English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 446
Total Replies: 251 983
Total Views: 83 205 652
topics: 11 525
replies: 138 750
views: 39 321 696
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Drie Berg oord

replies: 15
views: 552
12 Mar 2020 @ 15:30:44 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 783
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek lees in die Caravan Magazine dat die Drie Berge Oord hoog aangeskryf word, ek was nog nooit daar nie. Alles lyk vir my heel pragtig en begeerlik. Was iemand al daar?

Ek kon nie help om te smile vir somige van die kamp-reëls nie. Lyk my jy moet "lede van die klub wees." As ek reg aflei moet jy "aanbeveel" word deur tens minste n dominee en n landdros, geen harde musiek, geen diere, geen tatoos of oorbelle op mans nie. Lyk my die kamp is ook net oop vir naweke, tensy jy spesiaal vra om langer te bly.

Baie soos Silwerstrand by Robertson. Ek onthou nog die Baden Baden - kamp naby Montagu, soortgelyk. En natuurlik .... erg subtiel : jou kultuur-kleur. Jy moes ook 'n "lid van die klub" wees. Ek neem aan dat as jy nie kwalifiseer as lid nie sal jou aansoek met 'n hoflike "klub ongelukkig nou vol vir nuwe aansoeke" brief be-antwoord word.

Ek hou daarvan, ek hou baie daarvan. Enige kamp waarin net MY mense kamp is vir my erg aanvaarbaar.   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 16:56:10 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9708
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Gaan lees die ratings, kamp gereeld daar.

Ons forum kamp was Feb.

Daar is niks negatief omtrent hulle nie.

Darm is hulle ordentlik.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 05:53:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16105
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek lees in die Caravan Magazine dat die Drie Berge Oord hoog aangeskryf word, ek was nog nooit daar nie. Alles lyk vir my heel pragtig en begeerlik. Was iemand al daar?

Ek kon nie help om te smile vir somige van die kamp-reëls nie. Lyk my jy moet "lede van die klub wees." As ek reg aflei moet jy "aanbeveel" word deur tens minste n dominee en n landdros, geen harde musiek, geen diere, geen tatoos of oorbelle op mans nie. Lyk my die kamp is ook net oop vir naweke, tensy jy spesiaal vra om langer te bly.

Baie soos Silwerstrand by Robertson. Ek onthou nog die Baden Baden - kamp naby Montagu, soortgelyk. En natuurlik .... erg subtiel : jou kultuur-kleur. Jy moes ook 'n "lid van die klub" wees. Ek neem aan dat as jy nie kwalifiseer as lid nie sal jou aansoek met 'n hoflike "klub ongelukkig nou vol vir nuwe aansoeke" brief be-antwoord word.

Ek hou daarvan, ek hou baie daarvan. Enige kamp waarin net MY mense kamp is vir my erg aanvaarbaar.   

Danie dis 'n pragtige oord reg langsdie rivier aan die onder kant van Hatebees poort dam.  Nie naby die  dam nie maar wel die rivier.  Die oord is so jaar of wat deur nuwe eienaars oorgeneem en wat daar toe was is net op vebeter. Twee nuwe swembaddens waarvan een onder dak en verhit.  Plaas dam met kano's om op te roei.  Lieflike gras perke om die swem en ontspannings area.  Die oord is letterlik tussen drie koppe dus is selfoon opvangs baie baie swak maar nie onmoontlik nie.

Lieflike kamp tussen die bome met nuut oorgedoende ablusie geriewe.  Ons onlangse Forum saam kamp was daar gewees in Februarie.  Die pad soontoe is redelik tot ongelyk  met hier en daar 'n slag gat. Dan so 1,2km grond pad waar jy net stadig kan ry tussen die koppe deur.  Maak seker jy het die hek se kode voor jy tussen die koppe in ry weens die swak selfoon sein om te bel vir die kode.

Die lede geld is net van toepassing om mense wat as dagbesoekers die oord wil besoek.  Dus betaal jy nie daai gelde as jy vir 'n naweek bespreek nie.  Daarvoor is daar:

  • Eenmalige aansluitings fooi
  • Dan 'n jaarlikse fooi
  • Eers dan die per persoon dagbesoekers fooi wanneer jy die oord besoek

Tans werk dit goed want dis net die mense wat regtig die stilheid en pragtige oord wil waardeer wat dit dan sal betaal.

