Wat dink julle, met die brandstof pryse, gaan daar n baie groter aanvraag vir elektriese kare wees?
Verseker nie 'n "baie groter aanvraag nie" ...... onthou ons het nog Eishkom se probleme, dan geldelike probleme, ens. Nog steeds "goedkoper" om R0,98 ekstra te betaal as die R600k+ vir daardie elektriese motor.
Nee wat, ons is gedoem tot hierdie probleem vir ten minste (waarskynlik MEER) die volgende 10 - 15 jaar voor so iets werklik tersprake sal kom .......
Nie in ons lewe nie. Eskom onbetroubaar....het generator nodig om jou kar te charge.
Ek voorsien ook nie dat elektriese voertuie binnekort algemeen sal raak nie. Dalk meer hybrid karre. Buiten Escom is die probleem met reikafstand ook nog daar. Vir kort afstande werk toe en terug kan dit werk, maar verseker nie vir lang afstande en sleep nie. Jy gaan nie in die middel van Namibie jou tjor kan laai nie. Op hierdie stadium is EV's ook nog baie duur.
Geert, dan moet ons onthou daar moet dan ook duur petrol gepomp word met eishkom krag vir die generator
Ek dink Max (Nabro) is reg. Die prys van elektriese motors is op die oomblik net te duur om byval te vind. Vir 'n stadsmotor is dit beslis te duur met pryse van oor die 500 duisend rand. Ek meen egter elektriese stadsmotors kan prakties wees indien die pryse baie laer is. In Sjina is dar wel sulke motortjies so ongeveer in die Chev Spark se grootte wat heel billik is, hier by die R200,000 in Rand. En hulle is heel goed toegerus. Miskien sal dit die deurbraak bewerkstellig as hulle hier bemark word. Meeste gesinne het deesdae twee voertuie en een word maar net vir ritte naby dei huis gebruik, so so 'n voertuig met selfs 'n koeterige reikafstand kan prakties wees.
Daar is alreeds Elektriek bakkies (trucks soos hulle dit oorsee noem) beskikbaar.
Kan amper 500 km op een "laai" ry met die Ford F150.
Ons mag dit dalk in die volgende 2 jaar plus in South Africa sien.
Ons het ook die oplossing vir Eishkom
Dink selfs baie van die sogenaamde "hibriede" voertuie staan terug vir sommige van ons dieselvoertuie. Baie (?) voertuig verslae of toetse lei in dié rigting ............
Persoon ("vriend van 'n vriend") se hibriede Jaguar gesinsmotor is blykbaar swaarder op brandstof as sy diesel Passat ..... so word vertel hier in ons kompleks, so ek weet nie
Nog laaaaaaank nie n opsie nie. Elektriese karre, of 4x4's, of lorries of wat ookal, nog bloot n droom wat uiters moeilik tot uitvoering gebring gaan word. Jy kan nie eens van die Kaap tot in Matjiesfontein ry met batterye nie ..... dit gaan nog jarrrrre neem voordat DAAI konsep uitgevoer gaan word. Kernkrag-tegnolgie gaan nog ons uiteinde met motors wees en dan sukkel hulle nog met batterye.
Ek dink nie kernkrag sal ooit direk in voertuie gebruik word nie. Ek dink wel daar sal oplossings vir al die huidig voorsiene probleme kom. Ondervinding het gewys bykans niks is meer onmoontlik nie en nuwe tegnologie skiet op waar ons dit gladnie kon voorstel nie.
Kyk na die review op youtupe. Die Ford F150 Lightning lyk net soos die F150. Proper 4x4.Is net battery krag en kan 300 myl, net kort van 500 km, op n slag ry voor jy weer hoef te laai. Ontwerp en gebou in die US. Daar is al klaar n waglys van oor n 100,000.
Ford Amerika se jy kan, met die regte inverter, n gemiddelde huis van krag voorsien vir 3 dae van die F150 se battery af. Ek is seker ons gaan die F150 konsep in die Ranger sien in die volgende jaar of 3.
Die idee om die EV se batterye as opgaarmedium vir huise, veral as jy sonpanele het, word deur verskeie vervaardigers oorweeg. Kan kan 'n goeie alternatief vir 'n duur opgaarstelsel tuis wees.
My dogter-hulle (in Roemenië) se organisasie by wie hulle betrokke is met sendingwerk, het onlangs 'n Dacia Spring elektriese motor vir gebruik in die dorp, waar hulle woon, aangeskaf. Dacia, wat deesdae deel van Renault is, is 'n trots Roemeense produk. Die Dacia Spring gebruik dieselfde bakwerk as die Renault Kwid wat plaaslik verkoop word. Die Dacia Spring word tans in Europa verkoop vir minder as R300k.
Terloops, die Renault Sandero word kompleet ingevoer vanaf Roemenië waar dit as die Dacia Sandero verkoop word. Die Renault Duster, wat 'n Roemeense ontwerp is (sekerlik met die hulp van Renault) word ook daar verkoop as die Dacia Duster.
Sommer net so 'n bietjie nuttelose inligting. 😇
R300 duisend klink mos na besigheid! Maar met allerhande belasting sal dit seker weer hier onbekostigbaar wees. Maar wie weet...........
Ek het gou gaan naslaan en gevind die karretjie kan in die omgewing van 200 km op 'n lading loop en dit het maar eenster vir veiligheid (uit 5). Wat die afstand betref, dink ek dis heel aanvaarbaar vir 'n stadsmotortjie. Die veiligheidsaspek is bietjie van 'n probleem, maar in totaal meen ek dit sal teen minder as R300 duisend hier heelwat byval vind. Ons moet miskien ons ingesteldheid, minstens vir die nabye toekoms, verander en aanvaar daar is stadsmotors en daar is langafstadmotors en die twee kan nie altyd in en bakwerk wees nie. Lang afstande is nie nodig vir 'n tweede motor wat slegs vir kort rite gebruik word nie. Soos met kilowatt vir binnebrand voertuie, gaan afstand teen 'n premie kom en as jy dit nie gebruik nie, betaal jy onnodige daarvoor.
Ek dink ook dat die tyd gaan kom waar jy n EV sal moet kry vir kort afstand en n kar sal moet he vir vakansies. Tensy jy daar in die bos sal kan laai met sonkrag sal ek nog maar steeds my bakkie nodig he.