English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 254
Total Replies: 229 884
Total Views: 82 371 512
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 803 812
Jokes and everything else that makes you laugh

Die dag as Pappa pak kry

replies: 9
views: 2624
20 Feb 2017 @ 14:06:19 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Hulle s n mens praat nie oor jou huweliks probleme met vreemdelinge nie. So ek het besluit ek skryf maar liewers daaroor, en as hierdie storie , soos Joost se boek net een man kan help het ek my doel bereik.

Elkgeval om n kort storie lank te maak gaan ek by die begin, begin.

Ek het n sout van die aarde, kerk mens getrou die tipe mens met wie jy n langpad kan loop, n graad R onderwyseres, n sagge aarde Namakwa bloeiseltjie. Min het ek geweet daai bloeisel kan verander in n kaktus na 2 jaar van huwelik.

Elkgeval soos met meeste struwelinge in n huwelik begin dit gewoonlik met jou vriende en my vriende. Ek kry toe mos nou gister n oproep van my vetplantjie wat s ons gaan vanaand baba kyk.

Nou kyk baba kyk is nie hoog op my lys van lekker dinge nie, veral nie as dit volksvreemde mense is nie. Elkgeval ek noem toe so saggies dat ek dit nie kan maak nie en die volgende oomblik word daar n selfoon in my oor neer geblik**m. Nou ek het nie gedink n mens kan n selfoon soos n ou huisfoon gooi nie, maar mamma is toe so moerig ek hoor eintlik hoe tref hy die Renault se dashboard. So besef ek mamma bestuur en praat op die selfoon en raak sommer lus en rapporteer die krimineel, maar wat ek eintlik gedink het was, wat gaan daai dashboard nie kos om reg te maak nie?

Nou ek is ook nie n week getroud nie en ken mamma se dinge en stuipe, eers kry ek die silent treatment sy dink dit is n straf maar dit is eintlik moer rustig.

Toe dit nie werk nie, kry ek die koue skouer en die sarkasme nou as jy regtig jou vrou wil bevange maak dat sy die mure uitklim dat moet jy maak asof jy nie die sarkasme verstaan nie en neem dit ernstig op. Sy het toe gedink ek gaan ingee en saamgaan om vrede te bewaar en haar haar sin gee, maar toe nie. Toe sy besef ek gaan nie saam nie, trek daai bo lippie styf soos iets in spasme, en jy moet weet as daai lippie styf trek, trek die ander 2 toe soos n plastiek speel pop s'n.

Maar so staan ek mos nie bakhand nie en ek besluit om aan te gaan met my lewe. Terwyl sy na n dag oue baba deur n venster gaan kyk van mense wat ons 1 keer in 2 jaar sien. Goeie tye!

Elkgeval sy kom toe eerste by die huis en bel om te hoor waar ek rondloop? Ek verduidelik ek is by die winkel en kom nou! Koop nogal ewe n coke en sweetie-pie vir haar om te wys ek gee om en is n millennium man. Nie dat ek bang is nie.

Elkgeval toe ek daar inkom kry ek steeds die stywe lippie, en daar is niks gemaak om te eet nie. Dit is mos die ander straf die ek staak huiswerk omdat ek nie my sin gekry het nie. Maar my hande is nie rond nie en ek maak vir myself n toebroodjie. Toe sy sien die ek staak straf werk nie kom staan sy voor my en toe begin die moleste.

Die Nggg stadium, n gekerm en gekla tot in alle ewigheid. Die bybel praat van n vlamme hel, ek s stront storie, as daar n hel is sal dit wees waar jy sit met 7 vrouens wat gelyk sanik oor hoe n k#k mens en man jy nou werklik is. Die ouens wat getroud is sal beter verstaan wat ek hiermee bedoel.

Maar so is ek mos nie n klip nie, en raak ook moerig en sommer vinnig, en besluit maar nou sit ek my voet neer. Verduidelik toe vir haar dat ek nie werklik minder kan omgee oor wat haar vriende van my dink, omdat ek nie gaan goo-goo, gaa-gaa het nie. En dat sy moet oor dit kom, of haar isues gaan afstap en my verdomp uitlos.

Maar steeds hou sy nie op nie, en ek besluit maar nou is dit tyd om handgemeen te raak. Nou, ek besef jy mag hulle mos nie meer slaan soos in die goeie ou dae nie, en ek neuk toe maar n bord teen die kombuisvloer neer.