Kom ons noem dit die ongewensde ,partytjie, lawaai makers, is nie bereid om dit vir 'n suip sessie te betaal nie. (Daai addisionele gelde kan eerder vir drank gaan)

Die reeling dink ek werk baie goed en sal so iets ook implementeer as ek byvoorbeeld 'n oord moes bestuur.

Dis regtig 'n puik oord en ek sal die plek vir enige iemand aanbeveel.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 07:33:05 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Pragtige plek, enige iemand kan gaan, wanneer jy wil, mits daar pleks is.

Die plek gaan ons belis weer sien.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 09:27:50 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Nog nie daar gekamp nie, maar het al ingery en gaan kyk wat daar aangaan en dit lyk heel goed. Teen die rivier was oral bordjies wat waarsku teen krokodille. (ek dink nie daar is regtig, tensy ek maar net nie gesien het nie.)

Ons het die slagat pad ook grootliks mis gery deur `n ander pad te ry. (van Bosveld Oase se kant af)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 14:18:10 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Danie in jou afwesigheid hier was daar baie geskryf oor hierdie oord en wie almal saam gaan kamp het en hoe ons dit geniet het. Dis 'n baie baie lekker kamp en ja sal sommer gou weer daar wil kamp. Ook heelwat geskryf oor die ondervinding om die Krokodilrivier te sien afkom as hulle al die sluise oopmaak van Hartbeespoortdam.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 20:17:19 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16105
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Danie in jou afwesigheid hier was daar baie geskryf oor hierdie oord en wie almal saam gaan kamp het en hoe ons dit geniet het. Dis 'n baie baie lekker kamp en ja sal sommer gou weer daar wil kamp. Ook heelwat geskryf oor die ondervinding om die Krokodilrivier te sien afkom as hulle al die sluise oopmaak van Hartbeespoortdam.

Ja dit was nogal n klompie water wat daar in rivier af gekom het

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 20:37:01 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9708
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ja dit was nogal n klompie water wat daar in rivier af gekom het

Geert het mooi fotos geneem van daai naweek.

Baie water wat daar verby gekom het.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 12:31:30 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 173
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Baie baie lekker skoon rustige kamp met genoeg koelte en rivierfront staanplekke.  Fooie is bekostigbaar en geen rumoer.   As jy wil hol en jol met baie avontuur en die hele dorp se skoolkoshuis om jou gaan verby na Klein Paradys op dieselfde pad.   Paar jaar terug was daar regtig n verdwaalde krokodil wat met die rivier afgespoel het weet nie of die grootte toe terug verhuis het nie.    

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 07:26:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17353
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hulle is ook net sekere midweeks oop....so as jy midweek daar wil deurbring moet jy by oord se datums inpas. Ek dink ook bestuur doen n puik werk daar om gaste te beheer. 

Soos ander reeds genoem was ons forum naweek daar gehou gewees gedurende Februarie. Ons was bevoorreg gewees om daai Krokodil rivier in vloed te sien nadat Hartebeespoort dam al sy 10 sluise oopgemaak het. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2020 @ 09:04:30 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 173
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Was naweek daar 1ste keer opgeslaan met ons nuwe Sprite Swing - wat n plesier n uur op en n uur afgeslaan.  Boswa het 3 ure gevat om alles op of af of in of uit te vou -  nooit weer nie 4 jaar was genoeg - sien dis baie populer  - maar okay as jy meer as 2 is om te help.  Was by 3 berge - soos altyd great great great - rustig skoon netjies perfek sekuriteit in oorvloed.   Mede kampeerders vriendelik en almal respekteer mekaar.  Ablusie min maar geen gewag of ophoping nie dinge vloei - Covid uitstekend hanteer elkeen vat maar sy savlon saam ablusie toe en oord werkers maak skoon na elke persoon wat bad of stort.  Rivierfront staanplekke se gras is tans bietjie skaars maar ons was op 19 perfekte ligging.    Fietsbaan met ramps vir kinders en swem speel tennisbane weg van kampterrein so net rustigheid.   Warmswembad n groot wenner.  Geen dominee landros of buurtwag nodig nie - kampeerders wat soontoe gaan gedra hul vanself want oord dwing automaties respek af met sy netheid.   Blykbaar nog steeds meer as 1 krokodil in rivier maar nog nooit aan 3 berge se kant uitgekom op wal nie so hou maar voetjies uit water.  Ons book alweer naweek 2 okt paar plekke nog oop gewees gister.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2020 @ 10:40:25 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 783
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Dankie vir al die kommentaar, ek was n bietjie off line, maar nou is ek darem weer on air. Ek sal graag by Drie Berge gaan inloer wanneer ek weer in daai courters is. 

