English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 709
Total Views: 82 537 620
topics: 10 936
replies: 127 690
views: 38 956 639
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Die see is nie jou speelmaat nie

replies: 52
views: 735
page 1 of 2
04 Oct 2019 @ 13:43:23 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 271
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Soms gee die see en ander kere vat hy.  Vra maar vir elke visserman.

Sterkte aan die eienaar, my hart bloei saam met jou

Wees altyd versigtig en doen berekenbare dinge wat goed deurdink is voor die tyd.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 13:46:44 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 271
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Hier is nog een foto

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 13:58:11 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek wonder wat die ou op die strand gesoek het.  Ry op strande is mos verbode.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 14:26:23 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 271
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Ek dink dis nie binne Suid Afrika se grense nie. 

Ry op strande word toegelaat in Mozambiek en Sodwana maar met sekere permitte.  By plekke soos Durban kan jy op 'n klein stukkie langs die hawemuur ook jou boot op die strand insit. Sover ek weet moet die lauch plek (Klub) net geregistreerd wees.

Ek is nie seker op plekke soos die Weskus nie.   Ek het al foto's van kamplekke soos Tietiesbaai gesien waar daar amper op die sand gekamp word.  Dis pragtig en sal graag daar wil kamp.

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 14:33:02 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dit lyk amper asof dit 'n FORD was - hehehe

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 15:01:50 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 885
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Dit lyk amper asof dit 'n FORD was - hehehe

Amper praat ek nou my bek verby oor die ouens wat Fords ry. Maar hy's toe gezirts.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 15:05:04 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Tietiesbaai is inderdaad baie skilderagtig Danie.  Ons het net 'n paar tree links van die klein baatjie op jou foto gekampeer.  Wat jy sien is ook nie regtig staanplekke op die strand nie en dis eintlik een van die enigste strande in die reservaat, as jy dit 'n strand wil noem.  Jy voel of jy ver in die windernis is hoewel Paternoster maar enkele kilos daarvandaan is.  Desembers is dit blykbaar 100% beset met sowat driemaal soveel mense wat aansoek doen vir staanplek as wat daar beskikbaar is. Daar is heelwat staanplekke versprei oor die reservaat , sommiges tussen reuse rotse- regtig baie oulik.   Die ablusiegerioewe is egter maar skraal en warm water nog skraler met sonpanele wat dit aan die twee ablusieblokke verskaf.  Buite seisoen is dit nie 'n probleem nie, maar veiligheid is wel.  Mense stap volgens die kampbestuurder waarmee ons gesels het, sommer oor die duine en steel wat voorkom, ook krane en dies meer uit die ablusies.  Blomtyd toe ons so twee jaar gelede daar was- (nie gekamp toe nie)- was dit een van die beste blomplekke aan die kus.  Ek dink as jy buite seisoen gaan kamp sal dit raadsaam wees om saammet ander te gaan anders is julle dalk die enigste kampeerders.  Daar is ook nie krag nie.  Oor naweke is daar gewoonlik mense en dan is dit hopelik veiliger.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 15:05:07 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 271
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Chris ---Alles in 'n goeie gees.  Sê maar ons Ford manne kan dit vat.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 15:07:45 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1385
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Dit lyk amper asof dit 'n FORD was - hehehe

En jou punt is...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 15:10:52 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 271
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Ons kan 'n grappie vat komend van 'n groot Toyota man soos Chris.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 15:25:55 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

En jou punt is...

:)   :)   so voor die naweek aanbreek.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 16:11:54 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Groot geword langs die see. Oos Londen.

Altyd gese.......ek weet nie wat is die ergste nie...vuur of water??

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 16:34:37 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

Sal nie verbaas wees as die eienaar van die voertuig alleen op die strand gery het nie,slim vang sy baas

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 20:17:00 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

N mens besef nie die krag van water nie....

Veral die see.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 20:28:52 pm
Anonymous

Die nommerplaat op die Ford is MP.

My own experiences (plenty and once I nearly lost my live because of one !) of  cars with  MP  number plates:

"They don't  know what they are doing....."....and if they know....they do it

anyway....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 20:53:55 pm
Badger
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 195
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

I wonder if this sort of thing is covered the guy's insurance , for his sake I hope so.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 20:56:10 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 885
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ons kan 'n grappie vat komend van 'n groot Toyota man soos Chris.

