English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 532
Total Replies: 252 829
Total Views: 83 250 549
topics: 11 578
replies: 139 239
views: 39 343 550
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Duiwe onder afdakke

replies: 31
views: 538
27 Mar 2020 @ 05:46:37 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Kan iemand my raad gee hoe kan ek die tuinduiwe wat onder die afdak skuil en karavaan bemors, weg hou. ek het al ou CD's gehang by die kant van afdak wat oop is maar dis net 'n rukkie dan is die duiwe terug. Net die eenkant van afdak is oop. ek wil nie graag afdak reg rondom toebou nie (dalk my enigste opsie).

ek sien baie geboue het sulke roterende driehoekige reflectors op. Werk dit en waar kan ek dit bekom?

Enige ander idees wat kan werk sal waardeer word.

Sterkte by jul huise tydens die lock down tyd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 07:46:43 am
AltydKampTyd
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 16 Oct 2016
Experience: 28 years

Kyk bietjie by www.birdspikes.biz

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 07:58:57 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Ek het van hierdie plastiek heining wat mens by hardeware plekke kry oral op gesit waar die bosduiwe (skies Kransduiwe) uithang. Dink nie dit sal werk om Bv. `n wa onder `n afdak af te kamp nie, maar vir kleiner plekkies waar hulle inkruip werk dit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 08:41:37 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1304
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Jan - ek kan nie daarvoor instaan dat dit absolute feite is nie, maar ek het verneem dat daardie "reflectors" ook net vir 'n tydjie werk.

Ek het 'n afdakkie voor my agterdeur laat bou om die reën in die winter van die deur af te hou. Enkele jare later het ons 'n houtdek bo-oor die afdak laat oprig. Die kransduiwe (ek het hulle ook maar leer ken as bosduiwe) het dadelik gesien dat dit die ideale plek is om bo-op die afdakkie te kom broei. Aanvanklik as ons nogal heel opgewonde daaroor. Maar watter gemors!! My vrou noem hulle sommer dakduiwe/

Ek het enigiets probeer om hulle daar weg te hou - o.a. ook CD's opgehang. Wat uiteindelik gewerk is is vislyn tussen die onderkant van die houtdek en die afdak. Dit was nogal 'n hengse werk om dit op te sit, maar dit werk. Die vislyn is sowat 3 cm uitmekaar gespan. 

Maar as jy 'n hele oop sykant het waardeur die duiwe met gemak kom, is die oplossing dalk om net die boonste derde tot 'n helfte toe te maak. My seun se Penta staan hier by my huis. Hy't 'n skadunet-afdak laat oprig teen my huis. Die een kant is dus soliede muur en die agter- en een sykant het skadunet-bedekking vir ongeveer die boonste derde. Die voorkant se skuifhek is heeltemal oorgetrek met skadunet om die karavaan van die straat af te verberg. Ons het geen probleem met dakduiwe wat daar inkom nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 08:52:57 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daai roterende driehoeke op geboue is vrek duur....maar het op die ou einde dieselfde effek as wat jy met die CDs probeer het. Ek het al gesien dat sekere instalasies by sekere plekke werk en by ander weer nie....al gesien waar duiwe lekker nes maak bo op daai plastic spikes. Miskien sal dit help as jy foto plaas waar hulle nes maak....makliker om dan raad te gee. Die Spar sentrum hier by ons het van daai plastic spikes gebruik waar duiwe bo op nes gemaak het. Hulle het dit nou vervang met klomp vislyne wat hulle horisontaal bo die probleem areas span. As duif nou inkom is daar klomp dwarsdrade wat dit ongemaklik maak om by sy area uit te kom waar hy nes wil maak. Hierdie drade het hul reeds laasjaar geinstalleer en lyk of dit goeie resultate sover lewer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 09:00:37 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Jan - ek kan nie daarvoor instaan dat dit absolute feite is nie, maar ek het verneem dat daardie "reflectors" ook net vir 'n tydjie werk.

