English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 775
Total Views: 83 247 105
topics: 11 573
replies: 139 204
views: 39 341 864
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Fleetline 5 1984 - Tent setup

replies: 16
views: 189
08 Jun 2020 @ 12:28:05 pm
Regard
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 23 Dec 2019

Hi,

Can anyone send me photos and or  please give me more info regarding the Fleetline 5 1984 tent setup.

I bought a fleetline 5 and I think the tent that came with is to big.
The reason is that the part of tent that slides in is longer.  I know for a fact that I need poles as well.

I have 2 sides and the front part as well but is also not sure if it is the correct ones.

Kind Regards,

Regard

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 12:46:15 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom hier.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 12:48:34 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hy gaan bietjie langer wees as jy tent reguit hou want as jy hom in gleuf gly gaan hy bietjie om die draaie op die verste punte. Daar is diagram van pale onder technical advice....jy kan miskien idee van pale hoeveelheid daar kry.....ek sal diagram hier plaas

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 12:50:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hy gaan bietjie langer wees as jy tent reguit hou want as jy hom in gleuf gly gaan hy bietjie om die draaie op die verste punte. Daar is diagram van pale onder technical advice....jy kan miskien idee van pale hoeveelheid daar kry.....ek sal diagram hier plaas

.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 13:14:58 pm
Regard
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 23 Dec 2019

Baie dankie vir diagram van die pale. My problem is as ek die naat duer die gleuf skyf dan en seker maak die dak is in die middel dan is hy te lank aan die onder kante.  As ek nou reg kan onthou is dit  +-0.5m aan elke onder kant wat hy oor steek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 13:53:05 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Regard, daar is blykbaar twee tipes tente. Ek het al gesien dat die een tent n ent AF-geryg word teen die tent, dalk is dit joune.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 14:31:22 pm
Regard
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 23 Dec 2019

Dankie enige idee waar ek dalk n voorbeeld sal kan kry van so iets?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 17:10:00 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Regard a couple of years ago i had a similar caravan. What a lovely caravan. Yes it may look as if the tent is to long. Keep in mind that those tents had a "stoep" all round. If i remember correctly you first put in the 7 thin poles on the veranda and fasten them with pegs. That keeps your roof in place. Now you are free to zip in the sides and bobs your uncle. Mine was a maroon and khaki tent. That veranda keeps your tent and sides dry and clean during rainy days. I hope this helps and enjoy your 1984 Fleetline. One of the best caravans Jurgens ever build.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 07:21:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Baie dankie vir diagram van die pale. My problem is as ek die naat duer die gleuf skyf dan en seker maak die dak is in die middel dan is hy te lank aan die onder kante.  As ek nou reg kan onthou is dit  +-0.5m aan elke onder kant wat hy oor steek.

Die tent se sy kante zip mos aan die dak vas.  Nou as jy die regte tent dak het dan behoort die horisontale zips net so effens 50mm verby of gelyk met die  proppies  wat teen jou wa vas is waarin die pale druk gaan wees. So die zips is dan net net laer of gelyk met die posisie van waar die paal teen die wa vas kom.

Hoop ek het dit eenvoudig verduidelik.

Laat weet maar as jy reggekom het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 08:43:20 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het ook in die tagtigs so 'n karavaan gekoop. Ek kan nie eens onthou wat ek laasweek gedoen het nie, so verskoon maar as ek nie presies kan onthou hoe die tent opslaan nie, Ek kon dit toe oë doen, maar die senior oomblikke bly maar 'n bliksemse ding.

Eerstens, daar is 'n kort paaltjie in die middel wat teen die karavaan se muur in haak. Nadat die tent ingeryg is word hierdie paaltjie eerste ingesit om die tent te aan die karavaan se kant te lig, Maak seker die aluminium hoekstuk is in die bo-punt voordat jy daardie paaltjie opstoot om onder in te haak. Volgende word die lang middelpaal van die buitemuur met sy horisontale paal ingesit en sy tou word gespan van die veranda se gaaitjie af. Nou is die tent van die grond af. Nou volg die hoekpale en  daarna die horisontale pale. As dit te warm en bedompig word kan jy nou eers die veranda pale maak staan om lug onder die tent in te kry.As jy die volgorde eers reg het is dit tjoef-tjaf en die tent staan.

Tweedens. wat die 0.5 meter te lank kwessie betref, onthou, die karavaan se voor- en agterkante loop nie vertikaal af grond toe nie, maar teen 'n invalshoek. Herteenoor loop die tent se symure weer nie vertikaal af grond toe nie, maar teenoorgesteld van die karavaan kante. Dit maak dat die tent se grongoppervlakte heelwat groter is as die karavaan sin.

