English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 307
Total Replies: 250 380
Total Views: 83 153 050
topics: 990
replies: 14 011
views: 3 254 149
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Enduro caravan movers

replies: 10
views: 196
09 Mar 2020 @ 06:49:52 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Is daar enige lede wat Enduro movers op sy karavaan het? Enige terugvoering? Of is Powrtouch n beter opsie? Ewiks gaan nie vir my werk nie....soek movers sonder drade.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 07:23:27 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1305
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Geert, so ver ek verstaan doen Jaques van CJ Aircons  ook movers waaronder Ewiks met afstand beheer sonder drade. Kontak Cindy 072 413 3899. Kyk ook op sy web tuiste https://www.cj-aircons.co.za/. Ek dink hy was die persoon wat dit vir Comet gedoen het.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 07:23:27 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Enduro is deel van die Aussie groep Purpleline.  Die werking, "looks" en form daarvan is dieselfde as die movers "MotorGlider"  wat deur Johan Spies van Witbank op my Penta geinstaleer het.

Hierdie Movers is basies net so goed soos die Powrtouch want dit is ook 'n ingevoerde produk wat al baie lank in die buiteland gebruik word.  Dit het oor die jare heen hulle daar self bewys.

Neem kennis dat die Enduro ook in 'n Manual engage en Auto engage funksie kom.  Dus is daar 'n groot prys verskil.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 07:27:13 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

O ja voor ek vergeet die enduro kom ook met 'n "Leveling Indicator".  LET WEL nie 'n leveling system nie.............. net 'n aanduier.

Dit wil sê hy gee vir jou 'n indikasie wanneer die karavaan waterpas staan oor die breedte van die wa.  So jy kan die wa skuif totdat die wiele water pas is met mekaar.

Dit was so deur Enduro aan my verduidelik op die laaste skou by Galager Estate.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 07:44:28 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert, so ver ek verstaan doen Jaques van CJ Aircons  ook movers waaronder Ewiks met afstand beheer sonder drade. Kontak Cindy 072 413 3899. Kyk ook op sy web tuiste https://www.cj-aircons.co.za/. Ek dink hy was die persoon wat dit vir Comet gedoen het.

Ek het laas met die manne van Ewiks by die Zwartops skou gesels oor daai module wat mens byvoeg om Ewiks wireless te maak. Ewiks het genoem dat dit n item is wat nie deur hulle ontwikkel is nie, maar deur Loftus karavane....so Ewiks self installeer dit nie. Sou iets aan Ewiks mover verkeerd gaan, wie gaan die blaam vat.....Ewiks of Loftus se module wat nie standaard vir Ewiks is nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 13:14:34 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9557
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek het laas met die manne van Ewiks by die Zwartops skou gesels oor daai module wat mens byvoeg om Ewiks wireless te maak. Ewiks het genoem dat dit n item is wat nie deur hulle ontwikkel is nie, maar deur Loftus karavane....so Ewiks self installeer dit nie. Sou iets aan Ewiks mover verkeerd gaan, wie gaan die blaam vat.....Ewiks of Loftus se module wat nie standaard vir Ewiks is nie?

Darm gebruik ek myne nie eers 5min by n kamp nie. 

Nou na als klaar is by die huis met nuwe afdak gebruik ek hulle nie.

Darm nie probleem met draad gehad op vorige wa nie.

 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 13:44:00 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2020
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek ken ongelukkig net die PowrTouch produk wat met twee motors op my Exclusive se vier wiele vir die afgelope 4 jaar foutloos werk.  'n Baie groot voordeel vir my is die elektroniese koppeling/ontkoppeling van die rollers, want in my wa se motorhuis is die linkerkant baie naby aan die muur en dit sal 'n groot storie wees om die linkerwiel se roller met die hand te koppel of ontkoppel.  'n Koordlose handkontrole het in my geval die verdere groot voordeel dat ek voortdurend rondom die karavaan kan beweeg om seker te maak ek stamp nie iets iewers nie  -  dit help ook dat ek die neuswielletjie kan dophou dat hy nie êrens vashaak nie.

