Maak nie saak wat jy gebruik om te kamp nie, Kamp bly koning.
Het jy hom gekoop as 'n motorhome en net nog veranderings gemaak of het jy van begin af die ombouings self gedoen.
Dit lyk baie mooi
Dit is regtig baie mooi gedoen. Dit lyk splinternuut, van buite en binne,
Nou moet ek jou net vertel. Ek het 'n skoonsuster in Johannesburg, Mara, wat ook so ornamente en beeldjies van paddas bymekaar gemaak het. Grotes en kleintjies. Veral haar badkamers het vol van dit gestaan. Daar is nog steeds van hulle maar nie meer so baie nie. Sy versamel darem ook nie meer nie. En sy het 'n smaakvolle huis, maar haar paddas moes daar wees!
Freda
Die Froggy is regtig die mooiste pa..a wat ek nog gesien het
Kry nie klaar elke dag iets anders vrou soek nou convensional oond
Benkie voel jy beter swaar
Het hom gekoop en heeltemal gerestoreer van buffer tot buffer 3l v6 5spoed box Nissan het nou 120000km op sy klok, koste baie moelas
Mense julle waens lyk pragtig.
Benkie jyt op ander draad gepraat.Weet jy, ek voel vere of jy met karavaan, motorhome, treilertjie of net n tent kamp. Wat belangrik is is dat jy kamp. Ja, jy kry mense met hierdie "duur" dubbel as waens met wie ek nie eers wil praat nie. Sy gesprek begin gewoonlik......ek het soveel vir die wa betaal, die sleepding het soveel gekos en my lood kristal glase soveel. My tent beslaan 160 vierkante meter ens.ens.ens.
As jy net met tent gaan kamp is kanse skraal dat jy op hierdie forum gaan beland. Ek persoonlik ly nie aan n minderwaardigheids kompleks omdat ek van n DC na Xtra cab moes daal nie. Inteendeel hy sleep egter beter. En nou moet ek by se, n nuwe bakkie is vir my soos n nuwe pen. Ek moet elke 2 jaar een kry.
Ek spog nie met wat ek het nie.......ek is Hannes, my gat af gewerk om die bietjie wat ek het te kry. As jy dit geniet om te kamp, gaan almal jou met ope arms ontvang as jy dit so wil he.
En na jou raad en voorstelle luister.
Hoop ons kan mekaar eendag raak kamp......terloops dis nou vir al die motorhome mense......sorry WJ ons het mekaar vroeer die jaar gemis by die Eiland!
Terloops.......
Julle is eintlik mislik met hierdie topic!!!
Ek het al vir 40 jaar die droom om n splitvenster VW Kombi so te maak........en ek kan nie eers met my hande werk nie!
As jy nie begin nie sal jy nie klaar kry nie, dis my leuse en as begin moet hy klaar
Harry. Dis baie netjies. Ek beny mense wat so handig is. Al my vingers voel soos duime. Dis nou regtig iets om op trots te wees. Welgedaan
Baie mooi hande werk julle hou die ryhuis naam hoog
Harry pragtig jy kan maar spog.
Mooi gedoen en ons droom lekker voort.
Harry is 'n man wat nie net wil nie, hy kan ook