English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 771
Total Views: 83 246 914
topics: 1 156
replies: 12 178
views: 4 835 945
Jokes and everything else that makes you laugh

Fight tussen Ford en Toyota

replies: 226
views: 4233
page 1 of 5
28 Jan 2020 @ 12:14:51 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Is daar nogsteeds fights op die Forum tussen Ford en Toyota?

Hak hak Toyota is.....

Nogsteeds die beste al ry ek nie meer een nie不不不不

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 13:14:06 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Is daar nogsteeds fights op die Forum tussen Ford en Toyota?

Hak hak Toyota is.....

Nogsteeds die beste al ry ek nie meer een nie不不不不

Dis net Leon wat nog n Ford ry.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 13:17:02 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Almal ry deesdae Ford.  Die Toyota manne is te skaam om deesdae te noem dat hulle Toyota ry.

Januarie hou dan nou net so lank soos 'n Toyota engine.cooltongue-out

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 13:22:45 pm
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Hi Hannes,

Ja hier is nog stoere FORD aanhangers.

Hulle is net skaam om vir almal te sê hoeveel duisende rande hulle op daai lorries moet spandeer voor hulle ook gemaklik en veilig kan ry.

Dis nou die :

ander bande

ander rims,

Wheel trims,

Light bars,

Engine chip,

Ryhoogte verstel,

Long range diesel tenks en nog so los R30 000 rand om dit wat hy splinternuut gekoop het en nie tevrede was mee nie na IETS te laat lyk en voel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 13:36:00 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Andre toemaar moet nie warry nie.  

Ford en VW begin saamwerk met hulle tegnologie.   Dan kan die Amaroks manne ook maar saam met die Ford manne begin praat oor kwaliteit en performance.   Dis sleg om heeltyd in die hoekie te staan en niemand sien jou raak nie.

(Andre , ek trek jou been---Ek like nogal die VW Amarok en dink dis 'n super voertuig.  Hulle trap diep spore in die Skiboot en sleep wereld.  Die manne hou van hulle.  Al nadeel is hulle prys op die V6 )

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 13:49:22 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ons paar Nissan-outjies bly ook maar eerder tjoepstil want niemand glo ons tog nie  -  ons hou egter dop die driehoek spoggery van Ford, Toyota en Amarok eienaars, maar steur ons natuurlik nie veel daaraan nie.

Mooi en duursaam, nê ?

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 13:54:13 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Lyk pragtig Lennie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 14:10:52 pm
Anonymous

Myne bly ook maar net waar hy is.

Al baie ander fabrikate getoets bestuur, maar nog nie een kon my tevrede stel nie.

Slegs hierdie ou gee my die rygenot wat ek soeklaughing.

Voertuig eienaars sal op hulle rugte val as hulle moet weet wat die kilometer lesing is, maar tog die offers wat handelaars my bied, laat my oê nogals rek en maak my dink en jukkerig en dan dink ek, moet ek of moet ek nie.

My kop sê ''Nee'', hou wat jy het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 15:19:29 pm
Skonk
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 62
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 37 years

Sssshhh Lennie, hou dit maar 'n geheim, netnou sit ons Nissan bestuurders ook en strooi praat oor niks as almal weet hoe lekker Nissans sleep en ry!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 18:31:10 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Nee wat, ook die Nissan X-Trail gevolg ("rattles" en al) toe oorgeskakel Suzuki Grand Vitara toe - pragtige, lekker voertuig, tot my agter-end gejeuk het en ek maar toegegee het ...... VW Touareg V6 TDI is heerlik!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 18:32:08 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Is daar nogsteeds fights op die Forum tussen Ford en Toyota?

Hak hak Toyota is.....

Nogsteeds die beste al ry ek nie meer een nie不不不不

Hannes ons het so bietjie afgekoel met die Toyota manne. Ek kry die gevoel die waarheid dring stadig deur en moeilik om te aanvaar Toyota buig die knie. 

(不Hoe lekker stir ek nou不)

Is soos rugby. Die All Blacks kan nie altyd wen

迎 Worry ends where faith begins 迎
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
28 Jan 2020 @ 19:11:17 pm
Anonymous

Nee wat, ook die Nissan X-Trail gevolg ("rattles" en al) toe oorgeskakel Suzuki Grand Vitara toe - pragtige, lekker voertuig, tot my agter-end gejeuk het en ek maar toegegee het ...... VW Touareg V6 TDI is heerlik!!!!

