Ek is nou so 3 jaar uit kamp en sleep. Oorweeg om weer te begin.
Audi A6 2.4 Multitronic. 2002 model. Kan mens met die ding sleep? Hy is voorwiel aangedrewe en het n CVT ratkas.
Skuus moes by se, sal weer karavaan die grote van Sprite Swing wees. Legally kan hy, eka gepla oor die kar
Hannes, jy sal sleep soos ń droom.
Nadeel: Grondpad gaan ń probleem wees in vergelyking met SUV's of Bakkie, asook pak plek.
Hannes, jy sal sleep soos ń droom.
Nadeel: Grondpad gaan ń probleem wees in vergelyking met SUV's of Bakkie, asook pak plek.
Moenie kanse vat nie. Swop liewers met my.
Ek het 'n mooi Figo 1.4.
CVT gearboxes not great for towing a caravan. Check the towing specs for that model.
Ek het reeds die kar gekoop vir n ander doeleinde, maar oorweeg dit om hom nou te hou.
19 jaar oud, 147000 op die klok met vol diens rekord.
Het in die 80 jare 2 Audi 200 gery en hul ratkaste was puik. Hierdie knaap het net te veel elektonics in en dit pla my
Stem saam met Flip n Tilla Bly weg van cVT ratkaste om karafaan te sleep
Ongelukkig, so lief as wat ek is vir Audi (ek self het 'n handrat S3), moet ek saam stem - CVT is NIE vir karavaan sleep nie.
Tydens my soektog na 'n ander voertuig om te koop in die plek van my Suzuki Grand Vitara, het ek by Subaru verby gekom. Mal oor die Forrester ens. ens. Toe die verkoopsman egter verneem wat ek be-oog om met die kar te doen het hy my duidelik ingelig (10/10 vir Subaru se eerlikheid!) dat die motor NIE die regte voertuig sal wees nie ....... daarom gegaan vir die VW Touareg V6 TDI.
Ek het daarna baie gelees - ook in oorsese tydskrifte - dat die CVT ratkaste ongeskik is vir dit wat ons wil doen.
Jammer vir die nuus!
Hannes hier het jy 'n hele paar indrukke. Die vervaardiger se spec dui aan dat jy 1700kg kan sleep al weeg die voertuig minder as 1600kg.
Iets om in gedagte te hou:
Teen 'n lae 147000 beteken dit dat daar gemiddeld minder as 150 kilos per week gery was, en moes dit 19 dienste gehad het.
Dit is die soort ratkas wat 'n spesialis werkswinkel kundigheid benodig, en die prys van 19 jaar oue ratkas onderdele is dieselfde prys asof dit 'n nuwe voertuig is - die prys is nie sedert 2002 bevries nie.
Daardie ratkas se herstel kan maklik die waarde van die voertuig oorskrei, dus, indien dit in 'n ongeluk betrokke sou wees en net die ratkas moet vervang word sal die versekeraars dit afskryf sonder om twee keer te dink.