Fotos blykbaar van eergister......
.
Baie tragies. Ek het verneem dat Zambië gevra het vir Internasionale hulp ....
Vraag is egter, WAT moet die Internasionale hulp behels?
Ek was hele paar keer in Zambië en Zimbabwe, en was geskok om te sien hoe bome, oerwoude, afgesaag en verniel word om houtskool te vervaardig. Ja, die mense doen dit wel om hulle geldelike nood te probeer verlig en kos op die tafel te kry (groot sakke houtskool word verkoop vir sowat R50 aan trok bestuurders by Kitwe, Ndola ens.) maar dis nie moontlik om daardie bome te vervang en weer gou aan die groei te kry nie. Min bome is die oorsaak (onder andere) vir min reën, en ongelukkig pluk hulle nou die vrugte van daardie verwoesting.
Dis sekerlik maklik om as "Beste stuurman aan die wal" te staan en kommentaar te lewer, maar die waterprobleem is grootliks aan die mense toe te skryf. Praat onlangs met 'n vorige mede-werker van my wat nou in Amerika woon. Hy was op 'n toer oor die Amazone woude, en volgens hom is die skrif aan die muur ....
Geert ek het n video gesien waar daar niks water loop. Dit is scary en ek wonder of dit al ooit so droog was.
Ek wonder ook hoe is die reenval noord van Namibië wat Owamboland soos swampe laat lyk. Dit moet n hengse invloed op voedsel tekort hê vir die area.
Ons moet bid vir vir reen 'oral'. Daardie mense sal nie kan oorleef daar want die water is hul bron van inkomste en voedsel. Binnekort is hul almal op pad Suid Afrika toe net soos die van Zimbabwe, Malawi en Mosambiek.
Ons probleme raak net groter en nodig ernstige gebed. Dit is asof die wereld stadig maar seker op sy knieë gedwing word tot die regte Vader van die heelal geïdentifiseer word deur almal.
Elke knieg sal buig sê die woord.
sjoe, dis nie goed nie. Bid hule sal gou reen kry.
Ek het nou die dag na n praatjie geluister van n Professor wat in die dinge spesialiseer (die gesondheid van moeder natuur en die aanwas van die menslike spesie en hulle verwoestende uitwerking op aarde).
Volgens hom en sy mede broers oor die wereld is ons oor so min as 10 jaar in ons peetjie in.
O ja, die onderwerp was die bespreking oor die algehele verwoesting van die mensdom wat blykbaar al baie kere in die verlede gebeur het om die aarde te help herstel, soos bv die groot pes, die groot griep en sulke dinge.
"Natural distasters" roep hulle die storie.
There is a little forecast for Vic Falls but I think they need a lot more.
Die reën hou ook net so voor die Karoo op.
As hulle ook net so week lank kan reën kry.
Dis darm baie droog daar..
Hierdie dinge is al in Moses se tyd voorspel..
Deuternomium 11 : 13-15 se vir ons hoekom dit nie reen nie.
My pa het altyd gesê, die mensdom soek die foute in die spaarwiel.
Sien ook Nico se kommentaar....." skrif is aan die muur " wanneer wil die mensdom verstaan dat al hierdie dinge tekens van die tyd is.. moenie beswaard word daaroor nie. Wees bly, jy wat in GOD glo.
Ek en die vrou was bevooreg om dit te sien heeltemal leeg en toe weer van kant tot kant
Kerels ek en Bekkie Bokkie Baby het die valle al so gesien, hier is die foto's. Dis niks vreemds nie, die mense maak partykeer 'n onnodige ophef. Die valle was al baie kere so droog. Ek is in Rhodesië gebore, sowat 70km suid van die Kariba, my pa-hulle het daardie jare al gesien hoe die Sambezi aan die onderkant van die valle so leeg is dat mense heen en weer kon stap.
Dit is steeds 'n riem onder die hart dat daar so min water is. Ek het ook gister aand gaan kyk hoe lyk die weerkaart van die reenval die afgelope dae en dan verder tot maandag toe.
Dis soos JIN noem. Die rren stop net so voor die droogte gebiede. Ons sal moet plan maak om daai mense verder te help.
Ek het nou die dag na n praatjie geluister van n Professor wat in die dinge spesialiseer (die gesondheid van moeder natuur en die aanwas van die menslike spesie en hulle verwoestende uitwerking op aarde).
Volgens hom en sy mede broers oor die wereld is ons oor so min as 10 jaar in ons peetjie in.
O ja, die onderwerp was die bespreking oor die algehele verwoesting van die mensdom wat blykbaar al baie kere in die verlede gebeur het om die aarde te help herstel, soos bv die groot pes, die groot griep en sulke dinge.
