English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 529
Total Replies: 252 792
Total Views: 83 248 625
topics: 11 575
replies: 139 216
views: 39 342 634
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Drank terug

replies: 15
views: 443
16 Aug 2020 @ 09:20:37 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Mense mag wel nou van môre af drank koop, maar die president het niks gesê oor die vervoer daarvan in voertuie nie.  Het hy vergeet om dit te ontperk of is dit steeds verbode?  Indien steeds verbode, gaan daar mense wees wat erg gaan ly met seer rûe en verrekte spiere soos hulle hulle voorraad opbousurprised.  Of hulle moet maar geduldig wag vir drank wat van e-handelwinkels af bestel is om afgelewer te word. Ek wonder ook nou of die rokers, wat die afgelope paar maande baie duur vir hulle dwelmpie betaal het, nou meer gaan rook omdat dit skielik so bekostigbaar geword het. Dan wonder ek ook of die sigaretsmokkelaars en almal wat daarby gebaat het, dalk hof toe sal gaan om hulle inkomste te probeer beskermundecided.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 10:24:56 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As mens mag gaan koop, mag mens seker dit vervoer ook? Dis vanselfsprekend. Dis dieselfde wat ander op ander drade interpreteer......Gazette sê dat accomodation establishments wat oorde is mag oopmaak vir leisure, maar dan word daar gesê omdat die woord karavaan of kamp nie daar staan nie, dit onwettig is???

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 10:37:13 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Geert, ek wil nou nie snaaks wees nie, maar waar kom 'vanselfsprekend' of 'logies' in die inperkingsregulasies in?  Dis in elkgeval maar 'n tong-in-die-kies bydrae en 'waarskynlik' is jy reglaughing.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 11:06:22 am
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Sep 2019

Ja so maak baie ding oop maar die kerke mag nie oop maak nie. Dit wys nou net wat dink hulle. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 13:13:05 pm
FlipnTilla
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 451
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

Pasop vir ou bier op die rakke.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 13:37:05 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Drank is eers van Dinsdag af Om 09h00 beskikbaar.

Ek gaan dit op my Venter waentjie laai dan vervoer ek dit nie in my voertuig nie......lol.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 13:45:06 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Flip, ek dink nie ou bier is 'n probleem nie.  Ons het al bier op Stilbaai agtergelaat, teruggekom Pietersburg toe en dan maande later eers weer in Stilbaai uitgekom. Eenmaal was dit eers na tien maande. Die bier was nie in 'n yskas nie en vir my net dit netso vars gesmaak as dié wat ons voor ons vertrek gedrink het.  Ek erken ek is nie 'n kenner nie- dis maar my indruk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 17:35:17 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 237
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Fred 

Kom ons kloof nie hare nie. Om n kas bier en n lieter brandewyn by Tops te koop en dan op die winkel stoep uit te drink omdat die verslapping klousiele nie spesifiseer dat jy dit mag huistoe vervoer nie ,agenee ek stem saam met Geert dit is logies en van self sprekend dat die aankope moet by die huis kom My stuiwer in die beurs

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 17:38:49 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Soos ek gesê het Japie, tong-in-die-kies! Sê as ek moet verduidelik wat dit betekenwink

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 17:44:00 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 237
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Nee wat Fred ek verstaan tong in die kies uitdrukking maar dit is die logieka wat ek nie verstaan in die argument nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 17:49:53 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1206
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Chuck het dalk 'n punt beet.   Die aankondiging soos in die Afrikaanse Netwerk24 vermeld, lees Maandag middernag (maw Dinsdagoggend 0001) en nie Maandagoggend (0001) net na Sondag middernag nie.

My Takealot bestellings word Dinsdag en Donderdag afgelewer.   Getwine vanuit die Kaap sal seker Donderdag hier wees - so nie Maandag 24 Aug.   

Betyds sodat ek 5 Sep kan trek na KNP.   Soek nou net 'n oorslaap op 5 Sep in Malelane met plek vir my karavaan.   Na 'n Spar inkopie tog en Spur ontbyt is dit verkykers en kamera vir 15 dae.   Tyd vir 'n nuwe bromvoël of  een van die arende.    Heaven on Earth.    

Hierdie week moet die tolgeld betaal word vir 'n sorgelose rit.

groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 18:05:22 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 237
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Butts. jy lyk goed  "gestock" gaan geniet dit

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 19:05:22 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 875
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Hy het seker die Maandag middernag stelling gebruik om vir Kopdoek kaans te gee om plan te verander om die vorige fiasco "Sigarette" weer af speel.  So ons sal more sien of dit bly staan.

 

Manne gaan op stock so as dit verander het hulle voorraad......

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 20:45:09 pm
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 614
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 44 years

Hierdie situasie laat my dink aan baie jare gelede in die politieke arena (hierdie is in 'n ligte luim - admin moet maar verwyder as hul dit nodig ag...??)

In die voor-1994 tyd was daar die een vêr regse politieke groepe wat alle anderskleuriges die see wou injaag!!! 'n Ander vêr regse groep wou hul glad nie op die strande toelaat nie, dus kon die twee partye nie saamwerk tot 'n gemeenskaplike 'doel' nie!!surprised

Nou sit ons met dieselfde situasie, jy mag drank koop, maar nie huis toe vervoer nie….laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2020 @ 08:48:08 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Japie ou maat, grappies het 'n ander vorm van logika. Nogtans kan dit geredeneer word dat daar 'n verbod op die vervoer van drank was en as dit nie opgehef is nie, bestaan dit steeds.  Dit is  logies.  Aan die ander kant, as drank gekoop mag word, is dit ook logies dat ons dit moet kan vervoer.  Watter een van die logiese argumente geld nou wel?  Waarskynlik laasgenoemde, maar ek kan nie 100% seker daaroor wees nie.   Ek dink die wetstoepassingaagentskappe sal waarskynlik aanvaar dat drank nou ook vervoer sal word.  Ek dink as so 'n saak voor 'n hof kom, sal die hof waarskynlik (hopelik?) ook so bevind.

Maar ons praat nou sommer eintlik twak, en dit goed ook, ons moet nie altyd te ersntig wees nie, dit gee plooie in die gesig.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2020 @ 14:55:39 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 416
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

Hierdie situasie laat my dink aan baie jare gelede in die politieke arena (hierdie is in 'n ligte luim - admin moet maar verwyder as hul dit nodig ag...??)

In die voor-1994 tyd was daar die een vêr regse politieke groepe wat alle anderskleuriges die see wou injaag!!! 'n Ander vêr regse groep wou hul glad nie op die strande toelaat nie, dus kon die twee partye nie saamwerk tot 'n gemeenskaplike 'doel' nie!!surprised

Nou sit ons met dieselfde situasie, jy mag drank koop, maar nie huis toe vervoer nie….laughinglaughing

Heh! Heh!

 

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za