Jacobus, ek stel voor, wees net jou self en hou by 'n veilige spoed, al is dit ook 80 km/h, jy sal wel daar uitkom.
Vermy en ignoreer die voertuie agter jou wat ongeduldig raak. As jy jou aan hulle gaan steur, gaan jy begin op jou senuwees raak. Gooi hulle net 'n dowe een.
Obseweer ook gereeld in jou tru-spieëls en kyk dat agter by die karavaan alles in orde is.
Ek het en sleep baie, maar ek stress nog steeds, dit is normaal. Moet net nie paniekeurig raak nie, dit is wanneer die ergste gebeur.
Sleep veilig en kom veilig by Klein Kariba aan en geniet die kamp.
Maak seker dat daar nie bagasie of iets is wat kan rond rol binne die karavaan nie. Dit kan skade veroorsaak en ook maak dat jy redelik moelik gaan sleep agv die rollende goed.
Amper vergeet, onthou om jou Jockey wiel so hoog as moontlik te lig en dat hy vas is. Hou ook 'n redelike afstand vavaf voertuie voor jou ingeval jy vinnig moet remme trap.
As daar 'n ''Dip'' in die pad is, verminder spoed en gaan gerieflik daardeur. So ''Dip'' kan jou maklik laat beheer verloor.
Ai tog en die handrem. Maak seker hy is heeltemal release as jy ry. Ek vergeet nog steeds om myne somtyds te release, dan kan ek nie verstaan hoekom ek nie kan wegkom nie.
Jacobus, jy het uitstekende raad hierbo gekry, al wat ek kan byvoeg is, om voor jy ry, gaan deur die "K53 van karavaan sleep", check vensters toe, deur toe jockey hoog en vas, dak af en gelock, ligte en flikkers werk, towhitch behoorlik gehaak.
Ry die eerste 40 of so kilos maar stadig (onder 90kph) en onthou, jy het meer plek om te draai en ook om te stop nodig.
Dan, die ding is wees bewus van wat om jou aangaan terwyl jy sleep, maar relax, en geniet die vooruitsig van wat voorlê, KAMP.
Dit is nie so erg nie.
O ja, ons almal was, glo ek, maar die eerste keer meer gespanne as daarna, my skoonpa het my met sy F100 en leë Jurgens in die 70's eers laat sleep met hom langs my, so ek was baie bevooreg.
Die vakansie begin as jy die wa hak. Wees rustig en hoe verder jy sleep hoe gemakliker word dit. Sterkte en kom veilig tuis.
Geniet. jy het al goeie advies hierbo gekry.
Is ek reg as ek sê dat die handrem op die wa net keer vir vorentoe beweeg. As jy dus teen 'n skuinste staan maak seker daar is 'n 'baksteen' agter die wa se wiele.
Geniet die kamp. Na hierdie eerste sleep, sal jy elke naweek wil kamp
Wees rustig en geniet swaar
Onthou die weie draai en beplan mooi jou uitweg as jy dalk gaan stop vir brandstof, kan partykeer knap wees.
Enjoy!
Geniet dit en ontspan as jy sleep.
Tensy die knippe sigbare skade en verweer toon moenie jou so bekommer oor die dak wat gaan oplig nie. Die knippe wat vir dit gebruik word doen nou al jare hulle ding. Maak net seker hulle is vas of geaktiveer. As jy met verlengde spieels sleep kan jy die oorspronklike spieels stel dat jy die dak kan dophou.
Dan nadat jy die goed nagegaan het op die lysies klim in jou voertuig en vra vir Beskermende Hand van BO start jou voertuig en ry soos wat jy normaal weg bestuur.
Jou "gut feeling" gaan vir jou sê hoe gemaklik jy ry, pas dus jou spoed daarvolgens aan. Pad reels is presies dieselfde met 'n wa as daar sonder. Jou karavaan is redelik kort so wyerdraai as normaal is seker 'n Halwe meter na 'n meter toe. Trust daai gut feeling maar oor die algemeen sou ek voorstel enige spoed groter as 110Km/h met enige groote karavaan stel jy jou gesin se lewe in gevaar.
Ek geniet gewoonlik die sleep net so veel soos die kamp self. Dus as ek van PTA na Warmbad toe sleep is dit net my vrou se ge moan wat my keer om Durban om te ry.
Gaan groot en geniet dit as iets nie reg gepak is of los is gaan jy dit binne die eerste 20km voel.
Jacobus alles in die begin is snaaks dan begin jy vergeet van die karavaan agter jou moet dan nie begin viniger ry nie gelukkig is die N1 na Klein Kariba redelik gelyk
Het jy jou EB lisensie gaan doen, of het jy hom outomaties gekry? Ek vra maarwant mense wat EB outomaties gekry het sal baat vind by n paar besturskool lesse met sleep...
Watter datums in des is julle by drakensville? Ons kamp daar van 19 tot 27 Des.
