English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 299
Total Replies: 250 276
Total Views: 83 149 170
topics: 11 425
replies: 137 563
views: 39 288 734
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

EWIKS CARAVAN MOVER? U ondervinding of mening?

replies: 57
views: 6559
page 1 of 2
10 Aug 2016 @ 20:20:33 pm
Happydays
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 09 Jan 2015
Experience: 20 years
Goeie dag almal,
N "CARAVAN MOVER" sal ingestalleer moet word..... ons het nou genoeg moelas gespaar. ( hoop so) .My man kan weens die feit dat hy n kunsbeen het, nie die karavaan meer geskuif kry nie. Selfs om die Venter waentjie te skuif veroorsaak pyn en ongerief. Nou is die Ewiks aanbeveel deur n karavaan handelaar. Die tou is 7 meter lank. Is dit n goeie "mover"? Die Power touch is te groot. Ons het n Sprite Scout.

Ai. As daar dalk n paar voorstelle kan wees.....sal dit baie waardeer word. In hierdie ekonomie, op hierdie ouderdom kan mens nie meer "duur foute" (aankope) bekostig nie.
Ek verneem graag van julle
Ps. Ek het op n vorige draad gelees oor movers. Maar tegnologie verander deurentyd. Dalk het mense se ondervindinge al verbreedt.
Irene
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 20:44:05 pm
Anonymous

Ek gebruik myne redelik baie, skuif karavaan rond om skoon temaak en wiele drukvlakke ens te verander, EWIKS bly vir my n goeie keuse. Hy doen die ding.

 

Daar is pkekke wat hy wel nie op kan klim nie, waar ek maarmy lyf bet teen karavaan druken dithelp, maar vir gewone rondskuif werk hy goed genoeg, en ek is redelike moeilike mens oor produkte en werking ens

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 21:02:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17143
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Vriende van my het Ewiks...100% tevrede
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 21:36:35 pm
Karel
Platinum Member
77% Profile Strength
Posts: 357
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 45 years

Ek het ook die Ewiks aan my wa. Ek weet die PowrTouch is baie stil, maar vir die prys verskil sal ek weer die Ewiks installeer. Myne trek so effens skeef as ek die wa reguit wil laat loop, maar iewers het ek gelees jy kan net 'n dikker draad insit na die regterkant se mover. Die probleem is dat die regterkant omtrent 2 meter verder is met dieselfde dikte draad as die linker een. Ek is nie 'n kundige op die gebied nie, moontlik kan die kundiges ons hiermee help

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 21:42:51 pm
LouwL
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 31 Jul 2016
Experience: 8 years
Naand. Het self een laas week op my Classique geinstalleer. Op gelyke oppervlak werk die toestel uitstekend. Evens harde kop op opdraendes met ongelyke oppervlak.
Hier gaan ons al weer.....dis hoog tyd...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 22:00:39 pm
Anonymous

Ek het ook die Ewiks aan my wa. Ek weet die PowrTouch is baie stil, maar vir die prys verskil sal ek weer die Ewiks installeer. Myne trek so effens skeef as ek die wa reguit wil laat loop, maar iewers het ek gelees jy kan net 'n dikker draad insit na die regterkant se mover. Die probleem is dat die regterkant omtrent 2 meter verder is met dieselfde dikte draad as die linker een. Ek is nie 'n kundige op die gebied nie, moontlik kan die kundiges ons hiermee help

ekt diekabrl lengtes net dieselfde lengte genaak, en as jy ook nie albei kante 100% dieselfde afstand van senterpunt van wiele het nue, sal hy ook skeef trek, maar ekt hom nou naby genoeg, hy ry nou nie meer verder as 10m op n skag nie, en reguit genoeg na my sin

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2016 @ 22:06:24 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 392
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 15 years

Het een op Sprite Solar en is sover tevrede 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 06:09:01 am
Lewies
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 101
Joined: 22 Jul 2008
Experience: 18 years
Baie tevrede met my Ewiks mover. Het net die jockey wiel verander na 3 wieletjies omdat dit in sagte grond vas ploeg.Kan nie sonder die mover kamp nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 06:55:29 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

My man kan weens die feit dat hy n kunsbeen het, nie die karavaan meer geskuif kry nie. Selfs om die Venter waentjie te skuif veroorsaak pyn en ongerief

My hat off to you SIR!

