English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 922
topics: 11 574
replies: 139 205
views: 39 342 245
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Drank Beperkings.

replies: 58
views: 774
page 1 of 2
15 Jul 2020 @ 16:36:57 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ek lees vandag dat ingevolge die nuutste drank-maatreels mag jy nie in die publiek alkohol drink nie. Beteken dit dan dat as jy 'n publieke oord kamp jy nie voor jou karavaan mag sit en ‘n biertjie geniet nie. Dan bly ek liewer by die huis..๐Ÿ˜ฉ๐Ÿบ

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 17:33:44 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Kamp is anyway mos nou weer toegemaak so jy moet maar tuis kamp op jou eie grasperk en jou bier binne jou grensdrade geniet.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 22:47:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Is publiek dan ook restaurante en shebeens en alle plekke wat drank lisensies het om drank aan publiek te verkoop om op perseel te  verbruik?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2020 @ 09:38:26 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Soos ek dit het, kon restaurante in elkgeval nie drank bedien nie.  Die antwoord is in elkgeval maklik: Geen drank mag verkoop word nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2020 @ 13:00:39 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jy mag nou nie alkohol of rook nie, nie eers sonder n masker wees nie. Maar jy mag moord pleeg.

Nie vir jou families wat nog leef kuier nie, maar jy kan hulle by n begrafnis sien, of saam in  resturante eet, maar jou bure gaan die polisie bel as hulle kom kuier.

Meer as twee in n voertuig moet maskers op hê, die taxi mag nou 100% vol wees en nie meer 150% vol nie. En sonder maskers en hulle mag styf teen mekaar sit.

Weet nie die 70% vol lang afstand wat sê gesondheid dit bring nie.

Die een dokter sê rook en drank het geen gevolge, die ander dokter sê dit het.

Hoeveel het hul werk verloor met drank en sigarette verkope en hoeveel is dood daarvan.

Maar die misdaad het afgekom.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2020 @ 16:17:35 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

'n Kollega van my skoonseun in Pretoria is pas weer gesond genoeg om van sy huis af te werk na hy amper dood is aan Covid19.  Hy is 'n diabeet en het alles nodig gedoen om homself en sy gesin te beveilig.  Die skoonfamilie het egter aangehou vra om te kom kuier omdat hulle glo so verlang, tot die mense uiteindelik onwillig toegestem het en kort daarna het die man die virus.  Hy was terminaal siek en hy en die hospitaalpersoneel was oortuig sy tyd het aangebreek, maar om een of ander rede het hy oorleef.  Skoonpa is ook intussen aan die virus dood.

Twee dinge hieruit:  Moenie dat mense wat nie reëls gehoorsaam nie, jou en jou gesin se welsyn bedreig nie.  Dat hulle familie of goeie vriende is, maak geen verskil nie.  As hulle onverantwoordelik teenoor julle is, is hulle in die algemeen onverantwoordelik en selfsugtig en dis 'n risiko om hulle naby jou toe te laat.

Die tweede ding: Toe die man oënskynlik op sterwe gelê het, met sy familie wat hom nie kon bystaan nie, het 'n swart verpleër hom ongelooflik ondersteun.  Hy het die man versker hy sal nie alleen sterf nie- die verpleër sal by hom bly.  Hy het ook, selfs na sy skof geëindig het tot dit duidelik geword het die man is besig om te herstel.  Is dit nou ubuntu nie?  'Engele' kom in alle gedaantes.  Is dit nie verfrissend in 'n land waar dit soms voorkom asof mense mekaar haat nie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2020 @ 17:12:12 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Kudos vir jou Fred.

Niemand moet hierdie virus ligtelik opneem nie al hou dit hoe lank aan, en ons raak moeg vir ons inperkings, moet nie jou "guard" laat val nie.

Nou met die getalle so hoog en stygings record hoogte is dit uiterslik belangrik dat jy jouself distansieer. Bly tuis en tref ALLE voorsorge vir voorkoming.