Ek het 'n afdakkie voor my agterdeur laat bou om die reën in die winter van die deur af te hou. Enkele jare later het ons 'n houtdek bo-oor die afdak laat oprig. Die kransduiwe (ek het hulle ook maar leer ken as bosduiwe) het dadelik gesien dat dit die ideale plek is om bo-op die afdakkie te kom broei. Aanvanklik as ons nogal heel opgewonde daaroor. Maar watter gemors!! My vrou noem hulle sommer dakduiwe/

Ek het enigiets probeer om hulle daar weg te hou - o.a. ook CD's opgehang. Wat uiteindelik gewerk is is vislyn tussen die onderkant van die houtdek en die afdak. Dit was nogal 'n hengse werk om dit op te sit, maar dit werk. Die vislyn is sowat 3 cm uitmekaar gespan. 

Maar as jy 'n hele oop sykant het waardeur die duiwe met gemak kom, is die oplossing dalk om net die boonste derde tot 'n helfte toe te maak. My seun se Penta staan hier by my huis. Hy't 'n skadunet-afdak laat oprig teen my huis. Die een kant is dus soliede muur en die agter- en een sykant het skadunet-bedekking vir ongeveer die boonste derde. Die voorkant se skuifhek is heeltemal oorgetrek met skadunet om die karavaan van die straat af te verberg. Ons het geen probleem met dakduiwe wat daar inkom nie.

Daai roterende driehoeke op geboue is vrek duur....maar het op die ou einde dieselfde effek as wat jy met die CDs probeer het. Ek het al gesien dat sekere instalasies by sekere plekke werk en by ander weer nie....al gesien waar duiwe lekker nes maak bo op daai plastic spikes. Miskien sal dit help as jy foto plaas waar hulle nes maak....makliker om dan raad te gee. Die Spar sentrum hier by ons het van daai plastic spikes gebruik waar duiwe bo op nes gemaak het. Hulle het dit nou vervang met klomp vislyne wat hulle horisontaal bo die probleem areas span. As duif nou inkom is daar klomp dwarsdrade wat dit ongemaklik maak om by sy area uit te kom waar hy nes wil maak. Hierdie drade het hul reeds laasjaar geinstalleer en lyk of dit goeie resultate sover lewer

Skuus Chris....lyk my ek het getik toe jy gepost het...selfde idee

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 11:18:43 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Jan. Kyk bietjie of jy nie onwetend hulle voer nie.  Hondekos is veral iets wat hulle trek as ook drink water

As hulle nie kos het en die omgewing is nie veilig gaan hulle trek

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 11:52:20 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Het ook die probleem by 'n klein afdakkie by die vorige huis gehad.

Sodra ons hulle gehoor het op die dak het ek hulle met 'n lang verestowwer skrik gemaak. Kyk, as hulle daai swart vere sien dan laat waai hulle. Binne 'n paar dae het hulle nie weer teruggekom nie.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 12:24:50 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1830
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Ons het in die verlede baie sukses gehad met die span van vislyn. Hy kan nie daarop staan nie en dit is in sy pad as hy op die balk wil gaan staan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 12:37:57 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het nie regtig raat met die duiwe nie, maar net 'n stukkie inligting:  Volgens Roberts is die kransduif en bosduif twee verskillendes hoewel hulle nogal baie na mekaar lyk.  Die kransduif het 'n rooi verekol om die oog, 'n rooi bek en rooi pote  terwyl die bosduif 'n soortgelyke eienskappe het maar dis net geel.  (nou weet ek ook!)   Ons het op 'n stadium baie duiwe gehad wat ons honde se kos kom vreet het- dit was groot ringnekduiwe- en hulle sluk gemaklik die korrels heel in.  Toe ons die hondekos buite hulle bereik geplaas het, het hulle verdwyn, so dit is waarskynlik die maklikste oplossing soos hierbo genoem, maar dan moet die bure ook saamwerk.

Hoe verfrissend om van iets anders as die virus te lees en te praat!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 13:03:38 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1304
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Fred - Inderwaarheid praat ons van die kransduif. Maar in sekere areas (waar ek ook gegroot het) het ons verkeerdelik van kransduiwe gepraat as bosduiwe. My neefs op Hermanus, het korrek gepraat van 'kransduif' en ek het hulle opgestry dat dit 'n bosduif is. Ek was verkeerd.

