English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 409
Total Replies: 232 609
Total Views: 82 437 464
topics: 10 888
replies: 126 387
views: 38 910 857
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Faait tussen kampeerders en ouers

replies: 55
views: 795
page 1 of 2
24 Sep 2019 @ 20:40:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14178
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Diè wat Manyane by Pilanesberg ken, sal weet hoe lekker rustig die rooibokke tussen die kampeerders wei.....soms 3meter van jou af. Ons het gehad dat hulle basies langs jou braaier kom slaap vir die hele aand.....baie rustige atmosfeer wat dit skep. Afgelope naweek was daar n groot faait {Slegs mondelings} oor n kampeerder wat 2 kinders aangevat het omdat hulle op hul fietsie tussen die bokke ry en die bokke verwilder met hul speel gewere.....die een seun het n caps geweer gehad en die ander een n BB-gun {Hulle skiet fisies die bokke met die BB gun}. Ouers was baie ongelukkig omdat hulle hul kinders aangevat het...kampeerders as lafaards beskuldig omdat hulle kinders konfronteer het en nie hulle self nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 21:16:26 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3693
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Waarskynlik ouers wat hul kinders sielkundig grootmaak sonder toesig.

Tien uit tien vir die ou wat die kinders aangevat het.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 21:34:26 pm
Badger
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 144
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

This would be a big problem for me, I don't believe children should be encouraged to play with guns, and very certainly should not be permitted to take guns of any sort into a conservation area or in fact, into any area where there are people, animals, birds or any other living creatures.

One can't blame the children ....... it is the irresponsible ignorant and stupid parents who are the actual problem.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 23:45:27 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1578
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Agree, it is the parents' fault, but........10/10 vir die ou wie die kinders aangespreek het. Ek sou ook.

Die ouers was duidelik nie 'daar' nie, al was hulle daar. As 'n kind toegelaat word om so op te tree, gaan die ouers hulle nie dissiplineer as jy dit met die ouers bespreek nie. 

Die klaer is dan gewoonlik die vark in die verhaal.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 23:56:56 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Geert how old were the kids?

This would be a big problem for me, I don't believe children should be encouraged to play with guns, and very certainly should not be permitted to take guns of any sort into a conservation area or in fact, into any area where there are people, animals, birds or any other living creatures.

One can't blame the children ....... it is the irresponsible ignorant and stupid parents who are the actual problem.

Agree they should have kicked those families out of the resort, banned them for life and blacklisted them at all nature reserves.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 01:54:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14178
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert how old were the kids?

Agree they should have kicked those families out of the resort, banned them for life and blacklisted them at all nature reserves.

As ek moet skat....so 6/7 jaar?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 07:12:39 am
Dolrik
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 60
Joined: 02 Apr 2016
Experience: 34 years

But then you also get parents that do not believe that their kids (Brats) do anything wrong. Have seen it often, even with family. Come on all kids get up to mischief and even worse at times. En n kind se ore sit op sy gat.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 07:27:19 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Kinders is verbeeldingryk en sal alles onmoontlik aanvang. n kind op daardie ouderdom verstaan nie wat daardie spelery se implikasies is.

Die ouers moet aangevat word en aanspreeklik gehou word. Dalk weereens n situasie waar ouers net die kinders uit die pad wil he. As jy na n natuur reservaat gaan en jy vat bb guns saam vir jou kinders om mee te speel is jy verstandelik vertraag en dra n totale verkeerde boodskap oor. 

Soos prof se well done vir die persoon wat hulle aangetree het en ek is bly om te sien daar is nog mense met rug graad.

Die ouers is verantwoordelik vir elke oomblik vir sy kind in n natuur reservaat. Daardie bokke kon net sowel n slang gewees het

Vir al wat jy weet was die ouers gesuip en los die kinders op hul eie genade.

Ek self sal my speelgoed uit my kot gooi

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 07:40:02 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 774
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

My skoonseun en dogter het die naweek by Buffelspoort gekamp. Daar was 'n groep mans wat blykbaar hulself disnis gesuip het saterdagaand en GEEN respek vir medekampers gehad het nie met klipharde musiek en rumoerigheid.  Sondag oggend is hulle deur bestuur en sekuriteit verwyder. Buffelspoort personeel het sommer vir hulle opgepak.

Well done Buffelspoort.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 07:52:31 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

My skoonseun en dogter het die naweek by Buffelspoort gekamp. Daar was 'n groep mans wat blykbaar hulself disnis gesuip het saterdagaand en GEEN respek vir medekampers gehad het nie met klipharde musiek en rumoerigheid.  Sondag oggend is hulle deur bestuur en sekuriteit verwyder. Buffelspoort personeel het sommer vir hulle opgepak.

