Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22084 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17816 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6275 |
Bostoe | 5480 |
BrianB | 5363 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2715 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2152 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1871 |
Nico | 1773 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1690 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1467 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1268 |
Gerden | 1260 |
Louvan | 1255 |
RichardJ | 1180 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 857 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Willie54 | 445 |
1Pierre2 | 435 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 367 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 187 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
mplester | 157 |





Die pad van Clarens na Pretoria
Wat is die beter pad om te ry van Clarens terug Pretoria toe?
In die verlede was die Reitz/Frankfort/Villiers pad maar vrot van die slaggate. Is dit nog so?
Die Heilbron/Sasolburg het ons lank terug gery en dit was beter, alhoewel 'n bietjie langer rit.
Hooked, now we can go camping.
Hennie, ek het aan die begin van die maand van Clarens na Pretoria soos volg gery en kan dit met vrymoedigheid aanbeveel: Bethlehem, Reitz, Petrus Steyn, Heilbron. Net na die groot NG Kerk in Heilbron, draai jy regs (daar is nie 'n padteken met aanwysings nie). Na sowat 48 km, draai jy regs en na twee km links (dis naby Deneysville) en dan kom jy by Vereeniging uit en vandaar is dit maklik om die pad Pretroria toe te kry. Op die pad vanaf Heilbron is daar 'n leegte wat nie geteer is nie en so 'n ent verder 1,5 km wat ook nie geteer is nie. Die oppervlak is egter nie te sleg nie en jou Ranger sal lekker daar loop! Die teerpaaie op hierdie roete het feitlik nie slaggate nie en dra nie swaar verkeer nie. Bon voyage!
Ry deur Golden gate na Harrismith en klim op die N3
Dankie julle
Hooked, now we can go camping.
Hennie, ek wil dit ook net noem dat die roete wat ek aanbeveel, naas die feit dat dit 'n mooi en stil pad is, daar nie tollenaars langs die pad is nie.
Alhoewel ‘n draai, sal ek tot in Harrismith ry en vandaar op die deurpad na Pretoria.
Hi, ek ry altyd Clarens - Bethlehem - Warden, dan op die N3
Kamp groete
Kobus & Ada
Wil graag hoor wat is die beste pad nou Clarens toe.
Beplan om volgende week 19 feb vir n paar dae in Clarens te spandeer vanaf Pretoria.
Hoe lyk die pad Villiers, Frankfort, Bethlehem tot Clarens in terme van podholes?
Of sal jullie n ander roete aanbeveel?
Beplan ook om 4 – 7 April vir n paar dae in Clarens te spandeer van af Pretoria.en sal graag hoor wat is die beste pad Clarens toe.
rls
Ek ry vanaf die Wes Rand, ry met die N3 na Harrismith en dan na Clarens, pad is goed en vanaf Harrismith nie besig nie. Verder as die ‘agter paaie’, maar beslis die moeite werd.
Dankie Johan ek sal hom probeer
rls
Hoe jy ookal ry, probeer Bethlehem vermy. Die dorp se paaie is in 'n treurige toestand wat veral vir karavaansleep onaangenaam is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dankie Fred lyk of dit die beste is....... N3 na Harrismith en dan na Clarens, pad
rls
