Daar is twee geweldig lang karavane by Lientjiesklip waar ons nou staan. Ek kyk hulle so en dink so by myself die goed is darem baie lomp en ek sal nie graag sulke waens wil sleep nie- selfs nie met 'n groot bakkie nie. My gevoel is oor die twee asse wat in die middel van die wa is- dis mos 'n resep vir onstabiliteit. Toe wonder ek waarom, as jy reeds twee asse gebruik, jy dit nie soos by ander voertuie, dit voor en agter plaas nie. Kan jy jou voorstel dat 'n vrag-sleepwa so 'n uitleg sal hê. Met die vaardigheid van swaar vragmotorbestuurders sal jy oral sleepwaens sien wat gerol het. Ek besef so 'n konfigurasie vir 'n karavaan is heeltemal onkonvensioneel en hy sal nie so elegant lyk as waaraan ons gewoond is nie, maar ek dink daaraan kan ook gewoondgeraak word, veral as hy homself baie beter agter die sleepvoertuig gedra. Stabiliseerders sal iets van die verlede wees. Daar sal natuurlik veranderinge gedoen word onder andere met die voorwiele wat sal moet krink, maar dit hoef nie 'n aanmekaar-as soos 'n ossewa te hê wat om 'n senterpunt krink nie, eerder 'n opset soos 'n kar of bakkie se voor-as. 'n Nadeel sal wees dat hy nie so maklik rondgeswaai sal kan word- met movers of met die sleepvoertuig nie, maar jy sal maar net leer om ander tegnieke te gebruik. Movers sal ook aangepas moet word om op die voorwiele te trek, maar die detail sal uitgewerk kan word.
Fred dit sal nice wees as jy kon fotos plaas.
Het gister na n dubbelas gekyk.
Hy is so lank soos twee tein trokke.
Baie ruim binne maar o hel die sleep en stoor is groot logistiek.
Dalk werk jou plan.
Jy pas aan by die sleep van 'n dubbelas. Ek moet sê hy loop stil agter die voertuig.
Een keer saam met mede kamper gesleep hulle het 'n enkel as en die wind was nogal laf van die kant af. Dan sien ek sy wa beweeg redelik agter die voertuig heen en weer, maar ek voel nie die dwars wind nie. Ek moet sê dinge verander nogal drasties as wind van voor is.
Soos ek sê jy pas aan. Jy moet eending onthou. Die wa is vol gelaai met geduld.
Het gister na n dubbelas gekyk.
Hy is so lank soos twee tein trokke.
Baie ruim binne maar o hel die sleep en stoor is groot logistiek.
Dalk werk jou plan.
Bak-Oor, ek dink een was 'n Sensation, die ander een is ek nie seker van nie- het nie gekyk nie. Dit gaan nie oor 'n sekere soort karavaan nie, maar oor die logika of onlogika om die asse vorentoe en agtertoe te skuif op enige dubbel-as karavaan. Ek aanvaar Kobus en ander se menings dat sulke karavane redelik stabiel sleep, maar my vraag is of dit die beste manier is om die asse te plaas. Ons is maar almal konserwatief, soos ons meermale ook op hierdie Forum gesien het en ons wil dus nie juis hê dinge waaraan ons gewoond is, moet verander nie. Beskou hierdie dus maar as net van akademiese belang. Ek het geen invoed in karavaanvervaardiging nie, so ek kan nie my gedagte stoot nie- ek weet troues nie eers of dit enige waarde het nie. Ek sal dalk later die vraag rig aan vervaardigers van dubbelas karavane om te hoor of hulle enige gedagtes hieroor het. Intussen wonder ek maar net wat dink ander forumlede.
Ek het toe daar nog rondreisende sirkusse soos Boswells en Wilkie's was, gesien dat van hulle karavane, gewone padkaravane as ek reg onthou, op vierwiel onderstelle gemonteer was. Waarskynlik was dit omdat so 'n karavaan makliker en veiliger sleep en dalk selfs twee agtermekaar gehaak was. Soos ons weet, is dit 'n baie onstabiele treintjie maar dalk heelwat meer stabiel in die vorm soos ek voorstel. Groot vrag treilers word tog ook soms twee agtermekaar aan 'n perd gehaak.
Fred. Ek verstaan nou. Ons het al so n gesprek gehad.
Jy kan nie net n kombinasie aste skuif soos jy wil. Die calculations en posisie word volgens wet bepaal. (Pad ordinansie)
Die aste se posisie bepaal ook jou draai sirkel en sny die wa in of uit om n draai of pas dit korrek in die verlangde spoor. Die aste se posisie op die wa akkomodeer die neus gewig sodat dit nie die standaard sleep stang se vermoë oorskry. Die aste moet ook n sekere distansie van mekaar gespasieer wees sodat dit nie te veel skuur oor die pad as jy draai en skade aan die bande en pad doen. Hierdie is net n paar faktore wat deur opgeleide persone uitgewerk moet word in samewerking met die wetgewing.