Well done Buffelspoort.

Thats exactly how it should be, well done Buffelspoort 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 07:52:31 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 260
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Al die feite is seker nie beskikbaar nie.

Ek sien altwee kante in.   Dis goed dat die persoon die twee kinders bewus gemaak het dat hulle verkeerd optree.  Die ander kant van die saak is die manier en hoe hy die kinders van 6 jaar beruspe het?  Hulle is kinders van 6 jaar wat nog in sy vormings fase is wat nie altyd verstaan wat is reg en wat is verkeerd nie.

Die regte ding sou gewees het om dadelik die ouers in te lig van die kinders wat verkeerd optree.   Dis die ouers se plig om die kinders leiding te gee en te vermaan oor wat sosiaal aanvaarbaar is en wat nie.

As 'n ouer persoon op my kinders skreeu en hulle op 'n aggrisiewe manier teregwys (Ek dink dis wat hier gebeur het) sou ek ook in 'n "Faaaait" betrokke raak en opstaan vir my kinders.  Ek sal hom hom lewendig vir die leeus in die park voer.   'n Kind van 6 is nie bevoeg om vir hom self te dink en optree nie. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 08:03:26 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2546
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis darem verregaande!  Ek dink Bestuur moes ingelig word en hulle moes die tange onmiddelik uitgegooi het.  Zack jy is baie verdraagsaam. Daardie ouers sou waarskynlik nie baie vriendelik met jou gewees het nie.  Hulle sou jou waarskynlik in jou peetjie gestuur het en jou meegedeel het dat jy hulle nie moet leer hoe om hulle kinders te hanteer nie.  Dit is immers hulle wat die geweertjies vir hulle kinders gekoop het en boonop toegelaat het dat hulle dit na 'n natuurreservaat saamgeneem het.  Hulle het dalk juis daarheen gegaann sodat die kinders die geleentheid kon kry om hulle geweertjies te gebruik.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 08:11:44 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Zack. Ek Stem een honderd met jou. Ek sal die kinders ordentlik vertel dis verkeerd en dadelik hulle ouers gaan sien. As iemand my kinders ordentlik die regte ding wys geen probleem. Skree jy of raak jy aan my kind ry ek met n bakkie deur jou karavaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 08:37:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sou ook met die kinders gepraat het en gewys het dat dit nie reg is om die diere met die "Geweertjies" te skiet nie.

Ek sou ook dan met hul ouers gepraat het en as die dan 'n houding in neem by bestuur van die oord dit aangemeld het.  

As die bestuur niks doen nie wel dan keur hulle dit goed en nie soseer ek as persoon nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 08:39:56 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1053
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ek kan nie verstaan waarom die bestuur van die kamp nie in kennis gestel is hiervan nie? Sekerlik is ALLE vorme van wapens verbode in 'n wildreservaat, al is dit net BB geweertjies? Sulke mense hoort geensins in wildreservate nie, PUNT!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 08:42:41 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 260
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Dis darem verregaande!  Ek dink Bestuur moes ingelig word en hulle moes die tange onmiddelik uitgegooi het.  Zack jy is baie verdraagsaam. Daardie ouers sou waarskynlik nie baie vriendelik met jou gewees het nie.  Hulle sou jou waarskynlik in jou peetjie gestuur het en jou meegedeel het dat jy hulle nie moet leer hoe om hulle kinders te hanteer nie.  Dit is immers hulle wat die geweertjies vir hulle kinders gekoop het en boonop toegelaat het dat hulle dit na 'n natuurreservaat saamgeneem het.  Hulle het dalk juis daarheen gegaann sodat die kinders die geleentheid kon kry om hulle geweertjies te gebruik.

Fred,   Alle askies tussen die partye kan puntgewys uitgesit en uitgesorteer word.   Probleme word geskep as die punte in die verkeerde orde benader word.

Stap 1:   Ouer persoon sien onaanvaarbare gedrag binne Natuur Reservaat.

Stap 2:   Ouer persoon sien verkeerde aksie en spreek die probleem aan deur met kinders te praat in 'n ontfermde,  opleidende gesprek.  Onthou mense se waardes verskil en dis kinders van 6 jaar oud.   Skreeu en kwaadword sal en gaan nie werk nie.

Stap 3:  Maak ouers betrokke en wys jy is daar as ondersteuner om kinders bewus te maak van hoe daar in 'n Natuur Reservaat opgetree moet word.  Dis waarvoor daar geskrewe reels is.   Moet nie persoonlik raak nie.