Man die stukke het nog nie eens gaan stil l nie en sy gryp my beursie en pluk my 2de laaste R50 vir die maand daaruit en s sy gaan more n nuwe bord koop. Maar teen die tyd is ek al so liries bevange ek ruk sommer self my laaste R50 uit en s sy moet maar twee koop, en ek gryp nog n bord en mik-mik so na haar voete met n wille swaai beweging van my arm asof ek epilepsie fake.

Sy skrik en koes koes so gelyk, want sy dink hoe gaan sy vir haar vriende verduidelik ek het haar toon met n bord gebreek. Maar met die wille aap dans van haar begin ek net te lag en besef hoe belaglik die hele affre nou eintlik is.

Groot groot fout, jy lag nie vir n vrou wat kwaad is nie! Eers gryp sy die sleutels en gooi, maar sy mis my net net en gooi amper die agterdeur se venster uit. Toe gryp sy n liter Coke, ek wou nog koes maar toe tref hy my net so links onderkant my skerp punt so langs die knie.

Sjoe! Dit was close. Maar die aanval stop toe nie daar nie en mamma storm die kombuis binne soos een van daai mal vrouens op Flavour Flave.

So besef ek, maar dm, ek het myself in die kombuis vasgekeer, n groot fout. En net die dag voor dit het ons Ninja Assasins gaan kyk, nog n groot fout. Ek dog sy s dit was n k#k fliek, maar sy het duidelik meer aandag as ek gegee in die bioskoop.

Sy trek daar los met kaal hande, maar daai arms swaai asof sy 2 ninjakas met spykers in rond slinger. Ek focus en gryp haar om die polse om die aanslag te keer, maar Vader weet, sy doen daai flying-kick-back-twist-ankle-grinder move en trap my op die bors so tussen die moobs (man boobs). Sy skop my so hard, laat ek hik en op my g*t gaan sit.

Daar l ek in die kombuis so langs die Addis vullis blik tussen die stukke gebreekte bord wat my selektief sny soos ek probeer spartel om weg te kom van hierdie begeesterde bloeisel.

Vir n oomblik is ek in skok en dit voel soos n ewigheid wat ek daar l maar 2 sekondes later sien ek hier kom sy weer, maar die keer met n besem. Wragtig n besem, ek het nooit gedink sy weet wat n besem is nie, maar sy weet hoe om met hom te slaan.

Ek het mos nou die dag national geographic gekyk en besluit om in n bondel te gaan l en maak asof ek dood is, maar dit het nie gehelp nie ek het steeds op my moer gekry. As dit nie was dat sy so onfiks is nie, was ek seker nou nog op die kombuis vloer tussen die splinters besig om pak te kry soos n bergie wat n fiets probeer steel het.

Toe alles kalmeer het, en die hond onder die bed uitkom en die kat van die gordynraam afklim het ons wel lekker gelag oor die mannewales en vrede gemaak.

Maar ja, die storie bewys dat jy wel mans kry wat soms n pakslae kry by mamma, ek het net nooit gedink ek sou een van hulle gewees het nie. Die blink kant van alles is dat ek nou slaap soos n baba, want ek weet as daar n inbreker kom gaan hy goed op sy moer kry. Hoop net hy breek eers n bord.

Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2017 @ 15:06:52 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
L O L
Man dit was goed. Lekker gelag.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2017 @ 15:18:16 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Willie, ek het nou lekker gelag.  Al die pad deur die storie.      Waar kom jy aan al die dinge?   Jy moes wragtig 'n storieverteller gewees het.  Op die ou Spies en Plessis of Stoepstories of so iets.laughing 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2017 @ 15:46:52 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Kyk, ek glo DIE is die waarheid!!!!

Ek's die jaar 33 jaar getroud, ek het net 1 truuk beter geleer............en dit is om aandagtig te luister na Ma sonder om n woord te hoor wat sy se!!!!!!!!!!!!!!!!!

