English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 243
Total Replies: 229 719
Total Views: 82 363 327
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 072
Share all those nice recipes with everybody...

Ek soek 'n romerige seekos potjie resep

replies: 2
views: 44808
24 Apr 2007 @ 10:55:08 am
Honeybee
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 24 Apr 2007

Ek soek 'n resep vir a seekos potjie met 'n romerige sous.

Dankie!

Mel

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Apr 2007 @ 11:41:15 am
smitm
Silver Member
11% Profile Strength
Posts: 66
Joined: 18 Apr 2007

Hi Mel,

 My man maak altyd die een en is altyd 'n wenner, probeer die een.

 

Bestandele:

2 X Groot uie, 1 X 250g bacon, 1 X 250ml vars room, 1 x 250ml wit wyn (verkieslik semi-sweet), 2 X pakke vars mushrooms (gesny), kaas (cheddar of sweetmilk) soveel soos wat u benodig, gemengde seekos (gevries) 1 tot 2 pakke

Begin deur jou uie te braai oor medium hitte. Gooi bacon (in stukkies) by voor uie te bruin word. Braai uie en bacon maar nie te crispy nie. Onthou om seekos gevries te hou want dit voorkom dat jy water in die pot hoef te gooi. Gooi seekos en wyn in pot en laat kook vir +/- 1 en 'n half uur. Roer pot gereeld. Calamari neem die langste om gaar te word. Sodra calamari sag is draai hitte bietjie af en voeg mushrooms en room by, as pot te warm is sal die room vas brand. As mushrooms sag is voeg kaas by en roer aanhoudend. Laat prik oor lae hitte. As sous te loperig is voeg bietjie mazina water by en laat kook tot lekker duk is. Kaas maak hom ok nog dikker. (Ons gebruik altyd die gasbottel die potjie staander om die seekos mee te maak omdat jy jou hitte kan beheer, jou pot moet nooit te vinnig wees nie omdat room sal vasbrand en seekos kan taai raak.)

 Bedien met rys of pasta. Lekker eet.

 Groete,

Marietjie

👍
2
💔
2
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 07:48:07 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Mens eet so baie vleis as jy kamp en ek het gedink aan 'n seekos pot.  Search toe so bietjie op die forum en kom op die een af.  Dit klink lekker vir 'n kamp opset, want jy kan net gevriesde seekos koop daarvoor en miskien bietjie vars stukkies vis ook bysit.  Gaan dit probeer in Port Alfred.   Gaan dit halveer vir 6 grootmense, dink ek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required