My Xskoonma en haar suster is vandag ontslaan uit n Wes Kaapse hospitaal maar hulle is nog beide op suurstof maar by die huis.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2020 @ 21:50:07 pm
JeffA
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 31 Jul 2019
Experience: 1 year

Hou net asseblief op om in vrees te leef. Die grootse virus is vrees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 09:26:19 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

En die grootste doodmaker is domastrante dapperheid.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 09:56:05 am
JeffA
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 31 Jul 2019
Experience: 1 year

Volg die reels. Klim in ‘n 100% vol taxi en ry casino toe, maar om hemels naam moet nie ‘n biertjie voor jou karavaan in die ope geniet nie. Jy tart die nootlot en jy is domastrant dapper. Klink vir my reg....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 10:22:18 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink 'n mens moet jou verstand gebruik en doen wat jy weet jou, jou gesin, jou vriende en familie sal beveilig.  Om die ekonomie aan die gang te probeer hou, is sekere toegewings nodig wat beslis nie bydra tot veiligheid nie, maar ek dink dit is beter om self te oordeel of iets wat ek gaan doen, veilig is  of nie. Om 'n bier voor jou karavaan te drink, is seker nie onveilig nie, maar is dit logies om die reël te wysig om 'n uitsondering daarvoor te maak?  Oor die verbod op stap op die strand, maak dit my ongelukkig dat ek nie op 'n stil strand mag stap nie, maar hoe maak jy 'n uitsondering daarvoor?  Ons het al gesien hoe Natal se strande op vaklansiedae lyk.  Hoe dwing jy reëls af op 'n strand waar tien duisend mense vergader? Om te redeneer dat as taxis 100% vol kan wees, is dit veilig om by my vriende te gaan kuier, maak mos net nie sin nie. Of sê jou 'logika' vir jou anders? Hoe weet jy jou vriende is virusvry?  Hoe weet jou vriende jy is virusvry?  Die Amerikaners onder die leding van hulle 'vreeslose' leier, het tot 'n groot mate die virus as sommer 'n klomp bog beskou, en kyk wat het dit hulle gebring! 

Maar eintlik wil ek nie hieroor redeneer nie.  As 'n mens nie sy gesonde verstand wil gebruik nie en opstandig raak oor dinge wat hy weet tot sy voordeel strek, gaan niemand hom tot ander insigte bring nie.  Elkeen moet maar optree volgens sy eie insig of gebrek daaraan.  Ek wil net nie sulke mense naby my hê nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 10:59:54 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 427
Joined: 28 Feb 2018

Fred , goverment common sense when out the window when lock down started  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 12:02:46 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