"Natural distasters" roep hulle die storie.
Daai onderhoud het my ook laat kennis neem. Mens kan gerus kyk of dit nie op RSG se web is nie.
Ja blykbaar is die volgende natuur ramp erger as enige vorige uit dunning v d mense op aarde.
Hy het baie voorbeelde gegee hoekom dit gaan gebeur en niemand kan dit keer nie.
Ons verneem van vriende in Namibië dat dit oor groot dele van die land goed gereën het. Ek dit was blykbaar uiters droog in so te sê die hele land.
Die reën hou ook net so voor die Karoo op.
As hulle ook net so week lank kan reën kry.
Dis darm baie droog daar..
Daar was ligte reen die week weet nie hoeveel nie maar nie genoeg om die droogte te breek nie
die spring bokke staan soos boerbokke teen die bome om brlare tekry om te vreet
Ai kan daar maar nie verligting kom vir die mens en dier van die Karoo en Noord kaap nie.
Al val die reen gaan dit 'n tyd vat vir iets om te groei. Kan maar net vir daai mense bid dat die Vader verligting sal gee.
As stated it does not rain grass, so still need a few weeks for grass to grow then need follow up rain sessions, my thoughts are with those effected by the drought
Kerels ek en Bekkie Bokkie Baby het die valle al so gesien, hier is die foto's. Dis niks vreemds nie, die mense maak partykeer 'n onnodige ophef. Die valle was al baie kere so droog. Ek is in Rhodesië gebore, sowat 70km suid van die Kariba, my pa-hulle het daardie jare al gesien hoe die Sambezi aan die onderkant van die valle so leeg is dat mense heen en weer kon stap.
As dit gereeld so lyk, dan het ek altyd nog die verkeerde indruk van die valle gehad. Ek het my voorgestel dat dit maar altyd n skouspel is van watervalle....die een keer is dit net nòg beter as die ander. Mens moet seker dan maar mooi beplan wanneer jy gaan sodat jy die skouspel kan ervaar. Ek twyfel of ek soontoe sal wil gaan as die valle so lyk....ek sal vir daai massa waters wil kyk as ek soontoe gaan, as dit so lyk is dit maar vir my geld mors om so ver te ry vir dit, dan spandeer ek liewer my geld en tyd in Drakensberge en Oos Transvaal waar vele pragtige watervalle te sien is. Ek het egter nog altyd net fotos gesien waar die water daar in massas afkom met daai wit mis....hierdie fotos maak my in n mate depresief

Geert, die fotos wat ons maar altyd sien is net 'n aantrekkingskrag. Die realiteit is dat die valle nie altyd loop. Ek kan onthou toe ek nog destyds (80's) kampe gedoen het op die noordelike grens was die Limpopo telkemale ook maar redelik droog en het die manne net oor die droee rivierbeddings SA binne gedring.

Nou kyk. hierdie info is van onskatbare waarde. ek sou nooit gedink het dit is n algemene verskynsel. soos bo gese, beplan mooi en wees ingelig voor jy so ver ry om 'eientlik' enige plek te besoek
Ek was in 1971 vir ses weke vanaf begin Desember in Katima Mulilo op die wal van die Zambesi. Toe ek daar aangekom het, was die rivier redelik laag maar oor 'n paar weke het dit geweldig baie gestyg soos dit in lande stroomop, oa Angola, gereën het. Ek het nie die valle gesien nie, maar as ek moes oordeel aan die styging in hooogte van die rivier, kon dit seker redelik skraal geloop het aan die begin en later glo ek, was dit 'n skouspel. Dis 'n geweldige rivier en laat die Oranje maar klein lyk as dit in vloed is. Die Choberivier wat in die Zambesi eindig, begin dan stroomop loop en die moerasse loop vol water. Die hele Caprivi is uiteindelik onder water en die statjies, wat op die geringe hoogtetjies gebou is, word eilande. Paaie wat nie hoog opgebou is nie, verdwyn onder die water.
I was last in Zambia around 50 odd years ago, those are the pictures I prefer to remember.
Victoria falls hierdie week....ongelooflik!
Nou dit is hoe dit moet lyk. Baie mooi
Dankie tog. Wat n wonderlike sig. Kan nou weer die reenjas saamvat Victoria toe.
Mooi foto op die internet net raakgeloop
That looks more like the Vic Falls.
Ja Afrika is n’ continent van extreme. Droogte gevolg deur vloede gevolg deur hitte golf en dan sneew in Sept.
Ons wou Aug - Sep Botswana en Namibie toe gaan. Ek verneem Botswana het n State of Emergency aangekondig vir 6 maande wat enige buitenlandse burger uitsluit uit die land. Net burgers en residents mag deur die grens?