English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 516
Total Replies: 252 659
Total Views: 83 242 637
topics: 11 568
replies: 139 143
views: 39 339 537
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Die pad vorentoe. 100 vrae

replies: 6
views: 5085
09 Sep 2004
Anonymous
Hallo mede 'caravaners'

Dankie vir almal se bydraes en al die advies en uittrap. Ek (ons) het toe maar geswig onder almal se druk. So goed ek vra mense in Pta wie gaan die Curriebeker wen. Ek het nie regtig 'n kans gehad nie.

Ek vra asb almal se geduld met my vrae, maar ek glo liewers wat die mense op die grond s, wat die ondervinding het, as 'n verkoopsman wat nie noodwendig vir my die beste raad sal gee nie.

Eers bietjie agtergrond.

Ek is 34 en mal oor die bos, braai, my vrou (31) en my dogtertjie(3). (Volgorde kan wissel, afhangende van temperatuur en watter tyd van die dag/nag of maand dit is.) Ek het 'n 2.6i Microbus wat ek sal gebruik as sleepvoertuig. Woon in Benoni.

(Willie: Ek eet nie of ons 'brandnames' mag gebruik nie en of julle een produk bo die ander mag aanbeveel nie.) Maar hier gaan ons.

1) Sleep van die nuwerige karavane beter as die ander.?(Of hang dit van die voertuig en die sleper af.) Ma hou van die Sprite Splash of Swing.

2)Is daar wesenlike kwaliteits verskille tussen die verskillende make.? Ek betaal liewes bietjie meer vir beter kwaliteit.

3)Watter maak is die mees gebruikers vriendelik.?

4)Ek sien die Splash en Swing se kombuis slaan na buite op. Wat is die voordele en nadele hiervan.?

5)Hoe groot kan ek sleep met die bus, en tot en met watter grote kan ek hom self rond skuif.

6)Ek hoor baie ouens sleep met 'stabilisers' en 'trapesiums??'. Dien dit enige doel? Is dit ook nodig vir ekstra buitespiels?

7)Ek weet daar is uitlopende menings omtrent klubs. Waar kan ek meer inligting kry omtrent klubs. Verskieslik een met meer jongmense en nie te konserwatief nie. Meer modern. Godsdiens en taal maak nie saak nie, maar Afr sal beter wees. Daar is ook mense wat teen klubs gekant is, ek sal graag van julle ook wil hoor.

Ek is jammer as ek julle verveel met stupid vrae maar 'n ou moet maar die experts vra wat die dinge ken en al 'n fout of wat gemaak het, en dan 'n ingeligte besluit maak.

Hoop julle sal my kan help. As julle nie julle mening op die forum wil lig nie, e-mail my na 'groenewald@absamail.co.za'

Groete

Et


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2004
Anonymous
Etienne,nou dat jy begin sin maak(grappie)sal daar nie weer met jou baklei word nie.Ek het `n 1990 Sprite Super Sport,wat ek privaat gekoop en ek het dit ook al elders op die forum gese dat die karavaan(nogsteeds) in `n beter toestand is as enige 2de handse karavaan by van die agente by wie ek was selfs nou nog.Maar hoe dit ook alsy, ek het my stoof en wasbak uit gehaal want dit was ook nog nooit deur die vorige eienaar gebruik nie, en daarom sou ek saamstem dat die buite kombuis van die Sprite`s `n wenner is want ek dink in my beskeie opinie dat 90% van ons kampeerders nie binne in `n karavaan kos of drinkgoed maak nie.Die karavaan wat jy kies gaan uiteindelik jou en MAMMIE se keuse moet wees,maar ek sal jou se ek het nog altyd gedink dat die Jurgens modelle(1996-2000)`n baie meer stylvolle karavaan is,ek begeer tot vandag toe nog `n Jurgens Penta,maar nou ja niks fout met drome nie,vat jou tyd en gaan kyk na baieeeeeeeeeee karavane voor JULLE `n besluit maak, sterkte.
Groetnis
Manie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2004
Mark
Platinum Member
14% Profile Strength
Posts: 329
Joined: 13 Aug 2002
Etienne,
Hiermee n paar gedagtes op jou vrae...onthou daar is nog baie meer inligting beskikbaar op die forum deur die honderde bydraes..waaruit jy n magdom inligting kan bekom. Geniet die Trip

"1) Sleep van die nuwerige karavane beter as die ander.?(Of hang dit van die voertuig en die sleper af.) Ma hou van die Sprite Splash of Swing."........ Die karavane het waarskuinlik beter geword oor die jare ten opsigte van tegnologie, brieke, gewig verspreiding, stabiliteit ens. Ten opsigte van kwaliteit wil ek egter te kenne gee dat in my opinie het dit in die nuwe karavane definitief afgeneem...en ek skry dit toe aan die feit dat daar basies net een vervaardiger is van konvensionele waens. Die sleepvermo van n karavaan berus ook egter in die kombinasie van sleepvoertuig en karavaan saam...dit is baie belangrik dat beide voertuie vir mekaar geskik is.