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 07:06:57 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2206
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Het ook Ewiks en is baie tevrede. Myne is deur Ewiks self geinstalleer en die kabels van battery na motors is dieselfde lengte. Omdat my wa 'n entjie weg van my huis in dieselfde kompleks staan het hulle my battery en laaier so geinstalleer dat ek dit maklilk uit kan haal en by my huis laai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 12:24:55 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Het ook n' Ewiks mover op my Penta en heeltemaal tevrede. Deur Comet geinstalleer. Hulle instaleer n' koortloose remote. Dit is ter aanbeveele. Ek reverse haar in die garage in en staan dan agter sodat ek teen die lig die gapings weerskant kan sien. Ook by n' staan plek kan ek enige plek staan waar daar n' stamp gevaar kan wees. Die wired remote sal dit nie toelaat nie.

Ek het al gesien hoe van die ander movers, wat laer is, die sypaadjie stamp. Kyk uit vir die grond vry strek van die mover van jou keuse.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 12:36:05 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ek het 'n Ewiks op my Romany, en is 100% tevreede met hom. Hy sleep may wa by die huis teen 'n 1.5m by 5m helling op sonder baie moeite. Ok hy raas bietjie, maar dit is nie 'n trein smash nie, inteendeel, 'n paar keer het die klank mede kampers nader gebring en ons het lekker gesels en vriende geraak.  

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 15:00:50 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Vir die Scout is dit die regte keuse. Julle sal nie spyt wees nie. Pasop hy dalk met die karavaan "wheellie" Ha Ha Ha Ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 17:40:20 pm
Happydays
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 09 Jan 2015
Experience: 20 years
Dankie, baie dankie vir ieder en elkeen se inset. Dit word opreg waardeer.
Vir installasie het ons gereel met Comet karavane.

Hie, soos Leon se.....as julle nou so lekker agteroor sit, en n Scout sien "wheelie", kom se gerus hallo! Hie.....dis Happydays!.......
xxxi
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 18:12:48 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Wat is die koste deesdae om so n installasie op bv n Sprite Swing te doen wat nie n battery in het nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 18:33:58 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 39 years
Ekl het die Ewiks op my Sprite Splash en is baie tevrede. Soos alreeds genoem, hulle werk harder as die ander duur tipes, maar is reg vir my.

Ook by Comet geinstaller met 'n remote beheer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 19:53:29 pm
Anonymous

Myne ook by Comet laat insit met koordlose beheer. Dit was, volgens my, die beste belleging op my Penta.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 21:02:27 pm
Tommie Scheepers
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 56
Joined: 10 May 2016
Experience: 44 years
Ek sal nie my Powr Touch vir enigiets verruil nie. Ek verstaan met die Ewiks kan jy nie rondomtalie draai nie (linkerwiel vorentoe en regterwiel agtertoe) Draai op een tolletjie.
You don't love a Woman because she is beautiful;
She is beautiful because you love her.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 21:07:05 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 392
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 15 years

Wat is die koste deesdae om so n installasie op bv n Sprite Swing te doen wat nie n battery in het nie.

Sien jy is van Natal hier is hulle besonderhede  

EWIK ENTERPRISES.

 

7 Wedge Road,

Westville,

3630

 

Office: 031 266 26 08

Sales: 082 487 49 50

Email: erikw51@telkomsa.net

Email: info@ewiks.co.za 

 

DIY units starting from R 10 000.  Excluding delivery, battery and charger. Recommend fitment prices from R 11 500 ( In Durban )

Ek het die begin van die jaar as ek nou reg onthou so 13,000 vir myne betaal Willie van Centurion het hom by my huis kom opsit as ek reg het is dit ongeveer 2,000 meer as hulle n battery moet in sit maar is nie seker nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 21:13:46 pm
JNS
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 289
Joined: 26 Sep 2014
Experience: 32 years

Ek sal nie my Powr Touch vir enigiets verruil nie. Ek verstaan met die Ewiks kan jy nie rondomtalie draai nie (linkerwiel vorentoe en regterwiel agtertoe) Draai op een tolletjie.

