English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 519
Total Replies: 252 680
Total Views: 83 243 534
topics: 87
replies: 1 763
views: 192 735
Share your best or worst experiences to help others out.

Diefstal

replies: 25
views: 7445
04 Jul 2016 @ 11:05:15 am
Sarel / Marietjie
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 59
Joined: 01 Feb 2014
Experience: 6 years
Hi julle.

Laasnag hier by Tshipise die draad netjies geknip. Ingekom en n fiets, verkyker en ander goed gesteel van mense wat die rustigheid kom soek. Dit is om mens regtig die duiwel in te maak. Nou moet alles soos Ford Knox toe wees en jy slaap onrustig.

Groete
Sarel
Dankie Jesus vir die voorreg:
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 11:06:55 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Baie jammer om te hoor dat ons nie meer rustig kan kamp nie.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 11:37:54 am
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 816
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 29 years
Dit maak mens die duiwel in maar wat kan ons doen oral is ons teikens van misdaad en al ons belasting geld word gemors
Diederik Strachan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 12:06:19 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Alles so onnodig. Het al op ander plekke ook gebeur. Dit is een van die redes waarom ek nou net 'n awning het en twee stoele pak ek in die kar oornag. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 12:57:33 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ek het 'n ruk trug 'n kabel alarm in die Kruger gekoop, ek hak die kabel deur als wat buite staan, (tafels en stoelle ens) sodrae die koneksie gebreek word skree die ding soos 'n maer vark.

Maar ja soos julle hierboo vrae hoekom? 

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 13:00:13 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9753
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dis nou skade wat jy nie van wil praat nie, maak foute, en as jy iets se is jy in die moeilikheid..

Sterkte.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 13:24:00 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ai tog, dis n jammerte dat die dinge al hoe meer gebeur.  In ons tent het ons gewoonlik heelwat goed, insluitend die TV en dekodeerder.   Boonop adverteer die skottel, wat buite staan, die feit dat daar 'n TV is.  Dan ook 'n gasstofie en mikrogolfoond, behalwe die stoele en tafels.   Wie het nou lus om die goed elke aand weg te pak.   Ek dink ook, dit hoef nie altyd iemand te wees wat van buite af inkom nie.  Ander kampeerders kan ook die skuldiges wees.

👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
04 Jul 2016 @ 13:29:14 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1830
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years
Sekuriteit gaan 'n al groter "issue" in ons kamplewe word en ons moet maar altyd daarop bedag wees om ons eiendom te beveilig. Dit geld veral vir langkampers wat somtyds alleen en vêr van mekaar staan in die oord. Ons het bewegingsensor alarmpie by Builders vir R180 gekoop en plaas dit op die tafel onder die tent as ons gaan slaap. Hy skree dat dit bars as daar beweging (aap of mens) onder die tent is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 13:38:11 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ons kampeerders is mos innoverende mense, ons maak mos planne.  Ek weet Wilsur plant weer 'n redelik goedkoop alarm-ogie in sy tent wat onwelkome besoekers (ape en diewe) verwilder as hulle dit waag om in die tent te beweeg.  'n Ander ou het weer 'n fris lig wat deur 'n bewegingsensor geaktiveer word.  Wanneer iemand by die tent kom verlig alles en jy word binne wakker  -  dit skrik nagsluipers onmiddellik af.  Of jy maak soos Back Packer hierbo omskryf.

Om op mekaar se skouers te huil gaan nie die probleem van diefstal stopsit nie  -  dink eerder en implimenteer nog innoverende afskrikmiddels en deel dit met ons almal.

(Ek sie Heidrich het hierbo ook 'n plan gemaak)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 15:10:29 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Jare terug het die bure n tuisgemaakte haelgeweer in die mielielande ve die ystervarke gestel. Een nag hoor ons die skoot afgaan en volgende dag gaan kyk.... bloed spoor na die bure se statte. Vandag se tyd gaan jy tronk toe.
Hulle se jy moet koringpitte in patrone laai. Dan groei die are in die "ystervarke" se boude. Dan volg jy net die bewegende koring are.

Net n grappie. Hehehehehe.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 15:55:08 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 396
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 15 years
By builders kry n mens n security sensor lig wat drade het vir n 12 volt siren so die lig aan gaan skreeu die 12 volt siren ook dan is daar lig en n alarm wat skreeu behoort ook te werk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 17:11:46 pm
Duncan
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1413
Joined: 06 Apr 2010
Experience: 39 years

Sirens spoil the peace for others ?

Just get pvc covered S/Steel wire rope with some eyes and a stroooonggg padlock. Thread thru your stuff and our friends will look elswhere.

