English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 832
Total Views: 82 286 266
topics: 10 756
replies: 123 553
views: 38 810 964
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Driewiel Jockey

replies: 42
views: 10625
17 Aug 2016 @ 16:30:14 pm
Anonymous

Na ons die verlede week by Buffelspoort gekamp het, en met die op trek op die hoë plaveisel, het ek vir die laaste keer my jockey wiel gestamp omdat die twee groen wiele nie hoog genoeg in die A raam oplig nie en daai plaveisel was heng hoogsealed

Vandag na AL-KO in Vereeniging gegaan en vir R640.00 vir my 'n drie wiel verwyderbare kompleet eenheid, jockey gekoop.

Die wiele se "shaft" druk in die jockey in, en maak met 'n "wing nut" vas.

Nou het ek genoeg grondvry hoogte om nie meer te komkommer as jy daai speed bumps en plavei nader nie.

Gaan voorlopig die "los" wiele in die neuskas bêre terwyl ek ry, maar gaan kyk vir so jockey carrier soos baie van julle gebruik.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2016 @ 16:40:41 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7617
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Lyk soos die wat Leon self gemaak het. Werk goed in los sand en gras.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2016 @ 18:34:59 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Johan ek het dieselfde drie wiel jockey en die werk baie goed vir my.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 09:03:58 am
Cowen
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 30 Mar 2010
Experience: 47 years
That's a very good idea, Johann - i will have to get one of those, I am also tired of my jockey wheel always hitting the speed humps. What does the jockey carrier look like, and where do you get it from ?
Cowen.
Looking on the bright side of life will never cause eye strain.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 09:49:21 am
Anonymous

Cowan, I must still get or make a carrier,  untill then, I will remove the jockey and leave it in the car or nose cone while travelling. (The wheel part easily detach from the shaft)

The carrier should be easy to make, in my case where the jockey's outside diameter is 48mm, I can use a 50mm pipe that clamps onto the A frame. (I don't want to weld on the A frame)

The thing is just that I don't want it to look "homemade", it must be neat.

It will also need a wing nut to fasten the jockey in the carrier whilst travelling, to prevnt it from getting lost.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 09:50:41 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5595
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Johann

Ja dit is die standaard 3-wiel wat ons op die Exclusive gekry het en werk regtig baie lekker vir my.  Ek maak nie eers die wiel met daai "wing-nut" vas nie, as ek die dik pyp oplig dan draai ek hom om daai "wing-nut" in die "A" raam vas te hak sodat hy nie onder toe kan skuif nie.

Die "jockey carrier" is 'n ander "bracket" wat teen die "A" raam vas kom en dan die 3-wiel onderstebo in hom.  Ek sit die 3-wiel gewoonlik agter in die Ford as ons ry.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 10:09:16 am
Anonymous

Willem jy het dalk'n goeie punt met die 3-wiel, ek is bang ek verloor dit langs die pad en dan is dit een groot gemors.

@ Cowan, I will add some photos of how the 3-wheel looks like when detached, it is a case of "lifting the jockey shaft high up-and drop the 3-wheel out" very nice and a matter of seconds to attach or removelaughing

As WilSure pointed out, it works very nice and it might be better to carry the wheels in the tow vehicle or caravan, that way, there is no chance of loosing it on the road damaging your van and be a danger to other.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 10:36:20 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Jislaaik, ek soek dit defnitief vir 2 redes... die enkel wiel wat so ploeg, en die feit dat plaveisel by karavaandak n trappie het en die standaard wiel se brackets te laag is, dus moet ek karavaan heeltyd optel om op te klim... kry mens so iets nader aan Pretoria?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 10:56:27 am
Anonymous

Pieter, jy kan CampWorld probeer, maar ek bly 20km van Vereeniging, en kon dit dus direk by fabriek koop.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 11:12:07 am
pieterc
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 10 Mar 2015

Brommer / Pieter

Jy kan ook Roadque in Silverton probeer.