Ek het op al 4 wiele van my Elegance en kan op een plek draai. Vorentoe en agtertoe werk al 4 en ek het dit teen redelike skuins gras gebruik en nie gegly nie. As jy draai kies jy watter wiele jy wil hê moet beweeg.

Professional Pensioner
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2016 @ 21:18:08 pm
LouwL
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 31 Jul 2016
Experience: 8 years
Ek stem saam met JNS. Ek het die naweek my Classique op n tiekie gedraai...
Hier gaan ons al weer.....dis hoog tyd...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2016 @ 09:47:40 am
Karel
Platinum Member
77% Profile Strength
Posts: 357
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 45 years

Ek sal nie my Powr Touch vir enigiets verruil nie. Ek verstaan met die Ewiks kan jy nie rondomtalie draai nie (linkerwiel vorentoe en regterwiel agtertoe) Draai op een tolletjie.

Tommie, die PowrTouch is net stiller as die Ewiks, maar die Ewiks is baie meer robuust as die PowrTouch. 'n Vriend van my het 'n Exclusive met die PowrTouch en hy kan glad nie op 'n tiekie draai nie. Iemand anders het dit op 'n Classic, hy kan wel op 'n tiekie draai, maar boeta, moet nie jou remote verlê nie. Jy betaal !!!!!.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2016 @ 10:48:44 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Karel, uit die aard van die saak kan 'n Exclusive met sy vier wiele nie op 'n tiekie draai nie  -  selfs nie met 'n hele span "body builders" nie ! Met die kennis wat ek hier op die forum opgedoen het, is die Ewiks baie billik geprys en 'n betroubare produk. Maar by 'n vier-wiel karavaan vereis die Ewiks 4 motors wat dan sy prys gelyk maak aan die PowrToucg wat net twee motors benodig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2016 @ 12:51:01 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9545
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Ek sal nie my Powr Touch vir enigiets verruil nie. Ek verstaan met die Ewiks kan jy nie rondomtalie draai nie (linkerwiel vorentoe en regterwiel agtertoe) Draai op een tolletjie.


Kom kyk hoe draai ek my wa met n Ewiks.

Bel vir Willie in Centurion. Hy kom doen dit by jou huis, neem so drie ure.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2016 @ 13:18:00 pm
Anonymous

Ek sal nie my Powr Touch vir enigiets verruil nie. Ek verstaan met die Ewiks kan jy nie rondomtalie draai nie (linkerwiel vorentoe en regterwiel agtertoe) Draai op een tolletjie.
elkemotor kan individueel saam of apart in enige rigting draai met die ewiks... ek haak hom dan by kamp af, draai hom net so om 180grade en ry neus eerste in. jy swaai hom baie lekker in die rondte met n Ewiks..nee, hy is nie perfek nie, maar hy doen die werk wat ek vir hom het goed genoeg..

Voordeel vir my is as iets ooit breek, is enige van die parte eintlik maklik beskikbaar, maar hy is so eenvoudig gemaak, ek moet nog sien wat breek

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2016 @ 17:21:43 pm
Happydays
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 09 Jan 2015
Experience: 20 years
Goeie dag almal...
Het gister (Saterdag) die Ewiks laat insit. Hierdie mover is so n perfekte pas. Sterk genoeg hoor! Dankie vir almal se raad en leiding.
Nou gaan ons kamp met n lied in die hart.
Xxxi
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 09:44:56 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Frik/Irene

Geniet dit, dit maak die skuif net maklikker.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 18:41:25 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Ai ek begeer ook so iets. Die prys sorg maar dat ons uit die prentjie bly en ek en Susan moet maar menskrag gebruik. Pensionarisse kry ongelukkig nie meer bonusse nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 22:38:44 pm
Anonymous