Stap 4:   As daar konflik tussen ouers en kampers is moet bestuur betrek word.   Dis hulle park en verantwoordelikheid om probleme uit te sorteer.  Die ouer persoon het sy deel gedoen en kan met 'n geruste hart wegstap en verder gaan kamp.

As jy enige tyd die punte in 'n ander order uitvoer gaan en sal daar probleme wees.  Onthou dis kinders wat opgevoed moet word en wie weet miskien eendag word hulle bewaarders in dieselfde natuurreservaat. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 08:50:20 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Ja, nee, die beste kamp plek op `n langnaweek is die huis.

Die enigste langnaweek wat ek vat is die een wat ek self maak.

BB guns vir kamp??

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 09:03:15 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

My klein seun 12. Baie goeie kind met baie respek vir ouer mense

Luister as jy praat met hom en wragtig is ek trots op hom. Kom by die kamp het hy ongesiens sy windbuks ingepak. Natuurlik aan hom verduidelik wats wat en die ding is gebêre. 

Wys jou dat daar komunikasie tussen jou en die kind moet wees en jou moet altyd bewus wees van sy doen en late. Kinders is mensdom se grootste oppertuniste.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 09:09:24 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 774
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ja, nee, die beste kamp plek op `n langnaweek is die huis.

Die enigste langnaweek wat ek vat is die een wat ek self maak.

BB guns vir kamp??

Stem ook dat BB gun moet nie toegelaat word in 'n kind se hande nie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 09:29:23 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2735
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Ouers moes die kinders van die begin af toegespreek het.

Hulle weet dat die kinders met BB gewere rondry en die bokke jaag.

Hulle sou na geen rede geluister het van mede kampeerders nie, net bestuur wat die trekpas wys, en die sou ook nie redelik aanvaar word nie, nie met hulle klein engeltjies nie...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 09:38:50 am
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 371
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

Either way how you do want to handle the situation you are still going to get flak from the parents. That is just the reality of the problem we have today.

December 2014 Camp
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 09:40:04 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Sal ek darem my speelgoed uit die kot gooi!

By Die Eiland was daar ook jong seuns wat gedink het dit is so opwindend om saans met ongelooflik-skerp ligte op hulle fietse in die kamp rond te ry. Hulle het ook net een keer by my verby gery .... gelukkig was hulle goeie Afrikaner-seuns en die ryery het na een vriendelik-streng vermaning ge-eindig.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 09:58:34 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1335
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Het 'n klompie jare terug by 'n plaaslike Spur saam met SWAMBO ge-eet. Entjie van ons af het 'n paar mense gesit wie se kinders die plek op horings geneem het deur skeeuend tussen die tafels rond te hardloop, kelners uit die pad te stamp, ens. Nou SWAMBO is 'n senior laerskool onderwyseres wat nie str&%nt vat van ongemanierde kinders nie, toe ordentlik praat nie help nie en hulle ouers maak of hulle doof en blind is toe het SWAMBO met haar onderwyser stem aan die arme bloedjies verduidelik dat hulle baie naby aan 'n pak slae is! Arme goed bars in trane uit en toe kan hulle ouers skielik hoor en sien en kom op SWAMBO afgestorm en het te vertelle dat hulle kinders "ordentlik" grootgemaak word, en boonop as mens by Spur eet moet jy maar aanvaar as kinders buite beheer is. SWAMBO het nie toe meer brieke gehad nie (terloops sy het 2 swart gordels in karate so selfs ekke is versigtig as sy haar m$%r strip!). Daarna het die bloedjies maar om hulle eie mense geraas en groot oog na SWAMBO geloer! behalwe die vuil kyke van die bloedjies se ouers was die res van ons ete vreedsaam!

Terloops mesne dink 'n BB geweer is onskadelik, weet nie of iemand al gesien het watse skade/wonde daai goed aanrig op kort afstand nie, om nie van 'n oog of twee wat uitgeskiet kan word nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 10:22:28 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2546
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Daar is natuurlik ook 'n besondere gevoeligheid by die ouers want hulle bloedjies gee waarskynlik oral aanstoot omdat hulle nie opgevoed word nie.  Nou is die ouers kwaad vir almal wat opmerk hoe onbeheerbaar hulle engeltjies is in plaas van om hulle self tereg te wys en hulle eie ouerskap te bedink.   My kinders is al almal groot en het kinders van hulle eie.  As dit egter toe hulle nog onder ons sorg was, nodig sou wees vir ander mense om hulle aan te spreek, sou ek my kop in skaamte laat sak en verskoning vra en agterna die saak regstel.  My ma het ons nooit in die openbaar gedissiplineer nie en dit was ook meestal nie nodig nie.  As sy egter 'n tweede keer moes praat was dit om te sê ons sal hieroor praat as ons tuis kom.  Dit was ook nie verder nodig om iets te sê nie en wat ons ookal daarna gedoen het, "gepraat" is daar tuis gepraat. 