My radio sit ek slegs aan wanneer ek hom was.

Terwyl ek ry, geen radio se geblêr nie, want myne het hoegenaamd geen "rattles" of probleme nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 19:28:26 pm
Anonymous

Neewat daar kan nie so fight wees nie ander noem hulle dit boelie... Toyota manne kan nie 'n Ford man oortuig nie, jy kan jou kleinboetie NIKS vertel nie, hy sal nie verstaan nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 21:43:12 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

不 Brommer jy stel nie teleur.

Die bakkies is almal dieselfde. As jy weet hoe om jou bakkie reg te ry sleep jy saam Al die Groot outjies.

Nou met terugkom van Natal sleep ek met n 3.2 Ford. Lang's my hardloop n 2.4 Toyota en het my wraggies baie verbaas. Ford baie beter engin en speks maar daardie man het saam my gery.

Die bakkies almal dieselfde.

迎 Worry ends where faith begins 迎
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 21:57:10 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek glo die ou in die 2.4 Toyota se brandstof pedaal was heelwat dieper ingetrap.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 22:34:42 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek glo die ou in die 2.4 Toyota se brandstof pedaal was heelwat dieper ingetrap.

Verseker. Ek het by my 115 gehou en Hy het gemaklik saam gery. Opdraendes as ek poeier gee Los ek hom maar Dan begin ek te vinnig te ry.

Opmerklik het Hy nie baie uitgesak met opdraendes. Maar punt is as jy sleep hang dit baie van die bestuurder af en hoe goed Hy sy voertuig ken en soos jy se hoe diep daai petrol ingetrap word. Dit was ook gebrand as n company bakkie en gewoontlik word hulle stukkende gery.

迎 Worry ends where faith begins 迎
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 06:25:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Is daar nogsteeds fights op die Forum tussen Ford en Toyota?

Hak hak Toyota is.....

Nogsteeds die beste al ry ek nie meer een nie不不不不

Ek het niks om te seg nie.  Weet wat ek het.  Ek kyk maar en luister maar........................... tongue-out

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
29 Jan 2020 @ 06:34:03 am
KKNico
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 22 Jan 2020
Experience: 10 years

Ai soek ek nou daai advertensie van ou tolla " eerste keer reg altyd reg - Toyota "

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 06:51:37 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het niks om te seg nie.  Weet wat ek het.  Ek kyk maar en luister maar........................... tongue-out

 

Ja...miskien maar beste. Dink dis mense wat n gat in die sak gekoop het en nou wil hulle hul teleurstelling goedpraat deur ander se bates af te kraak...voel dan beter

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 06:52:53 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

n Paar jaar terug toe ek n Land Cruiser 200 4.5 gekoop het, het toyota my genooi vir 4x4 opleiding.  Die opleiding was uitstekend en die cruiser het deur alles gecruise. Die furtuner manne was still en was daar om die dag in n goeie gees te geniet. Maar ek het n bietjie n wind gesluk vir al die opmerkings wat van die Hilux manne gemaak het. Dinge soos "n Hilux sit nie vas nie.... as n Hilux vas sit is die die driver se skuld en nie die Hilux se skuld nie.  Selfs hulle vrouens wat saam was het sulke stupid opmerkings gemaak ...  soos, hulle verstaan nie hoekom mense n ander bakkie as n Hilux sal ry nie.  Dit het vir lank aangegaan tot ons deur n lekker groot moeder poel moes ry en n lekker steil bult moes baas raak. Dis waar die Hilux manne begin stil raak het toe die eerste Hilux in die moeder gesukkel het en ander Hilux twee tot drie keer gesukkel om n steil bult uit te kom.  Die cruiser en die Prado wat daar was het by vere die beste gevaar. 

Ek wonder of daardie vrouens dieselfte sou gese as daar ander 4x4 bakkies daar was.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 07:43:30 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

lekker lag ek nou Piet.   Deesdae word die Toyota manne se monde maar baie stil rondom vure.   Die tye het beslis verander en dit bly steeds verander.

As 'n vervaardiger nie in pas bly met nuwe tegnologie nie raak hy agter.  Dis waar Toyota hom nou bevind.   Die manne soek sterker bakkies met kleiner engins wat ligter op brandstof is.    Almal se monde was 8 jaar baie groot oor die 2L Amaroks maar soos die jare aangaan het ander make hulle gevolg.  Oor 10 jaar van nou af sal Toyota ook 'n 2L maak.  Jare terug het Toyota die pas angegee maar nou volg hy net die wenners.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 08:23:18 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

lekker lag ek nou Piet.   Deesdae word die Toyota manne se monde maar baie stil rondom vure.   Die tye het beslis verander en dit bly steeds verander.

