English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 278
Total Replies: 230 165
Total Views: 82 385 297
topics: 10 828
replies: 124 954
views: 38 860 081
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Droomverlore

replies: 22
views: 433
12 Jul 2019 @ 08:55:25 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Is ek die enigste een wat nog nie gaan kamp het die jaar nie?  As ek se ek is ernstig droomverlore, dan oordryf ek glad nie.  Simptome sluit in:

Fotos kyk van vakansie oorde en wildtuin op internet die heel dag, kry geen werk gedoen nie.

Sit in karavaan net om die reuk te ervaar

Loop gaste badkamer toe met toilet sakkie vir die ablusie gevoel

Sit in karavaan met wildtuin map boek, en werk mock roetes uit, van waar ons sou wou ry, waar ons sou wou stop ens.

Kyk wildtuin webcams heeldag en verlang, kry baie min werk gedoen

Kry verder niks gedoen nie, agv Keeping up with the Kruger op dstv

Kry vlinders op maag vir die volgende reuke: teerpale, nat gras in die oggend, swembad se kloor, naaste kafee se kos reuk, karavaan binne.

Was karavaan se vloere en kaste op 'n saterdag, vir die hoeveelste keer.  Jy kan al van die vloere af eet dis so skoon

Pak kamp kratte uit herranskik weer terug, al was daar niks fout om mee te begin nie

Dis baie erg.  is daar ander mense wat ook so voel?

Ons het kamp planne in die pyplyn vorentoe, maar dit voel soos 'n E W I G H E I D weg!

 

 

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 09:11:39 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Jip daai gevoel ken ek. as mens so fotos kyk dan kom daai snaakse feeling weer om net te haak en ry tot die tenk van die kar leeg is en dan kyk jy na jou begroting en dan verdwyn alles soos mis voor die son. aaaiiii toggie......

jy ly aan erge kamp onttrekkings simdroom en dis baie gevaarlik. ek stel voor jy moet dadelik vir 'n naweek wegbreek. jy is nie vêr van brits of bela bela nie. haak en ry. jy kan later worry oor kos en daai goed. tjop en dop...dis al wat jy nodig het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 09:16:53 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Ai Jan, dit klink maklik, maar as mens kids in die skool het met na uurse verpligtinge en al diesmeer, dan maak dit dinge moeilik.  Ons gaan die langnaweek in Aug darem  bietjie na skoopa in sabie toe, en sal van daar af so vir die dag wildtuin besoek.  Dan september skool vakansie, en dan weer des Dube toe.  Dan Maart volgende jaar 'n lekker week kruger park lodge en wildtuin toe.

My seun word 8 in nov, en begin dink om hom en 'n tjommie te vat soos weesgerus of iets naby toe vir daai naweek.  Sal nog sien hoe werk dinge uit.

Maar ja, dis lekker kan nie wag vir elke ding wat voorle nie, maar dis moeilik om te sien hoe almal lekker kamp, en jy moet maar tuis wees. Jy wil nie die fotos sien nie, maar jou liefde vir kamp maak dat jy nie kan ophou kyk na ander mense se fotos nie.  Want dan is ek sommer opgewonde vir hulle part ook

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 10:03:16 am
Julz
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 02 Jul 2019
Experience: 19 years

Dit kos my meer om by die huis te bly. So ek doen gereeld n naweek wegbreek. Kamp naby die huis so n uur weg en eet wat jy by die huis eet. Ek lees baie van mense wat eendag wil gaan kamp en dan kom iets op. Ek het besef ek sal nie eendag regret dat ek nie meer by die huis was nie. Kamp boet kamp

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 10:12:15 am
Anonymous

Moet nie uitgesluit voel nie. Ons het slegs nog net 1x kamp gehad hierdie jaar en dit was by Weesgerus vir 2-weke.

Weens werks verpligtinge lyk dit maar nogsteeds duister voorentoe vir kamp hierdie jaar.

