English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 119
Total Replies: 227 535
Total Views: 82 271 510
topics: 10 743
replies: 123 346
views: 38 803 485
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Feedback - KNP - Terugvoer

replies: 14
views: 290
30 Jun 2019 @ 19:21:19 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

We travelled to KNP in June. 

Leaving Home I realise that the alarm was not activated.  Contact the kids - they will rectify. 

On the way to the first plaza on the N1, I wonder why the bonnet is vibrating.  Answer, I never closed it properly after checking oil and water the previous evening.  At the Petroport this is fixed.

First night at Forever Resort Phalaborwa.  We have done this before to get an early start into KNP.  Everything was great.  EXCEPT:  In trying to connect the van to the electrical outlet, I realise that I cannot find my blue plug which caters for the 3-pin plug.  I borrow a connection from the Security staff and then pop into the local Spar for a blue plug at R84.  This plug requires the removal of the 3-pin plug;  did that and all was well.  

Following morning up early and head for Punda Maria (PM).  Stop for biologicals at Mopani and an expensive cup of luke warm coffee.    Reach PM.  First time come here.   The place is uneven.  The electrical points scattered with no logic in the placement thereof.  Find a uneven spot that allowed us to level the van but our patio and everything under it was at an angle.  Our Mrs neighbour from Newlands Cape Town in their BushLapa was not impressed that we intended to co-habit with them.  They were after all there first;  the 5 point plug outlet was theirs.  Anybody that dared to park between them and the view of the waterhole was advised to move as they were parked in the road.  I was advised that I was parking on their parking spot - I duly moved.  The two Exclusives across the road away from the ablution block also shared the plug outlet.    Dit krap egter aan my dat een van die waens se grys water pyp in die pad na ons kant toe dreineer het.  Ek voel ernstig daaroor dat mense wat soiets wil doen, agter in die verste hoek van die kamp weg van andere moet parkeer.    Hier kry ek my houer voor in die wa met 2 blou proppe in.  Sal maar liewer nie moeder se kommentaar plaas nie - hier is jong mense op die blad.

Die wild was iets om oor the kuier.  Drie tot vier troppe olifante bedags deur die watergat;  dan die buffels en ander kleinwild.  Geen predatore nie.  Ry 'n draai en kry 'n voetganger so 9km vanaf PM op die grondpad na Pafuri.  'n Ander kamper stop en verwittig dat hy die wagters in kennis stel.  In die tyd is daar ook op die teerpad na PM hek gekry.

Na 4 nagte na Shingwedzi.  Waarom betaal ons R40 ekstra vir die grensdraad wanneer daar niks is om te waardeer nie.  Bly liewer nader aan die ablusieblok(ke) wat in goeie toestand is.  Die gemerkte staanplekke beteken ook niks nie.  Van die merke is moeilik om raak te sien.  Darem luiperd raakgeloop.    Kry die luiperd op 'n ingewing van die oomblik besluit om 'n draai te ry na die 3km paadjie naby Red Rocks.  Daar staan reeds 'n Fortuner by die luiperd.  Ek het die kamera uitgehaal en in die wa gelos.  Ons ry terug om die kamera te kry en weer terug ba die luiperd soos gemerk op die Garmin.  Die Fortuner staan wrintiewaar steeds daar.  Wat laat mense 40+ minute staan en kyk na 'n dier wat rustig lê.  Neem ons fotos en daar besluit die luiperd om te loop.  Nie eers 5 minute nie.   Op die Redrockspad ook 2 swartwitpense gekry - dis glo nie hulle omgewing nie.   

Na 3 nagte na Letaba vir nog 3.   Lekker staanplek gekry by die ablusieblok met die vrouegedeelte en waskamer by ons.  Ons kon die hiëna teen die draad geniet terwyl ons braai.  Kamp was vol op papier ('skuus - rekenaar) maar nie fisies nie.  Twee aande het toerbusse ingekom en dan verrys daar 'n tentdorp wat na ontbyt weer verdwyn.  Dit dra by tot die voete in die kamp wat die fasiliteite redelik vol benut.    Letaba was 'n goeie keuse.  Ons wou Satara toe gaan.   Kampers het vertel van die skaarste aan diere op die S100 by Satara so ons was maar tevrede met die in die Letaba omgewing en het nie die besluit betreur nie.  Het ook 'n rietbok ram en ooi hier gekry.  