As ek reg onthou is daar 3 horisontale pale, 2 nok pale, 3 vertikale pale, almal geriffel en van dieselfde dikte, en dunner pale van verskillende lengtes om die veranda op te hou.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2020 @ 07:11:24 am
Regard
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 23 Dec 2019

Goeie more,

Net so vinnage terug voering ek het gister middag weer die op geslaan en ek het ook fotos gesien van die selfe tent.

Ek sit die probleem dat nie al die pale het nie.
Hier is wat ek het. 
6 Lang pale - Redelik dik. Waarvan ek kan sie een van die pale is n Horisontale paal wat my die karvaan se muur in druk.  As ek na die diagram kyk kan ek nie lekker uit maak wat se pale om waar te gebruik nie.

Ek het 5 korter pale wat ook redelik din is, ek kan sien dit moet die tent se hoekelig.

Ek het nie die kortPaaltjie wat teen karavaan kom om die karavaan se dak te lig nie.
ek het ook nie al die Fittings nie. Ek het net 2 fittings.

Waar begin ek. Sal karavaan plekke my kan help.

Wat ek graag sal wil doen maar weer nie of dit sal werk nie.
Ek sal die teen die karavaan wil laat oprol in n sak sodat ek nie elke keer hom hoef duer te ruig nie. Ek sal graag nuwe pale wil kry met plastiek fitting en verstel bare poote.
Ek sit met n wat ek dink n 2009 Splash se tente spinter nuut. Maar dit is net die twee sy kante en die voorste muur. Dit lyk baie mooier as die bruin van die Fleetline. So ek sal dit graag so wil laat Modify dat daai kan op zip.


Enige raad sal waardeer word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2020 @ 07:51:40 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As dit n Sprite Splash se tent is, is dit moontlik om minder pale te hê......my Swing het ook nie soveel pale soos op diagram gehad nie....die patio gedeelte het net n middel dwars paal en die hoeke elk net n regop stut paal

Een van die lede hier het laasjaar dieselfde probleem gehad. Hy het toe sy karavaan Comet karavane toe gesleep en hulle het vir hom die tent vinnig opgeslaan en hy kon soedoende al die "missing parts" sommer daar op site koop. Hy het gesê hy was binne n halfuur daar weg met al die nodige paal en bracket aankope. Miskien n idee om aan te dink. Daai nuwe Campworls naby Carnaval city behoort seker ook te kan help....hulle het groot spasie daar om op te slaan

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2020 @ 09:39:11 am
Regard
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 23 Dec 2019

Baie dankie vir die info. Ek het nie eers geweet daar het n nuwe Coomet daar oop gemaak nie maar sal hulle verseker probeer ons is nin Benoni so dit is lekker naby aan my.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2020 @ 12:17:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Baie dankie vir die info. Ek het nie eers geweet daar het n nuwe Coomet daar oop gemaak nie maar sal hulle verseker probeer ons is nin Benoni so dit is lekker naby aan my.

Click op link hieronder

 

https://www.carnivalcamping.com/

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2020 @ 20:13:23 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Regard sê: "Ek sal die teen die karavaan wil laat oprol in n sak sodat ek nie elke keer hom hoef duer te ruig nie".

Om 'n vol tent se dak in 'n sloop wat permanent opgerol aan die karavaan vasgeheg bly te praktiseer is 'n uitdaging wat ek nog nie die oplossing voor gesien het nie. Ek wil jou nie ontmoedig nie, maar ek dink jy moet vir eers daarmee verby hou. sealed

Die pale diagram wat hier bo gewys word is nie van toepassing op 'n Fleetline 5 vol tent nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2020 @ 20:39:29 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

(Ek het nie klaar gemaak hierbo nie)

As ek reg onthou is daar nie ses horisontale pale nodig nie, maar net drie. Gevolglik is daar ook drie vertikale pale te veel asook twee onnodige nok pale.

Daar is 'n hele paar dunner pale wat die veranda op hou waarsonder die tent nie staangemaak kan word nie.

Help my asseblief reg as ek die pot hier mis sit.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2020 @ 07:47:05 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Baie dankie vir die info. Ek het nie eers geweet daar het n nuwe Coomet daar oop gemaak nie maar sal hulle verseker probeer ons is nin Benoni so dit is lekker naby aan my.

Ek is seker Benoni Caravans sal jou ook met graagte wil help?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za