Moontlik eers Desember waarvoor ons alreeds bespreek het by Eastco Parys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 10:21:50 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Jip die kinders.........die aktiwiteite van hulle hou mens besig. maar wat sal ons tog doen sonder die goedjies? my kinders is al uit die skool maar nog steeds is ek geskroef. my vrou is in die onderwys en dit beperk ons kampery ook lekker.

ek probeer ook nou plek kry in Des by Dolphin Caravan park. was meer as 10jaar laas by die see! ek is maar en bly lief vir die bos met groot vure as die braais gepak word en nag geluide.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 10:46:06 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Ja nee, so baie soos ek van die see hou, bly die bos 'n spesiale plekkie in my hart.  Ons gaan def vorentoe daai planne maak van eet wat jy in die huis het, ry vrydag kom sondag terug, maar gaan kamp ten minste.  En soos julle se, die lekker ding van Petoors, is dat daar so baie lekker kamp plekke onder 'n uur se ry van jou huis af is.  So dit hoef nie duur te wees nie.  Ek regret al klaar dat ek so laat in my lewe eers die wa gekry het en begin kamp het, so ek wil nie dit ook oor spyt wees nie.  Gaan def beplan vir dit vorentoe.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 10:49:05 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Dit kos my meer om by die huis te bly. So ek doen gereeld n naweek wegbreek. Kamp naby die huis so n uur weg en eet wat jy by die huis eet. Ek lees baie van mense wat eendag wil gaan kamp en dan kom iets op. Ek het besef ek sal nie eendag regret dat ek nie meer by die huis was nie. Kamp boet kamp

love die fotos, waar was dit, dit lyk verskriklik mooi

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 10:49:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13782
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is seker bevoorreg om bietjie meer geleenthede te kry. Ek moet egter noem dat ek werk daarvan maak om af naweke plan te maak....veral lang naweke waar meeste af is. Elkeen se omstandighede sal verskil. Ek werk vir myself....so as ek weg gaan beteken dit geen inkomste nie. Ek het al seker heelwat verlies aan inkomste gehad, maar tyd met gesin kan mens nie met geld koop nie......geld nie altyd alles nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 11:12:26 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 319
Joined: 28 Feb 2018

CampingKitty, have your sentiment, that's way even just a one night overnighter once a month (under 200km traveling one way) even winter is essential, kids already out of house so it is a bit less stress on that side, but no night towing or traveling, so one night is all that is posibil over weekends 

Rules

1) House will be clean by the time we leave, so both to work on that one 

2) No work or cell phone time

3) Golden rule relax, do nothing but camp, no tv or radio sports , or newspapers, books are fine 

4) Easy food of braai or pot, or restaurant 

5) A long walk - chill out

6) Use same amount of time packing up to leave camp as packing out to set up camp (the most difficult if all)

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 11:26:50 am
Julz
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 02 Jul 2019
Experience: 19 years

Holandse Molen Franshoek

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 13:21:12 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6408
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ja die ouvrou gee alweer skool ek kamp maar hier in die kamp wag vir die skool vakansie (baie duur)

How great is our GOD
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 13:26:06 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek het nou so twee dae terug my karavaan uit storage gaan haal met die verskoning ek wil paar goed check.

Eientlik wou ek net weer voel hoe my karavaan sleep. Na so paar draai het ek hom weer gaan bere.

Dit is ook hoekom ek die forum so geniet. Ek raak weg gevoer en voel so half of ek kamp al is dit in my study.

Eks nie droom verlore, eks heeltemal verlore.

Die ontrekking simptome is erg.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 23:17:17 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Jip, ons kom ook nie weg nie.. eers nuwe baba in April, te veel projekte vir die jaar.. Weet nie of ons Desember die "krag" het om te gaan kamp nie... Alhoewel ek so graag net wil gaan rus, is rus nie op die spyskaart op die stadium nie. Dink die 3 kiddies gaan ons klaarmaak


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 07:00:51 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 371
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Het darem die voorreg gehad om  Junie maand by Happy wanderers te kamp met wa - heerlik gewees. Net 50m vanaf strand, en was elke oggend so half ses daar met stok in die hand, besig om 'n paar elwe (shad) te vang. Moet egter sê, die elwe was maar skaars. Het so ses mooies gekry, maar dit was oor die hele maand. Die rede was dat die sardientjies op pad was vanaf Port Edward, wat dan die hengel so bietjie uitgooi. Ons het tydens ons kamp daar verneem dat hulle op Park Rynie en Totie sardientjies genet het, maar niks het op Kelso uitgekom nie - hulle moes seker maar in die nag by ons verbygekom het op pad noord. Ons kon op daardie stadium ook geen ordentlike sardiens koop as aas nie, daar was net niks beskikbaar nie, behalwe die "Indian" sardiens, waarvan die elwe nie juis baie van gehou het nie. En soos Murphy dit wou hê, het die vis goed begin byt 3 dae nadat ons daar weg is huistoe! Baie elwe toe uitgekom, maar bietjie aan die klein kant. So teen September/Oktober begin die groter "blue shad" dan ook hulle verskyning maak.

