English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 676
Total Replies: 221 326
Total Views: 81 982 182
topics: 10 564
replies: 120 396
views: 38 687 833
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Eiland Spa Kampering

replies: 16
views: 359
11 Jun 2019 @ 06:57:44 am
Boslaaitie
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 22 Mar 2017
Experience: 30 years

Goeie more. Ons is twee gesinnne wat volgende jaar aan die begin van junie voor die vakansie vir 6 nagte by Eiland gaan kamp. Daar is 4 kinder van 4, 2, 1 en 6 maande. Wou sommer uitvind of julle enige voorstelle het van staanplekke om voor te vra. Die staanplekke moet nie te klein wees nie maar ook nie te ver van badkamer vir die jong klomp en as daar n klimraam naby is is dit n bonus. Kan nie so lekker onthou of daar baie skaduwee is nie. Julle raad word waardeer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 09:23:27 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6296
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ablok is almal mooi by die brugie wat swembad toe gaan met skaduwee en is groot

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 13:37:25 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1613
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Blok A kan bedrywig raak. Tussen blokke B en D is daar ook speelplek met klimrame en daar is nie so baie verkeer  nie. Dit is nou wel bietjie verder van swembadkompleks af. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 13:41:34 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12430
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Op hul website is n oordplan....dit gaan miskien help om te kyk waar jy wil staan....naby klimrame....badkamers ensovoorts

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 06:09:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12851
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As jy naby die swembaddens en kinder vermaak wil wees is Blok A die aangewese area om te kamp.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 06:13:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12851
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Eintlik kan jy einge plek staan want vir die ouderdomme van die kiddies gaan jy elkgeval hulle moet eskort na die vermaaklikhede toe want selfs in blok A is jy 'n redelike ent van die kinder vermaak af. Ek praat van rof weg 70m.

Die staanplekke om die ablusie van Blok A het redelike skaduwee.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 13:34:04 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Op hul website is n oordplan....dit gaan miskien help om te kyk waar jy wil staan....naby klimrame....badkamers ensovoorts

Beste plan.

Blok A kan bedrywig raak. Tussen blokke B en D is daar ook speelplek met klimrame en daar is nie so baie verkeer  nie. Dit is nou wel bietjie verder van swembadkompleks af. 

Dit is die enigste klimraam stel in die kampeerarea. Verder is die aktiwiteite meestal om die swembad.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 13:47:47 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2077
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek dink nie jy gaan juis 'n wye keuse hê nie.  Eiland is gedurende die winter amper tjok en blok vol, so jy moet maar tevrede wees as jy plek kry.  Neem Leon se advies ernstig op.  Ons kinders is nie meer oral veilig nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 14:19:58 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5551
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek hou baie van die C blok daar onder waar hy die sirkel vorm en volgens my is Eiland baie veilig vir almal en sonder bekommernisse.  Maar dit is goed om by die kleintjies te bly.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 18:39:45 pm
Boslaaitie
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 22 Mar 2017
Experience: 30 years

Baie dankie vir terugvoering. Ja ons laat nooit ons span onder ons oë uit nie. Dis hoekom ek so na as moontlik aan n klimraam wil wees. Dit hou hulle vir ure besig en jy kan rustig op jou staanplek sit en hulle dophou. Ons gaan buite skoolvakansie, weet dit is vol maar dan is dit nog nie so bedrywig nie. Ek het nou na die kaarte gekyk. Nerens sien ek n klimraam by die kampterrein nie. By watter nommers van B en D is die klimraam geleë asb? Wil dar, net vra of hulle dalk oop is indien ons plek kry. Ja ons gaan orals saam die kids so die afstand na die swembad maak nie saak nie. Lekker aand

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 19:08:34 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Staanplek 236, 237, 238, 239 is naby.

237 is regoor die speelplek.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 13:09:30 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 699
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Proffie - op watter nommer staan jy tans? As ek reg onthou is dit in die B-blok. Wil darem net 'n slaggie die gesig by die naam plaas - sien net jou agterkant onderaan jou insette (as dit jy is). Ek is sedert Saterdag (tot 15 Sep) op A90.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 21:41:30 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Proffie - op watter nommer staan jy tans? As ek reg onthou is dit in die B-blok. Wil darem net 'n slaggie die gesig by die naam plaas - sien net jou agterkant onderaan jou insette (as dit jy is). Ek is sedert Saterdag (tot 15 Sep) op A90.

Chris

Dit is my agterkant op die foto met my kleindogter toe 5jaar.

Ons staan op B144 Penta KC met dubbel tent omtrent in die pad.

Kom loer gerus in. Deur is altyd oop as ons hier is.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 15:52:46 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12430
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 19:43:18 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5551
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Chris Boucher

Watter staanplekke is groot vir die dubbel as karavaan ?  (12x12)

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 20:12:53 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Willem, Pottie hier.

Die oorgrootte meerderheid staanplekke is groot genoeg.

Dis amper makliker om die kleineres uit te wys.Hier is 300 staanplekke. Ek reken 275 is groot genoeg. Ook goed om te vra tydens bespreking.

Sal net hoor wat Chris ook sê.

In al die blokke, behalwe F, is daar sommige kleiner staanplekke.

Bv B143, 144, 145 en dalk ook139, is kleiner as gevolg van plasing van bome. Die res in B blok sal 'n groot wa vat.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 11:55:16 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 699
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek stem saam met wat Proffie/Pottie hierbo noem. Die besprekingspersoneel is goed op hoogte van die onderskeie plotte se groottes. Noem net dat jy met 'n Exclusive kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First