Ek staan met my hoed in die hand. Ek stel belang in 'n woonwa by We Buy Cars in Brackenfell. Ek bly in Pretoria en wil nie die hele ent daarheen ry en op pad daarheen word hy dalk verkoop of as ek daar kom, is die toestand die prys nie werd nie. Is daar iemand in daardie omgewing wat my kan help om die woonwa te evalueer? Indien wel, sal ek dit baie waardeer en jou vergoed vir brandstof en tyd. My nommer is 0832739386. By voorbaat baie dankie!!
Ek wil jou nou nie afsit nie, maar wees maar baie versigtig vir We Buy Cars se karavane. Ek het n ruk terug ook uitgekyk vir n karavaan vir familie, dan sien ek groot "bargains" op hul website. Seker vir 12x karavane gekyk wat nice lyk op website fotos, maar in werklikheid teenoorgestelde. Wat ek hier in Pretoria gesien het.....karavane word eers lyk my, soos dit voorkom, onder handelaars gelys en as hulle nie belang stel nie, raak hy beskikbaar vir publiek. So publiek kry lyk my die left-overs? As dit n bargain was, sou handelaar hom gekoop het
Ek stem saam. Toe ek karravaan gesoek het, het ek ook na n paar by We buy Cars gaan kyk.
Jy moet onthou We buy Cars gaan n wa net so op die vloer sit sonder om enige verbeterings te doen, anders as n handelaar.
Dis dieselfde met hulle karre
Dieselfde terugvoering van hulle gekry toe ek laasjaar in n bakkie belang gestel het, was blykbaar eers vir n tyd beskikbaar vir handelaars....daarna publiek
Baie dankie vir die waarskuwings en raad, maar juis omdat ek daarvan bewus is, wil ek graag hê dat iemand in daardie omgewing vir my die wa gaan evalueer. Intussen wag ek geduldig!
Hoe haastig is jy Theuns. Ek vertrek eerskomende Dinsdag tot 24 Apr met vakansie. Ek het op 29 Apr 'n afspraak in die Kaap (ek woon in Kleinmond) vir my wa in die Kaap. Sou jy nog nie reggekom het nie, kan ek dan dalk vir jou gaan kyk.
Baie dankie Chris, ek waardeer jou bereidwilligheid! As daardie wa dan nog beskikbaar is, kan jy gaan kyk as jou omstandighede dit toelaat. Dit sou my gepas het as ek die 19e in die pad kon val om hom te gaan haal sou hy nog in 'n goeie toestand wees, want daar begin eersdaags 'n bouery by ons huis. Die aanvangsdatum is nog nie bepaal nie, maar dit kan moontlik einde April al wees. Ek sal jou egter op hoogte van sake hou as ek jou aanbod kan benut.
Dag vriende, daardie woonwa wat ek in die oog gehad het, verskyn nie meer op WBC se webwerf nie. So, dis nou 'n ander man se winskoop of probleem! Chris Boucher, dankie dat jy bereid was om later vir my te gaan kyk. Mooiloop almal!