English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 770
Total Replies: 269 430
Total Views: 83 848 988
topics: 1 037
replies: 14 794
views: 3 286 359
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Ford Kuga Hybrid Fire risk

replies: 17
views: 357
12 Sep, 2021 @ 08:36:21 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 08 Sep, 2009
Experience: 45 years

Ek kom toevallig op hierdie artikel af. Dit lyk my die Kuga bly maar in die nuus. 

LINK

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep, 2021 @ 16:58:18 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek dink dis so n rukkie gelede in die nuus gewees. As ek reg onthou, is dit net die hibride Kugas wat vanaf sy eie alternator kan laai  wat probleme gegee het en produksie daarvan is tydelik gestaak. As ek reg onthou, is die waarvan die batterye vanaf n kragpunt gelaai word, steeds in produksie. Dit werk blykbaar duur uit om n hibride voertuig vanaf sy eie alternator te laai sodat dit nie juis na n groot negatief klink nie, behalwe natuurlik as die altornator ook as rem gebruik word. Ek dink steeds die Kuga is puik en ek is spyt die nuwe weergawe gaan nie hier beskikbaar wees nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep, 2021 @ 13:32:57 pm
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1505
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Ja, ek het die berig eind verlede jaar gesien .... o, sien nou die datum op hierdie berig is November 2020. Ja, die arme Fords, bly nog steeds pragtige motors

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep, 2021 @ 14:11:03 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20014
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Iemand het vir my n ruk terug gesê dat Ford die Kuga gebruik as proef konyn op ontwikkeling....daarom die probleme.  Weet nie hoe waar dit is nie.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep, 2021 @ 20:06:41 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Dit klink nie vir my waarskynlik nie.  Kuga is internasionaal 'n populêre voertuig en om hom so bloot te stel, sou baie kortsigtig wees.  Dan ook dink ek nie enige motorvervaardiger sal ongetoetste voertuie aan die publiek verkoop nie- dit sal hulle beeld oneindige skade berokken.  Soos ek die proses verstaan, neem dit jare om 'n nuwe voeruig te ontwikkel wat veral veroorsaak word deur uitvoerige toetse om so seker as moonlik te maak dat die voertuig 100% reg is as hy vrygestel word aan die kopersmark.  Dat die Kuga sekere probleme getoon het, is maar een van daardie dinge wat selfs met die beste beplanning, gebeur.  Nie alle Ecoboost Kugas hier by ons het aan die brandgeslaan  nie, net 'n baie klein persentasie.  Dit moes natuurlik nie gebeur het  nie, maar dit het. Ek meen met die hibride weergawe is dit waarskynlik ook persengasiegewys net 'n baie klein syfer.  Ander vervaardigers, selfs die luukses soos Mercedes, onderving soms ook maar sulke probleme maar hulle hanteer die saak gewoonlik beter as wat Ford in hierdie geval gedoen het. Ford se Ecoboost probleem was eerder 'n PR fout as 'n tegniese een.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep, 2021 @ 16:21:33 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2341
Joined: 12 May, 2015
Experience: 50 years

Ek verstaan die verduideliking, maar ongelukkig verstaan die bree publiek (of wil nie) die verduideliking verstaan nie. Dit het ongelukkig baie groot skade aan die beeld van die voertuig veroorsaak en weereens dink ek het Ford fouteer om hom nie van die mark te onttrek nie. Die stigma sal bly kleef al doen die vervaardiger wat ookal.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep, 2021 @ 19:46:04 pm
JohanMarais
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 708
Joined: 04 Mar, 2014
Experience: 33 years

Ek dink Kuga is in Suid-Afrika onttrek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep, 2021 @ 14:46:37 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Dit is. Hulle word nie meer hier verkoop nie en die nuutste model wat onlangs bekendgestel is, gaan ook nie hier beskikbaar wees nie. Die rede is eerder dat die ou model se produksie gestaak is met die koms van die nuwe model eerder as dat Kuga in SA te veel markaandeel verloor het. Ek weet ñie wat die rede is dat die nuwe model nie, hierheen kom nie dalk ons brandstowwe wat nie as  die jongste standaarde voldoen nie. Dis ook nie waar dat Luga internasionaal in onguns verval het nie, inteendeel, dis internasionaal steeds n baie populêre voertuig. Daar is sprake dat n nuwe SUV wat gesamentlik deur Forď en Mahindra ontwikkel gaan word, hier verkoop sal word. Dis miskien om die rede dat oa ons brandstowwe soos waarskynlik Indië s'n, die aan die nuutste standasrde voldoen nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep, 2021 @ 21:14:09 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20014
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Wonder hoe gaan agente verkoop tegniek wees. Gaan Mahindra kar ophemel en sê dis n Ford of gaan Ford hom ophemel en sê dis n Mahindra? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep, 2021 @ 21:16:40 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20014
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Wonder hoe gaan agente verkoop tegniek wees. Gaan Mahindra kar ophemel en sê dis n Ford of gaan Ford hom ophemel en sê dis n Mahindra? 

