Ek loop eintlik nooit kaalvoet buitekant die huis nie, maar gister was ek vir die eerste keer kaalvoet terwyl ek my wa se awning opgeslaan het.
Ek ontdek toe tot my skok dat as ek aan die extrusion raak, dan byt dit so bietjie, daar is 'n ligte elektriese stroom daar.
Dis nie so 'n sterk stroom nie, dit is maar net so dat jy bewus raak van dit so dit maak ook nie regtig seer nie.
Maar dit bekommer my, het enigiemand n idee waar die fout kan lê en hoe maak ek dit reg?
My wa is 220v en het nie n battery nie.
Dit kom voor by my wa ook. Het n kabel wat die ground raak aan gesit vir beter aard.
Dis nou nie meer nie.
Daar was ń onderwerp gewees wat gelei het tot die vraag.
In meeste gevalle is dit ń "earth" probleem.
Om tydelik geholpe te raak:
Na die kamp, toets hom eers by die huis voordat die fout gesoek word.
Gewoonlik is die fout by die oord se krag punt.
Wel jy is tans by die huis en ek glo jou elektriese bedrading by die huis is reg.
Volg maar die raad hier bo en gaan die aard gedeelte van die toevoer draad na jou wa na en dalk verder.
Ons het dit elke jaar by Dolphin Holiday resort ook ondervind. Die plekke se aard is nie altyd na wense nie veral as die oorde aan die oud kant raak.
Jou aarde is jy die karavaan staan op wiele en jokky als rubber sit een steary af en probeer weer.
Dankie Almal wat hierbo geantwoord het.
Vandag het ek nou weer iets geleer.
Dit blyk dat die probleem by my buitegeboue se earth lê.
Ek het die wa by 'n prop in my huis ingeprop, probleem weg, en vice versa.
Sal maar n elektrisiën se hulp inroep.
Ek is bly om te sien dat mens eerder die regte mense kry om te kyk as om te krap as mens nie 'n basiese kennis het van electric nie.
Ek moet darem opkom vir oorde. Op grond v ons mense wat die skok voel op hulle woonwaens het ons seker 8 uit 10 keer gevind dis 'n aard draad af op mense koorde of in die wa en bitter min oorde is geïdentifiseer as die rede vir skokke. Meeste van ons kry dit by hul huise. Ek inkluis toe 'n aard 12cm weg was van my 3 pen prop se konneksie en steeds onverklaarbaar waar daai stuk draad heen is.
Jou aarde is jy die karavaan staan op wiele en jokky als rubber sit een steary af en probeer weer.
Jou aarde is jy die karavaan staan op wiele en jokky als rubber sit een steary af en probeer weer.
Ek is bly om te sien dat mens eerder die regte mense kry om te kyk as om te krap as mens nie 'n basiese kennis het van electric nie.
Ek moet darem opkom vir oorde. Op grond v ons mense wat die skok voel op hulle woonwaens het ons seker 8 uit 10 keer gevind dis 'n aard draad af op mense se koorde of in die wa en bitter min oorde is geïdentifiseer as die rede vir skokke. Meeste van ons kry dit by hul huise. Ek inkluis toe 'n aard 12cm weg was van my 3 pen prop se konneksie en steeds onverklaarbaar waar daai stuk draad heen is.
"MAINTENANCE"
Dis maar iets wat gedurig gedoen moet word en die wissel van, Hoek stutte met Q20 spuit die karavaan koord se plug drade na te gaan tot herseel van die wa.
As mens iewers nalaat om dit te doen gaan hy jou iewers langs die lyn byt.