That might be true in some instances Lance, but my point is use your common sense and go even further than the rules stipulate if it is necessary for your safety.  I will for instance not dine in a restaurant even if the rules allow this.  Also adhere to the rules although you might not agree with them in order to avoid the problems associated with getting a criminal record and also to set an example to less informed people. It is idiotic to disregard the rules to your own detriment just to show  your disagreement.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 14:03:02 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Fred - ek stem saam met bykans alles wat jy sê. Ek was aanvanklik maar onverskillig t.o.v. die inperking, want ek was een van diegene wat gereken het dat die hele ding is oordrewe. Ek dink egter nou anders oor die hele situasie. Maar dat daar 'n paar sinnelose regulasies op ons afgedwing is (dink maar aan die tabakverkope-verbod - terloops, ek is nie 'n roker nie) en nou ook teenstrydighede oor wat toegelaat word en wat nie is na my mening nie altemit nie. Maar ek hoor wat jy sê en ek berus my daarby ter wille van my eie beswil.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 14:14:50 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Chris, en ek stem volkome met jou saam.  Ek rook ook nie en het 'n hekel daarin, maar ek dink die verbod op tabak maak geen sin nie.  Die taxi kwessie is dink ek 'n geval dat daar maar toegegee is aan 'n gegewe on die regering nie magteloos te laat lyk nie. Ek het ook aanvanklik gedink Covid19 is sommer 'n storm in 'n teekoppie.    Toe hoor ek Trump dink ook so, en toe besef ek ek moet verkeerd wees want Trump se uitsprake is altyd belaglik.  Intussen het ek baie bewyse gesien dat die ding uiters gevaarlik is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 11:44:24 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek het nooit gedink n' mens kan so opgewonde raak nie. Ek soek my Emergency Vest want ek dink dit gaan my teen COVID beskerm, en toe vind ek in my garage n' verlore 3 liter box Two Oceans wyn...ek is skoon uit asem van blydskap.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 12:04:26 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek sien Bavaria bier is steeds te koop.  Dit is alkaholloos en smaak maar soos bier, so as jy van die smaak van bier hou en nie net van die effek daarvan nie, is jy gestel.  'n Kollega van my het beweer dis omdat hy so mal is oor die smaak van bier dat hy so ses of sewe botteltjies elke aand drink.  Hy is natuurlik gladnie afhanklik van alkahol nie.  Toe stel ek voor hy moet dan eerder Bavaria drink want die hoeveelheid alkahol wat hy 'onbedoeld' saamet die bier inkry, kan tog nie goed vir hom wees nie en toe gee hy my net 'n vuil kyk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 12:19:10 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het by wyse van blind proe en eliminasie, uitgekom by my gunsteling bier naamlik Castle Lite. Ek drink baie min bier (grotendeels in die warmer maande). Ek het egter in Februarie begin met 'n gewigsverlies-program - grootliks om te help met my diabetes 2 probleem. Sedertdien is ek baie gesteld op enige kos of drinkding se kilojoule-inhoud. Ek het intussen oorgeskakel na Windhoek Light - met heelwat minder alkohol en kilojoules. Ek het die smaak intussen gewoond geraak, maar aanvanklik het dit maar ..... gesmaak. Ek het ook alkoholvrye bier probeer. Maar dit proe heeltemal .... Dieselfde geld vir alkoholvrye wyn. Dan drink ek eerder water of niks.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 12:28:19 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek sien Bavaria bier is steeds te koop.  Dit is alkaholloos en smaak maar soos bier, so as jy van die smaak van bier hou en nie net van die effek daarvan nie, is jy gestel.  'n Kollega van my het beweer dis omdat hy so mal is oor die smaak van bier dat hy so ses of sewe botteltjies elke aand drink.  Hy is natuurlik gladnie afhanklik van alkahol nie.  Toe stel ek voor hy moet dan eerder Bavaria drink want die hoeveelheid alkahol wat hy 'onbedoeld' saamet die bier inkry, kan tog nie goed vir hom wees nie en toe gee hy my net 'n vuil kyk.

Ek hou nogal van die Heineken 0.0. Toe lees ek dit het 0.03% alcohol in. So toe werk ek uit ek kan 269 (330ml) bottlejies drink voordat ek by die wetlike bestuurs limiet uitkom.

Groete,
Paul
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 13:07:44 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis a bargain!  Mag 'n mens dit wel vervoer?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 13:32:34 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Dis a bargain!  Mag 'n mens dit wel vervoer?

Ja, en koop. Monument Park Spar het dit. 

Sorry bietjie ver vir jou Fred.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 14:17:07 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek grap sommer.  Ek hou nie juis veel van die smaak van bier nie en ek het nie sy effek nodig nie, so ek drink maar net so nou en dan een by 'n braai saammet vriende, maar nou is daar n ie vriende nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 15:58:56 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek het nooit gedink n' mens kan so opgewonde raak nie. Ek soek my Emergency Vest want ek dink dit gaan my teen COVID beskerm, en toe vind ek in my garage n' verlore 3 liter box Two Oceans wyn...ek is skoon uit asem van blydskap.

Dis soos om die Lotto te wen, eintlik nog beter.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 16:05:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Neewat....vir my moet hy bietjie skop inhê๐Ÿ˜‰

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 16:51:27 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Onverwags betrap. Daar is wat se dit is ongrondwetlik om sonder n' Gazette n' onmiddelike wet af te dwing. Maar die Gazette was dou voor dag uit. Voor bottle stoore kon oop maak. Technicality.

