English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 405
Total Replies: 232 489
Total Views: 82 431 578
topics: 135
replies: 2 097
views: 47 901
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Dienskostes

replies: 21
views: 373
15 Aug 2019 @ 08:48:49 am
Skonk
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 36 years

Goeie Dag,

 

Ek is die eienaar van n Jurgens Safari XT140 boswaentjie en wil dit n standaard diens laat ondergaan.  Ek het twee plekke (een privaat) genader vir kwotasies maar ek kan amper nie glo die pryse wat ek gekwoteer is vir wat gedoen word nie.  Ek wil graag van die lede wat soortgelyke waentjies het wat hulle as 'n regverdige bedrag beskou vir basies n "Chassis/Wheel Service".. 

 

Dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2019 @ 14:13:17 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8198
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

 Dag sê. 

Ek het een vir 6jr gehad. 

Sien jy bly by die see, hoe vêr dat die see lug n invloed op die wiellaers kan he vir roes. 

Verder is daar niks wat jy hoef te diens nie. 

Haal die wiele af en inspekteur die wiellaers niks fout, Hak en gaan Kamp. 

Hulle wil net jou geld vat en n gat in jou kop praat. 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2019 @ 14:49:09 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Dit hang alles af van die hande wat daaraan werk en hoeveel jy voel is daai hande vir jou werd in gemoedsrus.....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2019 @ 14:58:13 pm
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 255
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Diens jou XT self dan weet jy hy is regtig gediens en goed gediens.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2019 @ 16:07:54 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2544
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek stem met Chuck Norris en Frikkadel saam.  Dit is selde nodig om meer aan die laers te doen as om net te kyk hoeveel speling daar is en of dit dalk raas as die wiel draai.   As jy self aan die laers gaan werk, doen dit net as jy weet wat jy doen.  Sommige karavaanhandelaars weet nie eers hoe om dit reg te doen nie en jy kan dalk na die tyd probleme hê wat jy nie vantevore gehad het nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2019 @ 16:32:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14160
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek stem met Chuck Norris en Frikkadel saam.  Dit is selde nodig om meer aan die laers te doen as om net te kyk hoeveel speling daar is en of dit dalk raas as die wiel draai.   As jy self aan die laers gaan werk, doen dit net as jy weet wat jy doen.  Sommige karavaanhandelaars weet nie eers hoe om dit reg te doen nie en jy kan dalk na die tyd probleme hê wat jy nie vantevore gehad het nie.

Dis juis my probleem. Ek het nog nooit aan wiel laers gewerk nie en sal skrikkerig wees om dit self te doen. Maar aan die anderkant soos jy noem van handelaars wat ook nie weet nie.....Desember alleen het ek fotos van gevalle van 6 verskillende karavane gesien wat se wielaers gefaal het en wiele wat afgekom het....en dit nadat dit deur baie bekende handelaars gediens is. Meeste al op kort afstande na die diens.....afstande soos 100=200km. Dis net rekord van kampeerders wat op sosiale media hul probleem gedeel het.....hoeveel is daar nog waarvan ons nie weet nie? Dan voel ek om dit net te los gee vir my beter gemoedsrus.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 05:50:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14511
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goed vir daai tipe werk sal hulle niks minder as R400 per uur vra nie.  As jy die werk reg doen gaan dit jou ongeveer 'n uur en 'n half neem dus gaan jy R800 vir arbeid betaal.

Dan moet consumables, onderdele en belasting by kom.  So dit sal nie onder R1500 vir die joppie kos nie.

O ja en moenie van die suid afrikaanse uitbuit tarief vergeet nie.

Maat van my in Bloemfontein wat die werk toe oë kan doen werk op R1200 per as volgens wat ek laas met hom gepraat het.  En dit is al meer as 2 jaar terug.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 07:19:12 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1309
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

You will have to set the brake as well.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 08:15:48 am
Skonk
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 36 years

Dankie vir al die raad, ek het ook gedink ek moet maar eerder self die werk doen in stede van iemand anders nadat ek gekwoteer is. Chuck ek is naby die see maar my waentjie se wielle word gereeld gedraai sonder enige geraas so ek glo darem nie die laers moet vervang word nie.  Leon as ek na my kwotasies kyk dan is daar beslis reeds "SA Uitbuit Heffings" bygevoeg.

