English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 701
Total Views: 82 537 007
topics: 781
replies: 12 385
views: 4 933 281
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Diesel Sleep Voertuig

replies: 39
views: 19608
26 Jun 2007 @ 08:21:44 am
Erik
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 26 Jun 2007
Ek wil vir my 'n dubbelkajuit sleepvoertuig koop en wil graag hoor by die wat wel met diesel voertuie sleep wat is die bevindings met hulle voertuie? Asook wat hulle sal aanbeveel wat om te koop. Ek het 'n Gypsey 5 karavaan Veral die krag en brandstof verbruik van elke voertuig Dankie en Groete Erik Labuschagne Vanderbijlpark
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2007 @ 08:47:38 am
Diederik
Silver Member
11% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 17 Apr 2007
Hi Erik ek sleep met Ford 2.5 2002 model, het voorheen met n Opel Astra 200IE Euro gesleep, Gypsey 6 bed. Moet erken het gedink die bakkie sal ligter wees op diesel, maar moet by se hy sleep soos n droom veral die gewigs verhouding tussen sleep voertuig en van. Ek kry tans 6.5km per lit as ek sleep, wou altyd n diesel lorrie gehad het. Ford/Mazda het nou n nuwe voertuig op die mark 3lit diesel as ek reg is 380nm wat baie beter is as die oue. Ken nie veel van die ander voertuie nie. Kamp Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2007 @ 09:06:38 am
Neill
Silver Member
11% Profile Strength
Posts: 85
Joined: 19 Apr 2007
Hi Erik Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Isuzu 3L TDI dubbelkajuit. Ek het hom na Steve's Auto Clinic toe gevat waar hulle sy NM van so 261 na 374 toe gevat. Ek sleep di exclusive so gemiddeld teen 115-120 km h / en handaf brandstof gebruik van so tussen 7.2 Km/l - 7.8 Km/l. Het nog nie die Exclusive see toe gesleep nie, maar het wel al die vorig woonwa (Penta) af gesleep, met die af en op sleep was my gemiddelde brandstof gebruik 8.2 Km/l. Net om te s, my isuzu is 'n 2003 model, die een met die intercooler bo op die enjin. Kamp Groete Neill
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2007 @ 10:59:04 am
Chris
New Member
14% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 18 Jun 2007
Hi Erik Ek sleep tans met 'n Mazda 2.5 TD (dubbel-kajuit). My vorige sleepvoertuig was 'n Colt 2.8 TD (ook dubbel-kajuit). Beide voertuie is na my mening uitstekende sleepvoertuie. Ek sleep 'n Gypsey Caravette 6B. Ek probeer 'n sleepspoed handhaaf van 80 - 90 kph en sleep nooit in 5de rat nie. Met my Colt het ek dit gedoen en toe eensklaps ratkas-probleme opgetel. Die vervaardiger het my afgeraai om in 5de rat te sleep (daarna is ek 'n "bekeerling" - alhoewel ek weet baie ouens sleep in 5de). Buitendien regverdig my sleepspoed eintlik nie die gebruik van 5de rat nie. My gemiddelde brandstofgebruik (wanneer ek sleep) is ongeveer 7.2 km/liter. Jy kan beslis nie 'n fout maak om oor te skakel na 'n turbo-diesel sleepvoertuig nie. En my persoonlike opinie is dat alle turbo-diesels wat tans op die mark is (en hierby sluit ek nie die goedkoper ingevoerde bakkies in nie want ek het geen kennis van hulle nie), is uitstekende voertuie. Daar is min te kies tussen hulle. Persoonlike voorkeur (en persepsies) speel uiteindelik die grootste rol as dit kom by keuse.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2007 @ 13:12:36 pm
Juan
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 26 Jun 2007
Hi Erik, ek stem saam met almal hier, jy kan nie verkeerd gaan met 'n diesel voertuig nie. My vorige sleepvoertuig was 'n Nissan Hardbody 2.7 Petrol DC, en glo my, jy wil nie die rekening gesien het vir 'n vakansie JBay toe nie. Ek het so 4-5 km/l gekry. Ek het laas jaar vir my 'n Navara 2.5 DCI aangeskaf, en wat 'n plisier om mee te sleep. Ons het weer die JBay ding gedoen met die selfde karavaan, Sprite Swing, het ek het so 7-7.6 km/l gekry so teen 110-115 km/h (lugreeling aan).