Pynappels is op die inkoopie lys :)))) nou R9.99

COVID!!!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 17:37:56 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 489
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Local supermarket had pineapples (R14.99) sugar and yeast together on shelve.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 17:47:27 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Local supermarket had pineapples (R14.99) sugar and yeast together on shelve.

Cute...with a recipe?

I was wondering how our Bheki Cele can allow you to drink at home but you can't get drink to your home....hehehe

He is realy a very funny man with his featherd hat and slurrrr.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 17:56:37 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Kop-doek Tannie has no personality nor sense of humor...tongue-out

COVID!!!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 18:29:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Onverwags betrap. Daar is wat se dit is ongrondwetlik om sonder n' Gazette n' onmiddelike wet af te dwing. Maar die Gazette was dou voor dag uit. Voor bottle stoore kon oop maak. Technicality.

Pynappels is op die inkoopie lys :)))) nou R9.99

COVID!!!

Ja....Gazette was Sondag aand tydens sy toespraak reeds geteken en gepubliseer.  Daar is paar manne wat contacts gehad het en geweet het....daarom so baie aangekoop die Donderdag.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 18:48:13 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

It is so strange that I never new the names of our Ministers or even what they looked like until this pandemic. They are visible and doing there job...well sort of...they are at least trying.

Cele is a comic...and he has a tough act to play. There are a couple of people in the world I would like to meet and chat with...he is one of them.

With my flying I have met a few respectful people...Richard Branson, Mike Blyth/ James Pittman (SA's The Airplane Factory), Ian Khaman (Botswana presidency, he owns a few planes), John Travolta (he flies his own 727!!), Chuck Yaeger (sound barrier breaker), Scully Lavin (Pitts Special champion & SAA Captain), and my man!! Karl Jensen (SAA Captain and the President of the SA EAA).... Except for the SA pilots, I met them at Airventure, Oshkosh, Wisconsin, USA, over the 30 years of visits.

Lekker slaap!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 20:20:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Neewat.....ek het geen behoefte om enig een van hulle te ontmoet nie.....dis nou die ministers. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 20:49:32 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Haai nee Geert.....local entertainment is at its lowest. Gee die man n' kaans. :::)))

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2020 @ 18:09:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek lees restaurante wil hul dtem dikmaak teen regulasies.  Strate blokkeer met hul tafels en stoele

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2020 @ 18:18:05 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek voel vir restaurant-eienaars en werknemers. Vandag het 'n dame by my 'n pakkie van die apteek kom aflaai. Sy het gelukkig die tydelike werkie gekry nadat die restaurant, waar sy bestuurder was, gesluit het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2020 @ 19:00:35 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek moes noodgedwonge Bank en Postnet toe gaan vandag. Ek luister maar altyd so ens ens en hoor hoe ander mense vertal van hulle quarentein en symptome. Dit is 2 close 2 home.

Bly tuis en weg van vreemdelinge.

COVID!!!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 07:04:08 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek sien dat wynboere (en selfs ook Distell) die regering nou wil aanvat oor die hernude drankverbod. Die wynbedryf staar 'n ernstige krisis in die gesig met 'n enorme klomp werksverliese, plase en wynkelders wat nie kan oorleef nie - en bowenal die staat wat sowat R5 miljard aan aksyns verloor. Die wynbedryf moet die aksyns tydens die produksie-proses aan SARS oorbetaal - m.a.w. wanneer die wyn markgereed gekry word. Dit wat nou markgereed is kan egter nie verkoop word nie. Gevolglik het produsente nie die kontantvloei om die aksyns te betaal nie. Hierdie verdere ondeurdagde besluit deur onse regering gaan net nog verdere marakkas voortbring t.o.v. die finansiële gemors waarin hierdie land reeds is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 07:29:13 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Marakkas - wat ‘n pragtige eufimisme!