Daarna die langtrek na Malelane.  Gelukkig verby Skukuza voordat die verkeer ons ophou.  By Malelane ry ons na Berg-en-Dal om in te klok.  Hoor toe dat dit by Malelane hek moet gebeur maar hulle akkommodeer ons.  Malelane word dan aangedui as 'n satelliet kamp.   Satelliet van wat?  Ons ry in en die stof staan 'n rooimuur dig.   Ons soek 'n plekkie by die gras daar waar die uitkykpuntjie is.  Besluit om nie eers te probeer om die patio op te slaan nie.  Die plastiese tafel wat in die wa was en wat ek in die bakkie wil bêre slaan my onderstebo en tref my bakkie driekeer.  Gelukkig bietjie uit die stof en bejammer die mense wat hoër op kamp gemaak het.   Die ablusies skoon maar klein.  Ons het lekker gebly en besonderse wild gesien.  Buitelanders uit België in 'n ryhuis kon deel aan my gasvlam en aan my en 'n Nelspruiter se droë braaihout na die se gesukkel om sy vuurtjie aan die gang te kry.   Hulle is met van die hout in na eSwatini.   'n Ortodokse Joodse egpaar met hulle kinders  het ook daar in tente gekamp.   Kon nou nie die Vrydag rondry nie weens hulle Sabbat reëls maar kon weer Saterdag namiddag begin.  Hulle was verras toe ons waarsku oor die wind en hulle gazebo wat nie geanker was nie. 

Ry 'n draai om Skukuza sonder om daar in te gaan want ons is nie gretig om die "stad" te besoek nie.  Op die pad na Onder-Sabie kry ons 2 verkeersknope.   Die eerste was vir 2 leeuwyfies wat op die sandbank langs die rivier lê.   Genugtig, mense maak van 'n 2-baanpad sommer vierbane en gee geensins om vir diegene voor hulle en die wat van die teenoorgestelde rigting aankom nie.  Die volgende een was vir 'n luiperdvangs wat in 'n boom hang.   Geen luiperd in sig nie.  Hopelik het die geselskap in 'n VW bussie wat ons vir 20+ minute vasgekeer het, waarde daaruit geput.   Dit was die eerste dag van die skoolvakansie.  Bewaar my van enige sotlike besluite om in die vakansies in plekke soos die KNP te kuier

Dankie KNP vir die voorreg om die geriewe te gebruik en die heerlike blaaskans te geniet.   Die staf was orals vriendelik en behulpsaam.

Die winkels se pryse was nie buitensporig nie en ons was beindruk met die kwaliteit van die vars groente en gebak (brood en bolletjies) wat beskikbaar was.  Selfs die wyn en whisky was baie beter geprys as Pilanesberg.

Die braaihout is duur teen R41,50 per sakkie.   Ek het 10 sakke sekelbos en 1 houtskool saamgery uit Pretoria.  Gekoop by die Total garage langs die R101 oorkant Chamberlains.  Dit was R25 per sakkie. Daar was goedkoper sakkies maar die hout was groter stukke en die wat ek gekoop het kon plat pak in my krat wat toelaat dat ek ander goed bo-op pak.  Dit was ook droog. 

'n Oudkollega raakgeloop op die brug Noord van Letaba.   

Verwonder aan mense se geloof aan oorlewing.  Dit was 'n Quantum bussie van die Witbank Noord NG Kerk wat voor die geelstreep stop en sy vrag toelaat om die brug voor die streep te bewandel.  Hulle was in Letaba met een of ander spanbou of iets besig.   Kon hulle nie die kennisgewing  lees oor waar jy mag stop en uitklim nie.  Wou hulle aanmeld maar dan sou hulle besoek en ervaring van wat ookal, bederf word.

Ry terug oor Schoemanskloof.  Koop lemoene teen dubbel die prys wat dit ons kos in Pretoria.   Daai padstal sien ons nie weer nie behalwe as die nood druk. 

All in all, a great holiday.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
30 Jun 2019 @ 19:52:17 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 118
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Dankie Theo, ek het jou verslag geniet en gewens ek was daar.sealed

EbenhaƩser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2019 @ 20:36:13 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Net 'n regstelling.   Die kerkmense was in Witbank-Suid se bussie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2019 @ 20:39:12 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dankie vir jou verslag Theo. Altyd lekker om te lees al maak dit mens jaloers om nie ook so lekker wegbreek te kon geniet die tyd v d jaar nie. 