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2007 @ 15:08:45 pm
Robert
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 99
Joined: 28 Jun 2006
Jy kan maar al die kommentaar lees, maar die besluit bly tog by jou. Ek sal seker nooit na 'n dubbelkajuit kyk nie, want die plek agter is vir my te klein. En ek is nie eens groot nie. Ja, jy het die voordeel van 5 sitplekke met 'n bak om goed in te laai, maar ek sleep my Splash met 'n Touran 2.0TDI. Die diesel het my baie verbaas. Ek het vanaf Louis Trichardt na Meyerton 9.8L/100km gekry dit is 10.2km/l. Ons was vier in die kar, en alles was in die wa gelaai. Die Touran het natuurlik ook 'n lekker groot bak. Ek sal seker nooit weer met 'n petrol voertuig wil sleep nie. Dan is die ander voordeel van diesel dat dit nie deur die staat beheer word nie. op die oomblik kry ek diesel teen R6.37/l by 'n plek in Meyerton, en het in die laaste jaar nog nie probleme met die gehalte opgetel nie. Ander plekke in dieselfde dorp gaan tot R6.80/l. Vir 60 liter maak dit nogal 'n verskil as jy moet volmaak. My se is gese, maar de keuse bly nog steeds by jou. Robert Marais, 082 520 0235, Meyerton
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2007 @ 19:28:33 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6428
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years
Eric ek het a nuwe ssang zong KORONDO 2.9 tdi gekoop sleep n jurgens classique kry so -+8 km per l maar sleep soos n droom sy power band is op 2500rpm en in 4 rat doen jy 100kpu net reg ver sleep op en afdraandes. Willem
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2007 @ 08:17:04 am
Erik
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 26 Jun 2007
Dankie vir almal se goeie raad. Robert ja dit is soos jy s die besluit l by myself. Dit is jammer daar is nie iemand wat ook oor TOYOTA 3.0 KZ-TE iets te s het nie dan het ek 'n baie goeie vergelyking tussen verskillende fabrikate ook gehad. Juan ja ek stem saam met die brandstof verbruik van petrol masjiene. Ek sleep op die oomblik met 'n Landrover Defender 3.5 V8 gemiddeld tussen 5 en 6 l/km maar sonder die karavaan nie veel meer nie, waar met die diesel voertuie lyk dit of die brandstof verbruik aansienlik verbeter. Groete Erik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2007 @ 08:33:55 am
Erik
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 26 Jun 2007
Nie 5 tot 6 l/km nie maar 5 tot 6 km/l dit gaan so as mens te haastig is Erik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2007 @ 10:41:44 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years
Erik, Ek het begrip vir jou situasie. Ek her self met 'n V8 Landrover gesleep, en het geleer dat 5 km/l sy verbruik is, ongeag of hy sleep, en of hy luier. Daar is twee goed wat my laat terug verlang. Hy was betaal, en hy het nie geld gevra vir onderhoud nie. Alles wat ek aan dienste, cambelts, filters en wie weet wat betaal het t.o.v. my diesel dubbelkajuite wat ek na die Landrover gehad het laat hulle loopkostes seker omtrent klop. Die Landrover sleep lekker as jy nie haastig is nie. Wat ek egter nie van hom gehou het nie, en dit is seker genoeg rede om 'n diesel te koop, is se powere krag. Vir 'n 3,5 liter agt silinder het daardie ding ongelooflik min krag teen 'n bult. 'n Drie liter Hi-Lux sonder 'n turbo sleep draaie om die Landrover en dit nogal met 'n swaarder karavaan. Die feit dat jy nie jou kat in jou Landrover kan toesluit nie, want hy kruip deur die openinge tussen die bakpanele help ook nie juis nie. Die grootste rede waarom jy van die Land Rover (veronderstel Defender) onslae moet raak is beskerming in geval van 'n ongeluk. As daardie aluminium bakwerk in 'n effens ernstige ongeluk betrokke raak geld die Suid-Wes grondpad reel. Moenie tyd mors met 'n ambulans nie. Stuur sommer net die lykswa. Indien ek nie die finansieringsdraak wou aanvat nie, en as ek 'n mooi ene kon kry teen 'n goeie prys, soun my eerste keuse op vandag se tweedehandse mark die 3.0 KZ wees. (Ek het nie ene nie maar sleep ook met 'n Japanese 3 liter turbo diesel) Kanneman