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 11:42:22 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek sien dat wynboere (en selfs ook Distell) die regering nou wil aanvat oor die hernude drankverbod. Die wynbedryf staar 'n ernstige krisis in die gesig met 'n enorme klomp werksverliese, plase en wynkelders wat nie kan oorleef nie - en bowenal die staat wat sowat R5 miljard aan aksyns verloor. Die wynbedryf moet die aksyns tydens die produksie-proses aan SARS oorbetaal - m.a.w. wanneer die wyn markgereed gekry word. Dit wat nou markgereed is kan egter nie verkoop word nie. Gevolglik het produsente nie die kontantvloei om die aksyns te betaal nie. Hierdie verdere ondeurdagde besluit deur onse regering gaan net nog verdere marakkas voortbring t.o.v. die finansiële gemors waarin hierdie land reeds is.

Ja Chris, ek het ook al daai dinge gelees. Ek lees ook dat die drie groot drank verspreiders ter aanleiding van the wynbedryf die regering hof toe will vat. Ek hoop net die selfde gebeur dan soos met die tabak nie.

Ek kan nie glo dat die regeering nie besef het dat hulle drank belasting in die gedrang gaan kom nie. (R5.2bn).

Die areme wynboere en drank winkels. Soos jy se Chris, Groot "marakkas"!!!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 13:13:09 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad het bevind dat die verbod op tabak tot gevolg gaan hê dat baie meer mense na die einde van die inperking gaan rook.   Die rede is dat wettige tabakmaatskappye 'n prysoorlog gaan begin om markaandeel terug te kry wat sigarette baie goedkoper sal maak en dus makliker vir mense om te rook, selfs die armes. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 13:36:44 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Berig in Maroela Media. Die premier van KZN se die alkohol verwante trauma gevalle het reeds met 20% gedaal na die herinstelling van die drankverbod.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 15:11:40 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daar is 'n ruk gelede deur 'n deskundige gesê Suid-Afrikaners is 'binge' drinkers.  Dit beteken hulle suip tot hulle bly lê.  Dit is sekerlik nie waar van almal wat drink nie, maar dit is in baie gevalle sekerlik waar.  As ons maar verantwoordelik wil drink, sal daar baie minder beserings, motorongelukke en gebroke huwelike wees, maar dit sal ongelukkig nooit gebeur nie.  Wat my gereeld verbaas is mense wat onder die invloed van drank 'n motorongeluk veroorsaak en dan word sy lisensie nie permanent opgeskort nie.  Hanteer jy 'n vuurwapen onverskillig of roekeloos of en skiet jy iemand opsetlik, is jou voorland 'n moordklag en word jou reg om een te besit, gekanselleer.  'n Vuurwapen beseer of dood gewoonlik maar een persoon op 'n slag terwyl 'n groot aantal mense in 'n voertuigongeluk beseer word of omkom.  Hoekom moet sulke mense 'n tweede kans gegun word om weer te moor?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 15:14:42 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Jy praat groot waarheid Fred.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 15:20:31 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad het bevind dat die verbod op tabak tot gevolg gaan hê dat baie meer mense na die einde van die inperking gaan rook.   Die rede is dat wettige tabakmaatskappye 'n prysoorlog gaan begin om markaandeel terug te kry wat sigarette baie goedkoper sal maak en dus makliker vir mense om te rook, selfs die armes. 

Sigarette oor die algemeen was nie rof duur nie....dis die belastings wat die prys die hoogte in laat skiet.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 15:49:03 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Gedurende die apartheidsregering se bewind was daar 'n onderskeid getref tussen sterk drank en wyn en mout.

Brandewyn was bekend as bakleiwyn. 

Ek het nog nie gehoor dat gebottelde tafelwyn huismoles veroorsaak het nie.

Ek vertrou die howe sal diesefde siening huldig. 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 15:58:50 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het nog nie gehoor dat gebottelde tafelwyn huismoles veroorsaak het nie.