As hulle nie voorraad het nie kan hulle sekerlik vir jou kry vanaf ALKO. Ek glo nie hulle mark-up sal meer wees as travel costs nie.

Roadque Silverton : 0128041967

ALKO Vereeniging - Johan Marais : 0164214791

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 11:45:51 am
trevorg
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 14 Jul 2016
Experience: 6 years
which is better The 3 narrow wheels or a fat single wheel ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 12:26:04 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Die driewiel carrier het ek lank terug op die forum gehad. kannie dit meer oplaai nie maar ek sal gaan soek.
Die wiele verloor nie. Ek operate myne al ve meer as 100000kilos. Eers op die exclusive en nou op huidige wa.
Johann as ek dit nie kry nie stuur ek ve jou fotos dan plaas jy dit.
Groen wiele kry jy by roadque.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 12:50:24 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Johann ... die fotos ve jou aangestuur. Plaas dit asseblief.
Ek het myne net swart geverf maar dit gaan beter wees om dit te laat galvanise of powdercoat.
Hiers nou n ou in bloem wat dit galvanise ve baie goeie prys. Sal myne vir hom vat.
Aan die binnekant van n "polecap" het ek twee 10mm boute vasgesweis en met ni-lock moere vas gesit. Die pyp is soos jul kan sien aan die polecap vas gesweis. moer aan gesweis op die regte hoogte sodat die punt van die lockbout daarin draai. Lockbout met n grinder n skerp kant op gegrind..
n Stukkie rubber omhulsel rondom die polecap gesit sodat dit netjies teen A-raam vertoon en nie vog inlaat nie.

Lyk darm nie te shabby of homemade nie of wat. ???
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 12:53:18 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Ho Johann,

Kry vir jou twee U-boude en 'n stuk pyp om die wiel te dra - ek het soort gelyk 'n pyp op die A-raam vas gemaak toe ek nog TV antena gebruik het - dis goedkoop by hardeware winkels.

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 12:55:53 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

which is better The 3 narrow wheels or a fat single wheel ?

 

I have not tried either. But saw the solid one at Campworld this week end @ R3 100.

I think then that the three wheeler would be somewhat cheaper.

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 13:01:20 pm
trevorg
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 14 Jul 2016
Experience: 6 years
SJOE YES R3100 is a bit steep
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 13:04:37 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Sorry Trevor - I did not state - that is only for the wheel - then you must still have your own Stem/Winder (whatever you call that part).

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 13:08:37 pm
trevorg
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 14 Jul 2016
Experience: 6 years
what type of wheel is that ? Titanium ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 13:10:17 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Looks like nylon or plastic - not rubber (nor gold???)

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 13:35:39 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Brommer / Pieter

Jy kan ook Roadque in Silverton probeer.

As hulle nie voorraad het nie kan hulle sekerlik vir jou kry vanaf ALKO. Ek glo nie hulle mark-up sal meer wees as travel costs nie.

Roadque Silverton : 0128041967

ALKO Vereeniging - Johan Marais : 0164214791

yes, ekt vergeet hul het ook wiele, dalk maar daar eers probeer. Dankie!

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 14:38:49 pm
Anonymous

Hier is fotos van Johan Viljoen se carrier.

@ Trevor, ek het die twee wiel af gegooi, die goed kan nie in die A-raam op trek nie en stamp te maklik by daai vervlakste speed bumps by oorde.

Ek het ook vroeér so pneumatic enkel wiel gebruik, dit het lekker op getrek, maar dit was so cheapi wat te gou gebars het, van hardeware winkel.embarassed

Daarom dat ek Leon en WilSur se idees gebruik het vir 3-wiel.

@ Pieter, Brommer, ek het R640 vir die kompleet jockey wiel betaal,dws die 3-wiel, die inner en outer meganisme met slinger.

Ek het dus nou 'n 2-wiel kompleet as enige iemand dit wil hê gratis en verniet, net self kom afhaal. (50mm buite pyp en ook 48mm buite pyp,ek het die 50mm verkeerd gekoop en dit lê  net hier)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 18:59:06 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5595
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

which is better The 3 narrow wheels or a fat single wheel ?