"2)Is daar wesenlike kwaliteits verskille tussen die verskillende make.? Ek betaal liewes bietjie meer vir beter kwaliteit."............... In my opinie is die kwaliteit of gebrek daaraan dieselfde of dit nou Jurgens, Sprite of Gypsey is...vir die redes reeds genoem hierbo. Die verskil l egter in die bemarkings filosofie van elke reeks....word gemik op verskillende groepe mense.

"3)Watter maak is die mees gebruikers vriendelik.?"............. Ek kan nie eindlik hierdie vraag antwoord, dit hang van persoonlike voorkeure af.. en wat vir jou doeleindes reg werk.

"4)Ek sien die Splash en Swing se kombuis slaan na buite op. Wat is die voordele en nadele hiervan.?"............ Ek het n Xplorer ook met n buite kombuis wat baie omvattend is en uitstekend werk. Vir my is dit n konsep wat baie beter werk, want tog spandeer (of wil) ons die meeste van die tyd buite. Vir my is daar net voordele...meeste mense gebruik in elk geval nooit die kombuis binne vir veel meer as n koppie tee maak .

"5)Hoe groot kan ek sleep met die bus, en tot en met watter grote kan ek hom self rond skuif."........ Die Kombi 2,6i kan in my opinie al die groot waens sleep met die moontlike uitsondering van die Exclusive (Ek het al die kombinasie gesien). Die Kombi is n baie stabiele sleepvoertuig wat ho vlakke van beheer en spasie bied. Die addisionele windweerstand is in baie gevalle nie veel meer met n karavaan agter as solo.

"6)Ek hoor baie ouens sleep met 'stabilisers' en 'trapesiums??'. Dien dit enige doel? Is dit ook nodig vir ekstra buitespiels?"........ Ek glo hulle dien n doel maar is selfs nie n gebruiker daarvaan nie. Ek glo dat as jy jou korrekete kombinasie reg laai, reg pak en korrek bestuur sal jy nie probleme ervaar . Baie manne sal jou adviseer om n stabiliseerder aan te skaf .Addisionele syspieels is wel nodig as jy nie verby die karavaan kan sien nie.

"7)Ek weet daar is uitlopende menings omtrent klubs. Waar kan ek meer inligting kry omtrent klubs. Verskieslik een met meer jongmense en nie te konserwatief nie. Meer modern. Godsdiens en taal maak nie saak nie, maar Afr ("wat van ons Souties") sal beter wees. Daar is ook mense wat teen klubs gekant is, ek sal graag van julle ook wil hoor."........... Meeste klubs word op di webwerf geadverteer...kyk gerus. Ek is persoonlik nie n klub lid en wil nie een word nie...sien my menings daaroor elders op die forum.

"Ek is jammer as ek julle verveel met stupid vrae maar 'n ou moet maar die experts vra wat die dinge ken en al 'n fout of wat gemaak het, en dan 'n ingeligte besluit maak."........ Ek is bly my uittrap soos jy dit noem dalk gehelp het...jy vra nie dom vrae nie...wees net ingelig dat die meeste kampeerders n groot passie vir di lewenstyl het en dus die rede vir die luidrugtige antwoorde op jou vrae.

Vriendelike Groete

Mark Lowe
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2004
Anonymous
Hi Etienne,
Ja jong die klomp hier is regtig soos 'n familie, jy sal dit gou agterkom, hulle het al met my ook geraas. Baie geluk met jou besluit, ek dink nie jy sal spyt wees nie.

Soos die ouens vir jou gaan s dit gaan oor persoonlike smaak oor watter karavaan jy gaan kies. Lees rens in die forum oor wat te s was oor die Swing, ek is dol oor myne en kan maar bitter min fout kry met die wa. Die kombuis buite is weer vir my 'n plus punt en hou onnodige verkeer en skottelgoed uit die karavaan uit. Myne is nou 'n jaar oud en sy stink nog nuut, en ek dink dit is omdat die kosse buite gemaak word.

Ek en ma het glad nie 'n probleem om die Swing reg te trek met die hand nie. Die tent vat so 'n halfuur om op te slaan, so daar is regtig nie 'n gesukkel nie.

