English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 602
Total Replies: 253 733
Total Views: 83 279 832
topics: 1 157
replies: 12 199
views: 4 836 112
Jokes and everything else that makes you laugh

Fight tussen Ford en Toyota

replies: 226
views: 4246
page 5 of 5
11 May 2020 @ 23:31:46 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Betalings vakansies looi jou sak nog steeds. Jy betaal nou rente op daardie verlengde tydperk op jou ooreenkoms en dit kom nie goedkoop.

迎 Worry ends where faith begins 迎
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 06:41:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17514
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek steur my nie veel aan mense wat voorspellings ver vooruitmaak hierdie tyd nie. Niemand van ons het ervaring van wat nou gebeur nie en niemand weet wat nog in die toekoms gaan gebeur nie wat dinge nog baie kan laat verander. Om finansiele voorspellings te maak, moet jy seker ook weet wanneer lockdown gaan eindig? Oorspronklik was dit 3 weke....ons gaan binnekort in vir week 7....reeds meer as dubbel verwagtende tydperk.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 13:38:53 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek steur my nie veel aan mense wat voorspellings ver vooruitmaak hierdie tyd nie. Niemand van ons het ervaring van wat nou gebeur nie en niemand weet wat nog in die toekoms gaan gebeur nie wat dinge nog baie kan laat verander. Om finansiele voorspellings te maak, moet jy seker ook weet wanneer lockdown gaan eindig? Oorspronklik was dit 3 weke....ons gaan binnekort in vir week 7....reeds meer as dubbel verwagtende tydperk.

Chief Rhamaposie se dit kan dalk nog n jaar aanhou.

迎 Worry ends where faith begins 迎
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 08:00:42 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1026
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Betalings vakansies looi jou sak nog steeds. Jy betaal nou rente op daardie verlengde tydperk op jou ooreenkoms en dit kom nie goedkoop.

Dit is die waarheid.

Jou rente loop op en jou betalings word nie net bv met 3 maande verleng nie. As jy dieselfde paaiement wil behou, soos voor die betaling vakansie, sal jou tydperk met dalk 6-12 maande verleng moet word, omrede die rente komponent nie gestaak was. As jy die kontrak tydperk met net 3 maande verleng sal dit meebring dat jy 'n groter premie sal moet betaal.

Ek glo ook dat baie mense nou net die "gravy train" ook sal probeer ry as verskoning om nie betalings te maak nie. Dit is waar die banke(krediet afdelings) baie noukeurig die betalings vakansies sal moet analiseer vir toekenning.

Die beste raad natuurlik is, gaan praat met jou bank en moenie dit net so los nie. Een van die eerste kriterias, om te kwalifiseer moes jou finansiering op datum gewees het tentyde van die begin van inperking.

 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 08:20:30 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Motorhandel gaan binnekort weer toegelaat word onde streng voorwaades volgens MyBroadBand.  Daar kom ook verslapping vir sekere ander ondernemings.  Ek dink dit is goeie nuus vir die ekonomie. Dit geld ook vir die tweedehandse motormark.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 10:14:03 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17514
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Motorhandel gaan binnekort weer toegelaat word onde streng voorwaades volgens MyBroadBand.  Daar kom ook verslapping vir sekere ander ondernemings.  Ek dink dit is goeie nuus vir die ekonomie. Dit geld ook vir die tweedehandse motormark.

https://www.timeslive.co.za/motoring/news/2020-05-12-from-wednesday-you-are-allowed-to-buy-cars-again/

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2020 @ 16:47:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17514
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek weet nie of dit verpligtend is of standaard nie, maar by Toyota sanitize hulle die karre binne en plak dan seels op die deure. Sodra seel gebreek is, weet hulle dat die kar weer gesanitize moet word.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2020 @ 16:49:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17514
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek weet nie of dit verpligtend is of standaard nie, maar by Toyota sanitize hulle die karre binne en plak dan seels op die deure. Sodra seel gebreek is, weet hulle dat die kar weer gesanitize moet word.

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 13:47:51 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Toyota het 'n opgegradeerde Fortuner oorsee bekendgestel.  'n Mens kan aanvaar dit sal mettertyd ook hier by ons uitkom.  Vir my lyk dit voertuig van buite nogal heel mooi.  Die 2.8L turbo diesel sal 150Kw en 500 NM uitskop.  Die kilowatsyfer is nie juis indrukwekkend in vergelyking met mededingers nie, maar vir sleepdoeleindes is die wringkrag heel goed.  Dit lyk ook of Toyota nog nie glo aan klein kragtiger en suiniger masjiene nie.

(https://businesstech.co.za/news/motoring/404903/heres-a-look-at-the-new-toyota-fortuner/)

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 23:43:50 pm
Badprop
New Member
44% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 02 May 2016

Hi Hannes,

Ja hier is nog stoere FORD aanhangers.

Hulle is net skaam om vir almal te sê hoeveel duisende rande hulle op daai lorries moet spandeer voor hulle ook gemaklik en veilig kan ry.

