English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 220
Total Replies: 248 483
Total Views: 83 105 226
topics: 11 375
replies: 136 304
views: 39 261 400
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Finansies

replies: 10
views: 292
12 Mar 2020 @ 14:32:01 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3213
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daar is 'n ding wat ek nie verstaan nie (behalwe al die ander goed wat ek ook nie verstaan nie), en dit is wat word van die geld wat op so 'n groot skaal uit die wêreld se aandelebeurse onttrek word.  En dit is baie groot.  Verskeie beurse, insluitende ons s'n, het reeds weer vandag met 4 tot meer as 6% geval- net op een dag. Sasol onder andere het weer vandag met ongeveer 40% geval na 'n soortgelyke groot val vroeër die week.  Hulle aandele is nou ongeveer R30 werd teenoor 'n jaa gelede se R470. Eerstens lyk dit nie vir my logies om te onttrek nie want jy weet nie  wat more en oormore gaan gebeur nie, en jy verkoop voorheen waardevolle aandele vir 'n baie lae prys, so dit lyk vir my veiliger om eerder niks te doen nie, maar dit daar gelaat.  Of as jy dan die geld het, om eerder in te koop met die hoop dat die markte weer sal styg. Is dit dalk wat gebeur, naamlik dat 'n groot klomp bang ouens reuse bedrae verloor, dit in valuta omsit, en ander dapper of optimistiese ouens dit dan leen om die winskopie-aandele op te raap?  Maar dit stryk vir my ook nie met die uiters lae rentekoerse op die wêreldmarkte nie wat 'n aanduiding is dat daar maar 'n lae vraag na lenings is.  As dit egter wel so is, gaan daar miljoene beleggers wees wat na die fiasko baie armer gaan wees en netsoveel miljoene wat gaan swem in die geld.  Maar is dit wat gebeur?

Of wat word van die geld?  Dit word nie in valuta gehou nie, want dit sou beteken dat die geldeenheide waarin die belê word, aansienlik sal styg, en dit is nie die geval nie.  Jy kan dit ook nie in fisiese vorm hou, net ander woorde in 'n trommeltjie onder die bed nie.  En banke is waarskynlik nie juis gewillig om groot hoeveelhede geld in te neem nie, want hulle kan dit nie uitleen nie,of kan hulle? En geld wat ledig lê, is 'n las vir die bank.  Die Britse sentrale bank het juis gister hulle uitleenkoers van 0.75% na 0.25% verlaag.  Mense wil eenvoudig nie meer op dieselfde skaal op skuld gaan nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 17:03:14 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Wil liewers nie weet nie, hulle sakke is reeds vol so daar is dit nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 17:27:21 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Fred,  behalwe vir al die ander goed wat ek ook nie verstaan nie, verstaan ek ook nie mooi wat jy bedoel met jou vraag nie. 

Aan die een kant klink dit of jou vraag handel oor die daling van aandeel waarde, met ander woorde depresiasie, of soos jy noem dat dit geval het, en aan die ander kant klink dit asof jy verwys na onttrekking uit die beurs of verkope, wat tot die laer aandeelpryse gelei het.

Lyk my ek is 'n bietjie dowwer as gewoonlik vanmiddag. My verstaan van die beurs is dat vraag en aanbod aandeelpryse se beweging bepaalr. Ontrekking beteken dus dat 'n belegger aandele verkoop, en hoe meer beleggers dit doen terwyl daar nie 'n aanvraag is vir daardie aandele nie, hoe meer daal die prys daarvan. Die teenoorgestelde geld wanneer baie beleggers 'n aandeel wil koop en daar is nie veel verkopers nie.

Wanneer daar gepraat word van waarde wat uitgewis is word na waardevermindering verwys. Jy ly slegs 'n verlies wanneer jy teen 'n laer prys verkoop as waarteen jy gekoop het.

Ek hoop dat ek dit reg verstaan.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 17:32:03 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3213
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja, ek weet ek was nie baie duidelik nie.  Daar is nie regtig net een vraag in  my gemoed nie, maar 'n hele boel wat saam hang. Wat ek bedoel is dat 'n baie groot aantal aandeelhouers hulle aandele verkoop, met ander woorde, dit omsit in geldwaarde soos dollars, Rande of ponde.  Hulle vertrou nie die bulmark nie, so hulle belê nie dadelik weer nie.   My vraag is wat word dan van die geld want ek 'sien' dit nêrens nie.  En dis so 'n massiewe klomp geld dat dit tog iewers sigbaar moet wees- dit kan nie net in die niet verdwyn soos Bitcoin waarde nie! 