Die swart mense het 'n gesegte dat kinders deur 'n hele gemeenskap groot gemaak word.  Blankes dink egter anders daaroor wat ook reg is, mits hulle opvoed en nie net God's water oor God's akkers laat loop nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 10:36:23 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1747
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Nee wat; Mammie en pappie moet maar kwaad word, maar ek sal met boetie raas as hy stout is. Ignoreer hom maar net as hy sy speelgoed rondgooi. Jy het ook die reg om in rus en vrede te kamp. Waar moet jy in elk geval vir pappie gaan soek as jy nie weet in watter wa boetie bly nie. Nee.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 12:10:14 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Lyk my meeste van ons sou die mannetjies aangetree het en hulle reggehelp het.

Dan is daar seker maar verskeie maniere om dit te doen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 12:51:49 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 26 May 2017

Het nou die naweek by Baja dam ook die probleem gehad met die ou wat in die gegoede deel kamp maar kort pad deur my staanplek ry, ek parkeer toe my bakkie so dat hy nie kan deur ry nie, toe ry hy maar aan die voorkant van my wa verby, ek skuif toe maar die groot drom asblik so dat my staanplek so af geskort is dat daar nie deur hom gery kan word nie. Die man ry toe na die bestuur toe en gaan kerm, ek stap toe maar ook op en gaan vra of hulle met die man sal praat (op ma se voorstel want ek verstaan nie mooi van bek geveg nie maar sy sê dit sal beter lyk later as die ou vir my gaan kom aanvat die manier wat ek ken), die vrou by die hek wil hê ek moet maar laat hy verby ry oor die dam vlak gesak het, ek sê toe nee, ek bly nie verniet nie plus die kinders rondom ons speel ook daar voor my tussen my wa en die water, en die ou ry soos ñ vark, wel een van die ander bestuur het toe die werkers aan gesit om pale te plant en ons arm gatte van die gegoede te skei, maar ek was nogsteeds aan gegluur deur die man, sy vrou en hulle kinders asof ek die een is wat deur sy staanplek jaag soos ñ baas. Ek dink ek en my vriende is deur pa's groot gemaak wat nie vir ons truuks geval het nie. Ons het met vuurwapens groot geword, maar is met die plat hand verduidelik dat alhoewel ons aan ons persoon die goed het om moordenaars en verkragters te wees, ons dit vir ñ m&@r nie eers moet probeer nie, as ons strooi aan gejaag het, sou die eerste pa wat ons gevang het, ons al 3 timmer en dan ons pa's bel en vertel hy het ons getimmer oor wat ookal sonde ons aan gevang het, maar payday het ons by al drie die pa's sakgeld gekry, so ja ons het ook seker op ons manier so ubuntu groot geword, maar ja ons volkie is deesdae vol van onsself, niemand gaan vir ons vertel nie, dis seker waarom ons niks meer meegevoel vir mekaar het nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 13:32:11 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Geert plaas jy maar by kom kuier het.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 14:37:41 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Het nou die naweek by Baja dam ook die probleem gehad met die ou wat in die gegoede deel kamp maar kort pad deur my staanplek ry, ek parkeer toe my bakkie so dat hy nie kan deur ry nie, toe ry hy maar aan die voorkant van my wa verby, ek skuif toe maar die groot drom asblik so dat my staanplek so af geskort is dat daar nie deur hom gery kan word nie. Die man ry toe na die bestuur toe en gaan kerm, ek stap toe maar ook op en gaan vra of hulle met die man sal praat (op ma se voorstel want ek verstaan nie mooi van bek geveg nie maar sy sê dit sal beter lyk later as die ou vir my gaan kom aanvat die manier wat ek ken), die vrou by die hek wil hê ek moet maar laat hy verby ry oor die dam vlak gesak het, ek sê toe nee, ek bly nie verniet nie plus die kinders rondom ons speel ook daar voor my tussen my wa en die water, en die ou ry soos ñ vark, wel een van die ander bestuur het toe die werkers aan gesit om pale te plant en ons arm gatte van die gegoede te skei, maar ek was nogsteeds aan gegluur deur die man, sy vrou en hulle kinders asof ek die een is wat deur sy staanplek jaag soos ñ baas. Ek dink ek en my vriende is deur pa's groot gemaak wat nie vir ons truuks geval het nie. Ons het met vuurwapens groot geword, maar is met die plat hand verduidelik dat alhoewel ons aan ons persoon die goed het om moordenaars en verkragters te wees, ons dit vir ñ m&@r nie eers moet probeer nie, as ons strooi aan gejaag het, sou die eerste pa wat ons gevang het, ons al 3 timmer en dan ons pa's bel en vertel hy het ons getimmer oor wat ookal sonde ons aan gevang het, maar payday het ons by al drie die pa's sakgeld gekry, so ja ons het ook seker op ons manier so ubuntu groot geword, maar ja ons volkie is deesdae vol van onsself, niemand gaan vir ons vertel nie, dis seker waarom ons niks meer meegevoel vir mekaar het nie.

