English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 298
Total Replies: 230 457
Total Views: 82 398 619
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 804 370
Jokes and everything else that makes you laugh

Fietsry is nie vir sissies nie

replies: 7
views: 3161
20 Feb 2017 @ 14:25:47 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Fietsry !!!Saterdag vlieg n klomp malletjies op tv weg op die Cape Epic. So tussen my popcorn en die brannas wonder ek of ek nie ook maar moet fiks word nie want daar is n paar ###### mooi boudjies op daai baasiekels, maar ek is so verdomp unfit ek kry milt steek op fyndraai. Ek het mos hoeka vir die kinders elkeen n grend baaisiekel gekoop, op rekening nogal, en nou ry ek hulle met die kar skool toe en daai helse duur martelpype staan en op roes in die garage.
Nou kyk ek waar op die ding is die carrier vir toebies en padkos maar die simpel ding het net so draad rakkie vir water s die laatie. Water en wat? Daar sal nooit n bottel J&B inpas nie! Ek moes seker gekyk het vir een of ander weight limit want as ek n 3 liter Toyota bakkie op sy knie trek as ek inklim gaan iets sy gat sien op die ou draadraampie. Die kinders het loop dekking slaan onder die vrste bed in die huis met een of ander sign wat s Ek ken nie daai ou nie.
Het julle geweet Spandex broeke het ook n rek limiet? Dis soos om daai maer vroutjie van 7de laan, Hilda, se super small bloomer om n blou walvis se gat te probeer trek. Jou aambeie skuif tot onner jou oksels. Dank Vader die pienk fiets se ketting lyk soos iets wat mens in Richardsbaai se hawe vergeet het van die roes en ek pick die kots geel een van die laaitie. Ek het een van die kinders se Helmets geleen al kon die twee net uit decency vir my ges het dis n skateboard helmet.
Nou onthou, ek het laas fiets gery toe n Chopper nog n professionele resies bike was en ek beklim die stukkie draadrank terwyl ek aan die priel vashou om nie om te donner nie. So met die been oorgooi gee die spandex op en flash ek my vrou in die kombuis wat die stront gade slaan en ek hoor net koppies val in die wasbak. Nou moet ek my gewone PT broek dra maar die saal is vir iemand gemaak met minder hol-cleavage as ek en so met die sitslag verdwyn daai saal met my nuwe onnerbroek en die helfde van die PT broek die onnoembare in en verstaan ek skielik wat n wedgie from hell is. Dis finkenol teen wat ek nou beleef!
Die arme fietsie se shocks l halfpad verby hul optop level en al is die tyres 104.7 BAR gepomp lyk hulle steeds pap, maar vandag word ons fiks!!!! Nou die wat die plek ken waar ek woon, weet van die enigste koppie in die omtrek net agter die huis. Nou as ek hom nou kan uittrap en terugkom sal ek in n kort rukkie fiks wees, reken ek. Vader, die munisipaliteit se lorries kom nie eers daar uit nie en na n ongoddelike strawwe , bloedswetende, asembenewede eerste 12 meter vang ek lift met n bakkie op tot bo.
Afkom lyk makliker
Nou die wat nie fietsry ken nie, weet seker nie dat die voorbriek nie goed werk op n afdraend nie. Nevermind, met my skateboard helmet, Pt broek driekwart in my watchemaycallit, vellies en rugbykouse bespring ek daai martelpyp bo-op die koppie ten aanskoue van n ander gesinnetjie Cape-Epic wannabes. Die ma druk sommer die dogtertjie se o toe want ek het later by die ambulansman gehoor ek het hol-cleavage gegooi vir Afrika. Toe die predikant my kom besoek het vanoggend wou hy weet of ek so in die afkom dalk n bees in volle vaart met een of ander geel ding in sy alie daar sien afkom het. So op sy dro manier kan hy ok maar n drol wees.
To hell met fiks word. Boude is mooier op TV en my gips kom anyway eers oor vier weke af.
Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2017 @ 15:36:54 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Arme jy!   Onfiks, in gips en 'n cleavage wat sy alie gesien het!!  laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2017 @ 15:54:45 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Mooi Man!!!

Normaalweg lees ek nie opstelle nie, maar na paar maande soos ek beleef het, geniet ek die stories (en kan myself daarmee vereenselweg)

Soos Oom Oubaas van 7e Laan sal se....."Die wyse Salomo het gese ...doe soo voort Jongman!"

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2017 @ 21:25:09 pm
Anonymous

Kyk om 'n bril te moet dra, en dan trane af te vee van al die lag vat tyd. Volgende een moet asb in vervolg verhale kom, my maagspiere voel nou soos jou watsemakol spiere.laughing

Mooi man, net wat ek op die Maandag gekort het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2017 @ 07:29:51 am
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Dankie tog ons was nie daar om doit te aanskou nie. Almal sou met arc eyes gesit het virri week.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2017 @ 10:15:04 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Stem, die TV kyk is beter om fiks te word as om daai afdraande aan te pak.

Skerp.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2017 @ 16:38:05 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2701
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
TV maak my nie so moeg nie,
Maar kan daar ook 'n oog knip...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2017 @ 08:21:01 am
Jaco van Rooyen
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 20 Feb 2017
O wee nee Dassie bly maar liewer weg van die fietse af en moenie eers dink aan die skateboard nie, nou-nou kom jy dalk net in die koerant huis toe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required