Maar ek het mos niks gesê nie. sealed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 22:06:01 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dit lyk amper asof dit 'n FORD was - hehehe

Beslis n Ford Danie, Ek dink nie ander bakkies is capable om daar te ry.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 22:24:42 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Beslis n Ford Danie, Ek dink nie ander bakkies is capable om daar te ry.

John ek dink weer die Toys en L Rovers is veilig tuis coolcool

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 22:34:58 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 06:15:53 am
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Die nommerplaat op die Ford is MP.

My own experiences (plenty and once I nearly lost my live because of one !) of  cars with  MP  number plates:

"They don't  know what they are doing....."....and if they know....they do it

anyway....

Is dit nie 'n Mosambiekse nommerplaat nie ?.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 06:23:13 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Is dit nie 'n Mosambiekse nommerplaat nie ?.

 

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 07:17:54 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Nie nommers wat met n "A" begin in SA nie.

Tensy persoonlike no.

Dit kan Mozambique wees.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 07:19:03 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 885
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Is dit nie 'n Mosambiekse nommerplaat nie ?.

 

Ek dink jy's reg Geert.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 12:06:22 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Nie nommers wat met n "A" begin in SA nie.

Tensy persoonlike no.

Dit kan Mozambique wees.

 

 

Jin wen die raaisel. Dit is 'n Mosambiek reg no so dit moontlik op een van hul strande gebeur. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 12:53:53 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek verstaan nie die argument dat dit nie 'n Suid-Afrikaanse nommerplaat is nie omdat dit met 'n "A" begin.  Drie letters plus drie syfers plus 'n aanduiding van die provinsie, soos MP is tog die standaard Suid-Afrikanse registrasienommers en dit kan inderdaat met 'n "A" begin.  Wat wel aandui dat dit 'n Mozambiekse nommer is, is die kolletjie voor die MP wat 'n wapen is.  Sien

https://wikivisually.com/wiki/Vehicle_registration_plates_of_Mozambique.  Dier MP in dioe geval dui aan dat dit 'n Maputu registrasienommer is.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 14:00:18 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

[quote]1012,250177367[/quote

 

Nee Fred, jy is verkeerd. 'n Standaard Suid Afrikanse plaat bevat nie klinkers nie, 'n private plaat kan dit wel bevat

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 14:14:34 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Fred in die geval is dit 'n MOZ nommer maar ek weet nie of jy al SA plate gesien het wat met 'n A begin nie - behalwe "custom" nommers. Destyds met die T nommers vir Tvl is daar besluit om nie die A te gebruik en het hulle by B begin. Dis dalk moontlik steeds so.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 14:27:16 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

As dit so is, is ek onbewus daarvan nie. Die bron wat ek geraadpleeg het, sê ook niks daarvan nie.  Ek wil nie daaroor stry nie want ek het nie bewyse byderhand nie, so ek aanvaar julle is seker reg.  Kyk hierna:

https://en.wikipedia.org/wiki/Vehicle_registration_plates_of_South_Africa

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 15:22:13 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Fred ons stry nie. Ek dink ek en Jin maak moontlik dieselfde afleiding as dit met 'n A begin. Dit was 'n antwoord op jou vraag rondom die A. Soos ons seker almal al gesien het Wiki is 'n fantastiese bron maar nie altyd korrek nie..

Selfs hul syfers dat 'n induksie plaat omtrent 10-15% meer effektief is as 'n element strook ook nie met my tyd/krag toetse om bv 1L water te kook in dieselfde pot en dan die kragverbruik te meet. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 15:31:25 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Iets uit sosiale media cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 15:57:17 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 885
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Fred ons stry nie. Ek dink ek en Jin maak moontlik dieselfde afleiding as dit met 'n A begin. Dit was 'n antwoord op jou vraag rondom die A. Soos ons seker almal al gesien het Wiki is 'n fantastiese bron maar nie altyd korrek nie..

Selfs hul syfers dat 'n induksie plaat omtrent 10-15% meer effektief is as 'n element strook ook nie met my tyd/krag toetse om bv 1L water te kook in dieselfde pot en dan die kragverbruik te meet. 

Geen klinkers (A, E, I, O & U) word gebruik nie, behalwe in "persoonlike" registrasienommers.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 16:35:19 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Vroeer jare het Gauteng reg nommers gehad vir Motor Handelaars en dit het met n A begin. Dit was slegs tydelike nommer plate tot jou voertuig geregistreer is.