Ja so kan ander mens se pret bederf as hulle als besit en nie ander ook iets gun nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2019 @ 20:49:33 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Van ons ander vriende op die Forum het melding gemaak van die sukkel met selfoon seine veral vir internet gebruik.   Dit was ook ons ondervinding.  By Letaba is ons meegedeel dat Telkom geensins moeite doen om hul stelsels instand te hou nie.  Ek neem nogal my LTE boksie saam maar daar gebeur net mooi niks nie.   Het selfs met Vodacom in Malelane gesukkel.  Moes my goeters af- en aanskakel om iets reg te kry.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2019 @ 21:33:50 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 99
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Baie dankie. Jou terugvoer is pragtig.  Kan met 'n paar van julle ondervindings vereenselwig. Veral die kragpunte by Punda.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2019 @ 21:45:10 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Theo ek kan net noem dat dit is waar ons uitgeboul word met al die nuwe vinniger netwerke. Sover ek weet kan die LTE SIMS nie terugval op 3G of GPRS as jy in 'n area is waar daar nie LTE is nie.

Daar is bitter min torings in KNP volgens die kaarte wat ek laas na gekyk het vir al die hoof netwerke. My Cellc kon nerens in KNP park werk nie maar sodra ek nader aan 'n hek beweeg of net deur die hekke is dan het dit perfek gewerk. Ek het bv Grand Prix gaan kyk een Sondag deur na die Wimpy te gaan in Komatipoort. By Krokkies kon ek wel 'n stadige bandwydte optel in die hoek in die rigting v d hek.

Dus as mens wel 'n ou 3G het moet mens dit maar wel op pre-paid aan die gang hou vir plekke soos KNP. Alle nuwe SIMS is gewoonlik op LTE en dan is 5G ook nou nog op pad. Dit gaan dus net moeiliker word in die toekoms om sein te kry weg v d hoof netwerke. Die ou 3G SIMS behoort egter nog op te vang as dit in die LTE stokkie of router gesit word.

Dis dalk iets wat ons in gedagte kan hou. Nuwer is hier nie altyd beter in sekere gebiede nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2019 @ 21:59:15 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years
Ek kan in my geestesoog alles sien wat julle beleefd het. O die mensdom se opvoeding by roofdiere is iets wat ek liewer wil vermy. Ek mis Kruger omdat ek nou in Engeland bly. Maar .......
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2019 @ 22:56:26 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13427
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Baie nice jou vakansie vertel. Het my so ingeleef.....voel of ek saam met jou daar was! 

Ek het ook afgelope Maart vir die 1ste keer by daai padstal gestop by Schoemanskloof omdat daar altyd so vreeslik baie vakansie gangers staan daar....net om te sien hoekom. Ek weet nou nog nie hoekom nie, want soos jy noem is hulle vrek duur. Ek is is mal oor vrugte rolle en het so 5 van elke geur gekoop. Die aakligste vrugte rolle wat ek ooit gekoop het.....die smaak is glad nie lekker nie en is n vreeslike taai storie. Nie weer nie......

Jy moet maar vir ons n paar fotos plaas van jou ervaring as jy het!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend šŸ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 06:04:38 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13735
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Het ook die bydrae geniet dankie.  By die draad te staan om dalk diere te sien is dalk ook nie die beste om te doen in sommige kampe nie.

Jy is 'n beter mens as ek rakende die raporteering van mense wat net doen wat hulle wil.  Kerk bussie of te nie. Vir my is reels en regulasies daar met 'n doel.

Maar ja..................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 06:31:42 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Danie-SLK, dankie vir die verklaring.  So leer ek ook.  Die Huawei boks van Telkom wat ek toe saamry behoort volgens sy outomatiese stellings 3G en ander op te vang.  Die betrokke boksie word egter nie meer deur Telkom verskaf nie.   Oom Trump van die VSA het dalk 'n punt beet sealed

Ek ry nogal 'n ouer model "prepaid" SIII Mini foon saam wat as noodfoon moet dien maar dink nie daaraan om dit in te span nie.  

Ek kom terug en vind my identiteit is in Polokwane gesteel en iemand het 'n Apple foon by die Mall of the North se Vodacom op my rekening gekry.  Met die foute op die ID beweer ek dit was gedoen met 'n werker se samewerking.   My van is verkeerd gespel, die 2de naam ontbreek, die landswapen is die nuwe terwyl ek nog uit die oude doos is, die uitreikingsdatum is met 10jr vervroeg en ek is in "South Africa" gebore ipv Suid-Afrika.  Dit terwyl my korrekte ID wel op Vodacom se stelsel is.  Ek is mos ge-'FICA' !!    Ek was nog nooit vir enige inkopies in daardie dorp of Mall nie.