Ek was so terleurgesteld met die swak hengel, dat ons toe maar weer bespreek het vir so 10 dae se tent kamp op Port Edward by die Pont karavaan park tydens Oktober. Met die boot sal ons rivier opvaar en hengel, maar dan ook afgaan mond toe en daar, of selfs op die strand hengel. Ek geniet dit baie, net soos kamp.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 10:54:48 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Brommer. Ek het nie op jou drade wat ek gelees het agtergekom van die nuwe baba in April. Baie geluk en mag dit n wonderlike leeftyd van n seën vir julle wees en bid God se hand oor julle en die baba vorentoe. ,✝️

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 16:56:08 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Brommer. Ek het nie op jou drade wat ek gelees het agtergekom van die nuwe baba in April. Baie geluk en mag dit n wonderlike leeftyd van n seën vir julle wees en bid God se hand oor julle en die baba vorentoe. ,✝️

Baie dankie. Ja die kleinding het so vinnig gekom en ek het nie eintlik veel kans of tyd vir baie dinge nou nie. 1 kleintjie is lekker, rustig en als stil, 2 is al 'n storie om als te maak werk, 3, is net chaos!


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 18:45:01 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons kamp ten minste eenkeer 'n maand al is dit 40km van die huis af.  Die jaar met die werk stories gaan dit maar broekskeur.  Tans sit ek in die buiteland en moes ek Junie en Julie se kampe opgee.

Kitty jy is gelukkig jou wa staan by jou.  Ek moet vir eers 30km ry om net by hom te kom.  So my verlange is ook groot vir 'n kamp.  Ek kan nie eers in my wa sit om my net te troos nie.

Maar gee kans Aug is oppad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 19:34:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13782
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons kamp ten minste eenkeer 'n maand al is dit 40km van die huis af.  Die jaar met die werk stories gaan dit maar broekskeur.  Tans sit ek in die buiteland en moes ek Junie en Julie se kampe opgee.

Kitty jy is gelukkig jou wa staan by jou.  Ek moet vir eers 30km ry om net by hom te kom.  So my verlange is ook groot vir 'n kamp.  Ek kan nie eers in my wa sit om my net te troos nie.

Maar gee kans Aug is oppad.

Tans nog erger....jy is nou n hele paar duisend km weg van jou wa😎

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 19:40:01 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja Geert dis net so onder die 7 duisend km.

Maar dis okay ................. hoe lui die spreek woord.............. "absence makes the hart grow fonder"..........................  Kom ons se maar dis vir my ....vrou..... want as ek skryf .... Sensation Maia..... is ek in die dog box as sy dit lees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
15 Jul 2019 @ 08:24:18 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Gaan sit so bietjie in die Lapa tot die gevoel oor is. 

Is te gebreek om om iets te doen. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 14:08:41 pm
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Ja nee verseker, het klaar planne vorentoe om meer gereeld te kamp.  Een naweek elke twee maande. As mens ook wag vir die regte tyd, sal dit seker nooit gebeur nie.  Ek het sommer nou bespreek Buffelspoort vir september skool vakansie naweek. Mamma het klaar gepraat. Die jaar wat verby is sover was rof, maar van hier af aan gaan ek werklik beter beplan.  Toe ons begin kyk het na 'n wa, het pappa gese hy sal die wa betaal, as ek wil gaan kamp moet ek betaal.  So nou as ek se, pak en hak, dan beter hy luister lol

Ek gaan nog kyk hoe goodkoop kan ek dit doen, want as jy se, kies tussen minimalisties kamp, of glad nie kamp, gaan kamp ek eerder met min.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 11:01:56 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ja Catherine regte idee wat jy het. Dis glad nie nodig om elke keer duur te kamp, . Ek self skuldig, kamp vir n naweek, pak n maand se klere in en kom met drie maande se groceries terug en het genoeg oor om nog drie keer te kamp. Al kamp jy met min solank jy net kan kamp en wegbreek van die daaglikse rat race.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required