Wat dan ook regtig vir my 'n riem onder die hart is die ou sal jou aankyk asof jy die een is wat verkeerd optree.

Al die beter mense het so met die jare uit SA uit weggetrek na ander lande toe.  Dis nou net ons minder opgevoede mense wat nou maar met mekaar moet saam lewe.

Ai tog ..........................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 15:05:33 pm
Sherpa Annie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 31 Aug 2019
Experience: less than a year

Diè wat Manyane by Pilanesberg ken, sal weet hoe lekker rustig die rooibokke tussen die kampeerders wei.....soms 3meter van jou af. Ons het gehad dat hulle basies langs jou braaier kom slaap vir die hele aand.....baie rustige atmosfeer wat dit skep. Afgelope naweek was daar n groot faait {Slegs mondelings} oor n kampeerder wat 2 kinders aangevat het omdat hulle op hul fietsie tussen die bokke ry en die bokke verwilder met hul speel gewere.....die een seun het n caps geweer gehad en die ander een n BB-gun {Hulle skiet fisies die bokke met die BB gun}. Ouers was baie ongelukkig omdat hulle hul kinders aangevat het...kampeerders as lafaards beskuldig omdat hulle kinders konfronteer het en nie hulle self nie. 

Probleem ouers maak probleem kinders groot. Ek sal ook nie huiwer om die kinders op hulle plek te sit as ouers nie bereid is om dit te doen. Heeltemal onaanvaarbaar vir sulke swak gedrag van ouers en kinders.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 20:48:06 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek het nou hierdie draad aandagtig gelees en so teruggedink aan ons kinderdae. Dit sou net nooit gebeur het nie. Ons sou nie eers by onsself kon oorweeg of dit reg of verkeerd sou wees nie. Dit sou nie eers in ons gedagtes opgekom het nie.

Vandag is die situasie anders. Almal het nou regte. Om een of ander onverklaarbare rede is kinderopvoeding ,op die regte plekke, wat die Groot Meester daarvoor ingebou het, nou skielik krimineel. Hoekom sou dit wees? As julle my vra dan word dit juis gedoen om grootmense se onaanvaarbare gedrag goed te praat. Hoe leer jy boetman dat baklei verkeerd is as die "opgevoede" grootmense mekaar in die parlement te lyf gaan. Waar word die voorbeeld gestel.

Ek luister vroeer die week na n radio program na aanleiding van die hofuitspraak oor lyfstraf op kinders. Een tante het dit vir my so pragtig opgesom......." Aborsie in hierdie land is gewettig deur hierdie regering. Jy kan jou ongebore kind straffeloos om die lewe bring....geen gevolge......maar pasop as hy eers gebore is mag jy hom nie oor die vingers tik nie dan is jy in die tronk" Hoe maak jy dan nou kinders groot. En o ja. Jammer vriende maar volgens wet het jy nie reg om daardie 6/7 jarige aan te spreek oor sy onaanvaarbare gedrag nie. Hy is "ontoerekeningsvatbaar" in die oe van die wet. Sy ouers is korrek .....volgens wet.......jy moet by hulle kla en die kind uitlos. 

Dit laat my so dink aan een van ons ou proffies wat die seding gehad het.......julle moet altyd onthou as jou uitgangspunt verkeerd is sal die werklikheid hom wreek.......... Ek dink ons is nou daar.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 07:23:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Amper dieselfde as die kind wat 07h00 in die oggend op sy skop skoeter in die oord ry.  Pa en ma los hom om ander te pla sodat hulle 'n bietjie later kan in lê.

Ek vat rustig die skop skoeter en sê vir Boeta hy moet vir Pappa gaan sê die Oom sê hy moet sy skoeter kom haal.

Dalk moes jy die geweertjies gevat het en by die ontvangs gaan ingee het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 07:27:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die punt is 99% van ons stem dat die kiddies se optrede verkeerd was.  Dit is nie nodig dat ons wat die regte optrede verwag en aangewoond is moet terug sit en kyk dat ander die verkeerde doen nie.

