
22 Aug 2014 @ 21:45:12 pm
Ertjies kan dikwels redelik vervelig wees. Ons het een aand by 'n informele klub 'n heerlike goedkoop ete geniet: T-bone, gebraaide aartappels, soet pampoen en baie lekker ertjies. Die kok loop later die aand gemoedelik daar tussen ons rond en ek vra hom toe of hy sal omgee om te vertel hoe hy die ertjies voorberei het. Hy was heel gewillig. Jy het net 4 bestanddele nodig:
1 Opgehoopte eetlepel botter
1 Koppie uie in klein blokkies gesny
4 Koppies gevriesde ertjies (nie vooraf ontdooi)
3 Teelepels 'Chicken stock powder' (Verkieslik Ina Paarman)
Verhit die botter in 'n pot wat nie maklik aanbrand nie en braai tot dit net wil bruin word. Voeg die gevriesde ertjies by. Verlaag die hitte, laat dit saam warm word en verwyder van die hitte. Laat staan eenkant, met deksel op, sodat ertjies kan begin ontdooi en vloeistof vorm. Voeg die stock powder by en kook oor stadige hitte. Probeer om nie vloeistof by te voeg nie. Sodra die die ertjies sag genoeg is, volgens smaak, en dit drooggekook is, is dit reg om te eet.
Freda