Ek vertrou die howe sal diesefde siening huldig. 

Kanneman - Só 'n bek moet jêm kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 16:17:42 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

My sentiments.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 16:19:09 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het verwys na verantwoordelik drink en suip.  Ek dink die verskil is heel duidelik.

Ek verstaan nie waar die howe inkom nie.  As 'n persoon met 'n te hoë alkaholvlak 'n ongeluk maak, sal dit hom niks baat om te pleit dat hy maar net goeie gebottelde tafelwyn gedrink het nie.  Dieselfde ook as hy sy gesin aangerand het.  Verantwoordelik drink is myns insiens om so te drink of soveel te drink dat jy nie 'n dronk beslommernis word nie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 17:31:50 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Fred, my verwysing dat ek vertrou die howe sal dieselfde siening huldig het die komende hofsake waar drank regulasies betwis word in gedagte, waar ek hoop die howe sal onderskeid tref tussen verantwoordelike verbruikers en mense wat nie hulle perke ken nie.

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2020 @ 08:24:20 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek sal my nie uitspreek oor die meriete van die drankverbod nie, maar ek het ernstige twyfel oor die stelling dat tafelwyn nie huismoles veroorsaak nie en dat die howe dit in ag moet neem. Let wel: Ek beweer nie alle mense wat 'n drankie geniet, het 'n drankprobleem nie.  Ek is baie goed bewyus daarvan dat seker die meerderheid mense wat drank gebruik, nie verslaafdes is nie en dit nie misbruik nie.  

Drankmisbruik is ongelukkig 'n verskynsel wat onder alle lae van die bevolging, alle kleure en alle geslagte voorkom.  As enigiemand daaraan twyfel, loop hy/sy met toe oë deur die lewe.  As iemand gelukkig genoeg is om nie kennis te dra van ook vooraanstaande mense wat drankproblemem het nie, gaan gesels maar met SANRA, hulle sal vinnig die misverstand uit die weg ruim. As 'n welvarende persoon 'n drankprobleem begin ontwikkel, gaan hy/sy nie oorslaan van duur tafelwyn of Johnny Walker Black Lable na swartvarkie of bakleibrandewyn nie- die persoon gaan net aanhou drink wat hy/sy gewoond is om te drink.  Dalk sal die vooraanstaande dranksugtige persoon nie met 'n mes onder mense inklim nie, maar hy/sy sal steeds sy/haar familie mishande, drink en bestuur, afwesig wees by die werk , en so meer.

Ons weet ook uit die ondervinding met die verbod op tabakverkope dat die lus om te rook, en sekerlik ook die lus om te drink, hom nie deur prys laat onderdruk nie.  As die redenasie dus is om goeie tafelwyn toe te laat maar goedkoop drank te verbied, sal die mense met 'n dors maar net meer betaal vir hulle 'fix', maar drink sal hulle drink.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2020 @ 08:53:32 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Jy't jou punt gemaak Fred - en ek gaan nie met jou debatteer nie. Dit is net jammer dat belangrike landbou-industrieë (grootskaalse werkgewers) soos die wyn- en tabakbedryf onder hierdie regulasies op die punt staan om grootliks te "vou". En die ironie is dat diegene wat hul skuldig maak aan drankmisbruik, waarskynlik steeds daarmee sal voortgaan - wettige drank al dan nie. Net soos wat rokers voortgaan om te rook.

Maar kom ek volstaan hierby. Ek is nie lus om in 'n woordewisseling betrokke te raak waarin standpunte (wat beide merietes bevat) teen mekaar afgemaak word nie. Wat jy sê is waar t.o.v. die welvarende wat 'n probleem het. Ek dink aan 'n bedryf wat besig is om te wankel in hierdie reeds uiters brose (ligtelik gestel) ekonomie waarin ons, ons tans bevind.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2020 @ 09:10:16 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Chris, Ons is op dieselfde bladsy. As 'n regulasie geen gewenste effek het nie, en net skade doen, behoort dit nie te bestaan nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za