Dié van julle wat al in Dinokeng gekamp het of as dagbesoeker daar was....hoeveel van die Big5 het julle al daar gesien? .....en wat?
Niks nie. Die selfry roete het net 'n klomp krapmerke op my bakkie gelos en daar besluit ek toe nie weer nie.
Elephant,lion kill and nice birds,small game in one drive ...just luck.
Hulle het verseker die hele groot vyf daar maar die veld is baie dig. Sien nie die katte so maklik nie.
Seen Elephant there, crossing the main Rust de Winter tarred road.
Plenty Kudu , Eland, Giraffe, Impala etc.
But our beauty is the surroundings, not neccessarily the big 5.
Ther are parts of the park that do not have buildings etc.
Seen Elephant there, crossing the main Rust de Winter tarred road.
Plenty Kudu , Eland, Giraffe, Impala etc.
But our beauty is the surroundings, not neccessarily the big 5.
Ther are parts of the park that do not have buildings etc.
Die grootste kudu's wat ek nog gesien het in my lewe was in Dinokeng....daar is n hele paar groottes!
Ja Geert, ons ook! Daar was 'n groot byeenkoms (herd) van omtrent 20 grootes.
Baie Klein wild maar nog niks van die grotes gesien nie.
Ons was nou al so 6 keer in Dinokeng en elke keer heelwat Kudus, Impala (Rooi Bokke), Blou Wildebees, vlakvarke en voels. Die laaste 3 keer het ons ook olifante en leeus op n' dood geryde Blou Wildebees.
Dit gaan vir ons nie oor die wild nie, dit gaan oor die stilte en natuur. Was laas week vir 9 dae daar. Lekker.
Met ons trippie Willemsrus toe 'n jaar of wat terug het ons Olifant en Renoster gesien.
Sal weer gaan. Hoop dan maar van die beste.
Was nog nooit daar nie. Moeilik om elders te gaan as mens Kruger op die voorstoep het.
Gaan ook vir die natuur en rustigheid.
Sien ons van die groot 5+2, dan is dit 'n bonus.
Sê jy van die see se kant af!
Oorkant Almega se ingang het ons een aand gestaan en kyk hoe die olifante te lekker palmboomblare vreet. Vriende wat vir die dag deurgekom het het op pad na die ingangshek leeus oor die pad sien stap. Hulle het dadelik vir ons fotos gestuur.
Dit tel seker as "amper gesien"
Julle gelukkig ek nog niks gesien nie leeus eenkeer hoor brul so hulle is daar
Ons is nie so bederf om langs die KNP te bly nie. Dus moet ons maar tevrede wees met dit wat ons het.
Dalk net meer in die Dinokeng Reservaat gaan kuier dan sal ons meer sien.
Ons het met afgelope lang naweek darem n leeu gesien
Wat van 'n foto van die meneer?
Hulle het vandag nog n trop van 11 olifante vrygelaat in Dinokeng wat vanaf Marekele af kom.
Die trik om die Olifante te lok is om skoon vars water uit die pyp te verskaf. Daar is een lodge wat dit in Dinokeng gedoen het en die Olifante het elke dag daar kom drink en dan die hele instelaasie uit die grond gepluk. Dan sit hulle dit weer terug. Onlangs het hulle op gegee. Die selfde manier in Senyati (Botswana) en by Punda Maria gesien. Punda Maria het ook opgehou om so die Olifante te lok. Baia skade en gevaar vir die kampers.
Geniet die natuur.
Ons het die leeus op die hoof pad gesien, olifante en renosters in die omgewing van die brouery en die buffel by 'n dammetjie. Het darem 4 uit 5 gesien.
Party mense het ook al die geluk met wat gesien word. Met ons besoek het vriende die aand toe hulle huis toe is op pad na die hoofhek ook die leeus gesien en vir ons 'n foto gestuur.
Ons het gister aand by Elephant waterhole oornag. Vanoggend 6am sit ek voor by die watergat, toe kom daar 2x leeus in om water te drink. 1x wyfie en 1x maanhaar. Hulle was so 20 meter van my af....dit was onbeskryflik. Baie onverwags gewees. Ek het toe gou my foon gehaal om te kyk of ek nog n mooi foto kon inkry....maar toe ek terugkom kon ek hul nog netnet afneem toe hulle begin loop. Foto maar onduidelik. Leeus was masiewe grootte
Dis nou 'n besonderse voorreg.