Dis ons plig om dit reg te stel.

"He who sees something wrong............ and knows what is right............. but does nothing about it.................. is a coward! ! ! ! !"

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 08:22:12 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 260
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Leon ek verskil van jou.     Reg en verkeerd verskil tussen kampers.  Vir 'n jong groep kampers is dit aanvaarbaar as jong kindertjies 07h00 op hulle fietse ry.   Vir ouers afgetrede kampers is dit heel onaanvaarbaar.   Hoekom?   Wat se die geskrewe kamp reels van die park?

Sekere kampers soek stilte vir 'n middag slappie tussen 13h00 en 15h00.   Dan wil hy ook nie kinders op fietsies hoor nie.  Nou wie is reg en wie is verkeerd?

Die gemiddelde kamper soek waarde vir sy geld as hy kamp en hy en sy familie wil elke minuut geniet.  Dit sluit in fietry, skreeu in die speelpark, ens.  Ek het vir jare op stand 25 by Scotties langs die speelpark gekamp.   Die doef doef op die trapoliens het my mal gemaak 6uur in die oggend maar dis jong kinders wat hulle vakansies geniet nes ek myne geniet.   Die son is al lank op en kinder is kinders wat wil speel. Dit gee my nie die reg om hulle still te maak nie of die trampolien af te kamp nie. 

Elke ou doen soos hy goeddink binne die geskrewe reels van die park.  As fietry verbied word voor 07h00 is dit reg en aanvaarbaar maar as iemand my seun se fiets wegvat omdat hy dink hy maak die reels is dit verkeerd.  Hoe sal hy optree as ek na 8 in die aand sy vuur kom doodgooi met water nie want die rook pla my na 8?  Dit kan mos nie werk nie?   Wie gee my die reg om dit te doen?  Dis waar verdraagsaamheid inkom en jou eie wil nie afdwing op mede kampers nie.

Mense verskil en hulle waardes verskil.  Kies 'n kamp waar die reels by jou waardes pas.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 08:42:33 am

Ek stem heel hartig met jou saam Zack  

En jou woorde.......... "Dis waar verdraagsaamheid inkom en jou eie wil nie afdwing op mede kampers nie"..........groot water dra.  Dit sluit seer sekerlik die ander party wat die skopskoeter gekoop het in.

Ek kies my oorde grootliks waar die reels en omstandighede by my behoeftes pas nes jy sê.  En kom dit so dat ek Klein Kariba besoek wat grootendeels voorsiening maak vir kinders dan leef ek saam met die lawaai wat daarmee gepaard gaan.

Maar so moet die party wat die verkrampte skopskoeter gekoop het ook verstaan as hy kamp in 'n omgewing waar dit tot bv 08h00 die oggend stil is, hy ook "verdraagsaamheid" aan die dag moet lê.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 09:24:51 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 260
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Jis Leon.   Jy is regtig 'n goeie mens. (Ek wonder of dit iets te doen het dat jy 'n ranger ry?) 

Hopelik gaan ons eendag ontmoet.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 09:40:33 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2546
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ons moet nou nie in ons redenasies die dam onder die eend uitruk nie. Wat ek hier lees is dat omdat ons nie die seuntjie wat met sy skopfietsie ry, behoort aan te spreek nie, behoort ons ook nie die een wat bokkie met sy windbuks skiet aan te spreek nie want albei verontagsaam reëls en as jy nie die een mag aanspreek nie, ook nie die ander een nie.  Dis nie die gevoel van  die meerderheid lede op die Forum nie.  Die meerderheid veroordeel die windbuks-episode maar die meerderheid is ook verdraagsaam oor kinders wat maar net speel.  Ons twee is ook nie meer jonk nie maar die kinders in 'n karavaanpark wat speel is vir ons mooi en ek dink dis die gevoel van die meerderheid. 

As dit jou pla, moet jy maar by die aftree-oord bly- die wêreld hoef nie tot stilstand te kom as jy jou middagslapie wil hê nie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 10:01:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jis Leon.   Jy is regtig 'n goeie mens. (Ek wonder of dit iets te doen het dat jy 'n ranger ry?) 

Hopelik gaan ons eendag ontmoet.  

Dit wat jy nou sê is nie waar nie.............. is daar iets goeds in 'n mens?  Elke ou het maar sy tekort kominge.  Myne is ek praat te hard want ek is half doof dan dink die mense ek skree op hulle.