Die geelbekbosduif kom ook by ons voor, maar is baie minder algemeen. Kransduiwe is amper 'n verpesting en berug daarvoor dat hulle geboue liederlik kan vermors.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 13:18:35 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dankie Chris.  Ek het maar die duiwe gesien en nog nie vantevore probeer vasstel wat hulle werklik is nie- nou weet ek darem. So leert men!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 18:44:16 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

My oorlede skoonpa het vir my vertel  dat kransduiwe met weeluise  besmet is , hoe waar dit is weet ek nie maar dit lyk my die kransduiwe het van die kranse vergeet en verkies mensgemaakte strukture wat gerieflik en maklik bereikbaar is.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 19:47:30 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1304
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Dalk luise, maar ek glo nie dat weeluise op 'n voël kan "nesmaak" nie. Dit is teenstrydig met weeluise se natuurlike wyse van voorkoms. Hulle hou van donker hoekies en kom gewoonlik slegs snags te voorskyn. En hulle is nogal groot om op 'n voël "nes te maak".

Dit is bekend dat die Europese spreeus, wat danksy Cecil John Rhodes 'n verpesting in die Wes-Kaap is, 'n groot bron van voëlluise is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 07:08:29 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

More Julle, hoop dit gaan goed.

baie dankie vir julle geselsie en al die handige raad.

ek gaan beslis die afdak toemaak met daai plastiese heining. ek het daarvan. as ek die duiwe dophou of verjaag sien ek hulle vlieg hoog, net onder die dak oppervlakte in en uit. hulle hou nie van laagvlieg nie. die heining sal hulle keer.

lekker dag en sterkte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 08:52:57 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1219
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Windbuks werk uitstekend goed!! ..... Die dem kransduiwe is baie geneig om nes te maak in die kompleks se braai-skoorstene, wat 'n hengse gemors veroorsaak vir diegene wat nie dikwels braai nie!! En daardie gekurr-kurr is steurend. Gelukkig is daar baie van die gewone lemoenduifies hier rond wat pragtige "lê 'n bietjie soentoe," kan sing!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 09:06:12 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1304
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

My kliënte is hoofsaaklik landbou-koöperasies - hulle saad-afdelings. Uit die aard van die saak is daar by sulke plekke groot hoeveelhede kos beskikbaar vir saadvreter-voëls, waaronder kransduiwe. Laasgenoemde bereik werklik plaagstatus by sulke plekke. Van dié landbou-besighede het nie 'n ander keuse as om hulle getalle in toom te hou nie a.g.v. die feit dat hulle ook met graanvoedsel-produkte werk. En die kransduiwe skep onhigiëniese toestande in hulle verwerkings-aanlegte. Een van die koöperasies kry gereeld iemand om die kransduiwe te skiet met 'n uiters moderne windbuks. Van die werkers kry darem voordeel daaruit deurdat hulle gewoonlik 'n stukkie vleis vir daardie aand het.

Soos ek nou hier it en tik sit daar 6 kransduiwe oorkant die straat op my buurman se inrit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 09:26:28 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1219
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Ja, dis wettig om die verpesting uit te roei. By die Unie-gebou in Pretoria is daar 2 amptelike "Duiwe Skieters" in diens (ek het eenkeer aansoek gedoen vir die werk - net na my aftrede - maar was onsuksesvol weens die feit dat ek elke dag Pretoria toe sou moes ry). Dit is ook wettig om die Indiese Minahs te skiet - so mee gedeel deur die SAPD.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 10:00:52 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Nico, ek glo nie dis wettig om met 'n windbuks in beboude gebiede te skiet nie, wat ookal die teiken.  Dis in elkgeval gevaarlik want jy bly naby jou bure en as die duif op die dak of in 'n boom sit as jy na hom mik, tref jy dalk jou bure. 'n windbukskoël kan 'n oog uitskiet.   En jy kan seker wees as jy begin skiet, sal van die bure by die polisie gaan kla.  Ek sou nie veilig voel as my buurman onder die duiwe begin skiet nie.  Dit is duidelik dat ons self die probleem skep deur die duiwe te voer, so die oplossing is moenie hulle voer nie.  Ek glo die mense wat duiwe by die Uniegeboue of graansilos skiet, het permitte daarvoor.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 11:23:23 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

My tuin is vol voëls en duiwe want ek voer hulle.

