He-he, ek het nog nooit 'n eier hoor ontplof nie. Dit is glo hoekom jy hom ook nie kan gaarmaak in die mikrogolf nie.
Seker soos die eier gaarder geword het na bo, sit dit uit en die gaatjie was nie genoeg nie. Dit kan seker werk as jy die boonste puntjie afsny sodat dit heel oop is. Dan sal die eier oorkook. Klink nie vir my na al die moeite werd nie. Daai eier het omtrent verdwyn in die lug in.
Toe ek jonk was het ek eendag probeer om 'n eier te kook in 'n koppie water in die mikrogolf oond. Paar minute in was daar een helse slag gewees. Die eier het ontplof en die koppie het gebars.
Het my seker 'n uur gevat om daai gemors skoon te kry! Nooit weer nie..
"n Vriendin van my het so 'n eierkoker. Hul het 'n huis by Gamtoosrivier en ons het altyd naweke by hulle gaan kuier, dan gaan ons vroeg in die oggend uit met hul boot op die rivier om te gaan visvang. Een oggend wil sy toe, onder andere, gekookte eiers maak saam met ons padkos. Sy maak die masjientjie vol eiers. Die ding gaan mos af op 'n stadium, as die eiers nou na smaak gaar is. Toe ons op die boot die eiers wil eet, was net twee gaar en die ander nog melkerig wit en pap. Die seevoëls het darem lekker geëet daaraan.
Wonder ook wat sal die oorsaak wees van so n ontploffing....veral as jy sê die gaatjie was 5mm groot. Sal ook dan verstaan dat dit nie drukking op eier dop kan wees nie.....
#eggsplosive
Jammer...nie in lyn met oorspronklike topic nie...maar goeie idee....
Herman, nou kliphard sit en lag hier by Drakensville en my medekampers oppad toilet toe kyk my snaaks aan. Dink net as by so iets in die kamp probeer.