Ons staan op C2, C3 en C4 daar.
Nico ons kamp ook by Drakensville van 20 - 27 Desember.
Ons gaan moet n braai reel daar.
Jacobus nadat jy die wa gesluit het, sit die wa sleutel op 'n plek waar jy hom nie sal vergeet nie. Een van ons forum lede het sy sleutels verle, .
Sorry DK moes dit noem.
Jacobus nadat jy die wa gesluit het, sit die wa sleutel op 'n plek waar jy hom nie sal vergeet nie. Een van ons forum lede het sy sleutels verle, .
Sorry DK moes dit noem.
nee man, hoekom moet jy weer leerling gaanskryf.. ekt net addisioneel afspraak gemak vir toets, en my huidige rybewys kopue ingegee.. die toets het ek in Centurion gaan doen. EBwas vir my maklikeras gewone... met my gewone B wou die ou my kaat druip, hy het hard probeer, hyt my op als getoets, letterlik als, hy was maar ongelukkig toe ek slaag.. Met EB het ek omtrent geen punte verloor nie, die omie het my getoets en gese ag neewat, hy kan sien daars nie iets wat hy my gaan uitvang nie, ons ry toe net bietjie in Centurion rond.. jy behoortmaklikte slaag, hou net by die formele tegnieke..
Vat dit rustig, nie vinniger as so 105Km/h.
Kry die neus gewig reg. (so hoog as wat die sleephak kan vat of naby daaraan)
Probeer vroeg weg kom. Moenie in die donker daar aankom. (my eerste karavaan tent kon ek nie in die donker opgeslaan kry nie en moes die volgende oggend sien ek het dit onderste bo deur geryg)
Jy sal sien met verloop van tyd dat mens te weel rubbish saam vat. Met tyd verloop ry mens minder onnodige goed saam.
Goeiemore Johannes,
My Wa is 'n 1982 Gypsy en my sleepvoertuig 'n 2.7i Toyota. Hier is uit my ervaring die twee belangrikste dinge om na om te sien:
1. As jou Wa 'n opligdak het, maak nie saak hoe goed jy dink die knippe nog werk nie, sit vir jou twee rubberhakke binne-voor aan die dak. Ouer waens se dakhakke rattle los en dan vlieg daai dak oop... dit het nog nooit met my gebeur nie, maar ek het dit al gesien en dis nie 'n mooi gesig nie. Nou knip ek my dak vas, net voor waar die wind dit kan skep, ook met die rubberhakke en ek reis kommervry. Sien my foto wat ek netnou sal gaan neem en hier aanheg.
2. Daai verdommenis van 'n jokkiewiel kom altyd los! ...veral op ouer waens, want mens kan mos verstaan dat alles al bietjie verslete is. Jy draai hom lekker styf vas maar iets gebeur langs die pad, soos 'n hobbel in ie pad wat hom tref, die dip van die sypaadjie af op die teerpad voor jou huis as jy uittrek, die middelmannetjie op die vakansieoord se grondpad... en daai jokkiewiel kom los sonder dat jy dit eers weet en as jy anderkant aankom het die teer jou jokkiewiel opgvreet en jou jokkiewielstang gebuig. Nag! Dit het my al oorgekom. Nou gaan ek vir my 'n strap of 'n ding aansit, want net eergister weer toe ons die Wa op die plaas uit die stoor uithaal en met die plaaspad langs huistoe bring om voor te berei toe vang dit die middelmannetjie van die plaaspaadjie en jou wrintiewaar: daar kom die ding weer los. Ek weet nog nie hoe ek 'n veiligheidstrap gaan prakseer nie, maar van volgende Vrydag af wat ons weer met vakansie gaan, sal daai wieletjie 'n strap aanhe, wat, al kom die bout los, sal dit die wieletjie bo hou. Dalk kan iemand hier ons wys hoe om so 'n ding te prakseer.
En dan laastens: ry stadig en kyk om jou rond. Ek sien die ouens bevel 100 / 105 / 110 aan. Luister: jy betaal duur vir daai petrol: om te wil jaag na jou bestemming laat jou gespanne bestuur, jy sien niks om jou nie en jy mis die hele reis waarvoor jy so duur betaal. So, bring spoed af na op die meeste 80 en geniet dit. Ignoreer die ongeduldige ouens wat wil verbykom, trek af op die geelstreep. Ons gaan volgende week van Knysna af in die Breederiviervallei toer. Ek gaan eenvoudig nie vinniger ry as 70 / 80 nie. Dan eers sien mens die mooi om jou en toer jy. (En vir die ouens wat wil uitfreak oor hierdie raad: hoe op die aarde wil jy die Tuinrote toer, waar ons woon, teen 100kpu? - en mens sien eers die mooi as jy stadig ry.)
Skuus Jakobus lat ek jou Johannes noem:
So lyk hy los: met die dak opglig.