Dis nou die :

ander bande

ander rims,

Wheel trims,

Light bars,

Engine chip,

Ryhoogte verstel,

Long range diesel tenks en nog so los R30 000 rand om dit wat hy splinternuut gekoop het en nie tevrede was mee nie na IETS te laat lyk en voel.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 08:52:19 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek aanvaar hierdie stellings is tong-in-die-kies gemaak want my waarneming is dat eintlik maar min eienaars wel hulle Fords bietjie 'inkleur'.  My waarneming is ook dat dit maar dieselfde is vir ander bakkie-eienaars.  Interessant ook dat dit meestal bakkie-eienaars is wat sulke dinge doen.  Sedans en SUV's eienaars lyk dit my is meerendeels tevrede met hulle voertuie soos hulle van die fabriek af kom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 11:08:24 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het juis nou 'n paar minute gelede 'n Nissan gesien wat opgemaak is soos 'n krismisboom.  Miskien moet van die Indiër emigrante 'n winkel op sit om te help met bakkies versier.  Hulle weet regtig hoe om 'n voertuig goed in te kleur en laat ons spesiale 'mags' , bull bars en strepies maar vaal lyk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 12:26:28 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1525
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

So van blink wieledoppe wat draai (dit word glo spinners genoem), nagemaakte scoops op die enginekap en wie weet wat nog om die voertuig te "verpersoonlik" gepraat - ek het destyds 'n ongeletterde tuinier gehad wat gesê het "people who cannot leave their cars the way it comes from the factory are people who cannot spend money wizely".

Snaaks hoe iets in jou kop kan vassteek. Elke keer as ek so 'n voertuig sien herinner dit my aan Philemon se wyse woorde.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 12:35:31 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek raak nou bekommerd dat mense aanstoot kan neem oor die rigting wat die gesprek neem.  Onthou, hierdie is 'n ligtelike gespot en nie persoonlik bedoel nie!

Ek het baie jare gelede my eerste motor, 'n tweedehandse (of derdie, of vierdie of....) Anglia 1000 gekry met 'n rooi horisontale streep op die sykante, twee truligte wat nie gekoppel was nie, twee teleskopiese ligdrade agter langs die bak wat ook nie gekoppel was nie, (hy het nie eens 'n radio ingehad nie)'n dubbele uitlaatpyp terwyl die paar Kw wat die voertuigie uitgestoot het, skaars een benodig het en nog 'n paar ander aanhangsels.  Ek het hulle almal verwyder maar ek het nie geld gehad om die uitlaatpyp te vervang nie, en glo dit as jy wil, toe loop hy sommer vinniger!wink

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 18:26:01 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ek het van die gadgets wat verwys word na op my BT50, Pajero, Land Gruiser 200 series, Jeep Grand Cherokee en Ford Ranger gesit. 

Dit is - packing system, dakrak, long range tenks en oordenlike veldry bande (wanner die oorspronklikes moet vervang word).

Hoekom? want ek het dit nodig gehad en geen voertuig kom daarmee uit nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 21:22:40 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1525
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek terf onderskeid tussen kosmetiese / image / voorkoms modifikasies en funksionele toerusting wat aangebring word om die funksies te verrig waarvoor die voertuig aangeskaf is.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2020 @ 10:04:47 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1312
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2020 @ 11:24:06 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 209
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Julle moet ophou stir !    In ons garage staan n Toyota bakkie 2004 / 65000 km en n Ford fiesta 2005  / 90000km wat ek verstaan saam graf toe moet gaan - as ek iets se moet ek bus ry - so stilbek is n heelbek.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2020 @ 12:28:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17514
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Julle moet ophou stir !    In ons garage staan n Toyota bakkie 2004 / 65000 km en n Ford fiesta 2005  / 90000km wat ek verstaan saam graf toe moet gaan - as ek iets se moet ek bus ry - so stilbek is n heelbek.   

My vriend het ook altyd gesê hy ry met n Mercedes daagliks werk toe.....laughing

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2020 @ 15:44:36 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 657
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

As julle 'n Toyota langs die pad sien staan met 'n vrou alleen, moet asb. nie stop nie. Dit is 'n "scam" want 'n Toyota breek nooit nie.

Moeg geploeg.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2020 @ 16:11:43 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 209
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Ja mans en hul karretjies met trimmings -  daar kom n dag dat hul grootraak.   Ons lag altyd oor my man se Fiat box karretjie toe hy nog die boyfriend was so 1980s.   Was n mooi beige boxie met wind bubbles aan die vensters en n boot spoiler en ook sulke sonskyngeel furr op die dash en spotlights seker om meer girls te kon raaksien.   Te windgat.  Tyres was ook xtra breed en niemand kon agter sit nie want dan skuur die body teen die tyres. Lekker commin maar vandag lag ons daaroor want ons is eintlik heel ordentlike mense dit was maar die jong latte se trend daardie tyd terwyl ma en pa nog gesorg het vir n dak oor jou kop.  Hy is gelukkig voor ons troue met n regte egte Ford vervang.    

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2020 @ 16:22:29 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 571
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 16:18:53 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ek het net 'n 25mm spacer bokant die coil springs op die voor wiele geinstaleer.  En halwe bladveer weerskante agter.  Dit maak die vering agter so effe harder maar sodra daar gewig op is loop hy soos troop.

Die bestaande skokbrekers werk 100%.  Die eerste dag of wat in die duine kom jy gou gou agter die kap van die byl en die res van die tyd deur die duine is dit net pret.

Die ekstra hoogte help net om nie onodig op die knik van 'n duin op jou pens te gaan lê nie.

Ek het 2018 by Atlantis in die kaap gaan duine ry met die nuwe tipper.  Die spacer en blad vere het sy ding gedoen.

Geniet dit

Hi Leon, Waar het jy die halwe bladveer laat installeer?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 18:08:42 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 571
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Leon is daar regtig n groot verskil deursak van die vere as jy iets baie swaar hak?   Hoeveel cm omtrent?

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 5 of 5
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za