Trevor

The 3 wheels, why.

When you turn the wheel in circles, then one turn forward and the other backwards and only the middle one stand still.  If you try this with a solid wheel then one side till be forced to spin against its turn.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 19:33:47 pm
JNS
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 286
Joined: 26 Sep 2014
Experience: 31 years

Net 'n woord van waarskuwing Johann. As jy die wiele losgemaak het en jy tel die skag op, moet net nie te hoog optel nie dan val die wiggie uit wat dit vashou. Onderstebo gesukkel om dit terug te kry.

Ek het net gevind daai blikwiele hou nie. Die middelste wiel se rubber was klaar los van die rim na die tweede keer dat ek die Elegance net in die stoor ingestoot het. Nie meer as 30m in totaal. Die wieletjies na Road Que gevat en R300 later het hulle dit vervang met hulle nylon wiele met rollaers in. Probleem opgelos. 

Professional Pensioner
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 19:59:19 pm
Anonymous

John, dankie vir die advies, ek gaan probeer om op foto te wys dat die wing nut keer dat die jockey se pyp nie kan uit trek nie. Die rooi pyl wys die wing nut wat onder aan is, dit knyp die 3-wiel se skag vas as jy dit gebruik.

Net vir interesantheid, wat ek doen as daai bussie uit val, is om dit met stuk isoleer band in plek te plak, dan sit ek die pyp terug en sny die "tape" af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2016 @ 20:05:00 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5595
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

John Strauss

Ja die eerstes was swak, die rubber was los op die "rim", Brits Woonwaans het myne ook vervang, toe nog onder waarborg.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2016 @ 14:22:20 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Willem jy het dalk'n goeie punt met die 3-wiel, ek is bang ek verloor dit langs die pad en dan is dit een groot gemors.

@ Cowan, I will add some photos of how the 3-wheel looks like when detached, it is a case of "lifting the jockey shaft high up-and drop the 3-wheel out" very nice and a matter of seconds to attach or removelaughing

As WilSure pointed out, it works very nice and it might be better to carry the wheels in the tow vehicle or caravan, that way, there is no chance of loosing it on the road damaging your van and be a danger to other.

Dis hoe die een lyk wat jy koop.

Hier is die een wat ek maak. Jy laat sak net jou bestaan Jockeywiel af en die een se pen druk aan die onderkant in.

Sodra jy die bestaande Jockey wiel weer oplig bly hy net op die grond lê en jy tel hom op. 

Lockey Carrier 1

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2016 @ 14:25:44 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Werk soos 'n droom. Het dit gemaak van ou Jockey wiel vurke. het die een vir 'n maat van my gegee. Want die Jockey wiel op die Sensation is breër en pas nie tussen die twee wiele in nie.

Het al klaar twee ou Jockey wiele met vurke by Sensation gekry om selfde ding te maak vir die nuwe Sensation Jockey wiel.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
19 Aug 2016 @ 15:23:31 pm
Anonymous

Werk soos 'n droom. Het dit gemaak van ou Jockey wiel vurke. het die een vir 'n maat van my gegee. Want die Jockey wiel op die Sensation is breër en pas nie tussen die twee wiele in nie.

Het al klaar twee ou Jockey wiele met vurke by Sensation gekry om selfde ding te maak vir die nuwe Sensation Jockey wiel.

Briljante idee Leon, op jou manier het jy steeds een wiel wat hoog genoeg op gelig is, maar ook die voordeel, dat sou jou wa afhaak, (mag dit nooit gebeur nie) is daar een wiel onder die haak wat die A raam beskerm.

Ek het na fotos van joune gekyk, op ander draad, maar het nie besef dat die een wiel steeds aan bly nie, en dit kan dan hoog genoeg op lig nie.

