English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 330
topics: 120
replies: 1 899
views: 42 830
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Electrolux yskas verwydering - Jurgens Palma

replies: 12
views: 287
28 Aug 2019 @ 13:29:51 pm
Struis
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 27 Jul 2017
Experience: 2 years

Dagsê manne.

 

Ek kort jul advies of iemand wat my na die regte draad kan verwys. 

Ek is in die process om die Electrolux yskas in ons Palma te vervang. Nou so ver gekom om hom uit sy hokkie te haal en als te ontkoppel.

Nou is my vraag hoe kry ek hom uit die karavaan? Ek vermoed deur 'n venster of iets maar is nou so bietjie verflaks.

Ek luister graag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 14:02:47 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die yskas sal deur die groot kant venster langs die eiland bed gaan.  Jy sal die armpie wat hom oop hou moet los skroef sodat hy effens verder kan oop maaken iemand sal hom moet oop hou terwyl julle die yskas daar deur bring.

Die nuwe sal op die selfde wyse kan ingaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 14:56:13 pm
Struis
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 27 Jul 2017
Experience: 2 years

Baie dankie

Ek sal die takie gaan aanpak.

Nuwe yskas was darem beter gemeet. Sal net net by die deur inpas. Dan kan ek daaraan werk om my houtwerk meneer trots te maak. :P

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 15:43:43 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Haal net die electrolux se deur(e) af dan behoort dit selfs makliker deur die venster te glip.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 17:32:59 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Iewers het ek n draad gehad waarin ek stap vir stap verduidelik met fotos hoe om yskas uit sprite swing te haal.

Sal hom soek en vorentoe bring.

Lekker gagga job. Maar as nuwe yskas in is, is dit net n plesier

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 18:40:56 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die Palma se linker venster langs die bed is so groot soos die Classique en Exclusive se vensters langs die bed.

Jy kan n groot yskas daardeur druk. 

Ek vermoed die nuwe yskas is seker n nuwe gewone huis yskas. As dit so is onthou hulle wil nie graag plat le nie.  

  1. Moet veral nie die yskas stamperig hanteer as hy so plat deur die venster gaan nie
  2. Laat hom vir veiligheid 30min regop staan voor jy hom aanskakel

Redes

Motorse mounts kan dalk los haak binne so wees versigtig

Olie binne sisteem kan in die pype in vloei as hy so plat le soos hy deur die venster gaan, die 30min maak net seker als loop terug.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 18:43:24 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sterkte met die joppie. As jy hande het is dit baie maklik en gou gou.

Ek het dit op een van my Pentas gedoen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 20:57:15 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 451
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Ek het ook die hakies by die “vensterbank” afgehaal en ‘n handdoek daar neergesit sodat die yskas nie beskadig word as dit sou nodig wees om die yskas op die vensterbank neer te sit. Ek het gevind 3 pare hande is genoeg, die onderkant van die yskas is nogal swaar.

Ek het ook die ruit heeltemal uit sy spoortjie uitgehaal/uitgeskuif, wou nie die ruit beskadig nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 21:17:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Goeie idee....daai ruite is soms duurder as die yskas

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 06:32:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het ook die hakies by die “vensterbank” afgehaal en ‘n handdoek daar neergesit sodat die yskas nie beskadig word as dit sou nodig wees om die yskas op die vensterbank neer te sit. Ek het gevind 3 pare hande is genoeg, die onderkant van die yskas is nogal swaar.

Ek het ook die ruit heeltemal uit sy spoortjie uitgehaal/uitgeskuif, wou nie die ruit beskadig nie.

Dis reg Johan ek het vergeet. As jy die swart blokkie aan die kant van die ruit afhaal daar waar die ruit se bokant skarnier kan jy die ruit uit die pad uit skuif en is dit nie nodig dat iemand dit oop hou nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 08:07:54 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sterkte met die projek. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 11:10:44 am
Struis
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 27 Jul 2017
Experience: 2 years

Daarsy! Sp bietjie terugvoer.

Die ou yskas is uit en die nuwe een is in. So bietjie gespeel met van die bedrading en dioe is ook nou redelik uitsorteer. Nou moet ek net afrondings werk doen.

Wil jul advies vra oor hoe julle die nuwe yskas sou vasmaak dat hy nie rond skud terwyl mens ry nie. Sien aangeheg so paar prentjies van die prosess.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 13:20:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Lyk nice Christiaan....ek hou van daai metal finish kleur

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required