Nogmaals dankie & lekker kamp

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 09:06:28 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1605
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

As daar nie play of geraas op bearings is nie los hulle moet nie krap waar dit nie jeuk nie. My gevoel as jy bearing uithaal sit nuwe een in. Meeste van die waens wat so langs die pad staan met wiele verloor deur bearings sal jy sien was onlangs gediens.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 09:10:14 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2544
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

As jy nie weet hoe om die laers REG te diens nie, moenie eers daaraan dink om dit te probeer doen nie! Dis nie werklik moeilik nie en dit is eintlik nie ooit nodig om die laers te vervang nie, tensy iets uitsondelik hulle getref het.  Onthou met motors, wat gewoonlik baie meer kilos opsit as karavane, is daar nie eers 'n voorgeskrewe tyd om laers, of selfs ghries, te vervang nie.  Dit is dus slegs miskien nodig om die laers te herpak, en dit ook maar net by uitsondering.  Die deel wat dalk meer as eenmaal gedoen kan word, is om die speling te stel, maar eenvoudig soos dit klink, is dit waarskynlik die gevaarlikste operasie en die rede waarom aste breek, so bly weg! 

Probeer eerder by iemand uitkom- nie noodwendig 'n werktuigkundige nie, maar iemand wat weet wat hy doen, en werk saammet hom.  As jy eenmaal gesien het hoe om dit reg te doen, behoort jy nie 'n fout te maak nie.  Ek sal eerder nie hier beskryf hoe jy te werk gaan nie- netnou verstaan iemand verkeerd en maak 'n gemors en verloor sy karavaan.

Ek vermoed ons ouer manne wat deur die jare ons eie voertuie gediens het omdat ons nie kon bekostig om hulle te laat diens nie en omdat ons daarvan gehou het, of omdat ons meer vertroue in onsself as in die werkswinkels gehad het, weet hoe om sulke dinge te doen.  Deeesdae se motors is egter so ingewikkeld dat jy nie juis iets self kan doen nie, so ek vermoed kundige "back yard mechanics" is iets wat aan die verdwyn is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 09:17:05 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 255
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Ek wou nou tik wat Fred hierbo noem.

Laat iemand wat weet hoe om dit te doen jou wys hoe om dit te doen, dan is jy gesort vir altyd.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 12:05:28 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 863
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek is maar "tegnies gestrem" en laat my wa bykans jaarliks diens by die amptelike agente. Dit gee my maar net gemoedsrus wanneer ek die langpad vanuit die Boland tot in die Laeveld vat. En ("touch wood") het ek nog nooit 'n probleem langs die pad ervaar sedert ek, bykans jaarliks sedert 1994, langpad sleep nie. Die ergste wat nog gebeur het, was toe my yskasdeur vanjaar, tussen Maroela (Krugerwildtuin) en Eiland Spa, afgekom het - wat uiteraard niks met die diens uit tr waai het nie. En verder het ek 'n kraak in die vloer wat die agente nog nie behoorlik kon oplos nie. Hulle't nou-al drie aandag daaraan gegee en "charge" my nie daarvoor nie. Maar andersins betaal ek maar die koste (R2 000+) bykans jaarliks - en toer met gemoedsrus.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 12:33:37 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4343
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek kan net byvoeg al het mens die laers nog nie voorheen gedoen nie kan mens die handleiding wat SKF op die web het sowel as die vele videos op youtube gebruik. Daar sal mens presies sien hoe jy ghries moet indruk op die rollers. Hoe styf jy moet draai. Dit is nie rocket science nie. As mens dan voel jy kan dit nie doen kry goeie verwysings van iemand wat dit by die huis vir jou doen en kyk dan wat word alles gedoen.

My siening is meeste laers behalwe op bote se wiele wat in die water kom kan laers maklik tot 10jr en meer hou. Kyk net vir speling en ghries en ja hou die temp dop as jy sleep want daar is baie tyd om betyds iets te doen as hulle warm word. Soos Geert genoem het pak baie laers op binne 2 ure nadat kundiges daaraan gewerk het.

Elke motor werkswinkel kan dit ook doen want behalwe vir die remme is die laers net soos die meeste agterwiel aandrywing voertuie. Karavaan plekke vat mense vir 'n ride om kwansuis jou gemoedsrus te gee.

Elke ou se keuse om te leer en self seker te maak die laers word nie warm nie - nog meer direk na dit gestel of vervang is. Nie iets wat die werkswinkel kan doen nie.

2 stelle laers sou ek skat kos omtrent R350-R450. Arbeid behoort nie meer as R600 te wees nie.

