English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 299
Total Replies: 250 291
Total Views: 83 149 867
topics: 226
replies: 3 642
views: 90 161
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Die Exclusive en die Corana-virus

replies: 49
views: 797
16 Mar 2020 @ 12:46:16 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Oor 'n raps meer as 'n maand vertrek ons vir 5 weke Kruger Wildtuin toe en ons het begin dink aan hoe kan ons verantwoordelik optree om nie dieCorona- virus op te doen nie.  Die ooglopende plek om aan aandag te gee is natuurlik die ablusies waar verskeie mense oor die hele wêreld van die fasiliteite gebruik maak.

Ons het dus besluit om ons Exclusive se badkamer voluit te gebruik en net in uitsonderlike gevalle die gemeenskaplike ablusie.  Die enigste problem is ons Exclusive het net 'n eletriese geiser wat ongelukkig nie ook 'n gas-fasiliteit het nie en twee van die kampe waar ons gaan kamp, het nie eletrisiteit nie. Nou my vraag : Is hier dalk iemand op die forum wat kan voorstel hoe kan ek warmwater by die twee kampe in my stort kan kry ?  -  net tydelik want dit gaan net vir twee periodes van 5 dae elk wees.

Ek sien uit na 'n lekker gesprek hieroor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 13:04:16 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Miskien is my voorstel baie werk, maar julle wil sekerlik nie baie geld spandeer aan iets wat miskien n "once off" gaan wees nie. Maak water warm op n gasstoof en plaas in emmer en was dan met n jug in die badkamer. As jul meer wil spandeer kan julle dink aan Bundu shower....maar gaan seker na dit vir julle wit olifant word.

Interesante vraag....hou graag ander se idees dop

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 13:32:34 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 558
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years
Len, ek sal se soos Geert, kook water en was in n was skottel.
Iets soos daai Addis bakke wat jy gebruik vir skottelgoed gaan lekker werk.
In die een was jy mee em die ander een spoel jy mee af as jy nou fansie wil rak.
Lekker spons sal werk en dit gaan jou niks ekstra kos nie want jy het alreeds al daai implimente.
Daai Bundu stort is duur.
As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 13:37:21 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Lennie, die oplossing is eenvoudig, goedkoop en effektief.

Gaan Builders Warehouse toe of enige winkek wat ordentlike onkruid spuite vir die tuin verkoop. Kry verkieslik 'n 5 liter Gardena. 

Buig nou die aluminium pyp gedeelte, baie versigtig sodat dit nie knak nie, met 'n 90 grade hoek.

Vul nou die spuit reservoir met water teen die temperatuur wat jy verkies om mee te stort.

Klim in die stort, pomp die konterpsie op en stort na hartelus. Jy kan selfs die "stortkop" se sproei patroon verstel.

Die gebuigde pyp maak dit moontlik om binne in jou ore en 'n paar ander plekke ook te was.

Ons het 'n seil storthokkie, en so 'n Gardena kontrepsie, en dit werk uitstekend vir my en vroulief.

Hierdie is 'n populere oplossing vir 4x4 entoesiaste vir gebruik in die bos.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 13:40:24 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Terloops, ons gebruik kontrepsie ook vir skottelgoed wat by die karavaan gewas word.

Ons gebruik dit ook wanneer ons by 'n sekere kamp vertoef en die beurtkrag maak dat die ablusie geen water het nie. Kontrepsie se pens word met water wat op gas gekook is gevul. Ons gooi eers koue water in. Ons wil nie die plastiek seermaak met te warm water nie. Dan gaan kontrepsie saam stort hokkie toe en ons kom silwerskoon terug.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 14:06:25 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4422
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

'n Koue stort het nog niemand doodgemaak nie. Dis nogal lekker. Jou eerste dag sal jy nog warm water in die geyser he. Dan is dit net vier dae koue stort. 

Andersins stem ek saam met Geert en Frikadel se voorstelle.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 15:58:37 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

HM, ek twyfel sterk of jy al in Beaufort-Wes of Bloemfontein in Mei-maand gekamp het.  Dan neem ek eerder soos my kleinkinders sê, 'n varkie-aand !

Ag nee man kêrels, ek wil nou nie soos 'n maplotter te werk gaan nie.  Ek dog ek gaan nou innoverende idees kry hoe om my alleen-elektriese geiser te "by pass".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 16:01:29 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Len, ek het die ander dag een gesien wat 'n spiraal koper pyp is wat op 'n gas bottel se primas kop pas wat jou water warm maak.  Skies kry nie nou een op die web nie.

Die ander opsie is om jou huis nood krag kas te toets en sien hoe lank kan hy die geyser laat loop, jy kan mos daai battery weer die volgende dag laai as julle rond ry ?