Do it now. We have 20 million unemployed folk out there.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 22:33:23 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ja/nee...dis n groot jammerte. Sal maar seker in die toekoms al hoe meer voorsorg vir sulke gevalle moet tref. 😢
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2016 @ 08:29:01 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
By builders kry n mens n security sensor lig wat drade het vir n 12 volt siren so die lig aan gaan skreeu die 12 volt siren ook dan is daar lig en n alarm wat skreeu behoort ook te werk

Ek dink goeie plan. As die ding begin skree dans almal reg ve aksie. Seker dit sal help.
Imagin klomp kampers met haelgewere en oumense met kieries.
Ons gaan lekker gees vang.
Ek het n "watchdog " groep in die komplx, as daa iets verdag is dan rapporteer iemand en n klomp studente en tantes met met pajamas spring uit.
Moet as jy kamp by so n plek n wats app groep begin ve die tyd wat jy daar is. Byv. Oom Koos by no.88. As hy rapporteer dan weet ander waar om te cover.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2016 @ 10:36:49 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4736
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Ja sukke ouens se vingers moet gebreek word sodat hy nie weer steel nie mokket
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2016 @ 16:12:50 pm
FlipnTilla
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 451
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

Tydens ons Februarie 2016 kamp by Struisbaai het 'n maatjie by 'n groep Bo-Kaapse vissermanne ingebreek en selfone en rekenaars gesteel.  Hulle het woonbuurt tot opgeruk en maatjie met al die gesteelde goed opgespoor.  Soos wetsgehoorsame burgers moet doen het hulle hom op 'n bakkie gelaai en SAPD toe geneem.   Oppad val hy toe so sleg van die bakkie af dat alby sy arm breek.

Glo nog nie weer probleme by Struisbaai gehad nie.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2016 @ 18:04:00 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Ja daardie paaie is maar sleg en dit was seker n ou bakkie wat harde vere het. Arme man.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2016 @ 10:39:37 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1830
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years
Ons het maar vanoggend ons duur elektroniese toerusting en fietse op alle risiko verseker vir die drie weke wat ons weggaan. Wil nie kanse waag nie. Jy vergeet net jou ipod op die tafel in die tent en iemand gaps hom.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2016 @ 17:33:01 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Kan jou verseker dit is iemand wat daar werk. In die dag word rongeloop om kamstig hier en daar te help en in die aand word die goed kom haal wat die oog gevang het.

Een van die dae gaan ons moet laer trek soos in die ou dae en buurtwag instel in ons kampe ook.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2017 @ 21:13:41 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years
Gister aand my besem uit my tent gesteel hier in Badplaas. Gelukkig het ek die tv in die karavaan toegesluit. Nugter weet hoekom hulle nie van die ander goed gevat het nie.
🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 08:23:25 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Gister aand my besem uit my tent gesteel hier in Badplaas. Gelukkig het ek die tv in die karavaan toegesluit. Nugter weet hoekom hulle nie van die ander goed gevat het nie.


Hi John.
Eks vandag in n grappige bui.

Die besem gesteel.. ou het syne by die huis vergeet of jou besem is n nuwe een 😎😎😎
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 09:51:05 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years
Het Liewe Heksie nie dalk by Badplaas rond gedwaal nie en moes dalk skielik vlug voordat sy ondek word en het sommer die naaste besem gegryp nie?☺
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 09:54:37 am
GUS 555
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 148
Joined: 18 Jan 2016
Experience: 25 years
Ja sy het n nuwe kar ge-Hijack LoL
Work interferes with my Holidays
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 20:01:12 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Dit raak nag hier in SA. Wat gaan ons maak? ons sal beslis mekaar moet raad gee. Misdaad neem net viniger toe.

 

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 20:25:54 pm
Piet Pad
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 16 Feb 2016
Experience: 33 years
Oom Koos. Jy laat my nou lekker lag. Ja ons sal maar voorsorg moet tref--- of ons nou wil of nie. Soo hoor ons die eerste nag by Broadwater ń vet lawaaai in ons tent. Ek vlieg op en soek die skelm/s - niks. Die volgende oggend ontdek ons die tentligte se drade is met die geweld van die baterypole afgeruk. Die vetste maar vetste Vrystaatbees biltong is weg. Net om 2 aande later uit te vind die skelms is ..... OTTER se kind uit die Vaalrevier. N alarm sou hulle verseker tot oorkant die Vaal geskrik het.
'n Glimlag is gratis!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 20:36:49 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Piet nou weet jy minstens waarmee om n Otter te vang.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za