamp maat van my sleep sy Classique met die 2.2 Ranger 4x2. Paul Venter o agt 3 444 twee 6 vier twee.

Bel hom en vra wat jy wil. Hy sal jou help.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 18:11:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13742
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Volgens my sleep hy soos 'n droom. Beste is praat met Paul. Dan kry julle dit van uit die perd se bek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 18:35:00 pm
Anonymous

Naand sê Andries, baie welkom op die forum, lekker saam praat.

As die Ford se Tarra meer is as die Classic se BVM, glo ek nie jy sal sukkel nie, die Ford het mos genoeg Nm (torque) om lekker te sleep. Die Navara is net so uitstekende sleep voertuig, ek sou nie sommer die Navarra verkoop nie. Net my opinielaughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 18:38:38 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13742
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja ek moet darem ook sê dat daai Navara 'n puik sleep voertuig is. Ek het my Classique met 'n 2007 Model gesleep 128Kw en 402 Nm torque. Ek verlang vreeslik na my Navara se goeie brandstof verbruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 18:56:28 pm
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Andries net toe ek wil huilerig raak oor my Hilux. Ons praat in verskillend skale. My Hilux doen 12.9l per 100km as ek sleep. Dit vergelyk na jou km per liter as 7.75. Heel dramatiese verskil en 14.3 as ek nie sleep nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 20:03:17 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2682
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Moet nooit oor 'n Hilux huilerig raak nie.
Daar is min ander wat die Hilux op elke gebied sal klop.
Ek sou ook graag weet wat mekeer die Nissan dat hy met 'n Ford vervang word?
Nie dat ek probleem met Ford het nie, maar mense wil seker nie staalborsels koop om ontslae te raak vandie juk nie.
Hoop Ds. kry goeie diens van die nuwe sleep voertuig.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 20:27:16 pm
amn
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 01 Apr 2014
Experience: 52 years
Dankie aan al die vriende wat reageer het.
Net 'n gerusstelling: Daar skort (gelukkig) niks met my Navara nie. Ek deel die opinie en kan bevestig dat dit 'n uitstekende sleepvoertuig is. Toe ek my vorige wa (Jurgens Fleetline) gesleep het, het ek ook 12.8-13.4 l/100km gekry. Dit word egter 'n ander "ball-game" as jy die konvensionele wa (Jurgens Classique) hak. Die groter windweerstand en die ekstra 400kg maak 'n groot verskil.
Ek en vroulief beplan om deur SA te toer en my gedagte was maar net dat indien ek 'n besparing van 2 km/l plus kan bewerkstellig, dit op die ou end 'n redelike besparing sal meebring.
Ek sien egter nie my weg oop om ter wille van 'n 2 km/l verbetering op dieselverbruik weer met 'n R70,000 - R80,000 skuld te sit nie. Ons sal baie kan rondry voor di verskil opgemaak is, nie waar nie?
Ek sal my seun vra dat ons vir 'n naweek Mabalingwe toe gaan en die Ford voor die Jurgens Classique inspan. Sal laat weet hoe die 2.2 Tdci gevaar het.
Rustige nag aan almal.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2016 @ 14:35:29 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Hier in die wildtuin staan baie 2.4 voertuie en wat groot karavane sleep.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 21:14:08 pm
Fransie
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 06 Mar 2014
Experience: 5 years
Janee.

Sover ek dit het, doen die Rangers nie te sleg nie. Ek sleep ook maar net n fancy tent op wiele so my 850Kg is 'n toets vir geen bakkie nie. Vir die rekord, ek KOOP as 'n norm vir myself gewoonlik net die Toyotas - want boekwaarde en betroubaar... Die kompanie se Amarok het egter soos 'n droom gesleep en ek het tot baie onlangs nog die se sleepvernuf luid verkondig.

Maar nou - kan ek jou dit vertel: Is laas week deur die base gevra of ek nie sal omgee om 'n wyle te spandeer en elke bakkie wat ek kan te gaan toetsbestuur en terugvoering te gee nie. Die vloot raak oud en die technicians moet hul toels rondry. Ai, die beslommernis.

Het almal gery. Hilux 2.4DC, Amarok 2.0 103Kw, Isuzu 2.5... En ook die nuutste 2.2 Ranger. Hul had toe ongelukkig net die een met "de autobox" beskikbaar. Ai, my lot.

Ek het ingeklim en die toets begin.

Moes daai aand baie mooi, baie versigtig, en baie stadig vir mammie beduie waar die Corolla heen is, en hoekom ek skierlik meer plek in die garage moes maak.

My advies: Gaan ry almal. Maar ry die Ford laaste. As jy met die Ford begin, gaan jy NIE baie ver kom NIE. PS: Afslag beskikbaar deur Ford Credit.





WERK SE MOER
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 22:32:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13436
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
My Ranger is ook my eerste Ford wat ek gekoop het...ook sover heel gelukkig
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required