English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 767
Total Replies: 269 359
Total Views: 83 846 702
topics: 12 294
replies: 149 224
views: 39 661 697
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Die voorbeelde wat kinders navolg

replies: 14
views: 340
20 Jun, 2021 @ 16:45:12 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1878
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Ons woon in 'n land waar derduisende kinders sonder vaders groot word.

Ek wonder soms hoeveel van die kriminaliteit, verkragting, vroue en kinder mishandeling, demonstrasies, vernietiging van eiendom en die stel van eise kan daaraan toegeskryf word.

Kundiges sê mos kinders doen nie wat hulle aangesê word om te doen nie, maar doen volgens voorbeelde wat vir hulle gestel word.

Vandag se kinders is more se volwassenes. Dit gee mens stof tot nadenke. 

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun, 2021 @ 22:11:06 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 235
Joined: 26 May, 2017
Experience: 5 years

Ek wil dit graag glo (oor die kundiges), maar uit eie ondervinding is dit twak. Meeste gesinne het een "anderste een". Groot gemaak deur dieselfde ouers, en steeds haak hulle uit. Ons as ouers blameer onsself oor die een moeilike een, terwyl die res van ons kroos 'n lewe maak na aanleiding van ons voorbeeld. Kinders doen wat wat hulle wil (onthou jou eie jong dae). Ons anderste een is nou besig met haar 2de graad: maar dit het niks met ons of ons voorbeeld te doen nie. Dis blote genade van Bo.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun, 2021 @ 08:00:59 am
Anonymous

Ons woon in 'n land waar derduisende kinders sonder vaders groot word.

Ek wonder soms hoeveel van die kriminaliteit, verkragting, vroue en kinder mishandeling, demonstrasies, vernietiging van eiendom en die stel van eise kan daaraan toegeskryf word.

Kundiges sê mos kinders doen nie wat hulle aangesê word om te doen nie, maar doen volgens voorbeelde wat vir hulle gestel word.

Vandag se kinders is more se volwassenes. Dit gee mens stof tot nadenke. 

10 uit 10 Pieter.  My Zulu vriend het jare terug al dit beaam.  Swart mans het ver van hulle huise in myne gaan werk om huishoudings aan die gang te hou.  Seuns het van die leerlinge afgedwaal omdat daar nie 'n vaderlike figuur was wat leiding moes gee nie.  In baie gevalle het jong seuns in opstand gekom teen die ma wat slegte gevolge gehad het oor die lang termyn.

Deesdae sien ek die tendens ook in ons eie wit gemeenskappe.  Pa werk oorsee en kan nie die nodige leiding gee aan jong seuns nie.  Tesame met dit is daar is baie hoe egskeidings syfer in Suid Afrika. 

So kan ons aangaan en aangaan met feite.  Kerke word afgeskeep en as outyds bestempel.  Gin wonder alles val op die grond nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun, 2021 @ 11:31:52 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5120
Joined: 11 Dec, 2013
Experience: 37 years

Ja dis n saak wat beide kante toe gaan ek glo ook die lewe bestaan uit besluite en daai besluite kan ons as ouers nie altyd doen vir ons kinders nie

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun, 2021 @ 14:46:50 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1279
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Ek het maar n harde houding oor "beide kante" van hierdie saak. Ek weet van kinders wat uit n skitterende Christelike gesin uitkom wat net eenvoudig uithak omdat hulle uithakkerig van ge-aardheid is, en klaar.  Ek voel vir hulle vere.

En dan kry jy kinders wat uit die dieptes van elende kom wat die hoogste sport bereik. Ek het die hoogste agting vir hulle. 

Ek is ook keelvol vir die dinge wat sommige jong ouers doen wat bloot net commin is, en die kinders ervaar dit en aanvaar dit. Armgeit is erg, maar vuilheid is nie nodig nie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun, 2021 @ 14:58:34 pm
Anonymous

Kinders doen wat pa en ma doen.   Dis die voorbeeld wat jy stel.

Hoe kan 'n pa wat rook en drink vir sy seun preek om nie te rook en te drink nie.  Die seun sien en doen wat die pa doen.

Nou die dag was 'n vriend baie kwaad toe hy uitvind sy seun rook skelm.  Hy het hom 'n lekker loessing gegee.  Ek wonder net toe die pa die kind se gatvelle afgetrek het of daar 'n sigarette in die pa se mond was.  