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2007 @ 12:57:49 pm
Erik
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 26 Jun 2007
Kanneman dankie vir jou begrip. Behalwe van die lekker ry ook moet ek maar na die sak ook kyk. Ek het dit al oorweeg om 'n diesel in hom te bou maar dit lyk ekonomies nie betalend nie. Groete Erik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2007 @ 13:08:16 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Eric ek het maar net simpatie met jou om 'n keuse te maak. Ek het begin om te sleep met 'n petrol voertuig en toe oor geskuif Diesel toe. Eerste was 2.8 TDI ISUZU die eerstes wat uit gekom het, kort om 'n puik sleepvoertuig 376 000 Km gedoen sonder probleme (Darem nie alles sleep kilo's nie). Toe 'n MAZDA 2.5 D/C, volgens my gemakkliker sleepvoertuig as die ISUZU agv ratverhoudings, net 'n klein bietjie swaarder op diesel as niks gesleep word nie, andersins net een woord PUIK 286 000 Kilos toe die een verkoop is. Net'n tubo vervang agv eie nalatigheid. Daarna Colt 2.8 Tdi, die het genoegsame krag vir sleep, maar ja uit ondervind en dus my eie opinie weet ek daar is tenminste 2 beter tipe sleep voertuie. Laasgenoemde is gesteel en is vervang met 'n tweede MAZDA 2.5 D/C want ons weet mos wat die TIPPER kan doen. Die Mazda is ingeruil op +-256000 kilo's vir 'n NISSAN NAVARA 2.5 Diesel 4X4. Sal nou maar kyk wat die Tippertjie kan doen tans net 1060Km op die klok nog nie iets gesleep nie. Sleep en kampeer groete Leon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2007 @ 15:52:30 pm
Was
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 26 Jun 2007
Hi Erik, Het jy dalk jare gelede in Ventersdorp distrik gebly? Indien wel, sal ek graag met jou wil kontak maak. my No is 0733080007
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2007 @ 12:04:25 pm
Erik
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 26 Jun 2007
Hi Leon Dankie vir jou kommentaar. Jy het sommer vir my nou vertel van al die produkte behalwe die TOYOTA Ek sou graag wou weet jy s dat die Mazda is swaarder op brandstof sonder die karavaan Wat was jou verbruik sonder die karavan op die verskillende modelle? Groete Erik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2007 @ 13:37:14 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Erik. Almal was gemmideld so 7-8 km/l afhangende van die roete en spoed wat gery was, behalwe vir die Colt hy was swaarder presies hoeveel kan nie onthou nie, het hom nie baie lank gehad nie. Die verbruik van die MAZDA is sonder om te sleep gemiddeld 9-10Km/l wat ek baie mee tevrede was en dit in die stad met lugversorger aan. Die Isusu het meer 'n konstante 10km/l gegee, want die het direkte inspuiting gehad teenoor die Mazda se inspuiting op die "manifold", dis hoekom Isusu baie soos 'n trekker klink. Wat sleep met die Mazda vergemaklik het is die ratverhouding, as jy 'n opdraande nader kan jy teen +- 115Km/h terug rat na 4de en so jou momentum teen die bult makliker hou, waar die spoed op die Isuzu moes sak na +- 90-95Km/h voordat jy terug rat anders klink dit of daar nie genoeg plek vir die enjin is nie as jy vroeer terug rat. Wringkrag tussen die laasgenoemde voertuie baie die selfde of dis altans hoe ek hulle ervaar het. Pesoonlike keuse is maar die Mazda, het draaie om ander gesleep wat Wa's kleiner as ek gesleep het. Tans vind ek die Navara in die stad beter as die Mazda hy het meer wring krag as die Mazda sal maar sien as ons sleep. Sterkte met die keuse!!!!!!!!!!! NS. EK HOU NIE VAN TOYOTA NIE SAL MY DUS NIE UITLAAT NIE. Leon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2007 @ 21:04:39 pm