Ons moet nou nie in ons redenasies die dam onder die eend uitruk nie. Wat ek hier lees is dat omdat ons nie die seuntjie wat met sy skopfietsie ry, behoort aan te spreek nie, behoort ons ook nie die een wat bokkie met sy windbuks skiet aan te spreek nie want albei verontagsaam reëls en as jy nie die een mag aanspreek nie, ook nie die ander een nie.  Dis nie die gevoel van  die meerderheid lede op die Forum nie.  Die meerderheid veroordeel die windbuks-episode maar die meerderheid is ook verdraagsaam oor kinders wat maar net speel.  Ons twee is ook nie meer jonk nie maar die kinders in 'n karavaanpark wat speel is vir ons mooi en ek dink dis die gevoel van die meerderheid. 

As dit jou pla, moet jy maar by die aftree-oord bly- die wêreld hoef nie tot stilstand te kom as jy jou middagslapie wil hê nie. 

Dis hoekom ek nie met die outjie op sy skop skoeter raas nie ek vra hom net om sy pa te gaan haal.

As die pa baie groot is en onverdraagsaam is en my 'n snot klap gee weet ek een ding, al het hy my kom klap.  Hy weet sy seun se skopskoetertjie pla die mense so vroeg in die oggend.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 10:32:27 am
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 26 May 2017

Maar wat is die rede of wat het gemaak dat ons volkie veral, so eweskielik die mees mislukste goed hier suid van die ewenaar geword het? Ek onthou nog veral maand einde as my pa my vir ñ haar sny gevat het, hy en die ander ooms so lank sal staan en praat daar op die sy paadjie oor ek weet nie wat nie (en jy sal nie waag in chip terwyl die groot mense praat nie) en dit terwyl ek nie kan wag om my hare gesny te kan kry nie, want dan kan ek vir my ñ Matchbox karretjie gekies het uit oom Billy se vertoon kas. As ons op vakansie was het my pa ook eers die bure gaan groet en vir hulle gesê om enige tyd te kom aanklop, sou ek en my broer lastig wees, gelukkig was ons van jongs af al visvang simpel, so ons het net ons pa eintlik gepla vir meer visvang goed of om te gaan vis, maar daar was ook kinders ons ouderdom wat maak dat ek en my broer self vir mekaar gesê het dat pa ons nekke af slaan sou ons soos daai kinders aan gaan, maar dit is seker maar opvoeding, disipline en klas wat maak wie jy is, dalk nog die weermag ook wat jou tjank vas getrap het. Dit sal lekker wees as ons mekaar weer kan groet en nie in ons fone vas kyk en bang is iemand vra ons " hello ou burman, hoe gaan dit"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 11:27:34 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2546
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ja tye het verander en nie noodwendig ten goede nie.  Ons het verskeie kere toe ek nog klein was, aan die Natalse Suidkus in 'n spesifieke woonstelblok vakansie gehou.  Saans het al die groot mense van seker ongeveer die agt woonstelle bymekaar kom sit en klets en ons kinders het almal maats geword en gespeel.  Deesdae ken of groet jy skaars meer jou buurman tuis.  Waarom sou dit wees- het ons nasie se welvarentheid dalk ons van mekaar vervreem?  Ons leef agter hoë mure om verstaanbare redes, maar dit kan tog nie die rede wees dat oms nie meer met ons bure praat nie, al is dit ook net oor die heining?  Ons het aanvanklik langs die wonderlikste bure gewoon en was daar vir mekaar hoewel ons nie mekaar se drumpels deurgetrap het nie.  Toe hulle trek, het ons die nuwe bure probeer verwelkom maar hulle het duidelik ons toenadering verwerp en ons het meer as twintig jaar langs mekaar gebly sonder om selfs mekaar te groet.  Ons probeer daarna nie meer nuwe intrekkers verwelkom nie- so gaan dit maar.

Gaan dit dalk anders in deeltitelkomplekse waar daar nie heinings tussen huise is nie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 13:10:37 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ons moet 1 ding in gedagte hou!

SKOPSKOETERS!

Kinders het geen plek in woonstelle of sommige komplekse om HULSELF uit te leef nie.

BB GUNS of Geweertjies

Hulle het nie die geleentheid om te gaan jag nie. (Eks amper 300jr oud en het nog NOOIT die geleentheid gehad nie)

Kamp is n leefwyse. Sommige ouers is daar in gedwing. Pa het gekamp as jong seun, of Ma het gekamp.

Ek vang nie vis nie! Ek sien vissermanne as n klomp ouens wat sit en brandewyn drink. (Ek drink nie brandewyn nie) Maar kanse is 90% dat EK verkeerd is.

As ek kamp saam met die kleinkinders probeer ek die natuur uitwys.

My 2 klein dogters eergister Magoebaskloof toe gevat. Die Cheerio Blossom Festival. Dit was vrek koud, mistig met ligte reen. Oudste 1 die aan in haar slaap gelag. Sy het gedroom oor skoenlappers en die blomme.

