Goeie naand almal,
Wil net uit vind ek en my ander helfte gaan vlg jaar Junie die Eiland besoek vir die eerste keer die persoon het ons in blok A ingeboek, hoe lyk dit daar is daar bome en goeie staan plekke.
Ons is ook nou op vervroegde pensioen weens vermindering van staf by die werk, was die lang naweek by Tava Malingwe in die Vrystaat nogal n lekker kamp. Gaan oor n week Almega toe vir n midweek.
Baie dankie
Die A blok is nie selg nie.
Watter nommer staanplek is jy toegeken in die A-blok? Daar's sommige uirstekende staanplekke, maar ook minder lekker staanplekke. Ons het 2017 en 2019 in A-blok gestaan. Ons het maar bietjie van 'n kort strooitjie getrek met ons staanplekke. Maar ons het dit lekker gemaak.
Die A blok is maar die gedeelte waar die lang kampeerders oor die winter tyd staan. Kyk maar dat jy so na as moontlik aan die bo kant van die foto wat Swannie geplaas het plek kry.
Let wel daar is geen gras nie. So vat vir jou 'n paar skadunette saam om op die grond om jou tent te plaas. Dit help verseker met die stof en om die winter blare te vee.
Baie baie lekker daar as jy jouself so inrig.
Eintlik is daar min "slegte" staanplekke, sommiges is net n bietjie vêr van die swembaddens af. Soos ons reeds op n ander Eiland-forum genoem het, ons het reg teenaan die grens langs die swembad gestaan, dit was heel aangenaam. Net jammer vir die mense wat daar aangery is met busse wat NIE deel van die AFRIKAANSE Taal en Kultuur behoort nie wat somtyds die grootste deel van die swembad oorgeneem het.
Maarten
Gaan kyk op die Eiland se webtuiste vir uitleg kaart asook kaarte van die kampareas met nommers. Daar is ook heelwat fotos (wat in die somermaande geneem is).
Ons is ou Eiland langtermyn kampers.
Van jou beste en gelyk staanplekke is in die A kamp. Daar is ook die meeste bome wat nog blare dra in Julie. Van die ander kampareas het ook heerlike staanplekke. Weet maar net dat die lang blyers die beste staanplekke beset. Hulle is lede wie 'n maand voor nie-lede geleentheid kry om te bespreek.
Gaan kamp gerus daar, julle sal Eiland geniet.
Wanneer julle daar is laat weet julle kamp staanplek nommer op hierdie draad, dan kan van die forum lede wie daar is by julle 'n geselsie kom maak en andersom.
Wie is huidiglik by Eiland Spa?
Ai dit klink te lekker ons is baie opgewonde om te gaan.
Ons moes maar Almega uitstel, die noodlot het toe getree maar gaan nou maar middle November.
Dankie vir almal se insete waardeer.
Ons was daar van 20 Augustus tot 21 September. Moes ongelukkig voor einde September oppak en ry huistoe oor ander verpligtinge wat nie uitgestel kon word nie.
Ons kamp in elk geval jaarliks net tot einde September by Eiland omdat die warmer dae vir ons ongemaklik raak om te kamp.
Pottie dit lyk my moeilik om van ons mede forumiete raak te loop OF ek staan net nie op die regte plekke op die regte tyd nie.
Ek hoor wat jy sê.... ons het koel weer in misreën tot nou gehad. Ons het gehoor dit was glo 42° op die 30ste Oktober. Ons bly tot einde September en November werk ons die KNP deur.
Dan terug Pretoria toe om te groet voordat ons Desember aftrek na ons nuwe tuiste in Jongensfontein.
Leon, die rede vir my vraag'wie staan by Eiland'... hier is n kombinasie nes joune. Maar ek kon ongelukkig nie die bewoners sien nie.
Groete vir die manne by die werk. (Clive, Nols, Steve ens. vir Dirk en Lenie B het ek al gegroet, en naruurlik my ou maters by Mechem. Ek is nou al op my vierde jaar van vryheid en dit raak net beter!).

Ek sal jou groete oor dra. Steve, Dirk en Lenie is ook al daar waar julle is.
Julle moet die permanente vakansie geniet ry veilig.
Dankie Leon. Ja my ou maat hierdie permanente ding IS net die ding! Wag vir jou.
Pottie dit lyk my moeilik om van ons mede forumiete raak te loop OF ek staan net nie op die regte plekke op die regte tyd nie.
Ek hoor wat jy sê.... ons het koel weer in misreën tot nou gehad. Ons het gehoor dit was glo 42° op die 30ste Oktober. Ons bly tot einde September en November werk ons die KNP deur.
Dan terug Pretoria toe om te groet voordat ons Desember aftrek na ons nuwe tuiste in Jongensfontein.
Ja ons was in Punda Maria toe dit 42C was. Die aand waai die wind 70Km/h en die volgende dag was dit 22C max.
Ons werk ook weer KNP deur in Nov.
Punda Maria - 01 - 06
Shigwedzi - 06 - 08
Tsendze - 08 - 10 (no6)
Letaba - 10 - 12
Satara - 12 - 26
Skukuza - 26 - 01
Miskien kamp ons een van die forum lede raak.

Paul
Dis nou 'n bul wildtuin toer.
Vertrou julle geniet dit. Bly maar 'n besonderse plek.
Ek sal nooit verveeld word met díe tuin nie, al bly ons nou al 30 jaar teen sy grens.
Proffie, ons kry nooit genoeg nie. Ons was van 24 Aug tot 2 Oct deur die Wildtuin en gaan nou weer met die 50% afslag.
Dit is n' ander wereld :))
Ai Paul, ons begin ook in November maar net 'n week voor jou. Ook min of meer dieselfd roete suid. So ons mis mekaar.
Ons staan huidiglik by Eiland tot einde Oktober. Mooi ry en geniet die trippie.