Outdoor Warehouse R149.00
Rambler 20L Solar Shower
Related Product

Description: Portable Car Washer DC 12V Camping Shower Car Shower Washer Set Electric Pump Sprayer For Outdoor Camping Travel Specification: Color: Blue Voltage: 12V Current: 3A Power: 35W-60W Pipe length: 2 m/6.56ft Line length: 5 m/16.4ft 

Portable Car Washer Dc 12V Camping Shower Car Shower Washer Set Electric Pump Sprayer For Outdoor Ca

Die een op Price Check gesien vir R 2,375.00 skakel
Beauti-chen Portable Outdoor Camping Shower Multi-function Bath Sprayer Watering Flowers Car Washing Small Sprayer For Travel

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 16:08:49 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 573
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Weet jy hoeveel krag die geyser gebruik, miskien kan ‘n inverter gebruik word. Ek weet dit is ‘n duurder opsie, maar die inverter kan by ander geleenthede handig te pas kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 16:24:46 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Johan, dit is juis wat ek vir Len gesê het want ek weet hy het een wat hy by die huis gebruik.  Ek weet nie wat op Len se geyser staan nie maar hier is myne (wat ook met gas werk) se informasie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 16:24:49 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dankie Willem - daardie 20 liter Rambler solar lyk vir my of dit kan werk.  As ek twee koop teen R149 elk behoort ek en Mammie elke aand 'n warm stort te kan neem.  Ek kan die twee op die karavaan se dak laat lê (of teen die muur laat hang) deur die dag (dis mos warm, sonskyn dae in die Wildtuin in die winter) en dan die stortpypie en stortkop deur die badkamervenster voer vir gebruik.

Kom ons kyk of iemand met nog iets vorendag kan kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 16:30:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek sou kamp se stort gebruik het. Jy stort mos alleen.....nie saam met iemand wat moontlik virus dra nie. So ek glo jy sal veilig wees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 16:35:41 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Sover hou ek van Geert se laaste voorstel die meeste !  Dalk soek ek die bobbejaan agter die bult !  Ek kan mos maar die stortvloer en krane met 'n Detol of iets soortgelyk spuit voor ek stort.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 16:59:43 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1305
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Stem saam met Geert, gebruik Domestos om skoon te maak. Gebruik handoek om mond neus toe te maak wanneer jy uitgaan, indien daar nog persone in ablusie is.

Daar is tans ongeveer 160 000 mense wereld wyd wat positief is vir corona virus uit ongeveer 8 biljoen mense. Soos die engelse se, "rather be safe than sorry" maar ek sal lekker gaan stort in ablusie.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 17:08:32 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Lennie, ons het in die Richtersveld die swart sak stort gebruik. Ons was ses persone in die groep, en elkeen het elke aand sy eie water warm gemaak, dit in 'n emmer gegooi, gemeng tot die regte temperatuur en 'n twee liter Coke bottel wat aan die kant oopgesny was gebruik as tregter om die water in die sak te gooi. 6 mense het een na die ander elke aand so gestort sonder enige beslommernis. 

Ons het daarvandaan "opgegradeer" na die Gardena. Ons het 'n gas/12 volt Alva warmwater stort fasiliteit gekoop, maar verkies die eenvoud en funksie van die Gardena in 'n beperkte ruimte.

Wanneer ons gaan kamp handhaaf ons deesdae die beleid van "less is more".

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 17:43:40 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2206
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Skielik is my kamp 6 liter gas geyser en 12 volt pomp wat ek gekoop het al die koste  werd. Het hom al 'n paar keer gebruik en is baie tevrede. Het hom spesiaal vir Namibië kamp gekoop en gebruik by die huis wanneer ons water af is. 

Lennie weet nie of jy soveel wil spandeer nie maar myne was +- R 2300.00 vir geyser en pomp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 17:45:20 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4422
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

HM, ek twyfel sterk of jy al in Beaufort-Wes of Bloemfontein in Mei-maand gekamp het.  Dan neem ek eerder soos my kleinkinders sê, 'n varkie-aand !

Ag nee man kêrels, ek wil nou nie soos 'n maplotter te werk gaan nie.  Ek dog ek gaan nou innoverende idees kry hoe om my alleen-elektriese geiser te "by pass".

Maar jy gaan mos net koud stort in die sonder krag kampe in Kruger Lennie. 

Soos Geert se, gebruik die kamp geriewe met ekstra versigtigheid. 

 

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 17:46:43 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Dit is maar elkeen se eie keuse en elkeen se eie gesondheid. Ek sou nie bevrees wees vir die gesamentlikke ablusie geriewe nie. As dit jou beter sal laat voel gebruik dan die spuitbottel reiniger voor jy stort en hou jou plakkies aan jou voete.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 18:10:47 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Soos ek dit verstaan het Lennie sy voorkeur uitgespreek om, soos hy dit stel in sy inset: "Ons het dus besluit om ons Exclusive se badkamer voluit te gebruik".