Ek weet die waarde van die aandele verminder nie net sommer omdat iemand so besluit nie.  Dit verloor waarde omdat dit te koop aangebied word en dat die kopers wat belang stel, dit teen 'n laer waarde wil koop. Dan verminder die waarde van almal wat die aandele besit natuurlik daarmee saam.  Maar dis nie eintlik my probleem nie, daardie deel is vir my heel duidelik.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 20:03:33 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Fred kan ek probeer verduidelik. Geld vlieg uit riskante goed soos aandele direk in staat effekte waar jy 'n sekere rentekoerse as inkomste gaan kry. Selfs ons staatskuld wat almal 2 jaar terug afgeskiet het bly gesog want daar word gevoel die regering sal wel hul skuld verpligtinge kan nakom. As dit nie so was sou die rentekoerse op ons effekte nie op 8.2% bly staan het nie.

So vlieg daar alreeds vir meer as 'n jaar geld in direkte goud in. 

Ja 'n goeie tyd om aandele terug te koop teen pryse van 5 Jr terug maar ook te besef dinge kan wel verder val. Mense wat lewende annuïteite het sal op hul verjaarsdag v hul pensioen datum sien dat hul pensioen redelik kan afkom aangesien mens se pensioen gewoonlik 'n % v d waarde v d fonds is.

Wat Sasol aan betref is die aanduiding nou dat weens die groot Lake Charles projek en hul baie skuld dat die markwaarde op vandag se R37 per aandeel basies slegs die helfte werd is as die skuld wat hulle het. Verder wil dit voorkom asof hul skuldeisers 'n klousule het as hul markwaarde so ver gedaal het soos nou is dit terug betaalbaar. Hul is dus besig met herstruktuering. Dis inligting wat ek raak gelees het en weet nie of dit wel so is nie. Al wat mens kan aflei is dat teen die huidige oliepryse van onder R600 per vat kan hulle sekerlik nie uit Lake Charles 'n inkomste verdien nie. In SA kan hulle wel maar SA se belange is nou baie klein tov oorsese besighede. 

Google maar as jy meer inligting wil hê. 

Ek kan net sê net aandele wêreldwyd wat vir 12jr aanmekaar gestyg het sou 'n vonk iewers wel dinge aan die brand steek en die virus met die gevolge is genoeg rede vir groot dalings. 

Niemand weet hoe lank die probleme daar gaan wees nie so mens moet nie nou op die krisis laagtepunte wel verkoop want dan "lock" jy jou verliese in. Terwyl mens jou bates hou is dit net op papier 'n verlies. Natuurlik kan dit groter raak maar mense koop nie sommer selfs as dinge begin styg nie.

My siening bly dat aandele na so slagting gewoonlik binne 'n jaar weer begin styg. Ek sal dus altyd in 'n krisis tyd wil koop en geduldig wag. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 23:54:46 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Danie. As ek reg verstaan dan is nou die tyd om te koop. Bietjie aan n risiko Kant maar as hy draai gaan jy smile. 

Ek sien die eiendom mark is beslis nie in die verkoper se guns. Wat is jou denke daar oor.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 08:36:22 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 155
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