As jy net wil verander na willekeur kan die owerheid beslag lê op jou wa en n ongekende vet boete wag vir jou. Dus moet jy n gerigestreerde bak bouer by SABS wees wat vir jou n vin no verskaf vir elke wa wat gebou word. Elke wa is volgens design gerigestreer en met n unieke vin nommer juis om die goed te kontroleer.
Ek dink die grootste rede vir die asse oorwegend naby aan mekaar te plaas is die stuur stelsel wat benodig word as dit verder uitmekaar is.
Kyk Geert se foto wat hy geplaas het. Mens sal iets soos 'n Interlink konfigurasie nodig hê as daai aste verder uitmekaar sou moes skuif 1 voor twee agter of so. Dis nou as ek jou reg verstaan Fred.
Van die Travel Trailers in Amerika het die leun wa konsep en selfs dan is dit maar die enkel as of dubbel as op die agter kant. Met die sleep van 'n "kalfie" soos wat die boere hom noem is dit nie sommer 'n maklike ding nie. Terugstoot impliseer ekstra krink punte om die wa dan op sy plek te kry. En die stabiliteit van 'n kalfie is nie so wat wonders nie. Dit moet maar so wees om die verspreiding van gewig wat gelaai word seker beter te hanteer op die wiele.
Met die karavane is dit eerder oorwegend volume op die aste as gewig. Sal maar kyk en luister wat seg die slim manne in die verband.
Ek dink Leon het die spyker op die kop geslaan.
Dit is baie moeiliker om 'n vierwiel trailer to "reverse" as 'n twee wiel.
Baie mense sukkel met die agterstoot van 'n karavaan/trailer.
Met 'n vierwiel op 'n draai-as voor, is net baie meer moeilik.
Ek glo nie dat die type aste enigsins moeiliker draai/sleep nie.
Indien dit onwettig was, was Boswell en Wilkie se waens lankal van die pad af,
behalwe as die verkeersowerhede net bang is vir die leeus wat daarmee gekarwei word.
Fred wonder net of die type wa nie meer stabiel sal wees nie en dat dit miskien iets soos hoekstabiliseerders sal kan uitskakel.
Ek glo nie, want enige beweging op die as, het 'n uitweg op die rubber bande.
Jy kan beweging baie maklik voel. Ek praat spesifiek van my 4X4 kamper op 'n enkel kajuit bak. Indien die karavaan groter en swaarder was, sou die beweging, van veral wind, baie meer gewees het, waar die voertuig geparkeer staan. Met ry, kan dit net meer wees. In my voertuig voel jy nie juis wind nie, maar met beweging in die voertuig, kan jy dit baie beslis sien/voel.
Moet nou nie staan en kyk waar my voertuig staan, om te sien wat daar binne aangaan nie...
Die vier wiel sleepwa met n draai as op die voorste as (turn table of skammel) soos genoem in die ou dae is basies n drawbar trailer.
Maksimum spoed is 80 km/ph as ek reg is, op daardie konfigurasie
Ek dink nie mense gaan tevrede wees om met daai spoed te sleep

Jy sien hier kom die dinge uit met die manne wat weet. So daar is dan 'n beperking ook op die spoed wat mens mag sleep.
Soos ek verstaan gaan dit ook ander tipe rybewys verg soos vir 'articulated vehicle'
Baie interessante onderwerp. Veral in lig van die internasionale aard daarvan.
Ander lande, veral Europa, se waens se aste ook in die middel.
Ek hou dop. Interessant.
Nee wat.
Sal, indien ek n keuse het nie weer n enkel as sleep nie. Die stabiliteit is enorm beter.
Inteendeel as ek dit sou kon bekostig sal ek enige wa soos Splash. Penta. Topaz laat verander het na dubbel as.
Het al n Splash gesien met dubbel as. Geert het die foto vir my geplaas n ruk terug. Ekself het een op Parys gesien verby ry.
Ek het die geleentheid nou gehad om beide die Classique enkel as en die Sensation Maia dubbel as te sleep.
Vir my is die bietjie stabiliteit wat die dubbel as gee nie die moeite met 'n dubbel as werd nie. Die skuiwery van die dubbel as al het jy 'n mover is nou maar net nie so maklik soos met 'n enkel as nie.
So as ek my Maia in 'n enkel as kan kry vat ek hom more.
Ek is van opinie dat stabiliseerders maak gemaklik op vir daai die bietjie ekstra stabiliteit wat dalk ontbreek met 'n enkel as.
