Hi Julle.
Ek laat sit more vir die Romany n groter yskas in. Is daar n mark vir die "klein yskassie"? Wat kan n mens vra vir hom? Dis n Electrolux/Dometic 3way. Hy werk perfek het net nog nooit die gas en of 12V getoets nie en is in n baie goeie kondisie. Ek wil eintlik besluit of ek hom hou vir nood by my huis/lapa/herlaaikamer en of ek hom moet verkoop sou ek n goeie aanbod kry vir hom.
Wat se julle gesoute kampers?
So n 3way is baie populer. As jy nie kontant nodig het nie, sou ek hom onder lapa sit
My skoonseun het ook sy yskas in die karavaan vervang met 'n groter een en toe die ander een onder sy lapa gesit. Hulle is baie populer daar buite. Sal maklik verkoop as jy moet.
Wat is n goeie prys vir my en koper sou ek hom wou verkoop?
Of ek moet seker vra wat kan ek vra vir hom...?
Ek het nou vinnig op facebook marketplace geloer....2x gesien, 1x vir R1500 en ander 1x vir R2000
My swaer het so +\- 2-jaar gelede een gekoop teen R700 ook op CP, maar ek moet byvoeg dat sy gas sisteem nie meer gewerk het nie.
Die yskassie was nog mooi en toe vra hy my of ek hom soek soos in verniet, want hy hom gaan "Dump" omrede hy nie die oop bedrading bokant die yskas vertrou nie.
Ek weier nie so aanbod nie en het ń ordentlike deksel gemaak wat die bedrading wegsteek.
Daai yskassie was vir my Goud werd veral wanneer dit gekom het by jaarlikse familie saamtrekke by my huis.
Toe ons besluit om "permies" te word het ek hom ook verniet wegegee aan die nuwe eienaar omrede ek hom verniet gekry het.
Hou hom...
My ou yskas is uit en die nuwe 1 is in! Die yskassie is n dag by my en staan klaar in my pad so ek gaan hom in die mark sit. My Lapa het ook alreeds n groot yskas in. Gas stofie is ook uitgehaal. Ek neem aan daar is glad nie n mark vir die 2 plaat gas stofie nie? Ek kry nie rerig n advertensie om te sien wat hulle kos nie dit is hoekom ek so aanneem?

Daars baie kampeerders wat net glo in gas
My ou yskas is uit en die nuwe 1 is in! Die yskassie is n dag by my en staan klaar in my pad so ek gaan hom in die mark sit. My Lapa het ook alreeds n groot yskas in. Gas stofie is ook uitgehaal. Ek neem aan daar is glad nie n mark vir die 2 plaat gas stofie nie? Ek kry nie rerig n advertensie om te sien wat hulle kos nie dit is hoekom ek so aanneem?
Daars iemand op facebook wat n yskassie soek...hoeveel soek jy vir joune, dan kan ek hom laat weet
Daars iemand op facebook wat n yskassie soek...hoeveel soek jy vir joune, dan kan ek hom laat weet
Awesome...minimum van R1500..
Wat is die afmeetings van die gasstoof?
Dankie Kieire.
My 4x4 karavaan het op die oomblik n cast iron gastoof in. behalwe dat hy die potte party keer swart brand onder en nie goed werk in die wind, is hy okay.
Toe ek die foto van jou stainless gasstoof sien het ek gewonder of hy sal pas waar die cast iron een nou is en of hy beter in die wind sal werk. n voordeel wat ek sien is dat dit sal makliker wees om die stainless een skoon maak.
Maar, dit lyk of die spasie vir potte op die stainless een minder is. As jy kyk na die foto aangeheg is die cast iron se spasie 430mm. Waar sal die kant van 450mm van die stainless een wees op die foto wat ek aangeheg het?