As 'n vervaardiger nie in pas bly met nuwe tegnologie nie raak hy agter.  Dis waar Toyota hom nou bevind.   Die manne soek sterker bakkies met kleiner engins wat ligter op brandstof is.    Almal se monde was 8 jaar baie groot oor die 2L Amaroks maar soos die jare aangaan het ander make hulle gevolg.  Oor 10 jaar van nou af sal Toyota ook 'n 2L maak.  Jare terug het Toyota die pas angegee maar nou volg hy net die wenners.

Goed gestel Zack

Sal nou graag 'n video wou plaas waar 'n toyota vreeslik gesukkel het om 'n boot sleepwaentjie uit die water te trek sonder die boot natuurlik.

laughinglaughinglaughingtongue-out

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 08:31:16 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek het hom gesien Leon.  

Dit gebeur as jy dink jou Hilux is baie sterk en jy sit hom nie in 4x4 L nie.  Slipways veral by die see kan glad weer en 'n handbriek gaan jou nie help as dit baie styl is nie.  Ek wens dit vir niemand toe nie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 09:05:52 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Die manne sal altyd stry. Maar Vir my is Ford by ver die beste, binne, buite die lot. Ek het verskeie male Al die bakkies deeglik gaan toets bestuur en Ford staan uit soos n karbonkel op die voorkop. Almal kyk Vir hom, bewonder hom selfs Toyota manne vang ek wat skelm loer.

As dit by klippe klim en deur modder poele swem doen Toyota uitstekend maar ek is wragtig nie so dom om so n duur item deur my agter wereld te trek. En hoeveel kilometer per jaar ry jy oor klippe en hoeveel kilos per jaar ry jy op paaie waar gewone karre kan ry ?

Beslis n no brainer.

.

迎 Worry ends where faith begins 迎
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 09:11:42 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Stem Bak Oor.  Dis die seuntjies wat hulle John Deer Toyota bakkies by pappa gekry het wat oor klippe en modder poele ry en groot voel na die tyd met sy eerste Black label in sy hand.innocenttongue-out

Ford kan dit ook makliker en beter doen maar ek dink die Ford bestuurders is net meer  "Geleerd"tongue-outcool

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 09:32:26 am
Charldp
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 62
Joined: 20 Aug 2019
Experience: 31 years

manne om n bakkie te kies is soos om n vrou te kies. Elke man het sy eie smaak... sooms is dit n goeie keuse soms nie.... darem verstaan n bakkie as jy n ander bakkie wil toets bestuur wink

STOP and smell the camp fire :)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 09:44:03 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Skerp Charl.   Jy is reg maar daar is een klein verskil.

Jy raak moeiliker van 'n vrou ontslae as jy 'n Ford Ranger gery het.   Sy probeer altyd die huwelik laat werk ter wille van die Ranger en nie die kinders nie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 10:14:54 am
Anonymous

Ja nee toemaar ek verstaan hoekom mense eerder Hilux oor die klippe vat.. Want hy kan.

Ekt 'n 3.2 gehad, ja die engine is lekker, ekt ook goeie brandstof verbruik gekry, die Mazda (wat maar Ford is) het lekker spasie agter gehad, maar dis dit en eindig daar.. As jy probleem kry op 'n ford of mazda dan is dit jou bestuurstyl, as daar fout op hilux is, dan maak toyota dit reg, en dis die belangrike punt vir my, en daai "as" is 'n groot "AS"..

Jy kan nie sê al die bakkies is dieselfde nie, weereens stry mens dan met mense wat sulke nonsens glo en is dit nie moeite werd nie want so persoon weet duidelik dan nie verskil nie en kyk net on die tonneltjie. Ek vat dit ook maar van iemand wat kort-kort ander voertuig het.......

Nee dankie, ek spandeer m geldjies reg, deur na snert te geluister het op media ens oor Fords en hul 3.2's destyds my baie gekos, nee dankie, skoolgeld betaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 10:27:22 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Brommer ek dog jy het iets geleer op die forum. Almal betaal iewers aan skoolgeld.

