English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 718
Total Views: 82 538 256
topics: 586
replies: 3 630
views: 3 322 945
Share all those nice recipes with everybody...

Fast foods

replies: 12
views: 258
18 Jun 2019 @ 07:16:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14495
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons almal geniet seker maar n wegneem ete as ons wegbreek vir n vakansie. Ek het op hierdie artikel afgekom waar hulle 10 maaltye uitwys....nogal interesante syfers. Click op onderstaande link.....

 

 

https://businesstech.co.za/news/lifestyle/323441/10-of-the-most-fattening-fast-food-meals-in-south-africa/

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 07:28:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14792
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons maak baie min gebruik daarvan.  Eet maar ons kosse by die huis.

My dogter sal 'n pakkie Hotwings koop en dan deel ons almal daaraan.

Maar hiermee wil ek nie sê kits kosse is nie lekker nie.  Ek geniet hom as hy verby kom.  Dit is baie min dat ons kits kos eet as ons kamp.  Dalk 'n Spur brekkie maar die braai oortref darem nog die hamburger by my gesin.

   

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 07:40:14 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6428
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ons eet weer meer uit as kos maak as ons kamp ,die vrou is mos ook op vakansie of wat praat ek nou?

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 09:17:35 am
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek self hou glad nie van fast foods. Ek het al n hele paar fast foods kombuise besoek en vertrou my skoon is baie baie skaars.

Niks lekkerder as my eie burger wat ek aanmekaar slaan of my eie vis en skyfies ( in vars, skoon olie )

In meeste fast foods word niks gemors, so as iets per ongeluk op die vloer beland, wat die oog nie sien maak die hart nie seer. Moet ook nooit kla oor enige iets as jy nog nie jou ete ontvang het nie.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 12:03:25 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1758
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dit gaan vir ons oor die waarde wat ek vir my Rand kan kry. Sommige restaurante ruk regtigwaar die dam onder die eend uit met hul pryse. Ons gaan eet so af en toe 'n lekker ontbyt by Mike's Kitchen hier in Ballito vir R29. Ons sal onsself so af en toe met 'n "uiteet" bederf as ons kamp en miskien bietjie rondry. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 12:08:33 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Net soos ek dit geniet in die garage so geniet Sue dit in die kombuis. Sy maak altyd lekker padkos net soos van ouds. Sy sal ook elke dag haar dieet kos maak en vir my ander minder groen goed.

Ja ons koop wel met tye iets veral met die terugkom van 'n kamp of in KNP maar daar is ook kos vir langs die pad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 12:12:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14495
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dit gaan vir ons oor die waarde wat ek vir my Rand kan kry. Sommige restaurante ruk regtigwaar die dam onder die eend uit met hul pryse. Ons gaan eet so af en toe 'n lekker ontbyt by Mike's Kitchen hier in Ballito vir R29. Ons sal onsself so af en toe met 'n "uiteet" bederf as ons kamp en miskien bietjie rondry. 

Ons hou ook van n lekker ontbyt as ons kamp. As ons in Ballito is gaan ons gewoonlik na die Wimpy (eks mal oor hulle kos) maar kry nie n lekker vakansie atmosfeer dan nie, aangesien hulle in n groot winkelsentrum sit. Waar is die Mike's kitchen? Of watter ander plekke kan jul aanbeveel in Ballito wat meer n vakansie atmosfeer gee?.....miskien iets wat oor die see uitkyk?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 12:19:48 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1758
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ons hou ook van n lekker ontbyt as ons kamp. As ons in Ballito is gaan ons gewoonlik na die Wimpy (eks mal oor hulle kos) maar kry nie n lekker vakansie atmosfeer dan nie, aangesien hulle in n groot winkelsentrum sit. Waar is die Mike's kitchen? Of watter ander plekke kan jul aanbeveel in Ballito wat meer n vakansie atmosfeer gee?.....miskien iets wat oor die see uitkyk?

Mike's is in nuwe sentrum as jy van Salt Rock na die Tiffany's ry. By Simbithi se een ingang. Ons gaan sit baie en lees by Salt Cafe. Hul koffie is baie lekker en verkoop goedkoop ligte etes. Saterdae sal ons sommer vroegdag langs see gaan stap en dan oggend by Concha (by Village) koffie drink en net vir mense kyk. Vrydag en Saterdag aande gaan sit ons net by mark by Lifestyle sentrum. Die atmosfeer is lekker en kospryse is billik. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 06:42:03 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14792
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As ons kamp is die naaste wat ek aan fast foods kom die "ready made" etes in foelie bakke wat jy by Checkers koop.  Lazanje, Spaghetti, Cottage pie creame spinage.

Dis as ons laat weg kom op 'n Vrydag vir 'n naweek kamp.

Dan maak Ma dit sommer warm in die Microgolf terwyl ons die rally oprig.

Tjoef tjaf dan eet ons ................. vinnig en lekker.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 22:12:44 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1626
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ons eet by oord restaurant die dag van aankoms en kamp bou, en dan ook ten minste die laaste aand voor ons ry en moeg is van kamp afbreek en wegpak.

Dan so tussenin 'n ontbyt of aandete. Ek kry Vrydae aande my kookbeurt. Dan eet ons gewoon iewers uit! Ma is dan af. Werk so by die huis ook.

Ons albei verkies egter eie kos wat ons voorberei. Die ander is ma 'n bederf vir mijn vrouw.

Moet bieg, daar is niemand, maar niemand, wat 'n eier kan bak soos 'n Wimpy eierbakker nie!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 07:10:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14792
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Proffie as jy dalk eendag langs my kamp dan kan jy elke oggend nader staan vir ontbyt.

(Kyk nou moet ek mooi dink hoe ek dit gaan stel)

Ek sal elke oggend vir jou en Joun Vrouwen hoender eiers gaar maak.  Op my Weber gas braai kom hulle puik uit. Nes Wimpy sin.

(Ek wou sê ek sal elke oggend vir jou jou eiers gaar maak).....ha ha ha ha ! ! ! ! !

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 07:14:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14792
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons het gister middag weer die uit eet ding gedoen.

Uit die Tuin uit.  Ek het maar net weer besef dat die Steak-kie wat ek self gaar maak is maar  net 100% beter as wat ek hom in 'n restuarant gaan eet.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 10:13:39 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1626
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Proffie as jy dalk eendag langs my kamp dan kan jy elke oggend nader staan vir ontbyt.

(Kyk nou moet ek mooi dink hoe ek dit gaan stel)

Ek sal elke oggend vir jou en Joun Vrouwen hoender eiers gaar maak.  Op my Weber gas braai kom hulle puik uit. Nes Wimpy sin.

(Ek wou sê ek sal elke oggend vir jou jou eiers gaar maak).....ha ha ha ha ! ! ! ! !

Leon,

Sal met graagte jou aanbod opneem, sal selfs my eie eiers (hoender) saambring.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required