Dankie vir almal se antwoorde. Ek het nie voorgestel dat enigiemand so-iets moet doen nie Bak-Oor, bloot maar net gewonder of so-iets prakties kan wees, wat dit my lyk nie die geval sal wees nie. As 'n vervaardiger dit sou onderneem sal dit sekerlik binne die wet gedoen word. Die spoedbeperking is sekerlik 'n probleem, miskien die dat dit nie so gedoen word nie. Oor die sirkus karavane: die as is bloot afgehaal en die hele bakwerk op 'n vierwielonderstel gemonteer.
Oky Leon.
We agree to disagree.
Elkeen het die reg om sy opinie te lug. Ek aanvaar jou siening, maar stem nie saam nie.
Dis omtrent soos Toy vs Ford. As ek nou Pick en pay se kompetisie n Toy wen, verkoop ek hom. Sal nie saam jou kan kamp met n Toy nie. 😎 hehehehehe. Sal nog steeds met my Jeep sleep.

Als reg Oom Johan. Dis maar hoe elke ou sy eie ondervinding deel. Ek stem dus saam die dubbel as gee jou daai ekstra stabiliteit
Dubbel as karavane het hulle voordele. Verbeterde stabiliteit is 'n groot plus punt. My vrou het altyd aangebied om die exclusive te sleep maar ek moes haar smeek om met die enkel as te sleep. Haar uitgangspunt is die dubbelas ruk minder aan die voertuig en sy voel veiliger en in beheer as sy sleep.
Die groot nadeel is om 'n dubbelas te parkeer. Jy probeer 90% hom reg instoot maar die res hang nog steeds af van jou movers. As die gras nat is of die staanplek ongelyk is moet daar nog steeds saam gestoot en gedruk word want soms gly bande en die movers. Hoe ouer 'n mens word hoe meer sukkel jy om dit gemaklik reg te kry.
Om 'n exclusive reg te parkeer op 'n 10 x 10 staanplek is al klaar 'n uitdaging as jy bure aan beide kante het wat al klaar opgeslaan is. As jy hom instoot teen 'n skerp draai maak die bande maklik diep slote op gruis wat na die tyd gelykgemaak moet word. Deesdae se staanplekke is te klein 8x10m wat 'n No -Go is vir 'n dubbelas. Maak seker dat die staanplek 'n dubbelas gemaklik kan vat saam met die tente wat 'n klein bietjie groter as die karavaan is.
Enkelaste het nie hierdie probleme nie wat dit gerieflike maak. Lang termyn kamp dink ek die dubbelas het meer voordele en pluspunte.

Jy slaan die spyker op sy kop Zack. Kyk ek sal nie graag die spasie en gerief van my Maia prysgee nie. As hy maar net 'n enkel as was.
Ons het by Bosveld Oase gekamp saam met Geert hulle. 'n Klomp mense wat op daai stadium karavane gehuur het wou sien hoe lyk die Maia binne. Een persoon het opgemerk dat hulle staan tans 7 mense binne die wa maar niemand raak eers aanmekaar nie. So my wa het lekker spasie en is gemaklik ingerig.
Geduld is seker maar die antwoord as ek hom rond skuif.
Op staanplekke gebruik ek maar min die movers.
Maar by die huis het ek nie 'n keuse nie.
Dis soos jy sê Willem. As mens vooraf noem dat jy 'n groot karavaan het neem die mense jou in ag as jy 'n bespreking maak.
Ek het bv by Kleinparadys in Brits die afgelope naweek net die wa op sy plek gestop met die Tipper.
Maar dan kry jy daai spots waar dit so effe langer vat.
As my gat jeuk vir 'n dubbel as skuif ek net my Crisbox perdetreiler en sy twee asse met die hand....na die gesukkel is die enkelas Fleetline weer tops!
Ha ha ha ..................... ja 'n horsebox S/wa is nie van die ligste S/waens nie.
'n Biertjie van die punt af maar hier is hy.
Daar is twee goed wat 'n dubbelas karavaan moet inhê. Die een is 'n aircon vir Pa en die ander is 'n extractor fan in die badkamer vir ma. Die vroue geslag het baie meer sensitiewe neusies. Dan is altwee gelukkig. Ek wonder nog steeds hoekom is extractor fans nie std op badkamer karavane nie. Die 'n groot plus pun en kos amper niks.
Zack, gelukkig poo ons nie in die badkamer nie, maar ek stem een vir die stort.
'n Biertjie van die punt af maar hier is hy.
Daar is twee goed wat 'n dubbelas karavaan moet inhê. Die een is 'n aircon vir Pa en die ander is 'n extractor fan in die badkamer vir ma. Die vroue geslag het baie meer sensitiewe neusies. Dan is altwee gelukkig. Ek wonder nog steeds hoekom is extractor fans nie std op badkamer karavane nie. Die 'n groot plus pun en kos amper niks.
Extractor fan in stort area sal ook van die vog deur stoom veroorsaak uit die wa uit trek. Dalk 'n goeie ding om in te hê.