Mazda en Ford verskil net soos baie van mekaar as wat Toyota en Tata van mekaar verskil.   Dis twee afsonderlike dinge uit twee verskillende fabrieke met twee verskillende bagdes.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 11:45:21 am
Anonymous

Die kersie op die koek was:-

So 2-jaar gelede gedurende Desember het ons by Eastco Parys gekamp en toe moes my X-Trail inderhaas nader getrek word om 'n Toyota Prado aan die loop te kry.

Die eienaar van die Prado was so verleë en geskok dat hy nie woorde gehad het nie. Al wat kon uitkom was, Baie, Baie dankie, jou X-trail het my verbaas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 12:31:04 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ons kinders het ons Desember Weskus toe gevat. St Helena Baai. 3 voertuie. 

Oudste knaap met Ford Ranger 3.2 Auto ry voor. (Hy ken die pad)

Dogter en haar man Jeep Commander 5.7 V8

Ons en jongste knaap in sy iX35 diesel.

Wel ix35 het beste diesel verbruik gehad

Ford se verbruik nie te bad nie 9km/lt met sleepwaentjie en sy SKOONMA

Nou ja die Jeep......

Nog nooit afstande tussen dorpe so tot op die laaste km uitgewerk nie. Hy het 18 gekry......dis nou lt/100 km teen gem spoed van 110km/h不不不

Gaan glo ook nou n Ranger koop

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 12:41:00 pm
Anonymous

Brommer ek dog jy het iets geleer op die forum. Almal betaal iewers aan skoolgeld.

Mazda en Ford verskil net soos baie van mekaar as wat Toyota en Tata van mekaar verskil.   Dis twee afsonderlike dinge uit twee verskillende fabrieke met twee verskillende bagdes.

Myne het die FORD badge gehad. Dit was gekoop by die FORD MOTOR COMPANY OF SA. Die WAARBORG was gedra deur FORD.

DIe Bakkies van 2015 het Mazda eers begin invoer wat NIE deur die Ford fabriek hier gebou was nie. Alles in my bakkie was NOG VANAF FORD. Grootste fout van my lewe.

 

Hannes daai 9km/Lt klink te swaar vir 3.2 met net 'n waentjie? Teen 110km/h? Hy moes 14km/lt gekry het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 13:29:59 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Brommer jy het seker ook jou Toyota by Tata gekoop. tongue-out

Ford en Mazda is al jare teug gesplit of iemand het jou gevang.  

Grumpy 9km/L klink reg met 'n trailor as nie te swaar is nie.  Met 'n swaar gelaaide Penta teen 110-115 km/h het ek 12.7l/100kM wat so 7.5Km/L gee.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 13:38:20 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Brommer

Nee...14km/lt vir n 3.2 auto. Nee

Hy het n XLT ek dit 2013 of 2015 model. Al verandering is hy het Wildtrack se 18" wiele op.

Almal jok maar oor hul verbruik. Ek nie. My Suzuki Grand Vitara is mo@#$ swaar op petrol.

My laaste Hilux...in die winter sonder aircon 12km/lt teen 110 Somer 11.5

Hierdie wat die manne vir my vertel hulle kry 16km/lt met hul Fortuner en 2.8 Hilux'e nee wat!!!

Dis dalk wat hul trip computer's se.

Ek het met die Grand Vitara 17km/lt gekry. Die Swift 23km/lt gekry maar dit was teen berg passe af. Gemiddeld

Grand Vitara  9km/lt trip computer se 11

Swift 14km/lt trip computer se 16

Wesbank Fuel Economy Tour 2019

Hilux 2.8 manual = 14km/lt

Ford 2lt auto = 14.7km/lt

En dis proffesionals??

 

 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 13:39:35 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

So 'n ruk terug het ons by die Skaapkop Gilde ook so lekker gestry oor diesel verbruik van bakkies.  Almal se monde was groot en die hempsknope het amper losgesiet van trots soos die manne spog en bors uitdruk.

Ek het voorgestel ons stap na elke bakkie en kyk wat was die laaste gemiddelde gebruik oor 100km teen watter spoed.   Hierna het die verskonings en verduidelikkings gekom.   Goed soos die bakkie se rekenaar is nie reg nie.  Dis maklik moet nie die "Brand" koop waarvan die rekenaar nie reg is nie.   Ek dog sommige bakkies breek nie!!!!   cool

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 13:43:26 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Brommer

Nee...14km/lt vir n 3.2 auto. Nee

Hy het n XLT ek dit 2013 of 2015 model. Al verandering is hy het Wildtrack se 18" wiele op.