Die beste voorbeeld wat jy vir jou kind kan stel is om reg te lewe.    Hoeveel kinders het al 'n pa op sy kniee gesien?   Dan verwag ons dat hy dit as 'n kind moet doen.   Alles opvoeding kom neer tot die voorbeeld wat jy stel.

Onthou jy as pa is veronderstel om jou kind se hero te wees.  Tree so op.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun, 2021 @ 15:33:25 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1878
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Meerkat sê: "Ek wil dit graag glo (oor die kundiges), maar uit eie ondervinding is dit twak."

Meerkat, my raaiskoot is dat ek met groot oortuiging Pareto se Wet op die kundiges se stelling van toepassing kan maak, d.w.s. 80% sal geneig wees om die ouer se voorbeeld na te volg en 20% sal dit nie navolg nie, of ten minste volwassenes se voorbeeld - goed of sleg. Op hoërskool het ek en my beste pêl ons pa's se sigarette gegaps en met groot moeite en 'n gesukkel leer rook. (Ek het later jare meer gesukkel om op te hou). 

'n Siening wat ook my belangstelling gewek het was dat jy die gemiddeld word van die vyf mense met wie jy die meeste tyd saam deurbring, Gedagtig aan die invloed wat maats op 'n kind kan hê klink dit vir my nogal sinvol. Maar soos Meerkat tereg verwys, daar is ook uitsonderinge. 

 

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun, 2021 @ 21:16:38 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Omte rook en drink is nie verkeerd of n sonde nie.

Ja, dit is nie gesond nie,  daarmee sal ek saam stem sou jy dit oordoen. 

Veral rook, bly weg. Maar n glasie n aand kan geen skade doen.

In die boek staan geskryf wat verkeerd is en sonde is.

 

 

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun, 2021 @ 22:00:20 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 235
Joined: 26 May, 2017
Experience: 5 years

Eindelik maak elke mens 'n keuse. Dit nadat ons "anderste een" se beste maat en vertroueling (haar broer, verongeluk het). Haar woorde: Ek moes kies, en as ek nie kies nie, maak ek ook 'n keuse. So leer selfs ons uithak-kinders ons lesse. Alle ouers maak foute, maar kinders moet ook verantwoordelikheid aanvaar vir hulle keuses. Geen ouer doen sy kind moedswillig skade aan nie. (Ek praat nou hier van die normale gesin, soos, hopelik, meeste van ons). Dis vir my erg dat jy as ouer vir al jou kind swak besluite moet verantwoording doen. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun, 2022 @ 05:48:05 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20000
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ouers het definitief groot invloed op kinders se gedrag. Tydens ons vorige kamp was daar kinders wat op oop staanplekke met hul bal skop. Kort kort beland hul bal teen ons karavaan en kar. Toe kom die bal teen ons kamptafeltjie en gevolglik val drink goed wat daarop is, om. Ouers staan ek kyk hoe dit gebeur. Toe kind sy bal kom haal, sê ons hy moet op ander plek gaan bal skop.....al terugvoer wat ons kry is n grinnik op die klein knapie se bakkies. Die ouer sê ook nie vir kind...sê jammer vir die oom of tannie nie, staan net en kyk. As hierdie kind eendag groot word....hoe gaan hy sy kind maniere leer as hy self nie eers geleer was nie? Die feit dat die kind nie jammer sê nie en jou so half in jou gesig uitlag is nie kind se fout nie....hy weet nie wat is maniere nie, want sy ouers het hom nie geleer nie. Miskien is daai ouers ook nooit maniere geleer nie....so hy weet ook nie wat om sy kinders te leer nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun, 2022 @ 16:21:26 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2341
Joined: 12 May, 2015
Experience: 50 years