Moet nie dat ek jou sien jy skiet voëls in die Dorp nie.

As jy iets skiet of dood wat wild aan betref hoop ek jy het n behoefte daarvoor en dat jy dit gaan voorberei omte eet.

Dis hulle natuur huis en moet nie hulle gebied indring nie.

Los die voëls.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 11:43:17 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wees bly oor daardie duiwe, Lok nog meer. 

n Blessing in disguise. Dink mooi daar oor.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 12:29:51 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek is aangenaam verras om te sien daar is ook ander lede op die Forum wat die bietjie natuur in hulle tuine waardeer en geniet. Ons het self 'n tuin vol voëls en ons voer die frette- nie genoeg om hulle afhanklik te maak nie, maar genoeg om hulle daagliks voor ons kombuisvenster te sien.  Rondloperkatte wat hier was, en gereeld die duiwe gevang het, is nou gelukkig weg, ons spuit geen gif nie en ons voëls en akkedisse vermeerder omdat hulle veilig is.  As daar ook dalk slange is, is hulle ook baie welkom- dar is niks wat hulle kan bedreig of wat deur hulle bedreig kan word nie.  Daar is Minahs in ons stad maar om een of ander rede het hulle nog nie in ons tuin geland nie, waaroor ek baie dankbaar is.  Hulle is, netsoos katte, peste en verjaag die inheemse voëls. Ek is nie 'n jagter n ie, maar my siening is soos Chuck Norris s'n.  Ek het niks teen jag nie mits dit vir die voedsel is en nie om 'n moordlus te bevredig nie.  As ek met my siening op tone trap, dan is dit maar so en ek vra nie daaroor om verskoning nie.

Ek verstaan nietemin Jan se probleem maar soos gesê dink ek daar is oplossings wat nie die natuur en die duiwe in besonder, bedreig nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 14:59:08 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Jan. Hier onder is n plan. Moet dit nie onderskat, n delicacy of note.

. Hot Fried Doves What you need:  12 whole doves, plucked and gutted 1 cup buttermilk 2 cups all-purpose flour 3 tablespoons unsalted butter 4 tablespoons honey 4 garlic cloves, finely chopped 3 tablespoons hot sauce 4 thinly slice jalapenos 1/4 cup fresh herb leaves, such as parsley or marjoram kosher salt and freshly ground black pepper vegetable oil or lard, for frying What to do:  Halve the birds, effectively removing the breastbone. Soak the halves in buttermilk for 6 to 12 hours in the refrigerator. Remove the birds from the buttermilk, season well with salt and pepper, and dip in flour. Shake off the excess flour and refrigerate them for at least half an hour. Heat a few inches of oil to 375 degrees in a fryer or large pot. Melt the butter, then combine it with honey, garlic and hot sauce in a large bowl. Fry the birds in batches until golden brown and crisp, approximately 3 or 4 minutes. Drain on a paper towels. Toss the fried birds with the melted butter mixture, add the jalapeños and herbs. Serve immediately.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 20:47:10 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

By my ouers kom sit die kapok Haan op my Ma se skoot, en volg haar orals buite.

Die duiwe kom sit op die kombuis tafel.

Ek het twee Indian mynahs en loop hulle vry rond in die huis.

Die oudste een word 2jr en praat alles. Nog nie n voël gesien wat do slim en intelligent is nie. Hou hulle bietjie DoP.

Die jonge is nou 3mde en het uit n Valk se bel geval, wat sy boet of dis in sy kloue gehad het en met hom weg is. 

Kobus is vir my so lief dat ek hom gered het. Hy probeer nou praat.

Ons is maar natuur liefhebbers en groot jagters wat net vir die pot skiet.

John.......

Het baie duiwe sop in n pot gemaak.

My Pa het net gesê dit wat jy skiet die eet jy, klaar.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 12:09:27 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Plak 4cmx 4cm spieeltjies aan 'n stukkie vis lyn vas.

