English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 530
Total Replies: 252 795
Total Views: 83 248 939
topics: 11 576
replies: 139 218
views: 39 342 799
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Dinette / Ekstra beddens?

replies: 22
views: 6796
20 Jun 2016 @ 22:30:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17416
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Net vir interesantheid...wie van julle gebruik jul dinette as tafel/bank en wie van julle gebruik dit meer as addisionele beddens? Of miskien is daar van julle wat die area glad nie gebruik nie....veral dié wat miskien net 2 Kamp en hou van buite sit?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 06:08:13 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Gebruik hom net as n bed as kleinkind saam kamp.

Andersins nooit nie. Sit buite. Nog nooit die tafel gebruik nie, weet nie eers waar sy pote is nie.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 06:18:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons het die Penta se Dinette vir beide slaap en eet gebruik. Dit was toe die kids nog in die wa geslaap het. Dan was die etery meestal beperk tot ontbyt ook maar die kinders.

Later met die Classique se klein dinette het ons meer gereeld binne gesit en eet. Want als wat jy adisioneel nodig het is net 'n arm se strek weg van jou af. Selfs die optop van 'n glas koeldrank.

Ek het ook daar gesit en dan op die forum gekuier want kragpunt was gemaklik naby vir die Laptop.

So in ons huis houding was hy baie gebruik vir slaap of eet. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 06:56:43 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years
Maak geensens gebruik van die tafel of banke nie. Sit en lewe buite.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 07:40:39 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1655
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 33 years
Sit daar as ek moet werk en as kinders kom kuier as dit koud is slaap hulle daar.
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 07:56:38 am
Anonymous

Ons gebruik dit net vir 'n bed as ons die bed benodig. Ek sit nie gemaklik by die tafel nie.

Ons slaap op die eiland bed, verder is ons buite. Ek vat wel altyd die blad saam as ons alleen kamp, net vir as die weer baie ongurig is, wat min gebeur.

Dink in elk geval, die Penta se dinette is baie lomp omdat dit mos op en poot staan, en die skaniere op die pypie, waar dit by die venster bank vas kom, is maar lomp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 08:43:01 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

 

Met die Caravette gebruik ons die vloerspasie tussen die sitplekke vir die PortaPotti.

Sit soms op die voorste banke om te eet sonder tafel, sommer op die skoot.

Met die Slipstream is dit net slaapplek.

Ons verkies eintlik om buite te sit.

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 08:55:59 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ons s'n maak maar 'n klein bedjie op, maar dit word in elk geval nie gebruik nie.  Ons sit ook nooit daar nie.  Op die een bankie is die sak vir ons vuil wasgoed, op die ander een 'n ekstra kombers.  Verder is dit die plek waar Colin sy klere in die aand neergooi.surprised

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 09:07:29 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2030
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ons eethoekie gebruik ons intensief in die Exclusive want ons reis lang ritte en slaap heelwat oor.  As die weer aangenaam is, eet ons in die tent of "rally", andersins by die eethoekie. Ek verkies ook om by die eethoekie se tafel my rekenaar te gebruik.

Ons 2005 Exclusive het aanvanklik 'n simpel lang bank met ongemaklike, maer, swaar opslaan tafel gehad.  Ek het dit self verander soos op die foto hieronder en verruil dit vir niks anders nie !

Die spulletjie kan steeds in 'n japtrap in nog 'n dubbelbed verander word as dit moet, maar ons het dit nog nie daarvoor gebruik nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 09:14:20 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Nog nie gebruik nie, sit en eet buite.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 09:36:49 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Lennie, as ek so 'n lekker hoekie gehad het, sou ek dit ook gebruik het.  Lyk baie mooi, ek hou van die kleurskema.   Is dit die oorspronklike bekleedsel van jul Exclusive, of het jy dit verander?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 09:56:23 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 585
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years
Ons gebruik nie die eethoekie vir eet nie. As een van die kleinkinder saam is, word dit opgemaak as 'n bed, anders gebruik ons dit vir enige iets anders, maar nooit vir eet nie.
Maar soos alle dinge, is daar eendag dalk 'n eerste keer!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 10:12:52 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2030
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Freda, dit is die oorspronklike 2005 Jurgens bekleedsel.  Ek was gelukkig om nog 'n paar meter op die laaste rol by ons plaaslike Jurgens handelaar te bekom en kon dit toe gebruik. As dit in 'n 3/4-bed verander word, word die betrokke kussings net geherrankskik om die matras te vorm.  Ek het hierdie verandering al 8 jaar gelede gedoen !