RS
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 229
Joined: 04 Feb 2006
Leon Wat die Drifter bakkie aanbetref praat ons presies dieselfde taal behalwe dat my brandstof verbruik nie so goed was Suidkus toe en terug nie, sekerlik my verkeerde manier van sleep of verkeerde uitwerkings. Vir my is hy tops en stel nie eintlik belang in ander bakkies nie behalwe die Navara bakkie. My oe peul behoorlik uit en later is ek skeel gekyk na die Navara maar my kanse om nou een te koop moet maar wag tot later. Op die oomblik wag ek in spanning vir my motor wat ek bestel het en sal hom Septembermaand in ontvangs neem, so ek wil nie te wild aangaan met my uitgawes nie. Geniet jou bakkie en dink aan ons wanneer jy so lekker rondry. Ryno-Centurion
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2007 @ 22:21:12 pm
Henk
Platinum Member
25% Profile Strength
Posts: 376
Joined: 17 Apr 2007
ek sleep met die "goedkoper, ingevoerde" modelle, die mahindra scorpio en kyk nie n oomblik terug nie...my boetie van boembaai bly n wenner. henk +- 8 km /l teen 100 - 110, 1.4 ton sleep wel in 5de want die reffs is te hoog groete henk 0828050139 ns. die beste naverkoop diens nog ooit ervaar van bosh midrand
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2007 @ 08:14:24 am
Erik
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 26 Jun 2007
En as jy nie sleep nie Henk wat is die verbruik dan? Erik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2007 @ 16:02:23 pm
Thomas
New Member
14% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 03 Jul 2007
As ek solank kan antwoord: Ek het nog nie met my Mahindra Scorpio gesleep nie, sal hierdie naweek my eerste ervaring h om met hom te sleep, maar wat gewone verbruik aanbetref is dit tussen 10 en 11km/l, beste was 11.5 km/l
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2007 @ 10:46:26 am
Erik
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 26 Jun 2007
Hi Thomas Wat se masjien het hy in ek sie Henk sleep ook met een en kry 8 km/l wat nie sleg is vir sleep nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2007 @ 17:25:28 pm
Jan
New Member
14% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 25 Apr 2007
Hi Erik, Ek sien jy wil graag weet wat die Toyota's doen.Self sleep ek met 3l KZ die Penta nie die ligste wa op die mark nie.Ek kan maar net se "you have heard the rest,this is the best" Daar is dubbelkajuit bakkies wat groter been spasie agter het , miskien ligter op brandstof is ens,maar as dit by sleep kom soek nie verder nie,hulle is die "Energizer Mannetjie " se tier met n' hoof letter T.Ons gaan gereeld Kruger Park toe en het al al die roetes om in die park te kom gery,al die passe wat die roettes kon oplewer en nooit het ons n' minuut se probleme gehad nie.Gemiddelde verbruik sonder wa is 9-10 km/l met wa so 6,5-7,9 km/l,heel aanvaarbaar vir my.Die krag lewering van daai 3lt is asemrowend en betroubaar soos oupa se sak horlosie.Met vandag se paaie en die gevare wat daarmee saam gaan sal ek weer dieselfde keuse maak.Jy kan dit nie waag om ons mooi land se agter paaie te vat met n'voertuig wat jy nie vertroue in het nie.My Toyota gee my tonne daarvan. Voor die Toyota het ons met n' 250 langasem Isuzu gesleep ook n' kannie dood maar sleep was nie een van sy beste punte nie,brandstof verbruik was wel.Ek mag bevooroordeel klink maar glo my voor ek die Toyota gekoop het ,was daar nie n' artikel of berig oor die KZ wat ek nie gelees het nie,en alles wat oor hom geskryf was ,was waar plus meer.Ek kan die KZ met die grootste vrymoedigheid aanbeveel. Lekker kop krap en kamp Jan T