Weet nie of dit in onbruik verval het nie.

Die kleur van die nommer plaat op die voertuig hierbo dui aan op buitelandse voertuig. Moz of Botswana.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 19:23:52 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dankie Chris. Dit maak totaal sin. Ek het gedink iemand sal presies weet hoe daar besluit was. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 07:19:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek verstaan nie die argument dat dit nie 'n Suid-Afrikaanse nommerplaat is nie omdat dit met 'n "A" begin.  Drie letters plus drie syfers plus 'n aanduiding van die provinsie, soos MP is tog die standaard Suid-Afrikanse registrasienommers en dit kan inderdaat met 'n "A" begin.  Wat wel aandui dat dit 'n Mozambiekse nommer is, is die kolletjie voor die MP wat 'n wapen is.  Sien

https://wikivisually.com/wiki/Vehicle_registration_plates_of_Mozambique.  Dier MP in dioe geval dui aan dat dit 'n Maputu registrasienommer is.

 

Stemm nie saam oor die kolletjie nie.  So ver ek weet het die MP nommerplate van Mpumalanga nie op daai posisie van die kolletjie 'n wapen nie.  Oor die nommer is 'n blou horison streepie met 'n sonetjie as agtergrond wat die sons opkoms aandui.

Die letter "A" en "O" wat in die nommer voorkom kan in Suid Afika net onder die volgende omstandighede in 'n nommerplaat voorkom:

  • As dit 'n verpersoonlike nommerplaat is. "Personalized"
  • As dit "Garage" Plate is wat gebruik word om voertuie van een handelaar na 'n ander te skuif.  In die geval sal die lisensie skyfie as deel van daai nommerplaat ook vertoon word.

Dus is ek ook van opinie dat daai voertuig êrens van buur lande is.  Ek dink eerder aan die kus van Angola of Mozambiek want dis 'n Portugese naam, en ek het die Garage naam ge-Google en afgekom op Tommy Dourado Lavagens Auto in Angola.  

Groot jammerte dat so voertuig so beskadig is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 07:29:43 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Leon, Ons stem inderdaad beide saam dis 'n Moz nommerplaat.  Waar ek foutiewelik van die argument van vorige deelnemers verskil het, is die aanname dat omdat die plaat met 'n A begin, dit aandui dat dit NIE 'n Suid-Afrikaanse nommerplaat is nie.  Ek was verkeerd hieroor.  Ek aanvaar nou Suid-Afrikaanse nummeplate het meestal nie klinkers nie tensy dit 'n verpersoonlike nommerplaat is.  Die Mphumulanga nommerplaat het nie 'n wapentjie- die "kolletjie" op nie- slegs die Moz nommerplaat en dit was vir my, heeltemal korrek, die aanduiding dat dit 'n Moz plaat was.  Die "kolletjie" is nie duidelik op die foto nie, maar as jy dit vergelyk met die wikivisually link wat ek verskaf het, kan dit niks anders as die Moz wapentjie wees nie. Ek het myself seker nie aanvanklik duidelik uitgedruk nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 07:44:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

100% als is chapperig.  Wonder wie is die eienaar.  Wou graag sy gesig gesien het toe die see sy Tipper vat.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 07:47:28 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Vroeer jare het Gauteng reg nommers gehad vir Motor Handelaars en dit het met n A begin. Dit was slegs tydelike nommer plate tot jou voertuig geregistreer is.

Weet nie of dit in onbruik verval het nie.

Die kleur van die nommer plaat op die voertuig hierbo dui aan op buitelandse voertuig. Moz of Botswana.

Ek weet ook nie meer of dit in gebruik is nie. Soos ek verstaan kon motor handelaar aansoek doen vir n garage plaat en net daai plaat kon hy enige voertuig vervoer tussen verkoper en homself. Die garage plaat was geregistreer op n spesifieke handelaar se naam en nie op n spesifieke voertuig nie....kon enige voertuig met die garage plaat skuif.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 08:01:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek weet nie of die Garage plate nog gebruik word nie Geert.