Hierdie krisis tye sal altyd so van tyd tot tyd met ons wees en dan moet ons moeilike besluite neem .In 2008 was dit ook die geval en daar moes ons ook besluit of jy bly of jy gaan soek n veiliger hawe vir jou beleggings .Ek het gebly maar dit was senutergend dit was toe die regte besluit toe die markte daar draai het ek al die pad weer gelag en baie geld gemaak .Nou is ons weer daar ek gaan weer bly met die hoop dat die draai nie tevêr is alhoewel ek dink hierdie keer gaan die wag heelwat langer wees.Daar is tans 2 goed wat die finansieële markte wêreldwyd ruk .Die eerste die Covid 19 virus en dan die olie oorlog tussen die Arabiere en die Russe .Ons wil altyd die olie prys laag hê maar vir die wêreld ekonomie is dit nie goeie nuus .Al wat jy moet na kyk sorg dat jou  beleggings goed gediversifiseer is en kyk self daarna moet dit nie net aan jou finansieële raadgewer oorlaat .Daar is nie n manier hoe ek nou daar sal uitgaan in geldmarkte ens . jy gaan dan daai verliese direk cat en nooit weer terug kry .Dit is maar net my opinie want hier moet elkeen maak soos hy goeddink .As jy in Staatseffekte gaan belê en ons word volgende maand afgradeer gaan jy hier ook groot verliese realiseer .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 08:46:53 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3213
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Danie, dankie vir jou inset.  Regeringseffekte is egter maar soos aandele.  Dit word van tyd tot tyd deur 'n regering verkoop en dan kan die houers daarvan tydens die verloop van die effek, dit verhandel soos 'n aandeel.  Die effekte is netsoos aandele ook beperk, met ander woorde, dit word nie skielik meer as daar los geld rondlê nie.  'n Regering moet besluit om dit uit te reik.  As jou teorie dus waar is, moet staatseffekte op die oomblik aansienlike stygings in verhandelde pryse toon.  Ek het nie op die oomblik 'n bron om dit na te gaan nie maar soos ek jou ken, het jy wel toegang tot sulke syfers.  Lig ons bietjie in daaroor asseblief.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 11:09:26 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het jare gelede geleer as jy op 'n langtermyn siening besluit het dan trek jy die blinders toe en wag dat 'n storm verby gaan, want die markte sal weer na normaal terug keer. Die mense wat gedurende 'n storm skarrel mis gewoonluk die opswaai, en wil dan terug op die wa klim wanneer die son weer helder skyn.

Let wel, ek praat hier net van mense met 'n langtermyn siening, nie spekulante nie. Hulle moet nou woeker as hulle dapper genoeg is. So het 'n vriend drie dae gelede besluit Sasol was toe 'n winskoop. Oepsie!

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 13:32:48 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3213
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink ook so Kanneman, in tye van onsekerheid, hou eerder wat jy het, niemand kan die ekonomiese toekoms voorspel nie.  Om Sasol teen gister se pryse te gekoop het (dis vandag weer heelwat hoër) of selfs vandag, koop jy waarskynlik wel 'n winskopie, afhangende van hoe lank die oliepryse laag bly. Dis die ding wat Sasol se prys die afgelope paar dae laat tuimel het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 14:15:07 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Danie. As ek reg verstaan dan is nou die tyd om te koop. Bietjie aan n risiko Kant maar as hy draai gaan jy smile. 

Ek sien die eiendom mark is beslis nie in die verkoper se guns. Wat is jou denke daar oor.

John eiendom is nou al 'n dekade of meer in 'n daal fase na inflasie in ag geneem is. Daar is 'n paar dinge volgens my wat moet plaasvind vir eiendom om goed te lyk.

1.   Grond hervorming moet stop sodat mense weet daar is nie hierdie risiko.

2.   Die ekonomie moet weer groei dat mense geld verdien om verhoodge paaiemente te kan bekostig.

3.   Werkloosheid moet afneem sodat mense wat nie eiendom het wel KAN koop by die wat wil verkoop omdat hulle iewers anders wil koop.

@Fred - ja die effekte is uitgereik maar jy sal sien die laaste paar weke styg die prys van effekte omdat meer mens dit koop weens die risiko in die markte. Daar word dus nie 'n nuwe trans uitgereik nie maar bestaande effekte gekoop. Die effekte in die US lewer om en by 3% inkomste met die moontlikheid van kapitaal wins as die koers verder sou daal - dit beteken die effek is meer werd in prys.

Effekte word verhandel in SA in 'n waarde van R1milj. So is al Eskom se skuld basies effekte wat ook genoem word 'n skuldbrief wat 'n sekere koeponkoers dra. Die rente word dan uitgewerk op die R100 nominale waarde teen die koers toe dit uitgereik is. So die effek kon dalk jare gelede uitgereik gewees het @ 6% so die inkomste sou dan R6 p.j. wees. Vandag kos daai effek miskien R58.

Fred ja dis 'n amper kontant instrument wat jou as houer die reg gee tot rente - maar slegs as die uitreiker wel in staat is om die verpligtinge na te kom. Wat mens nie uit die oog uit moet verloor al sien mens dit in dieselfde lig as aandele werk hulle gewoonlik in teenoorgestelde rigtings. Tyd blom tydperke op aandele beurse sit mense eerder geld in aandele en daal die waarde van effekte. Met 'n slagting soos nou styg effekte en aandele daal.

Daar is ook die tyd van stabiliteit wat albei in dieselfde rigting beweeg. Kyk bv die laaste paar jaar het effekte in die US redelik gedaal terwyl die bulmark voortegesit is in die S&P 500.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za