Dalk moet ek my ou wieletjie so modifiseer dat ek dit tydens sleep net met die wing nut kan vas maak, maar dit klink nou weer na ekstra gewig en werk.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2016 @ 16:33:06 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis soos jy tereg noem Johann. Dit gaan oor die moeite vir my.  Sodra mens in jare aanstap wil jy nie sukkel nie. Dis maar die rede vir my ontwerp.  Ek wil nie sukkel met 'n Wingnut of so iets dergliks nie, want tans is mens se lyf heel beweegbaar maar in die toekoms moet ek die ding sommer so met die voet regskuif terwyl ek die oorspronklike Jockey laat sak of optel.

Ek moet nou weer 12V elektriese jacks koop vir die Sensation. Klaar plate gekry om dit permanent  tussen die twee wiele te kan monteer Dan gaan ek met papwiel ruil en level van die karavaan ook minder sukkel. Maar dit vir 'n ander draad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2016 @ 18:08:05 pm
JNS
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 286
Joined: 26 Sep 2014
Experience: 31 years

John, dankie vir die advies, ek gaan probeer om op foto te wys dat die wing nut keer dat die jockey se pyp nie kan uit trek nie. Die rooi pyl wys die wing nut wat onder aan is, dit knyp die 3-wiel se skag vas as jy dit gebruik.

Net vir interesantheid, wat ek doen as daai bussie uit val, is om dit met stuk isoleer band in plek te plak, dan sit ek die pyp terug en sny die "tape" af.

Dankie Johann. Nou 'n goeie les geleer. Draai eers tot heel bo voor jy hom losmaak dan kan dit nie uitval as die dunner binnestaaf nog uitsteek en daar verbygaan nie

Professional Pensioner
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2016 @ 10:09:54 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5595
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Leon

Daai "wingnut" gebruik ek geensins en ek glo nie die 3 wiel wat ons het is meer werk as jou 3 wiel nie.  Die verskil is net dat ons het nie daai 2 wielle wat jy moet op trek in die "A" raam nie.

Op die domkragte sal ek die draad mooi volg want ek moet nog daar uitkom.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2016 @ 13:13:25 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja dit werk Willem so het elke ou maar sy plan.

Solank hy die werk vir my minder maak vir die dag as ek ouer is. Want sodra jy sukkel gaan jy minder begin kamp.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2016 @ 13:23:50 pm
trevorg
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 14 Jul 2016
Experience: 6 years

Trevor

The 3 wheels, why.

When you turn the wheel in circles, then one turn forward and the other backwards and only the middle one stand still.  If you try this with a solid wheel then one side till be forced to spin against its turn.



thanks i just though that with a fat single wheel the surface area would be better and easier on a sandy surface where a narrow wheel would tend to dig in .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2016 @ 15:29:25 pm
Anonymous

Trevor, I used a wider (pneumatic) wheel than the standard singel wheel and later a double wheel, neither worked to my satisfaction, I therefore opted to go Leon's way with the three wheel.

Then I saw this three wheeler at AL-KO,  like Wilsur's, in Vereeniging, and bought it.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2016 @ 15:34:22 pm
trevorg
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 14 Jul 2016
Experience: 6 years
ok thanks all clear I have asked a friend of mine to look at one from roadque his wife has a business that sells trailers and spares
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2016 @ 19:12:28 pm
Anonymous

Leon

Daai "wingnut" gebruik ek geensins en ek glo nie die 3 wiel wat ons het is meer werk as jou 3 wiel nie.  Die verskil is net dat ons het nie daai 2 wielle wat jy moet op trek in die "A" raam nie.

Op die domkragte sal ek die draad mooi volg want ek moet nog daar uitkom.

Dankie Willem, iets geleer, makliker om die wing-nut net te los, nou kan mens nie die wuele vergeet as jy wil haak nie. Lig net die Jockey en tel die wiele op.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2016 @ 19:51:24 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Dis hoe die een lyk wat jy koop.

Hier is die een wat ek maak. Jy laat sak net jou bestaan Jockeywiel af en die een se pen druk aan die onderkant in.

