English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 243
Total Replies: 229 719
Total Views: 82 363 348
topics: 401
replies: 3 903
views: 1 472 947
Talk about the current road conditions throughout the country

Die paaie en kampe in Botswana

replies: 1
views: 1880
12 Mar 2017 @ 14:53:46 pm
stoffel
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 30 Jun 2015
Experience: 54 years

Ons reis in April deur Botswana, Martinsdrift - Kasana - deur die Caprivistrook en om die Panhandle trug na Maun.

Wil graag weet hoe lyk die paaie op hierdie roete na die baie reën, asook die toeganklikheid na die parke.  Chobe, Madumu en Mahango.

Laat weet asseblief as jy onlangs daar was.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2017 @ 16:04:16 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2689
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Die hoof paaie op die roete daarom is meestal teer, wat bietjie sleg aan die weste kant van die panhandel kan wees.
Die paaie in die parke in, is sanderig en kan daagliks verander, afhangend van weerstoestande. April kan nog bietjie nat wees, maar dit maak die sand meer kompak en makliker om te ry.
Mamili in die suid-ooste van die Caprivi kan ook nat wees, die tyd van die jaar. Hier is verskillende pad toestande, wat verander van dik sand tot swart modder (cotton clay soil) wat nagmerrie kan wees wanneer dit nat is. Die kampe is buite die park, so net dagbesoeke in die park. Die kampe is "Community Camps" en was sonder krag met my laaste besoek, maar donkie warm waterstelsels, sorg vir warm water om mee te stort.
Madumu is baie sanderig aan die suid-ooste punt van die park en jy sal daar nie kan ry sonder 4x4 met "low range". Die gedeelte is ook die mooiste gedeelte van die park. Jy kan in die park verniet kamp na jy jou dag besoekers park vooie betaal het, maar daar is nie geriewe nie ( bush camping).
Aan die weste kant van Mudumo, oorkant die Kwando rivier is ook baie sanderig, so 4x4 is van selfsprekend, maar ook baie mooi park. Ek dink dit word Susuwe of so iets genoem, maar ook bietjie duur, in die omgewing van R250 pppn. Indien daar tyd is ry suid in die park na "river bend" waar die rivier so op homself terrugdraai. Daar kan jy parkeer die hele dag in koelte en die diere sal na jou toe kom om by die water te kom.
Vat goed om te piekniek of braai langs die rivier, waar jy goeie uitsig het oor die draai in die rivier. Die kamp plek is ook mooi, maar verwag koue storte. Net solar stelsel wat nie baie doetreffend is vir warm water nie. Die Parke is ook nie geskik vir pad karavane nie.
Naby Mahangu is daar baie kamp plekke met elektriesieteit, maar in Mahangu self kan jy nie kamp nie. Die paaie is maar geskik met 4x2, maar kan klei/kly en nat/glad raak indien daar baie ren was.
Poppe Valle Kamp is duur, so kamp maar by Shametu Lodge Campsites. Buffalo Core Area is oorkant die rivier, maar hul is die selfde prys as Shametu, en is dan ook sonder elektriesiteit en storte is nie so gerieflik nie. Daar kan jy ook as dagbesoekers ingaan.
By al die plekke is dagbesoekers so R35 pppd, wat baie billik is, maar moet nie Kruger en Kruger wild verwag nie.
Etosha is hul Kruger en daar is nou 'n goeie park om te geniet, maar ook duurder.
Botswana om is baie duurder, maar daar is ook meer wild. Daar is baie kampe om die panhandel om en ook by Maun. Audi Kamp gee Suid Afrikaners goeie pryse. Daar is in die meeste van die kampe restuarante.
Op pad op, in Botswana, bly oor by Elephant Sands om die Olifante te sien en dan by Sinyati LodgeCampsites (duur), maar hul het ook baie mooi watergat vir een aand se besoek. By die plek is daar twee ingange, een vir 4x2 en een vir 4x4. Ek weet ongelukkig nie waar die 4x2 ingang is nie, maar die plek is net suid, buite Gazankulu. Gewoonlik sien jy waar die Olifante kruis. Hul gaan na die watergat.
Het ook al groot trop buffels hier gekry sowel as ander wild.
Gebruik die dag wat jy by Sinyati gaan slaap om te boek vir dag besoek in na Vic Valle. Dis beter as om met uie voertuie in te gaan en minder stress. Baie plekke wat jou kan help in Kasane. Hier het ons al Olifante in die dorp gekry in vroer jare. Jul sal nog wilde varke in die dorp kry. Terwyl jul "bookings" doen, book ook by Chobe Lodge vir kampeer plek vir die volgende twee nagte, dan boek jul die eerste oggend na Chobe vir "game drive" en die middag moet jul 14:45 langs die Lodge wees vir boot rit op Chobe Rivier.
Volgende oggen in Zimbabwe in vir Vic Valle.
Jul voertuie kan jul langs die Chobe Lodge loss of in hul parkeer terrein by die Lodge.
Wanneer jul terrugkeer van Vic Valle, ry jul deur Ngoma Hek in Caprivi toe. Daar is ook baie plekke langs die rivier op na Katimo Malilo.
Daar is ook iets van River Lodge net oos van die Katimo wat baie redelik geprys is.
Geniet die trip en vra gerus indien jul iets anders wil weet.
Chobe Lodge is waar jy in Kasane kan camp om oggend rit in te doen langs die rivier vir die oggend

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required