Ek dink daai tydelike permit het dit vervang. Die een wat jy in jou voertuig se venster sit as jy wag vir die registrasie en regte no plate.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 08:33:20 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Bietjie van die onderwerp af:  Ek sien hier in ons stad deesdae almeer voertuie wat sonder nommerplate rondry. Sommiges het ek al meermale opgemerk.   En dis nie nuwe voertuie wat met 'n tydelike dokument in die agterrruit ry nie.  Dis mense wat spoedbotes deur kameras probeer vermy.  Die boete vir ry sonder 'n nommerplaat is hoog, en dink hier by 'n duisend rand, en volgens die nuwe AARTO stelsel is daar oor minuspunte daarvoor.  Ek wonder wat al die munisipale verkeersmanne doen- ek merk dan die voertuie op, hoekom doen hulle dit nie?  Ry hulle ooit in die strate rond of sit hulle net op kantoor en eet Kentucky?  Ek sien hulle bykans nooit nie. En die voorstaandienste op die hoofpaaie- hoe kom die mense daar verby?  Ek het 'n broertjie dood aan mense wat teen buitensporige snelhede ry want hulle stel my en my mense se lewens in gevaar.  Ek het ook 'n renons in mense wat dink wette is net op ander mense van toepassing, nie op hulle nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 08:46:47 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 701
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Iets uit sosiale media cool

Haai, nou knak hulle ook soos die Navaras

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 11:28:27 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Geen klinkers (A, E, I, O & U) word gebruik nie, behalwe in "persoonlike" registrasienommers.

Dis wat ek gesê het. 

Wou n persoonlike no op my voertuig sit maar die kostes vir klinkers is meer.

My Superior by werk het n Mercedes met Moz nommer wat hy daar geregistreer het. Dis hoekom ek weet.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 11:43:58 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek onthou die dae toe ek nog deel was van die samestelling van die verbod op strand-ry. Ek het amper geen 4x4 vriende gehad op daardie stadium nie en moes maar koes-koes deur die lewe gaan. Maar kyk watter impak het dit op die aantal Tobies (Mosselvangers) gehad van toe af. Die voël het van amper uitgesterf gegaan tot waar dit vandag van die gevaarlys af is.  Daar was n lang periode toe verskillende strande en bewaring-kus-areas aan mense (jy moes aansoek doen daarvoor) toegeken was wat naweke die Tobies moes gaan tel.

Glo my ek het al te veel windgatte op strande nutteloos sien rond-DJAAG en ek was nog nooit ten gunste van 'n ge-DJAAG nie. Ons manne wat ons 4x4 voertuie ON-veranderd en standaard gebruik om Afrika binne te ry het eenvoudig te veel respek vir die natuur. Ek het nog altyd 'n gly gevang in verspotte onnodige breë bande, spotlights op die dak, verhoogde bakwerk, koddige verf-werk en 'n high lift jack op mousters wat by die Mall op die sypaadjie staan. Gewoonlik vind jy sulke ouens was nog nooit op 'n kamp alleen 100-de kilometers van die beskawing nie. Maar windgat, dit is hulle somtyds by uitstek.   

Daar is wel nog baie strande in Mosambiek en Namibië wat oop is vir 4x4 voertuie. Ek gun elke ou sy plesier, maar nie op my back yard en ten koste van die skepping nie.   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 12:06:44 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Bravo Danie!  "spelery" kan nie ten koste van die omgewing geskied nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 13:21:24 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Iets uit sosiale media cool

Hiert maar so tipper het 'n groot pakslae op sy gat gekry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 13:49:41 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Ek onthou die dae toe ek nog deel was van die samestelling van die verbod op strand-ry. Ek het amper geen 4x4 vriende gehad op daardie stadium nie en moes maar koes-koes deur die lewe gaan. Maar kyk watter impak het dit op die aantal Tobies (Mosselvangers) gehad van toe af. Die voël het van amper uitgesterf gegaan tot waar dit vandag van die gevaarlys af is.  Daar was n lang periode toe verskillende strande en bewaring-kus-areas aan mense (jy moes aansoek doen daarvoor) toegeken was wat naweke die Tobies moes gaan tel.

Glo my ek het al te veel windgatte op strande nutteloos sien rond-DJAAG en ek was nog nooit ten gunste van 'n ge-DJAAG nie. Ons manne wat ons 4x4 voertuie ON-veranderd en standaard gebruik om Afrika binne te ry het eenvoudig te veel respek vir die natuur. Ek het nog altyd 'n gly gevang in verspotte onnodige breë bande, spotlights op die dak, verhoogde bakwerk, koddige verf-werk en 'n high lift jack op mousters wat by die Mall op die sypaadjie staan. Gewoonlik vind jy sulke ouens was nog nooit op 'n kamp alleen 100-de kilometers van die beskawing nie. Maar windgat, dit is hulle somtyds by uitstek.   