Leen, ons het beide n 4x4 wa en n karavaan en ons vind dat dit vinniger is om die boswa op te slaan as die karavaan. n One night stand met die karavaan is natuurlik geen probleem, ons haak nie eens af nie. n One night stand met die boswa neem sowat 20 minute om op en af te slaan. As dit my drie ure moes neem om enige-iets af of op te slaan sal ek dit net daar verkoop. Hier is foto's van ons volledige outfit geneem by Spitzkoppe en sopnat Ebb n Flow op Wilderness.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2020 @ 20:03:57 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 173
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Danie - geniet jou wa ongelukkig was lekker nie meer lekker vir ons nie ek is hopeloos te kort en swak om by te kom om te help met tente bo oor dak en die oop en  toeswaai van roof top as ek en my man meesal alleen kampeer het - was n Wildebeest Kalfie pragtige stewige wa met goeie uitleg maar sonder ten minste 2 manne se hulp nie meer vir ons gewerk nie.  Nou haak en sleep ons en ryg net rally in.   Sien jy is bevoorreg om in n sekere provinsie te bly !    

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2020 @ 12:36:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17353
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Was naweek daar 1ste keer opgeslaan met ons nuwe Sprite Swing - wat n plesier n uur op en n uur afgeslaan.  Boswa het 3 ure gevat om alles op of af of in of uit te vou -  nooit weer nie 4 jaar was genoeg - sien dis baie populer  - maar okay as jy meer as 2 is om te help.  Was by 3 berge - soos altyd great great great - rustig skoon netjies perfek sekuriteit in oorvloed.   Mede kampeerders vriendelik en almal respekteer mekaar.  Ablusie min maar geen gewag of ophoping nie dinge vloei - Covid uitstekend hanteer elkeen vat maar sy savlon saam ablusie toe en oord werkers maak skoon na elke persoon wat bad of stort.  Rivierfront staanplekke se gras is tans bietjie skaars maar ons was op 19 perfekte ligging.    Fietsbaan met ramps vir kinders en swem speel tennisbane weg van kampterrein so net rustigheid.   Warmswembad n groot wenner.  Geen dominee landros of buurtwag nodig nie - kampeerders wat soontoe gaan gedra hul vanself want oord dwing automaties respek af met sy netheid.   Blykbaar nog steeds meer as 1 krokodil in rivier maar nog nooit aan 3 berge se kant uitgekom op wal nie so hou maar voetjies uit water.  Ons book alweer naweek 2 okt paar plekke nog oop gewees gister.   

Eks bly jul het jul 1ste trip in jul nuwe wa geniet. Het jul voltent opgeslaan of het jul rally saamgekoop?

 

Ja....dis n voordeel dat daai ontspanning area n entjie weg is, maak die kampeer area ekstra rustig . 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2020 @ 08:07:20 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 173
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Voltent opgeslaan sonder extra panele - weer het lekker saamgespeel.   Rally kom outomaties saam sal seker opslaan as ons langer staan of uitgebreide familie saamgaan.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2020 @ 21:05:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17353
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Voltent opgeslaan sonder extra panele - weer het lekker saamgespeel.   Rally kom outomaties saam sal seker opslaan as ons langer staan of uitgebreide familie saamgaan.   

Maak hulle rally nou apart soos Jurgens sin? Dis nice....my 2015 model was die voltent en afdak gedeelte alles nog een eenheid gewees.....daarom het ons maar moes kies tussen n aparte rally of leisure awn wat ekstra aangekoop moes word

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za