Ou maat jy moet vra vra, ek dink dit is waarvoor die forum hier is. As Willie, Mark of die Prof nie vir jou 'n antwoord het nie, is daar wel iemand anders, en ons almal leer nog steeds al is dit die domste vraag

Mooi bly en sterkte met die besluit oor die wa, hou ons net ingelig.

Mooi bly en lekker kamp.
Chris
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2004
Anonymous
Baie geluk met jul keuse julle sal nie spyt wees nie .
Welkom by die campers .Laat weet ons hoe jy jou eerste kamp ondervind het .
Een van jou vrae kan ek antwoord en dit is dat ek persoonlik die kombuis buite verkies aangesien die van so klein is binne en die reuke sit later in alles binne die van so 'n buite kombuis is beslis vir my 'n plus .
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2004
coert
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 32
Joined: 26 Apr 2007
Ek het vir twee jaar getoer met my karavaan,
'n binne of buite kombuis is 'n persoonlike voorkeur, ek verkies 'n binne kombuis.
As ons net vir 'n kort tydjie op 'n plek staan
gebruik ek net my rally tent, en as dit reen
is jy in die moeilikheid met kos maak.
Ek sal nooit sonder 'n "stabiliseerder" sleep
nie, die rede hiervoor is, ons het eendag om 'n draai gekom met 'n trok agter ons toe 'n donkie
besluit om oor die pad te loop. Jy durf nie remme trap nie dan begin die karavaan te swaai.
Dit is 'n aardige gevoel as die wa begin om by
jou te wil verby gaan. Met 'n stabiliseerder het jy baie meer beheer oor jou voertuig.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2004
Anonymous
Hallo Etienne

Ek glo jy is nou al so deurmekaar met al die advies dat jy wonder of jy wel n kombuis wil h!

Net om jou verder te konfoes, net die volgende: (Daar is GEEN formele navorsing hierin betrokke nie en ek lug net my eie (baie beskeie mening)

Ci ontwerp en bemark hul woonwaens in drie markte naamlik goedkoper, luukser en praktieser.

Ek glo dat n mens met hierdie wete en die oog hierop jou besluit moet neem en nie net op die kombuis se plasing nie.

1. Ruimte, pak- en hangplek: Jurgens en Gypsey is tans voorlopers p hierdie gebied. - Glo my, iewers, eendag gaan dit saakmaak!
2. Groot of klein yskas: Bogenoemde twee het die groot yskaste en ek vermoed dat die groter Sprites dit ook het - Dit MAAK saak
3. Slaapgeriewe (eilandbed en maklik opslaanbare enkel- en/of dubbelbed(dens) ekstra.
4. Stort/Toilet en kombuis - Dit sal van persoonlike voor- en afkeure afhang, maar onsself het n "binne-kombuis" wat in al die jare (en twee karavane) nog nooit gebruik is nie (ongeag weer ens.) - Tewens, ek wens dat Ci die binne/buite kombuis as n "opsie" op alle modelle wou verskaf, dan kon ek meer effektiewe binneruimte gehad het en n opwas en kombuis op n sinvolle plek buite! - Ek het mos die glase en breekgoed binne as ek snags wil opstaan en water drink uit die yskas of ma se wasbak (ek gaan verseker nie snags skottelgoed was nie!)
5. Beligting: - Ek hou van behoorlike beligting, maar my Penta (2000) het swak beligting wat ek graag sou wou vervang - Ek het onlangs na die laatste modelle gaan kyk en gesien dat die beligting pragtig is, maar in die proses is heelwat pakruimte ingeboet! - Nou hou ek sommer weer van my Penta!!
6. Buite en binne afwerking en "looks" - Dit is interessant dat die waens ook hier "gekatagoriseer" is: Sprite (met die kleiner yskaste, minder pak-en hangplek ens. het die nuwerwetser, moderne afwerking en kleure (binne- en buite) en bied die buite-kombuis (sodat ons die nadele moet oorsien en op die "pro's" konsentreer)
Gypsey het die houtafwerking en meer konserwtiewe kleure en dingetjies maar met die binne-kombuis
Jurgens het die meer "duurder looks" en baie glas wat die illusie skep van modern en duur.

Feit is: Laat jou eie kop (en ma s'n) jou lei en koop wat vir jou mooi, prakties en gerieflik is en vergeet van die res!

Onthou net, koop n noodwiel saam, anders staan jy op n Vrydag tussen nrens en rens met n papwiel en moet twee ure vir hulp wag. Dan koop jy n wiel ten duurste omdat jy nie vir ma langs die pad wil los (en blootstel aan die struikrowers nie) en verloor in elkgeval amper vir ma lewendig "omdat jy kortsigtig was."
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za