Geert ek gaan nou n baie omstrede onderwerp aanroer en ek sal maar die pak vat wat ek gaan kry. Ek wil tog maar die kat in die duiwehok gooi. In ons kinderdae was Pa die broodwinner. Na skool kon ons nie ronddwaal nie. Reguit huistoe. Ma het ons ingewag met n bord gekookte kos. Skoolklere moes uit wat sy gewas en stryk het vir die volgende gebruik. Ons was n halfuur breuk gegun en dan het sy toegekyk dat ons "huiswerk" doen. Daar was bepaalde tye wat jy jou pligte moes doen........soos hoenders kosgee ens. Elkeen het n taak gehad. As Pa van die werk gekom het het ons as n gesin saam aan tafel geeet en daar was ons onbewustelik tafelmaniere ens geleer. Ons kinders moes beurte maak om die skottelgoed te was en op te ruim. Dit was min of meer die gebruik in alle normale huishoudings daardie jare. Toe ek begin werk het was daar net een vrou op die personeel........die tikster wat ook die skakelbord en ander takies verrig het. Meestal ouer dames of jong meisies. My vrou (staatsamptenaar) moes bedank toe ons gaan trou. Nou het die bordjies verhang. Die vroue kry al die belangrikke poste. Die mans het nie meer werk nie. Hulle vervul nie die moeders van destyds se pligte nie. Die mans is nie by die huis nie. Hulle dwaal in die strate en sjebeens die hele dag. Kinders gaan nie na skool huistoe en kry kos en leiding nie. Hulle word aan hulle eie lot oorgelaat. As die werkende vrou nou tuiskom is daar huismoles. Pa verdien nie meer nie en more moet hy sy ledige bestaan befonds. Ma moet geld gee........of. Die werkloosheid syfer is die hoogte in. Hoekom? Doerie jare was huisvrouens nie as werkloos getel nie. Hulle het n voltydse taak gehad. Nou het hulle die losloper mans se werke ingeneem en die mans word as werkloos geregistreer. Die mans is nie huishoudsters nie.......kinders word verwaarloos....klere word nie behoorlik na omgesien nie.......daardie agter die skerms opvoeding bestaan nie meer nie.  Ek sal seker nog n boek oor die goed kan skryf. Dit is maar net my eie gevolgtrekking en ek weet ek is nou daaroor in die moeilikheid. Ek is nogtans bereid om te luister en reggehelp te word waar my eie siening ook maar verkeerd gegaan het. Skiet maar ek sal aandagtig my pak vat........

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun, 2022 @ 18:06:28 pm
Warren G
Silver Member
55% Profile Strength
Posts: 64
Joined: 31 Jan, 2017
Experience: 12 years

...en nou is dit skielik stil...  😂 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun, 2022 @ 11:11:33 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2341
Joined: 12 May, 2015
Experience: 50 years

Warren toe ek die plasing gedoen het, het ek geweet ek steek my nek ver uit. Dit is n omstrede onderwerp en ek het nie regtig reaksie verwag nie. Veral nie van diegene wat nog in n werksituasie is. Ek het besef net die heel dapperes sal kommentaar lewer en neem niemand kwalik wat verkies om uit hierdie onderwerp te bly. Dit was maar gooi n klip in die bos ek kyk wat spring uit. Nouja dit lyk my daar was niks in die bos nie. Ek aanvaar dit so en blaas die aftog sonder n ordentlikke skrobbering oor my verkrampte gedagtes. 

 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun, 2022 @ 12:54:42 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20000
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Dis soos 1+1....as niemand vir kind leer dis 2 nie, gaan hy ook nie sy kinders kan leer nie, want hy weet self nie. Dieselfde met maniere....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun, 2022 @ 16:23:41 pm
Piet Ford
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 713
Joined: 05 Apr, 2019
Experience: 36 years

Ek het in n huis groot geword waar my pa en my ma gewerk het.  Ek en my suster moes (Ek,  van hoerskool dae) buerte maak om gedeeltes van die huis skoon te maak en wasgoed op te hang na skool.  Dan moes ons ons huiswerk gedoen het. En dan weer die kombuis skoonmaak na aand ete sodat my ma na die wasgoed en lunch bokse kan omsien vir die volgende dag.

Vriende van ons se ma's was by die huis en ander vriende se ma's het weer gewerk soos my ma gewerk het. Buide ek en my suster is redelik suksesvol (m.a.w. lewe redelik gemaklik vandag) en het ons eie kinders groot gemaak.  As ek kyk na van my vriende en ook niggies en nefies is daar van hulle wat goed af is en van hulle wat minder suksesvol is  en van hulle wat soos parasiete teer op hulle ouers en / of familie.  

So...wat het verkeerd gegaan met van my vriende van skooldae, nigies en nefies wat ek hierbo genoem het. Die antwoord is: ek weet nie regtig nie. Van hulle het uit goeie en ander weer uit minder goeie huis gekom. Van hulle kom uit huise waar die pa nie altyd daar was nie, ens. Dus sukkel ek om duidelikheid te kry van wat ek sover op die draad gelees het.  Dit lyk my daar is maar net daardie persoon wat nie daarin staat is om die regte ding (wat mens dit ookal wil noem) kan doen in die lewe nie.  Dit het so gebeur n 100 jaar gelede en dit sal so wees n 100 jaar verder. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required