Fred jy het self al baie meer gekompliseerde werk aan jou voertuie gedoen as juis laers. Mens moet nie skrik net omdat die skade groot kan wees nie. Tyd is aan jou kant om betyds voorsorg te tref sou daar 'n probleem wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 13:00:46 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2544
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Twee van my kollegas het self hulle karre se vooerwiellaers probeer diens en beide het waarskynlik die moere te styf vasgedraai.  Beide se aste se punte het afgebreek, een in die nag naby Harrismith.  Daarom sê ek moenie lol as jy nie weet wat jy doen nie.  En soos jy tereg sê, laers hou baie lank mits niks eienaardigs hulle oorkom soos dat jy dalk die as buig deur oor 'n klip of teen 'n sypaadjie vas te ry.  Die meeste wat redelikerwys gedurende 'n karavaan se leeftheid gedoen hoef te word, is om die speling te stel as dit te los raak maar hoewel dit eenvoudig is om dit reg te doen, is dit uiters gevaarlik om mee te lol as jy nie weet hoe nie.

Ja ek het deur die jare aan meeste dele van my en familie se karre gewerk, maar die nuwes raak bietjie ingewikkeld en die take wat ek deesdae kan doen, raak al minder.  Miskien ook omdat ek ouer word en bietjie lui raak vir die harde werk.foot-in-mouth

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 13:32:27 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4343
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Elkeen het maar sy teorie oor hoe styf jy moet vasdraai. As mens hierdie gids van SKF volg behoort dit piekfyn te wees. Ry so 3km en lig weer die wiele op en voel weer of daar nie spelings is nie na die laers onder vrag gedraai het en ek is seker as daar nie te veel ghries ingesit is nie behoort als goed te wees - maar voel steeds daai temp elke uur net om seker te maak veral op die 1e rit. Dit geld ook as kundiges die werk gedoen het.

Ek wonder net of die 2 persone hul huiswerk gedoen het voor die tyd. Ek is seker dis nie verteenwoordigend van alle nie gekwalifiseerde mense wat al laers gedoen het nie.

Fred ja vandag is daar nie veel wat mens kan doen nie maar die laers, vonkproppe en al die olie dienste kan mens meestal self doen.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 13:35:28 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Die meeste skade en ongelukke kom agv van mense wat rondkrap met laers deur dit te diens en te laat diens.   Die gemiddelde karavaan word seker tussen so 3000 - 5000km per jaar gesleep.   Dis baie min in vergelyking met voertuie.   Ek persoonlik het al baie karavane besit en nog nie met een se laers rondgekrap nie.   Ek stem---As die karavaan ouer as 15 jaar is sal ek dit laat doen deur gekwalifiseerde mense en dan weer uitlos vir die volgende klomp jare.

Ek gaan my karavaan goed deur en gries die nodige plekke en hou my hand op alles van remblokke, rem handbriek stel , ens.   'n Ou gewoonte is dat ek met elke stop die temperatuur voel op die rim en bande.  Jy sal verseker 'n foutiewe laer vroegtydig optel aan die hitte op die rim en drom.   Alles word vuurwarm.  

Ek verstaan daar is mense wat 100% gemoedsrus wil hê dat alles reg is maar laers is een ding wat meer probleme gee as jy daarme rondkrap.  Ek persoonlik diens eerder my vrou se automatiese wasmasjien as wat ek rondkrap met laers.  Maar weer---elke man doen wat hy goedkink.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 13:50:48 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4343
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Zack ek deel jou gevoel 100%. My Ventertjie het nou sy laers sonder nuwe ghries vir meer as 25jr. Geen rede om daar te krap nie. Nog nooit speling gehad nie en ook geen onegalige draai beweging nie.

Daar is altyd 'n vergrote risiko die oomblik wat jy dinge versteur wat REG is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 18:51:27 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4343
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek het iemand wat 'n motor werkswinkel het en ook woonwaens se remme stel en ek glo baie goeie werk lewer gekontak en die arbeid is R450 per 2 wiele. Dis iemand wat ook al hier aanbeveel is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 18:58:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14160
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het iemand wat 'n motor werkswinkel het en ook woonwaens se remme stel en ek glo baie goeie werk lewer gekontak en die arbeid is R450 per 2 wiele. Dis iemand wat ook al hier aanbeveel is.

Danie. Kom hulle uit na jou huis toe of moet jy jou wa inbring?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 23:49:11 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4343
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Nee jy moet 'n afspraak maak en seker maak die woonwa word dieselfde dag gehaal. Dis 'n gewone werkswinkel in Lyttleton.

Die eienaar is al meer as 35 jaar in die bedryf as werktuigkundige/eienaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2019 @ 05:01:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14160
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Nee jy moet 'n afspraak maak en seker maak die woonwa word dieselfde dag gehaal. Dis 'n gewone werkswinkel in Lyttleton.

Die eienaar is al meer as 35 jaar in die bedryf as werktuigkundige/eienaar.

Dankie👍

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required