So lyk die dubbelbed.  Met die oorblywende materiaal het ek 'n kopstuk ook geprakseer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 10:41:41 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Mooi gedoen Lennie.  Dit wys net, hou jou hand op jou karavaan en dit lyk net so mooi soos die nuwe modelle.  En soms nog geriefliker ook.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 11:00:23 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
My wên het een lang bank dwars voor en een korter ene in die lengte.
Kinders het al daar geslaap maar dis nie juis gerieflik nie, slegs die lange. Dis hoekom die wa verkoop word as n drie slaapplek.
Ons sit en kuier daar, kannie onthou of ons al daar geeet het nie. Glo ook nie Elma sal dit toelaat nie. Morsjors oom.
Verkies om buite te eet in die tent en die blad wat saam gekom het gebruik ons buite langs die deur ve ketel etc etc. Ons "moet" mos elke keer, al is dit net twee dae, die eerste deel tent maak staan. As obs "eendag op n reendag" gaan toer dan sal die wa groot genoeg wees om n nag oor te slaap sonder iets.

My 2003 exclusive het ook daardie kleurskema gehad soos Lennie se wa. Elma het weer van die "strykplank" idee gehou ve nog n bed maar ons het dit nooit gebruik nie. Die plank het net so ongebruik saam terug gegaan met die inruil. Sy was nogal mal oor daardie kleurskema.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 12:10:42 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Ons gebruik die binnetafel per geleentheid,dit bly egter opgeslaan om die peuselhappies en vrugte te huisves.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 12:46:39 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek dink as daar die heeltyd 'n tafeltjie staan, sal mens dit meer gebruik.  Ons karavaan is egter te klein, dit sal die binne spasie beperk.  Om elke keer 'n tafel in te vat is te veel schlep, so dus word dit nie gebruik nie.  Ek en Colin het darem al daar sit en kaart of dominoes speel, sommer op 'n TV tray.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 13:08:06 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons tafeltjie is altyd reg om by te eet of net sommer boek te lees. Slegs as kinders by is word dit as bed gebruik. Ons gebruik net 'n awning sonder sykante en as die wind sleg is sit ons binne. As reel kamp ons nie as kwaai wind voorspel word nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 14:19:09 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Geert dit is net ek an Janet wat in die wa kamp, so ons gebruik die dinette glad nie vir slaap nie. As ons kort kamp is die banke oop met tafel.  vir 'n lang kamp sit ek die klein vrieskas daar tussen die banke(hy ry agter in die bakkie en ek laai hom oor sodrae ons staan gemaak het). Maar ons sit bitter min daar ons is gewoonlik maar buite onder die rally tent.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 17:40:07 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Tans slaap Wijan daar, as hy uit trek sal ek dit "like" vir 'n lekker sit plek vir koffie & beskuit vroeg en die Laptop.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 19:46:59 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Stem vir n eethoekie, wens somtyds Jurgie het so plek permanent gehad, nou is dit goedjies oplig, en pootjies opslaan. Party dae sal ons n lekker pasta, of so iets maak, met n glasie wyn, dan wil ek binne sit, veral as die weer nie die beste is nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 20:13:40 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Ons wentjie is net groot genoeg om uit die koue of slegte weer te eet of kuier. Ons slaap in die camper.
Die tafeltjie is permanent op, maar kan gou verander na 'nekstra bed vir slaap.
Nie so kleurvol soos Lennie sin nie, maar dien die doel.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 06:50:35 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Hi Freda,

Waar moet ek nou my tafel sit? wink

Die is seker nog kleiner as julle wa. Ek het dit gekry as 'n drie slaapplek - boonste bed kan ek as kombuis binne of buite gebruik - is van plan om nog 'n soortgelyke bed agter in te sit (wat ook kan dien as pak plek - dan is daar 5 slaapplekke in 2.4 meter.

 Sorry -weet nie hoe kom die onderste in nie en kry nie uit nie.

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za