Ek onthou nog Daihatsu bakkies se groot verkoops tegniek was om te sê hy het n 1500 Toyota Avanza engin in. Dink nie Toyota het ooit vir hul kliente gesê hul Avanza het dieselfde engin as n Daihatsu bakkie nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep, 2021 @ 21:29:34 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek moet sê ek is self nie te warm gehardloop oor die storie nie.  Ek is nie 'brand loyal' nie so as ek dalk 'n volgende voertuig moet kies, sal dit op meriete wees en nie omdat hy 'n sekere naam dra nie. Wat sê die Jaguar en Land Rover manne- ry hulle 'n Jag, Landy of 'n Tata?  Ek het al sommer so interessantheidshalwe na moontlikhede gekyk, en ek moet sê die Sjinese Haval vergelyk nogal goed met my Kuga, ook wat prys betref.  Ek sien ook Mahindra het 'n baie indrukkende Scorpio Special Edition teen 'n ongelooflike lae prys wat soos 'n werklike 4X4 vir my lyk. Dis nie my soort voertuig nie, maar as ek so-iets wou hê, sou ek ernstig daarna kyk.

Ek lees egter dat Ford, soos GM, besig is om uit Indië te ontrek as gevolg van swak verkope, so ek wonder of die Ford-Mahindra SUV gaan gebeur.  Maar miskien ry ons almal binnekort elektriese voertuie en dit 'n hele ander mark.🀣

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep, 2021 @ 06:42:20 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 08 Sep, 2009
Experience: 45 years

Fred gelukkig lyk dit darem asof die identiteit behoue gebly is met die Jag, L-Rover onder Tata. So ook die Volvo onder GWM/Geely. Daar is deesdae soveel samewerking. Ek was verbaas toe ek lees hoeveel vervaardigers van Ford se enjins gebruik maak deur samewerking ipv hul eie enjins te ontwikkel. 

Lokaal dink ek nie die VW manne is gelukkig oor die toekoms rondom die Amarok/Ford vervaardiging.

Ek sien daar is maar min nuwe modelle wat van diesel enjins gebruik maak en veral met Europa wat al lankal geen diesel modelle ontwikkel. EV gaan dalk op ons afgedwing word al het ons nie die laai infra struktuur nie en dat dit vir meeste nie bekostigbaar is nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep, 2021 @ 07:40:25 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek dink my Kuga is dalk die eerste en laaste diesel voertuig wat ek sal ry. Ek is ook nie gekant teen EVs nie, dis die regte weg om te volg as ons  nog n kans wil hê om ons planeet te behou naastenby soos ons dit ken en daarop kan oorleef. Ek is nie te pessimisties  oor voldoende beskikbaarheid van elektrisiiteit nie. As daar n behoefte ontstaan en die vrye mark word nie aan bande gelê nie, wird aan die behoefte voldoen

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep, 2021 @ 12:18:06 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20014
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Vriende van ons het baie belang gestel om die Toyota Starlet te koop ...lyk my hulle het belangstelling verloor toe hulle hoor dat dit maar eintlik n Suzuki is met n hoër prys

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep, 2021 @ 13:59:58 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Die Starlet se prys alles in aggenome, is laer as die Suzuki soos ek dit het. Daar is ook niks verketd met die Suzis nie. Ek het self na due Starlet vir my dohter gekyk en ek dink dis n wenner in sy klas.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan, 2022 @ 15:34:48 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1346
Joined: 15 Dec, 2012
Experience: 9 years

Net om hierdie storie weer op te warm.

Die Britse polisie gebruik "warm" BMWs om rampokkers te jaag.  Laatlik mag hulle dit nie meer doen nie want daar is 'n probleem met die BMWs.   Teen hoë snelhede neig van die motors om aan die brand te slaan.   Etlike jare terug het Korea BMW beboet oor dieselfde probleem met een van hulle modelle daar.  

The lesson is that one can buy a jalapeno, chili or even a garlic anywhere.

Mooi bly

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May, 2022 @ 07:04:25 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20014
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Selfs elektriese fietse brandπŸ˜…πŸ˜†πŸ€£

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May, 2022 @ 16:47:44 pm
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1505
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Geert, nou DIT is een van die tragieste foto's wat ek nog vandag gesien het - breek my fietsryer hart! Die naaste wat ek ooit aan rook uit my fiets gekom het, was toe daardie grooot hond my eenkeer gejaag het ..... ek het getrap dat die rook so spat!!πŸ™„

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required