Hang so drie stringe aan die kant van afdak waar son deur die dag op hul val. Werk beter as die cd's. Moet darem so drie tot vier stringe spieeltjies he

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2020 @ 09:14:28 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1219
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Ons voer ook ons voëls - vinkies, kraal ogies ens. is graag in ons tuin. Lemoenduifies, tortelduifies is baie. Die dem kransduiwe is die probleem - soos genoem is hulle 'n verpesting, en ons (2 skutters) skiet die goed (ek kan goed mik - en die inwoners verwelkom die verjaging). Ek wil die goed eet maar Vroulief wil niks hoor nie - skenk die lyke dus aan die werkers!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2020 @ 09:36:36 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Windbuks werk uitstekend goed!! ..... Die dem kransduiwe is baie geneig om nes te maak in die kompleks se braai-skoorstene, wat 'n hengse gemors veroorsaak vir diegene wat nie dikwels braai nie!! En daardie gekurr-kurr is steurend. Gelukkig is daar baie van die gewone lemoenduifies hier rond wat pragtige "lê 'n bietjie soentoe," kan sing!!

Die problem met `n winbuks is dat jy raak moet skiet en dat die duiwe baie vinnig baie slim raak en jy nie naby hulle gaan kom met `n windbuks. Ek sou ook nie in `n dorps situasie dit oorweeg nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2020 @ 09:48:20 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Wat by ons amper meer `n nuisance van hulle self maak as duiwe is hadidas.

Hulle sal vinnig`n vis pick (of 10) uit die vis dam.

Hulle eet ook vinniger as die honde aan die pellets.

Dan laat my dink aan sommige kampeerders as hulle vroeg in die oggend en skemer arriveer. 

Natuurlike wil mens ook nie in een van hulle spons dorings trap nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2020 @ 10:18:40 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het op 'n dorp grootgeword.  Daar was destyds net enkele mossies, lagduifies en kwikkies op die dorp en elke tweede seuntjie het met 'n windbuks rondgeloop en die voëls geskiet.  Ek het nie 'n windbuks gehad nie maar wel 'n kettie waarmee ek NIE voëls geskiet het nie.  Ek het op 'n stadium drie duiwe onder 'n wip gevang, hulle nekke omgedraai en my ma, wat op 'n plaas grootgeword het, gevra om hulle vir my en my boetie gaar te maak.  Sy het hulle in die oond gebraai maar toe ek die duifies so sien, het ek baie spyt gekry en kon hulle nie eet nie.  Die episode was geïnspireer deur verhale in die destydse Patrys kindertydskrif.  Sederdien het ek nie weer enige dier doodgemaak nie. 

Waar ons nou woon, het ons 'n tuin vol voëls, ook hadidas, en dit is vir my net een groot plesier.  Ons leef in harmonie met die natuur en die natuur beloon ons mildelik.  Net gister het ons weer 'n paradys vliëvanger en vir die eerste keer 'n lieflike swartgesig sysie gesien.  Ons stede en dorpe is deesdae vol voëls wat dink ek, darem iets sê van ons algemene verhouding met die natuur. Dis 'n voorreg om 'n bietjie van die natuur so naby ons te hê.  Ek haat so terloops die idee van voëls in 'n hok aanhou.  Dis bloot wreed.  Dit mag plesier gee vir die eienaar, maar dis 'n tronk vir die arme voëls wat eerder vry wil wees en 'n kans wil vat om natuurlik te oorleef.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2020 @ 10:20:30 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1219
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Voëls in hokke ..... ons het ook diesulkes gehad: Porsche, my geliefde Kokkatiel, Ghia, ons groen ringnek papegaai, Mini en Cooper, ons twee vinkies .... ai, te pragtig! Tot my swaer eendag 'n hartseer kommentaar gee: "Net omdat hulle so mooi is moet hulle in hokke bly"

Na elk van die bogenoemdes oorlede is, het ons nooit weer voëls aangehou nie!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Apr 2020 @ 12:49:14 pm
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 428
Joined: 28 Feb 2018

Can recall from a visit o Germany, the statues are covered with "chicken wire" or stico as Americans refere to 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2020 @ 19:49:33 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 882
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ek gaan daai vislyn ding ook probeer......

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za