Fairhills het lekker reen gekry die afgelope twee weke, die sardyntjies het hier naby ons aan wal gekom en alles begin nou daai vars groen kleur te kry. Sekerlik tekens van 'n goeie lente wat wag.
Kom deel hierdie mooi tyd van die jaar met ons hier aan die Suidkus.
Daai ou groot digter van ons het mos Oktober uitgesonder as die mooiste maand van die jaar en om by hom aan te sluit wil ons al die Forumlede uitnooi om by ons te kom kamp gedurende Oktober hierdie jaar.
Teen net R1200 vir 4 persone vir sewe dae is dit 'n weggee vakansie vir hierdie pragtige tyd van die jaar.
info@fairhillspark.co.za Kliek net op ons E-Pos adres om met Tilla kontak te maak.
Ons sal regtig nie omgee om 'n maand by Fairhills te gaan staan nie, sou dit baie graag wou doen. Maar op die stadium sien ons nie kans vir die ry tot daar nie. Miskien in die toekoms, mens weet nooit.