Oorspronklik was dit virmy baiemoeilik om koste te regverdig, maar erens het ek oor daai setup gedink, as ek die wa koop, moet hy dak kry, en as ek dak het, moet hy onder dak jan kom, en ek kan nie fleetline rondstoot soos n expo nie... het maar oe toegeknyp, erf met pkaveisel gepak, groot dak opgesit, hek geinstalleer, en daar kan voertuig hom nie instoot nie, mover was enigste opsie, en as jy hom eers het, dan gaan jy hom gebruik... selfs by kamp het ons soms net gestop waar jy kan inkom met kar, nou het n nuwe stryery ontstaan, want nou kan wa mos ENIGE plek bykom!! 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 08:26:52 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Net so Brommer, toe ons ons Gypsey Raven verkoop het ons besluit om grooter te gaan, en sienende dat ons klaar gesukkel het met die instoot van die kleiner en baia ligter Gypsey, was n' mover die enigste opsie. My woonwa garage is reg hoekig met die drive way en dit is nog bo en op opdraant. Dit was vir my altyd n' stryd (pla my al vir kilomeeters voor tuiskoms) om die kleiner/ligter Gypsey in te stoot. Ek soek toe n' nuwerige Penta met n' mover. Indien nie sou ek een onmiddelik instaleer. Na 8 maande se gesoek kry ons een, met alles in, vir n' gooie prys.

Waneer ons tuis kom parkeer ek dood gewoon ons  Penta in die drive way. Dan met die mover reverse ek haar in die garage in sonder om aan haar te raak. Die haak process is net so eenvoudig. Ek ry die woonwa tot by die sleepvoertuig se ball en laat sak eenvoudig net bo op die ball. Die eerste keer wat enigiemand aan die woonwa raak is om die haak lever op te trek en die jockey wiel te laat sak. Dit is ongelooflik maklik en ter sterkste aanbeveel. Knyp jou oge toe vir die prys en doen dit....jy sal nooit spyt wees nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2016 @ 09:41:27 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9545
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Movers bly maar net n plesier, tot die Girl is gelukkig, want nou stoot ons nie meer die wa nie, hehehehehe
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2016 @ 14:20:20 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1305
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Chuck, hoe het jy Willie se werk gevind. Ek sien jy beveel hom aan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 06:04:48 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Willie het ook my moovers aangesit, sy werk is goed, ek beveel hom ook aan.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 06:15:26 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1305
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Dankie Fred.

Hy kom Maandag installasie doen by my. Sy prys is ook heelwat beter as ander installeerders en nog n positief is dat hy dit by my huis kom doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 06:56:26 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Omdat ek in Rustenburg bly, moes ek maar na sy plek toe gaan. Jy gaan nie spyt wees nie. Kyk net dat die draade van batery na motor op elke wiel die selvde lengte is, anders trek die een motor meer/sterker as die ander een. (dit is by my die geval, my wa draai self in die rigting van die verste wiel wat die langste kabel het)

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 13:04:06 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1305
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Fred, baie dankie ek gaan kyk dat hulle ewe lank is. Sien nogal uit daarna. Gaan saterdag die Fleetline haal by Loftus Maandag movers en volgende naweek hopelik daar naby jou kamp. (Buffelspoort)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 13:33:20 pm
Anonymous

Buiten dit als dink ek dis goed om ons eie mense so ver moontlik te ondersteun as om geld in buitelanders se sakke te steek..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 14:47:30 pm
Anonymous

Fred, baie dankie ek gaan kyk dat hulle ewe lank is. Sien nogal uit daarna. Gaan saterdag die Fleetline haal by Loftus Maandag movers en volgende naweek hopelik daar naby jou kamp. (Buffelspoort)

Chris, ek was verlede week (midweek) by BP, man dit bly maar een van ons gunsteling oorde, julle moet dit genuet.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 21:02:15 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1305
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Johann, is ook een van ons gunstelinge. So midweek is die beste daar. Was so 3mnde gelede daar vir midweek. Lekker gekuier. Glo ons gaan dit geniet, dankie.