In die geval van 'n vier-wiel karavaan vereis Ewiks vier motors wat dan die prys gelyk stel aan PowrTouch se volle elektroniese model met sy  twee motors.  Ek is egter bewus daarvan dat gebruikers van die Ewiks produk uiters tevrede daarmee is, veral hul naverkoopdiens is na bewering puik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 13:57:26 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Selfde vir my Oom Lennie.  Die Powrtouch mover skuif my Wa net waar ek hom wil hê.  Die draai sirkel is effe groot weens die beskermende sagte ware wat die vrylopende as beskerm.  Maar dis niks om by verby te kom deur 'n bietjie vorentoe en agter toe nie.

Ek vind ook die los remote werk puik want daar waar die wa moet in by die huis is daar nie baie spasie weerskante nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 17:04:32 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1305
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Die outomatiese koppeling is n groot plus punt by ander movers bo Ewiks. Maak dit net makliker as die spasie beperk is.

Geert dit is soos jy se, ek weet egter nie wie die draadlose kontrole ontwerp het nie en laat dit dus daarby.

Ek wil nie die draad kaap nie, maar hoeveel agente kom regtig tot jou hulp na waarborg periode. Hoekom vra ek, Toe ek die battery vervang op Ewiks mover moes ek nood gedwonge die kontrole kas skuif. Ek het sy deksel afgehaal om skroewe wat hom inplek hou te verwyder. Ek teen die drade binne die kontrole gestamp en van hulle het uitgekom. Ek kon nie sien wat kom waar nie en het die installeerder gekontak.Ek het dit aan hom verduidelik en hy deel my mee dat dit vreemd is dat drade nou na 3jaar los is. Ek het hom gevra vir n diagram en hy sou een van Ewiks in Durban bekom en aan my stuur. Ek het foto's geneem van die kontrole en ook van die drade wat wys dat slegs plasties rondom metaal gedruk is en dat metaal nie eers tekens toon van krimping nie. Sy antwoord was dat hulle het al sulke gevalle gekry waar kontrole so vanaf vervaardiger kom en hulle het dit met vervaardiger opgeneem. Sarkasme van 3jaar het toe nie meer gehelp nie. Geen sprake van kan ek dit kom herstel nie. Ek sou betaal het vir sy onkostes. Toe ek diagram kry vanaf hom het dit heeltemal verskil met dit wat ek gehad het. Ek is toe ook meegedeel dat sou ek nie regkom nie moet ek hom kontak. Ek het ander installeerder CJ Aircons (Jacques) gekontak en hy het nuwe opgegradeerde kontrole kom installeer teen minimale kostes.

Ek is seker indien ek gese het kom opgradeer die sisteem was hy die volgende dag hier. 

Al wat ek egter wil se is dat ons, ons nie moet blind staar teen installeerdes se naverkope diens nie. Dit maak egter nie die produk swak nie, slegs die agent. Kan net noem ek het Ewiks vervaardigers self gekontak na gesprek met agent en het diagram met foto's gehad voordat agent dit nog aan my gestuur het.

Kan net se "Ja swaer"

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 19:51:03 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2020
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Diens is maar 'n relatiewe begrip.  Dit laat my nou dink aan WilSur se probleme met sy PowrTouch-stelsel wat hy al die pad tot by die invoerders in Villiers terug geneem en baie teleurstellende diens ontvang het.

Ek is dankbaar dat ek hier in die Kaap sit waar Pine Joubert van WC Caravan Movers die agent is van onder andere PowrTouch en Ewiks.  Hy het myne geïnstalleer, is altyd vriendelik en in alle opsigte baie behulpsaam.  Hy het sommer ook ander probleme met my onderstel uitgewys en dit vir my herstel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 22:35:00 pm
Frans66
New Member
100% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 09 Mar 2020
Experience: 22 years

Ek het sopas Purpleline se Quattro movers geinstalleer op my exclusive. Hulle laat jou toe om dit self te doen en waarborg dit. Iets wat Powrtouch nie meer toelaat nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za