So kon die kinders dalk terreg gewys geword het deur die natuur aan hulle uit te wys, ....al ken hul ouers nie die natuur nie.

Dis mos hoekom ons kamp! (Met skopskoeters🤣🤣🤣🤣)

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 13:24:19 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 26 May 2017

Vis vang gerei het so duur geword dat ons nie meer langs die dam kan sit Brandewyn suip nie, moet nou maar aan Jack Daniel's sit en teug langs die dam, maar sal nie my Black Label bier opgee nie, sal eerder goedkoop toilet papier loop koop, ek het na dubble ply oorgeslaan die keer toe ek met my inner self in aanraaking gekom het, ek sal maar terug gaan 1 ply toe voor ek sonder my Blackies langs die water gaan sit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 13:28:36 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

laughinglaughingHa ha ha ........................ solank die vis byt kan jy jou Blackies geniet..................... ek sal die visse uithaal.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 13:40:37 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2546
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Hannes, Ek stem saam met alles wat jy sê behalwe die BB geweertjies.  Ek jag nie hoewel ek al die geleetheid gehad het en bedank het. Ek is nie onbekend met vuurwapens nie en het nogal goed gedoen op die skietbaan, ook in kompetisies, so ek is nie anti vuurwapen nie. As 'n pa egter sy seuns wil leer jag, moet hy dit behoorlik doen en nie 'n skietding in hulle hande prop en hulle toelaat om links en regs op lewendige goed te skiet nie.  Maar moontlik weet die arme drommel self nie hoe nie.

Ek sien ons is albei Pietersburggers so terloops.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 13:47:48 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 26 May 2017

Ek mors net om langs die water, terwyl ek agter die stokke sit ñ doppie te probeer drink, die ding raak warm oor ek so aandagtig die polisie man dop hou, dat ek die knertsie maar moet uit gooi.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 14:02:41 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2546
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Hengel is nog iets wat ek nie so lekker verstaan nie.  Ek kan lank op 'n rots sit en na die see staar en diep gedagtes dink, maar om dieselfde te doen en na 'n visstok te staar wat nie 'n vis wil oplewer nie, is bloot vervelig.  Ek het al onsuksesvol probeer visvang en gevind dis nie my ding nie.  Ons hou van vis en op Stilbaai kan jy vars vis by die hawe koop.  Dan het jy ook 'n keuse en hoef nie enige vis te aanvaar wat dom genoeg was om jou aas te vat nie.  Ek misgun nie mense hulle plesietjies nie, en het net moeite om te verstaan waarom dit 'n plesier is- miskien om van Mammie af weg te kom?foot-in-mouth

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 14:05:29 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Al wat ek vir die manne kan sê wat net na vistokke staar is............................

Jy moet weet hoe dit gedoen word. vra maar vir die mense wat saam gekamp het by Deo Volente die afgelope naweek.

Nee wat die vis het geloop hoor.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 14:06:54 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Tot ou Schalk (Eienaar Deo Volente) se kleinseun se vistok het twee keer geloop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 14:14:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14178
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hengel is nog iets wat ek nie so lekker verstaan nie.  Ek kan lank op 'n rots sit en na die see staar en diep gedagtes dink, maar om dieselfde te doen en na 'n visstok te staar wat nie 'n vis wil oplewer nie, is bloot vervelig.  Ek het al onsuksesvol probeer visvang en gevind dis nie my ding nie.  Ons hou van vis en op Stilbaai kan jy vars vis by die hawe koop.  Dan het jy ook 'n keuse en hoef nie enige vis te aanvaar wat dom genoeg was om jou aas te vat nie.  Ek misgun nie mense hulle plesietjies nie, en het net moeite om te verstaan waarom dit 'n plesier is- miskien om van Mammie af weg te kom?foot-in-mouth

Die hoof geheim is om aas op n hoek te sit. Daai idee om spark plugs op te sit werk nooit nie....dis visvang daai

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 16:30:11 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2546
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Neewat, aas help ook nie.  Die kabeljou steur hom nie aan erdwurms nie.wink

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 09:02:53 am
Going nowhere slowly
New Member
62% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 27 Jul 2018
Experience: 32 years

Goeie dag Fred

Wanneer kom jy permanent hier in Stilbaai bly? Ek stem saam met jou. Dit is lekker hier in Stilbaai by die hawe om die vissersbote te sien inkom. Dan koop  jy jou vars vis by die viswinkel op die hawe, klaar skoongemaak en ge”fillet”.

Stilbaaigroete, Nick

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2