Frik jammer vir die roof van jou draad.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2016 @ 20:57:25 pm
Chris Steffen
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 206
Joined: 03 May 2011
Experience: 53 years
On Saturday I installed an Ewiks mover on my Gypsey 4B. A definite DIY job if you are reasonably good with your hands. What a pleasure it is to use. I have a very awkward parking place at home and it was a breeze to get it in with precise movements slow enough to ensure accuracy.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2016 @ 10:14:20 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Enjoy Chris. It is pure pleasure to park your van with a mover.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2016 @ 19:26:47 pm
Happydays
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 09 Jan 2015
Experience: 20 years
Hi Chris. Ons is ook baie tevrede. Was die naweek in Skukuza. Het die lekkerste plekkie gekry om te parkeer. Sonder die mover, sou ons n minder aangename staanplek moes neem. Elke sent werd!
Enjoy!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2016 @ 07:59:34 am
Anonymous

Best investment ever made, second only to getting a caravanlaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2016 @ 13:36:19 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9545
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Goed om te hoor julle het Willie ondersteun met die movers, goe werk en diens.
Sal sien watse plesier hulle verskaf.
Lekker kamp.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 13:01:33 pm
Hendrik
New Member
96% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 15 Sep 2013
Experience: 20 years
Hello Almal

Het ook onlangs met Willie gesels oor die EWiks movers.
Het nou maar besluit om die groot stap te neem.... Sal hom volgende week bel om te reel vir die installasie by die huis.

Sukkel bietjie om die Penta by die hek in te kry, daar is onmtrent so 15cm spasie aan elke kant waar ek moet terug stoot met die bakkie. Hopelik gaan dit in die toekoms makliker gaan.

Dankie vir al die positiewe terugvoer, dit maak besluite soos hierdie makliker.
Andre Warnich
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 13:42:58 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9545
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Hello Almal

Het ook onlangs met Willie gesels oor die EWiks movers.
Het nou maar besluit om die groot stap te neem.... Sal hom volgende week bel om te reel vir die installasie by die huis.

Sukkel bietjie om die Penta by die hek in te kry, daar is onmtrent so 15cm spasie aan elke kant waar ek moet terug stoot met die bakkie. Hopelik gaan dit in die toekoms makliker gaan.

Dankie vir al die positiewe terugvoer, dit maak besluite soos hierdie makliker.


Wekom op die forum.

Willie lewer goeie werk en sal jy die plesier met die movers beleef.

Kom kyk die spasie wat ek langs die kante het waar ek hom indruk.
Kom maak n draai jy is naby my, 08twee vyf vyf3 sewe 8vier vier

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 12:26:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17143
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het vanoggend nog lekker met ander forum lede gesels op n ander draad wat gehandel het oor movers, maar vind hom nie meer nie. Het daar iets gebeur dat hy weg is, want laaste wat ek nog geloer het, was dit vrede....manne lekker saam gesels. Of kyk ek dit nou mis?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 07:14:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17143
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het vanoggend nog lekker met ander forum lede gesels op n ander draad wat gehandel het oor movers, maar vind hom nie meer nie. Het daar iets gebeur dat hy weg is, want laaste wat ek nog geloer het, was dit vrede....manne lekker saam gesels. Of kyk ek dit nou mis?

Daar sou seker geldige redes gewees het, maar dis jammer as mens moeite doen om n ordentlike lang terugvoering te skryf oor jou ervaring wat vir ander miskien van waarde mag wees....en die draad net verdwyn. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 07:56:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek dink hy is seker hier iewers.

Was dit nie Conraad se naam en Ewiks Movers nie.  Dalk gesien as advertensie.

Sal ook kyk of ek daai draad nog kry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 16:16:52 pm
Nacraza
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 04 Apr 2014
Experience: 50 years

I had an EWIKS mover to my previous van and my present Jurgens Fleetline. Both done by Leisureland in Belleville when I bought the vans.

Unfortunately, they wired the battery directly to the existing 12v supply side of the 240v supply box. This resulted in my battery being cooked (this is a 12v supply, NOT a battery charger); so had to disconnect the battery myself and add a fuse box.

Make sure your mover battery is not connected like this

Sean

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 11:09:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

I had an EWIKS mover to my previous van and my present Jurgens Fleetline. Both done by Leisureland in Belleville when I bought the vans.

Unfortunately, they wired the battery directly to the existing 12v supply side of the 240v supply box. This resulted in my battery being cooked (this is a 12v supply, NOT a battery charger); so had to disconnect the battery myself and add a fuse box.

Make sure your mover battery is not connected like this

Sean

Sean you said you added a fuse box.

Apart from a fuse box, I suspect that you added a proper battery charger as well.

My thinking is that a fuse box on its own will not prevent the battery from being over charged again.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za