English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 374
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 640
Share all those nice recipes with everybody...

Elvis se ontbytjaffel

replies: 23
views: 4344
03 Aug 2016 @ 20:43:26 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
2 snye brood
grondboontjiebotter om te smeer
Heuning om te smeer
1 piesang in dun skywe gesny
1-2 eiers geklits

Smeer grondboontjiebotter oor die brood en drup lekker baie heuning oor.
Pak die piesangskywe bo-op een sny.
Pak die ander sny brood bo-op en doop die toebroodjie se buitekant in die eier.
Sit die toebroodjie in n jaffelmaker, sny die kante af en maak dit nes n gewone jaffel op die vuur of n gastoof gaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2016 @ 05:57:32 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

See stop this now! I'm not allowed peanut butter & much less honey....

Bwhahahawwaaaaaha...

SNIFFFF

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2016 @ 20:11:59 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1714
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years
Klink lekker....dankie.
Ons gaan dit probeer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2016 @ 07:16:02 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Nog n Jaffle model. Hier by padstal gekry en nogal besonders lekker.
Maak melktert vusel aan, skep opgehoop tussen 2 snye brood, buitekante met botter gesmeer, in Jaffle maker. Rooster tot goudbruin.
Sit voor met kaneelsuiker en n kom moerkoffie.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2016 @ 12:28:32 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ek het nie 'n jaffle makertjie nie.  Moet regtig een kry.   Dankie vir die resepte neef Herman en Herman.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2016 @ 12:52:49 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Gooi bietjie n snoek resep.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug 2016 @ 20:06:56 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Colin jy moet definitief een aan skaf jy kan nogal baie goed doen met so n jaffel maker
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug 2016 @ 20:06:58 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Colin jy moet definitief een aan skaf jy kan nogal baie goed doen met so n jaffel maker
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2016 @ 18:06:13 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Chuck sal een uit dink gewoonlik braai ek my snoek maar het al snoek pastei geeet wat baie lekker was. sal seker die ou tannie se arm moet mooi draai vir daardie resep.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2016 @ 12:13:46 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Herman, jy het dan nou so stil geraak?   Ek wil jou net graag laat weet ons het toe 'n jaffelmaker aangeskaf.  Nogal 'n "cast-iron" een.   Ek het vandag die heerlikste jaffel gemaak met gaar vleis en aartappel wat oor was van gisteraand en lekker baie Piccalilly opgesmeer.  Van nou af is dit my middagete, met enige vulsel wat ek my hande op kan lê.   Dit werk ook baie lekker op die vlam van my gasstoof.   Maar ons gaan dit verseker inspan op die kole wanneer ons kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2016 @ 15:06:08 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Hallo Colin en Freda
Jong het so n bietjie by die kinders gekuier en nou weer terug en kan weer rustig raak en nog n paar resepte doen. ja daardie jaffelmaker werk soos n bom ek maak baie goed met die jaffelmaker geniet dit
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2018 @ 06:37:56 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek lees op fb...iemand vervang  die woord jaffel met boepensbroodjies. Eintlik n pragtige beskrywende woord....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2018 @ 08:42:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek wonder of mens n eier in n jaffel yster kan gaar maak?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2018 @ 08:51:18 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Boepens broodjies ...... pragtig!

'n (Afgesterwe) familielid van ons het jare gelede die woord "Kitskoffie" bedink vir "Instant coffee" ... nogal 'n prys van (ek dink ....) die HAT daarvoor gewen.

Sou beslis Boepensbroodjie aanbeveel vir 'n soortgelyke prys!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2018 @ 09:37:31 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4248
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Nico wat doen jy met al die pryse wat jy wen???? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2018 @ 10:22:33 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Nee Danie, hierdie was nie een van my pryse nie ... Oom Prins het dit gewen jaaaaare gelede!cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2018 @ 10:26:09 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek wonder of mens n eier in n jaffel yster kan gaar maak?

Hoop foto is duidelik genoeg...

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2018 @ 11:56:19 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Geert, dis nou briljant. nooit daaraan gedink om eiers lekker rond te kry nie. gaan dit beslis met volgende kamp brekfis probeer. my eiers word altyd scramble op die ou-end as ek dit gaarmaak.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2018 @ 05:16:20 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hier is n meer duideliker foto....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2018 @ 09:15:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Geert ek sal net een op 'n slag in sit om die omdraai te vergemaklik.

Ek hou van 'n eier waarvan die geel nog sag en loperig is maar die eierwit moet gaar wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2018 @ 05:58:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert ek sal net een op 'n slag in sit om die omdraai te vergemaklik.

Ek hou van 'n eier waarvan die geel nog sag en loperig is maar die eierwit moet gaar wees.

As jy hom wil omdraai. Miskien kan jy net eenkant n eier insit en hom toemaak....dan kry hy miskien n tipe Weber-effek...dan miskien nie nodig vir omdraai nie? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2018 @ 08:20:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As jy hom wil omdraai. Miskien kan jy net eenkant n eier insit en hom toemaak....dan kry hy miskien n tipe Weber-effek...dan miskien nie nodig vir omdraai nie? 

Dis soos ek gedink het. Sal maar sien hoe gaan hy werk.

Die jaffelyster sommer spuit met koekie spray glo die eier sal nie vassit nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2018 @ 16:23:10 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Watse botter gebruik julle wat die brood nie aan die jaffelpan laat vassit nie? Ek het altyd Flora gebruik wat goed gewerk het...maar deesdae plak dit ook nou vas? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2018 @ 20:11:53 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years

Ek het nou die dag n muffin pannetjie gevat en eers bietjie gesprei met cooking sprei en toe eires daarin gebreek en dit gebak veral as jy n paar mense gelyktydig kos wil gee 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required