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2007 @ 15:39:02 pm
Erik
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 26 Jun 2007
Dankie Jan Dit is die soort kommentaar wat ek wil hoor van 'n voertuig. Elke ou is maar trots op sy eie voertuig en daar is maar net nie beter nie. Ek hou self van TOYOTA maar om my masjien wat met sleep tussen 6 en 7 km/l gee is dit nie vir my die moeite werd om dit te vervang nie. Wat my verbaas is die verslae wat ek kry van Ghandi se voertuie hulle doen noggal goed. Groete Erik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2007 @ 13:59:41 pm
Henk
Platinum Member
25% Profile Strength
Posts: 376
Joined: 17 Apr 2007
erik wil net se ek is nogsteeds beindruk met my boetie van boembaai. die naverkoop diens het my baie beindruk, Brain van midrand mahindra is n wenner. met die geld wat jy spaar kan n mens darm baaie diesel koop en ek voel net so veilig in my "ontradisionele" aankoop. Die nuwes het het nou abs by met n chip (seker n simba chippi) wat die verbruik sal verbeter. jy is welkom om te e-mail of skakel vir brain se detail (hy sal al die specs he). groete henk 0828050139 henkv@discovery.co.za
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2007 @ 21:31:33 pm
ZYLIE
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 25 Sep 2007
Hi Frik, Diesel sleep is tops. Ek was altyd teen diesel omdat dit kwansuis, stadig sou wees, raserig is en vuil en stink sou wees. Toe gaan my ogies oop. Ek het vir 24 jaar 'n Sprite Sunway gesleep met petrol (VW Mikrobus, 7 Reeks BMW, verkeie bakkies, Ford Telstar 2,5 ensovoorts. Die wa word toe te groot vir ons nadat die kinders uit die huis is en is verkoop. Ek sleep ons nuwe Gypsey Regal nou met 'n VW Touran 2,0 TDi en is verstom oor die werkverrigting en dravermo. 320Nm @2000 RPM gee 10.5km/l gemiddeld ongeag die terrein. Ons weet nog nie hoe lank dit sal hou nie maar ja. Diesel is tops, ekonomies en uiters gewillig. Zylie Joubert 083 3056081
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2007 @ 15:47:31 pm
Erik
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 26 Jun 2007
Zylie dankie vir jou kommentaar. Ek wonder nou waar is die manne wat ges het hulle het nuwe voertuie gekoop en nie vir ons hulle verslae gegee nie. Ek wonder ook wat is Wille se kommentaar dat hierdie "Diesel Sleepvoertuig die meeste mense op die forum getrek het. Groete Erik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2007 @ 14:22:05 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Onthou julle die film "Cannon Ball RUN". Dink ons moet so iets reel tussen die Diesel sleep manne. Gemiddelde gewig vir wa bepaal. Almal rapporteer Sa 15 Des 2007 op 'n plek miskien die Unie Gebou. Trek daar weg en ons kyk wie is eerste in die Kaap by die Waterfront. Roete is die N1. Brandstofgeld, boetes, "Bail" gelde is jou eie "Ndaba". Wonder of Jurgens SA 'n karavaan sal sponser as wenprys. Of om die wedren veiliger te maak word 'n standaard brandstof tenk volgemaak en geseel. Dan moet die bestuurder kyk hoe ver hy kom oppad Kaap toe met die een Tenk Diesel. Dit kan 'n paar groot bekke stilmaak of dalk nog groter maak wie weet. Hierdie by drae is net so vir die, miskien, dalk, as ek kan sal ek , .................."Interesting to know" faktor!!!!!!!!!!!!!!! Leon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Oct 2007 @ 10:56:43 am
Nico
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 04 Sep 2007
Ek sleep my woonwa met my Mahindra Bolero D/C.Die voertuig is swaar genoeg dat die woonwa hom nie rondskud nie,en lekker hoog wat help dit daar nie baie windweerstand by die woonwa is nie.Ek het vooreen met 'n Nissan bakkie gesleep.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2007 @ 10:15:49 am
Erik