Die het ek geleer toe die kinders klein was. Dan maak hulle vir Ma goed de moer in en dan se sy vir my " Hannes....praat met jou kinders" 

Wel, dan roep ek al 3 en se...."kinders...ek praat met julle" Met n befoeterde vrou doen jy dit nie sommer nie! Maar ek het dit altyd gedoen as die Rugby Seisoen begin.........dan kan ek in rus en vrede Rugby kyk.........tot op n punt. Sy's mos Cheetha ondersteuner.........dan poef die Cheethas en dan poef ek! en die kinders!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2017 @ 15:58:29 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Freda soos ek gese het ek sien die goed en dan sit ek dit op vir die anner mense om ook te lag .Ek wens ek kon soos die manne stories vertel moet darem byse dat ek n paar stories al vertel het wat ek uitgedink het wat die mense laat "smile" het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2017 @ 16:01:19 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Grumpy/Hannes ek like die manier waarop jy dink maar nou ja soos hulle se na die storie dan vat jy maar jou pakslae .Ou Willie Esterhuizen is maar my hero kyk daai ou se brein is skerp .Dink maar aan Mollie en Wors ,Orkney snork nie en Vetkoek paleis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2017 @ 21:54:09 pm
Anonymous

Ek belowe myself een ding, ek lees nie weer die tyd van die aand jou stories nie. My vaakgeit is nou meor toe.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2017 @ 18:26:53 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 400
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Ek het een manier ontdek om n pakslae vry te spring. As die manne bietjie laat gekuier het, skakel hulle mos die kar se ligte so blok voor hulle by die huis kom af, skakel die enjin so halwe blok ver af en free die laaste ent tot voor die huis. Op hierdie stadium word die skoene uitgetrek, treetjie vir treetjie na die voordeur gesluip en word daar sowat n halfuur spandeer om die voordeur so oop te maak dat die skarniere nie kraak nie. Die oomblik wat jy in jou sluiptog die gang bereik, tref die eerste koppie jou teen die kop.

Die regte manier om die ding te doen? Kom met n ma se spoed in die erf ingejaag, rev die kar so paar keer voor jy dit afskakel en slaan die deur toe. Stamp die voordeur oop en terwyl jy in die gang afstap, sing jy " I'm in the mood for loving."   As jy nou in die kamer kom, is mammie vas aan die slaap.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2017 @ 20:34:24 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years

Ek het een manier ontdek om n pakslae vry te spring. As die manne bietjie laat gekuier het, skakel hulle mos die kar se ligte so blok voor hulle by die huis kom af, skakel die enjin so halwe blok ver af en free die laaste ent tot voor die huis. Op hierdie stadium word die skoene uitgetrek, treetjie vir treetjie na die voordeur gesluip en word daar sowat n halfuur spandeer om die voordeur so oop te maak dat die skarniere nie kraak nie. Die oomblik wat jy in jou sluiptog die gang bereik, tref die eerste koppie jou teen die kop.

Die regte manier om die ding te doen? Kom met n ma se spoed in die erf ingejaag, rev die kar so paar keer voor jy dit afskakel en slaan die deur toe. Stamp die voordeur oop en terwyl jy in die gang afstap, sing jy " I'm in the mood for loving."   As jy nou in die kamer kom, is mammie vas aan die slaap.


Ha ha ha Snys dit moet gedoen wees .Laat my dink aan Tolla se storie .Hy en sy maters kuier so lekker een aand by die kroeg en kyk n dronk ou soek mos altyd kos dis al laat in die aand en die manne besluit hulle gaan saam met Tolla huistoe .Daar gekom soek die manne naarstelik na iets om te eet .Die 1 ou sien daar is n pot op die stoof lig die deksel en sien so dik laag vet bo op dryf .Hmmm dog hy is seker maar more se " stew " hy vat sy finger en breek die vetlaag op en suig aan sy finger dis te heerlik .Hy neem die pot en sit dit op die tafel en se Manne hier is nou lekker stew en die manne val die pot aan en vreet alles lek tot glad die bene af wat hulle onder in die pot vind .Maar hulle is nog honger hier sien die 1 vent op die groente rak le "sweet" potatoes gevolglik word dit geskil en bietjie botter in die pan en maak hulle nou soet patatas vreet die hele spul op .Die volgende oggend staan Tolla se vrou op en sien die skade in haar kombuis .Weet jy se sy Ek kan verstaan dat julle Wagter se kos opgevreet het maar dat julle die bolle van die Dalias so verober het gaan my verstand te bowe
Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2017 @ 16:49:29 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2690
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Dop is nie 'n man se Tjom nie...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required