Die ergste is dat ons wel 'n SMS ontvang wat ons gelukwens met ons nuwe foon.   Ons ignoreer dit want ons het nie 'n foon nie en ons rekening wys geen transaksie nie.  Die nuutste rekening wys wel die transaksie en daarop kon ons toe reageer.  Die skelm lyk soos 'n vermaerde Pakistani.

Dit neem 11 ure om die saaknommer uit die SAPS te kry na die verklaring afgelê en die bedrog aangemeld is.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 07:24:24 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 865
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

IDankie vir die terugvoer. Klink asof jy lekker gekuier het. Jy norm drie goed wat my in die KNZ deeglik irriteer. Lyk my jy het al drie ondervind! Mense wat gryswater sommer enige plek laat uitloop - vieslik. Mense wat dink hulle is geregtig op ‘n “view”. As ‘n staanplek ‘n beter view het gaan staan self daar. Dit is onredelik om een staanplek te gebruik en ‘n ander te neutraliseer net om jou uitsig te beskerm. Derdens, dat mense die pad vol staan as daar enigiets is om te besigtig sodat niemand verby kan kom nie. Mens moet maar hierdie irritasies hanteer sodat dit nie jou die vakansie belemmer nie....maar dit kan moeilik wees

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 08:36:02 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Hallo Theo, bly jou tydjie in die wildtuin was so lekker en dat jy lekker gerus het. 

ek was ook op Punda van di 18de tot 25ste Jun. het onder by ablusie en uitkykpunt (hide) gestaan en wat ek ervaar het was dat die ouens te lui was om te loop na die hide toe en dan ry hy hide toe met sy voertuig wat verskriklik baie stof gemaak het. my karavaan en kos en alles was toe onder die stof. Hulle het nie eers die ordentlikheid gehad om stadig te ry nie....jaag in en jaag uit...was  nie baie aangenaam nie.

'n ander ding wat gepla het was dat kinders nie by hulle eie tente speel nie en dan gebruik hulle daai oop stuk grond by ablusie om te hardloop, bal te speel, en te skree daar om my wa. dit was irriterend.

dit was in elk geval baie lekker op PM. sal weer gaan. buffel het in die dam geval en na vier dae gevrek. NKP het aan ons genoem dat dit hulle beleid is om nie met natuur in te meng nie en dat die natuur sy loop moet neem. ek verskil natuurlik van die siening en beleid, want die dier kon gered gewees het. baie dames in die kamp was bitter ontsteld en het maar trane gestort toe die dier die tydelike met die ewige verwissel. Nadat die karkas uitgesleep was het twee leeuwyfies en drie cubs daar kom lê en vreet tot ons gery het die 25ste. ek verneem dat 'n rooibokram ook in die modder vasgesit het so dag daarna en hy is toe wel deur parkeraad uitgehaal. nou vra ek myself die vraag ...wat is die verskil tussen die twee gevalle?? 

lekker kamp, hoop ons sien mekaar weer eendag in die willetuin.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 10:28:19 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Sjoe Theo dis omtrent 'n nagmerrie om uit te vind wat hulle met jou wettige rekening kon doen. Mens kan net glo dit is met binne inligting gedoen. Waar gaan dit stop?

Ek sal graag wil bevestig dat LTE SIMS selfs in 'n ou foon soos die S3 kan werk anders moet mens maar 'n ou SIM gereed hou om wel met EDGE, GPRS ens reg te kom. Daar is baie dele waar daar nie LTE torings is nie en dan sal mens darem 'n SMS wil kan stuur as Watsaap dalk nie werk op 'n data netwerk.

Ek het ook 'n stel afgetrap so paar weke terug. Dit op 'n vrydagmiddag. Ek besluit om Voda te kontak sodat ek wel lugtyd kan oordra na 'n ander selnommer. Hulle laat my weet omdat ek roaming op my kontrak het is dit die rede hoekom ek nie kan oordra nie. Iemand neem die roaming weg so nou behoort die oordrag te werk. Die volgende oomblik is al my SIMS by Voda geblok en toe ek uitvind wat gaan aan omdat my een data SIM nie meer wil werk en ek weet ek het nog baie data oor. Ek kry toe die antwoord "jammer meneer maar die vorige persoon het 'n fout gemaak en jou nommers sal almal geblok bly totdat tegniese dienste dit regmaak. Dit kan eers na die naweek gebeur en dit kan tot 7 werksdae neem"

So leer mens en dinge kan maar net nie vlot verloop nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 12:00:12 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

So gaan alles in hierdie land van ons agteruit. 

Welkom terug, darm het julle dit geniet ook. 

Ons praat later,,, 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required