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 26 Jun 2007
Hi Leon dit sal opwindend wees om so iets te doen en soos jy s daar kan dalk 'n paar monde gesnoer word of geopen word. Jy sal nie glo as ek s dat met al die kommentaar ek maar nog steeds met my donkie sleep want niemand kon my oortuig ek gaan beter doen nie Ek s maar solank kersgroete want eenvan die dae sit almal al weer daar waar dit net lekker kan wees Groete Erik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2007 @ 09:17:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Sleep met die Navara 'n boot "Plet" toe die vakansie. Kan nie wag nie! Geniet die vakansie wat kom almal!!!!!!!!!!!!!!!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2007 @ 19:21:35 pm
Johan
New Member
14% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 29 Nov 2007
Hi, Ek gaan die Des vakansie vir die eerste keer met 'n Colt 2.8TDi bakkie sleep. Het iemand ondervinding van die Colt Diesel as sleep voertuig. Dit is ons eerste Karavaan vakansie en ek wil 'n idee he van wat om te verwag met die Colt. Groete Johan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2007 @ 06:58:59 am
Hans
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 02 May 2007
Ek het in 2000 vir my 'n nuwe 2.4i Colt gekoop, baie probleme gehad en in 2001 het Mercedes vir my 'n nuwe een gegee. Toe begin die groot troubles, drie ratkaste... derde ratkas 2 keer uitgehaal....... lang storie. Na 6 jaar met 2 nuwe Colt petrol bakkies was daar nie een dag wat hulle reg was nie. Van sleep wil ek nie eers praat nie. Swaar op brandstof soos 'n V8, tot 5km/l gekry met 'n kleinerige wa, Fleetline XL. In 2006 was ek keelvol hiervoor en het vir my 'n 2002 2.5 TD intercooler 4x4 DC Ford Ranger gekoop. Moes dit 6 jaar terug gedoen het. Fantastiese voertuig. Tussen 9 en 10,4 km/l sonder die woonwa en 6,5 en 8,5km/l met my Penta. Onderhoud is baie goedkoper en ek kry selfs deesdae kans om my eie bakkie te was want hy is nie elke week in vir herstelwerk nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2007 @ 15:25:16 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Het 2.8 TDI colt gehad en met hom gesleep. Al wat ek wil noem is dat ek is baie bly iemand het hom gesteel na ongeveer 7 maande se gebruik kon toe weer 'n Mazda (tweede een) op daai stadium koop NOOIT WEER 'N COLT NIE. Hy het wel krag om te sleep maar uit persoonlike ondervind weet ek daar is beter. As jy eers bederf was sal jy moeilik met die mindere klaar kom. LEON
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2007 @ 20:03:35 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6428
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years
My vrou se werk het ver haar n Toyota 2000 nuwe bakkie gekoop ek brobeer toe die karavaan laas naweek en was verbaas die 2000 petrol het hom goet gedra. Classique is nie so lig nie het so 110kpu gesleep en 7 kpl gekry maar dit pla my nie, haar werk betaal die petrol. Dis n bargen, Willem
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Dec 2007 @ 11:32:38 am
Neels
New Member
11% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 01 Jun 2007
Ek het met 'n dubbelkajuit Toyota KZ-TE so 5.5 km/l gemiddeld Kaap toe en terug gekry (teen 100 - 110 km/uur,ek sleep 'n Penta van Centurion af). Toe laat installeer ek 'n intercooler by SAC en kry 5.9 km/l maar kry dit reg om teen 110 - 120 km/u te sleep (behalwe as die son werklik warm is - dan is die krag maar weer wat dit was voor die intercooler.) My naam was vroeg genoeg op die waglys en toe kry ek 'n Fortuner 3L diesel. Met 'n stertwind tussen Beaufort en Colesberg kry ek to 8.2 km/l en met en kop wind (terug) kry ek 6.5 km/l. Die groot verskil tussen die KZ en Fortuner was die brandstof gebruik en krag, in die