Sodra jy die bestaande Jockey wiel weer oplig bly hy net op die grond lê en jy tel hom op. 

Lockey Carrier 1

 

gaam vir my NOU so iets probeer reel...

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2017 @ 17:27:14 pm
Anonymous

Hier is fotos van Johan Viljoen se carrier.

@ Trevor, ek het die twee wiel af gegooi, die goed kan nie in die A-raam op trek nie en stamp te maklik by daai vervlakste speed bumps by oorde.

Ek het ook vroeér so pneumatic enkel wiel gebruik, dit het lekker op getrek, maar dit was so cheapi wat te gou gebars het, van hardeware winkel.embarassed

Daarom dat ek Leon en WilSur se idees gebruik het vir 3-wiel.

@ Pieter, Brommer, ek het R640 vir die kompleet jockey wiel betaal,dws die 3-wiel, die inner en outer meganisme met slinger.

Ek het dus nou 'n 2-wiel kompleet as enige iemand dit wil hê gratis en verniet, net self kom afhaal. (50mm buite pyp en ook 48mm buite pyp,ek het die 50mm verkeerd gekoop en dit lê  net hier)

Daai dubbel wiel jockey het so pas 'n nuwe baas gekry, dankbaar dat dit iemand kan help.👍👍

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2017 @ 19:46:12 pm
ranger
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 10 Jul 2017
Experience: 5 years
briljante idee wat sal jy my vra om so stel te maak vir my gypsy romany.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2017 @ 11:46:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

briljante idee wat sal jy my vra om so stel te maak vir my gypsy romany.

Hi Wayne met wie praat jy hier?

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2017 @ 16:20:16 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 724
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Hi Wayne met wie praat jy hier?

 

Hi Leon, ek glo en neem aan dat hy dalk vir jou die vraag vra.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2017 @ 07:07:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sal maar antwoord. As hy terug kom en dis iemand anders kan hy net regstel.

Ek dink regtig dis iets vreeslik maklik om te maak.  Ek het die patent so bietjie verfyn en makliker gemaak.   Jy het nodig:

  1. Twee ou Jockey wiel vurke selfde as die een wat op jou karavaan is. Gaan vra by 'n Campworld vir dit. Hulle gee die ou jockey wiel vurk weg want dis eintlik maar die pype wat buig of duike in kry die vurk makeer niks.
  2. Kry 'n stukkie pyp ongeveer 80-100mm lank wat aan die onderkant van jou karavaan se Jockey wiel kan inpas.  Jy gaan dalk die sweis werk in daai omgewing net met 'n ronde vyl moet gelyk en glad maak. 5min se werk.
  3. Kry 'n stukkie 10mm round bar, Squarebar of flatbar wat so 250mm lank is.

Al wat ons dan moet doen is ek moet 'n "template" van die basisplaat by jou uit kry dan laat sny jy so plaat uit 6mm plat staal uit en sweis die onderskeie items daarop vas dat dit lyk soos op die foto. Die nuwer model Jockey Carrier werk baie makliker (sien foto)

Al wat jy doen is om die Vurke wat jy kry se pype so af te sny en hulle op die kante vas sweis van die basisplaat. Dan sweis jy die stukkie ronde pyp in die middel vas sodat die karavaan se Jockey wiel oor hom kan sak. Buig die round, Square of flat bar en sweis vas tussen die twee buite vurke maar los genoeg plek vir die middel jockey wiel se in en uit lig. Die stukkie yster dien as stut tussen die twee buite vurke om te verhoed dat hulle na binne buig (knock knees) kry as jy die wa se gewig daarop plaas en dis sommer 'n handvatsel om hom te dra.

Spuit hom die kleur van jou keuse.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2017 @ 07:14:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Terloops tans het ek twee "templates" vir die basisplate.

  • Eerste is vir die normale Jockey wiel wat op die karavane voor kom.
  • Tweede is vir die Sensation karavane se Jockey wiel waar die vurk redelik brieer is.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required