Almal jok maar oor hul verbruik. Ek nie. My Suzuki Grand Vitara is mo@#$ swaar op petrol.

My laaste Hilux...in die winter sonder aircon 12km/lt teen 110 Somer 11.5

Hierdie wat die manne vir my vertel hulle kry 16km/lt met hul Fortuner en 2.8 Hilux'e nee wat!!!

Dis dalk wat hul trip computer's se.

Ek het met die Grand Vitara 17km/lt gekry. Die Swift 23km/lt gekry maar dit was teen berg passe af. Gemiddeld

Grand Vitara  9km/lt trip computer se 11

Swift 14km/lt trip computer se 16

Wesbank Fuel Economy Tour 2019

Hilux 2.8 manual = 14km/lt

Ford 2lt auto = 14.7km/lt

En dis proffesionals??

 

 

Presies. Daar is manne wat meer ekonomies sleep met n groot wa as wat vervaardigers hom solo getoets het.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 15:50:12 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Hannes net vir wat dit werd is die Ford 2.0 waarna jy verwys is die single turbo en nie die Bi turbo

迎 Worry ends where faith begins 迎
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 18:47:40 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ja net soos Len se ons Nissan manne baie gelukkig my 2018 Navara bul van n bakkie 

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 20:26:27 pm
Anonymous

Ek lief my Nissans.

Hierdie oudste is 1984  met 337583km op sy klok.

My X-Trail, 223000km

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 08:11:25 am
Anonymous

Brommer

Nee...14km/lt vir n 3.2 auto. Nee

Hy het n XLT ek dit 2013 of 2015 model. Al verandering is hy het Wildtrack se 18" wiele op.

Almal jok maar oor hul verbruik. Ek nie. My Suzuki Grand Vitara is mo@#$ swaar op petrol.

My laaste Hilux...in die winter sonder aircon 12km/lt teen 110 Somer 11.5

Hierdie wat die manne vir my vertel hulle kry 16km/lt met hul Fortuner en 2.8 Hilux'e nee wat!!!

Dis dalk wat hul trip computer's se.

Ek het met die Grand Vitara 17km/lt gekry. Die Swift 23km/lt gekry maar dit was teen berg passe af. Gemiddeld

Grand Vitara  9km/lt trip computer se 11

Swift 14km/lt trip computer se 16

Wesbank Fuel Economy Tour 2019

Hilux 2.8 manual = 14km/lt

Ford 2lt auto = 14.7km/lt

En dis proffesionals??

 

 

Wel teen 110km/h langpad sou ek voel MOES hy dit kry, of daars fout...

Ek kry bitter min LANG pad solo met die Fortuner maar hier in Pretoria en JHB tussen die highways ens het ek met beide die 3.2 Handrat en 2,8 Auto baie goeie verbruik gekry tussen 100km/h en 110km/h en hiers genoeg bulte op die N1/N3/M1/N14 ens in Gauteng.

Maar selfs nie eers die fotos van pomp vs computer het die manne tevrede nie, en ek glo nie daai swaar verbruik wat hier genoem word nie, ek sou huil...... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 09:31:49 am
NicoSmit
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 02 Jan 2020
Experience: 18 years

Ford Isuzu en Toyota word in die selfde fabriek gebou . Na hulle aanmekaar gesit is word hulle op die parkeer terein geparkeer .Elke oggend kom Phineas met sy clipbord en 'n  sak met badges . As hy olie lek kry hy 'n Ford badge .As hy warm word kry hy 'n Isuzu badge en as hy weg is ... was hy 'n Toyota (gesteel deur die nag)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 12:42:56 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek het nie nodig om skaam te kry vir my Ford nie want hy is altyd voor, selfs met die Exclusive agter.  Maak nie saak hoe ek laai nie.

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 15:36:23 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Ek dink. Die toy manne koop agter daardie lawwe advertensie aan. 

Wel.... my Jeep is beter. Deesdae met die kamp waentjie ... 9 k.p.l..of te wel 11 lit.p.100 kilos.

Sy voordeel... 500 nm. Meet die disselboom na elke trippie.  Wraggies hy word n mm of wat langer.  

As die moelas daar is, n nuwe SRT. of dan n bi-turbo Ranger. Viva FORD. 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 12:56:17 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Willem, ek weet die Territory is berug vir sy hoë brandstofverbruik hoewel hy baie krag het.  Wat is jou ondervind daarmee?  Ek moet sê joune is 'n heel aantreklike voertuig.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 13:40:28 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Fred, ja hy is redelik dors maar my brandstof prys is vir my baie minder as 'n nuwe voertuig se premie saam me sy brandstof koste.  Onthou die laaste 22,000km was dit 99% sleep.  Gemiddelde so 4.5 - 5.0km/l.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:03:04 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 567
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Hi Hannes,

Ja hier is nog stoere FORD aanhangers.