KZ weet jy van die wind maar met die Fortuner kom mens nie die wind agter nie (dis nou as jy nie na branstofgebruik kyk nie.) Die Fortuner het eenvoudig te veel krag vir die Penta en die versoeking is heeltyd daar om te vinnig te ry - iets wat ek nie van die KZ kon s nie. As ek na die Navara & Pathfinder se NM en KW kyk lyk dit of hulle self nog beter sal doen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2008 @ 14:32:34 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Hallo daar Neels. Alles is weer terug na normaal toe en ek lees toe gou weer hier op forums. My Navara het my gemiddeld so 8.2 Km/l oor 'n totale afstand van 5343 Km gegee hierdie Desember. Dit sluit in sleep, 4 x 4 ry by vleesbaai vir 5 ure lank en algemene rondrits. Baie in my noppies. Verbruik het bietjie verswak namate dit tyd was vir die 15000 Km diens. Gee hom in by Knysna Nissan, daarna weer tops. Sleep die naweek weer die wa net om die skielike stop van die vakansie atmosveer effens ligter te maak. Leon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2008 @ 15:44:29 pm
Erik
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 26 Jun 2007
VOORSPOED VIR 2008 Nou toe waar is die ander manne se kommentaar Ek is beindrik met die FORTUNER. Oulike wa en nie net ek se so nie Beste van my ondersoek Groete Erik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2008 @ 16:00:24 pm
Jos
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 12 Jun 2007
HI Erik, ek het ook met 'n double cab Isuzu gesleep, maar nou is en bly ek by my Benz C220 Cdi A/t. Hy sleep lekker!!! Die diesel verbruik hardloop duskant die 11km/l en krag is nooit 'n probleem nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2008 @ 14:35:18 pm
Anton
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 29 Oct 2004
Hi, Almal Dis interesant om al die opienies te sien, weet een van julle dalk wat die Nissan XTrail doen as 'n sleep voertuig? Dankie Anton
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2008 @ 07:27:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
As ek reg is kry jy hom ook in 'n diesel. Die enjin hoor ek by 'n mede karavaaner is sterk genoeg maar het 'n probleem gehad met stabielietyd. Die voertuig trek met sy voorwiele, met vering wat toegespits is op rygenot en met die Jurgens Fleetline op sy stert was die voertuig baie los op die pad. Hy het toe die 4x4 funksie gebruik wat baie gehelp het, probleem toe is sodra hy oor 100km/h gegaan het dan skakel die 4x4 funksie self af. Ek moet ook darem se hy het die info in April 2005 by Balito aan my oorgedra. Weet nie of Nissan al iets in die tussen tyd verander het nie. Leon.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2008 @ 23:13:21 pm
Bennie
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 24 Jun 2007
Ek het almal se opinies vreeslik geniet, maar ek bly maar 'n "petrol head"'. Ek het al gesleep met 'n 2.8 TDI Colt, en by geleentheid met 'n Vito en ook 'n Ford 2.5TD. Tans is ek op my 2de Colt 3L V6 D/C. Ja, ek moet erken, ek kry selfde meer as 5km/L as ek sleep(nie minder as 110km/h), maar dit is 'n klein prys om te betaal(hou ook herstel en onderhoud kostes van diesels in gedagte) 'n KLEIN prys mag jy vra? Wel, as ek met my woonwa en gesinetjie halpad by 'n vragmotor verby is, en skielik verskyn 'n motor van voor, wil ek nie lees van geweldige wringkrag teen 1800rpm en goeie brandstof verbruik nie, nee ek wil op 3000rpm nog 'n rat kan terug gaan en gaan draai by die 6500rpm terwyl die sesprop vir my sing en die versnelling wat ek kan voel, my uit 'n lelike verknorsing red. Ek het ook onlangs 'n 5.8L Ford F100 aangeskaf, en kan nie wag om met dit te sleep nie! Just a thought, use it, don't use it!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required