Daar is wel nog baie strande in Mosambiek en Namibië wat oop is vir 4x4 voertuie. Ek gun elke ou sy plesier, maar nie op my back yard en ten koste van die skepping nie.   

Al my 4x4 nog altyd standaard gehou.

Self die huidige een is standaard..

Ook nie een vir sulke gadgets nie.

Self nie eers sonpanele om my wa nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 14:17:17 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek weet nie of die Garage plate nog gebruik word nie Geert.

Ek dink daai tydelike permit het dit vervang. Die een wat jy in jou voertuig se venster sit as jy wag vir die registrasie en regte no plate.

Leon ek het so 2 jaar terug wel 'n 2e handse kar plek besoek wat wel nog daai garage plate in die kar gesit het. Is die permit plate nie nadat die voertuig verkoop is nie. Dan weet hulle mos wie die nuwe eienaar is. Die wat by die karplek staan is net op hul "dealer stock" tot dit verkoop is. Hulle betaal dan ook 'n verlaagde lisensiegeld.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 14:18:13 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Bravo Danie!  Volwasse "spelery" kan nie ten koste van die natuur geskied nie!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 14:42:11 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 271
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

So verskil mense maar. Een groep mense koop gadgets vir die mooi daarvan en ander koop geen gadgets om later uit te vind hy moes dit maar in die eerste plek gekoop het dan het hy nie so gesukkel nie.   Ander gadjets word nie eers een keer in die bakkie se leeftyd gebruik nie.   Winches is maar een voorbeeld hiervan.  Jy koop een vir die eendag wat jy hom miskien nodig het.  Gadjets is waar die mans geld uitgee and ander mans geld maak.

My 4x4 word gebruik, dis waarom ek 'n 4x4 gekoop het.   Myne is vuurwarm want die lewe is verveelig genoeg om met 'n stadige bakkie met min krag te sukkel.  Ek gebruik myne baie vir visvang en sleep.  Ek hou ook nie van stickers nie maar myne is gelig.  Die rede is om te keer dat die soutwater by die onderstel uitkom as ek die boot aflaai by die see jetties.  Voor die tyd verf ek ook dik ou olie gemeng met diesel op die onderstel om te help beskerm teen die sout water.  Elke dag spuit ek die onderstel met vars water en salt-away vir beskerming teen roes. Na die tyd was ek die onderstel af met skoon water. Dis gaan nie oor windgat of nie maar oor of dit prakties werk. 

Wat baie uitstaan is dat baie 4x4 voertuie eienaars maar min moeilike terreine kan of wil ry.   Dis asof 'n 4x4 voertuig 'n status simbool geword het.  Hoe meer jy dit doen hoe meer selfvertroue kry jy deur jou voertuig se beperkings te leer ken.   'n Ervare 4x4 bestuurder kan sonder 4x4 twee keer verder ry in rowwe terrein as 'n onervare bestuurder met 4x4.  

Hier stem ek saam met Danie.  Mens moet bewarings bewus wees of jy nou op die strand ry of 'n 4x4 roete in 'n vreemde land verken.  Jou voertuig se bande kan iets beskadig waarvan jy nie bewus is nie. 

 

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 14:56:14 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1222
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Zack, ek het n gesegde van "Lee pypie hou jou kraantjie toe" terloops nie net my gesegde nie, maar een wat ek gebruik... voor ek weer daarvoor houe kry. Ook nie op jou bedoel nie.

Manne wat hul 4x4 gebruik vir die doel waarvoor hul hom gekoop het sit snaakse goed op hom, maar vir elke so n item is daar n rede of gebruik. Gun elke ou maar sy plesiertjie, hy weet immers hoekom hy dit gedoen het. 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 15:03:45 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 271
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Geen probleem nie Chris.  Ek sal maar saam jou houe vat.   Ek is ook maar 'n konserwatiewe koper.  In die meeste gevalle sal ek iets eers koop as ek dit klaar nodig gehad het. 

Elke ou besluit self hoe en waarop hy sy geldtjie gaan uitgee. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2