Hulle is net skaam om vir almal te sê hoeveel duisende rande hulle op daai lorries moet spandeer voor hulle ook gemaklik en veilig kan ry.

Dis nou die :

ander bande

ander rims,

Wheel trims,

Light bars,

Engine chip,

Ryhoogte verstel,

Long range diesel tenks en nog so los R30 000 rand om dit wat hy splinternuut gekoop het en nie tevrede was mee nie na IETS te laat lyk en voel.

Andre, dis nou die krismistree look daai.

Almal sal die look nou weer moet verander en ander vlamme opsit want die regte Raptor lyk heeltemal anders.

Vlooimark gaan weer n killing maak!cool

 

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:06:28 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Toyota Hiluxe (Selfs die nuwe 2.8) maak regte killings landwyd omrede hulle aanhou rol en op hulle dakke lê en tan in die son.innocent

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:14:39 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 567
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Toyota Hiluxe (Selfs die nuwe 2.8) maak regte killings landwyd omrede hulle aanhou rol en op hulle dakke lê en tan in die son.innocent

Nee wat, die vervelige ou wit wa het Vrydag gegaan vir sy 90 000 kilo diens, boring, maar ek moet hom seker nou en dan by die dealer kry vir sy vars bloed en niere.

Nie eers geweet die dealer het persele verander nie, was so lanklaas daar!

 

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:23:42 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Nee wat, die vervelige ou wit wa het Vrydag gegaan vir sy 90 000 kilo diens, boring, maar ek moet hom seker nou en dan by die dealer kry vir sy vars bloed en niere.

Nie eers geweet die dealer het persele verander nie, was so lanklaas daar!

 

Moet net nie meer as 30km/h die stuurwiel vinnig draai nie.  Dan gaan jy by die scrapyard 'n draai moet maak en nie by die dealer nie.   cool    Dis seker die grootste rede waarom Toyota nie die Hilux se performance aanpas om by die kompitisie te bly nie.  Sit die Ranger Raptor se roofrack op jou Hilux dan kan hy in styl op sy rug lê.tongue-out

Veilig en stadig ry. Ongelukke op Hiluxe gebeur van self.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:27:01 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 567
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Moet net nie meer as 30km/h die stuurwiel vinnig draai nie.  Dan gaan jy by die scrapyard 'n draai moet maak en nie by die dealer nie.   cool    Dis seker die grootste rede waarom Toyota nie die Hilux se performance aanpas om by die kompitisie te bly nie.  Sit die Ranger Raptor se roofrack op jou Hilux dan kan hy in styl op sy rug lê.tongue-out

Veilig en stadig ry. Ongelukke op Hiluxe gebeur van self.

"Johny's father drives a krismastree"

"and what did you say my boy?"

"I only smiled dad"

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 09:21:28 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Intresante gesprek. Nuwe bande, nuwe rims, highlift kits met suspension upgrades en al die tupperware. Om die waarheid te se, het ek nou al baie Hiluxes met dieselfde op gesien. So dit lyk of daar van die Ford en Toyota (en ander) eienaars is daar buite wat daarvan hou om voertuie in n christmas tree (waarna verwys word) te verander.

Wel, die tupperware is nie vir my nie. Vir die eerste keer in my lewe het ek ander rims op n nuwe kar gesit (Pressure van die twee seuns af) Maar, ek moet se ek hou ook daarvan.  Al die ander goed (Canopy, nuwe Wrangler bande, duel batery stelses, ens.) wat ek opgesit het gebruik ek of baie gereeld maar beslis as ek op n trip bos toe gaan. 

Hoekom die Wrangler AT bande? Wel, die normally bande waarmee enige van die bakkies uit die fabriek kom werk baie goed en gee baie goeie km vir normally gebruik en  trips. Maar, as jy in die veld of die sand wereld van Namibia en Botswana toer is hulle dood eenvoudig net useless. Hulle chip maklik en kry meer gereeld punchers.

So dink ek meeste van ons sal n voertuig ry (goed byvoeg) wat voorsien in ons behoeftes en die tiepe vakansies wat ons van hou. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 5
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za