Hy het gevra "Nou my vraag : Is hier dalk iemand op die forum wat kan voorstel hoe kan ek warmwater by die twee kampe in my stort kan kry ? " en ek raai sy vrou voel sterk oor die saak.

Ek kry die indruk dat hy reeds besluit het hy wil nie publieke ablusie geriewe gebruik nie.

Ek dink baie van ons se vrouens sou onder dieselfde omstandighede gevra het of daar nie 'n plan gemaak kan word om warm water in die karavaan se badkamer te kry nie.

My vrou sou ook indien sy gewoond is aan so 'n luukse.

Ns. Die "Ons" in hoofletters is my toedoen.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 18:36:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Soos ek dit verstaan het Lennie sy voorkeur uitgespreek om, soos hy dit stel in sy inset: "Ons het dus besluit om ons Exclusive se badkamer voluit te gebruik".

Hy het gevra "Nou my vraag : Is hier dalk iemand op die forum wat kan voorstel hoe kan ek warmwater by die twee kampe in my stort kan kry ? " en ek raai sy vrou voel sterk oor die saak.

Ek kry die indruk dat hy reeds besluit het hy wil nie publieke ablusie geriewe gebruik nie.

Ek dink baie van ons se vrouens sou onder dieselfde omstandighede gevra het of daar nie 'n plan gemaak kan word om warm water in die karavaan se badkamer te kry nie.

My vrou sou ook indien sy gewoond is aan so 'n luukse.

Ns. Die "Ons" in hoofletters is my toedoen.

Dit klink of oom Lennie die gemeenskaplike geriewe sou gebruik het, maar weens die virus het hy verkies om veilig te speel en probeer om plan te maak om sy karavaan stort te laat werk. Nou dat dit lyk of dit tog veilig lyk te wees val hy terug na oorspronklike plan....soos beplan toe daar nie virus was nie.

Dis hoe ek verstaan, help maar reg indien verkeerd.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 18:51:06 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek sal maar gou aan 'n gadget werk wat jy jou bestaande stort kan gebruik as water uit 'n 25L kan wat vooraf vol warm water gemaak is nie te ma-plotter is nie. Laat weet maar Len.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 19:27:36 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek sou n 20lt kan buite sit, met die nodige warm mengsel vol, n stort pompie deur die venster sit met n skakelaar binne van die karavaan se battery of voertuig.

Het so stort gehad met my boswa.

Ons het net die naweek weer aan die plan gedink vir bostoe gaan of as die krag af is.

Is besig om een te bou.

Classique is maar n moffie vir die Bos.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 20:16:20 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Laat ek gou opklaar :-

  • Ons (ek en Mammie) gebruik altyd die beskikbare ablusie, behalwe as ons nie tevrede is met die samedromming in spitstye of die higiëne nie.
  • Die Corona-paniek het ons gedagtes gestuur na ons eie stort in die wa  -  vir 10 dae van ons 30 dae in die Wildtuin het ons nie krag nie en dus nie warmwater in ons stort nie
  • Dit het my tot die besef gebring ek is besig om 'n mal perd op te saal  -  'n te groot shlêp.
  • By Tsendze en Balule kan ons maar oë toeknyp en die ablusie gebruik.  Dis klein kampies en die hoeveelheid kampeerders is maar min

Dankie vir die lekker geselsie, was tog interessant, maar ons sal maar eerder die ablusie gaan gebruik.

Ns. Ek wonder tog vir die toekoms of ek nie iewers 'n gas-geiser van 'n Exclusive of Classique wat in 'n ongeluk was, kan koop nie.  Waar sal 'n mens vir soiets begin soek ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 20:19:57 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Len aangesien jy genoeg tyd het sal ek die volgende oorweeg.

In die middel bo is die geiser.

1.   Sit 'n T-stuk in tussen tenk en pomp asook 'n klein kraan 1 wat mens toedraai as jy by die kamp kom wat nie krag het nie.

2.   Kraantjie 2 wat normaalweg toegedraai is en oopgedraai word by die nie krag kamp.

3.   Nog 'n kraantjie gemerk as 3 in die 25L kan vol gemaak met water om en by 40 grade wat mens by die ablusieblok kan kry of self kook op 'n vuur of gas.

4.  Sodra jy opgeslaan het kan jy net seker maak die pomp het nie lug in en mens gehoort maklik deur te suig aan die wasbak kraan om water deur te kry. Mens kan ook Leon se vorige voorstelle gebruik om die pomp te bloei met 'n ander kraantjie so ent na die pomp in die pyp wat na die koue water kant gaan v d mengers.

5.   Nou is jy reg om die water op temp te kry in jou kan en jy kan stort soos normaalweg. Hoop net die 25L kan het genoeg vir albei om te stort.

Verder kan mens ook maak soos Jin gese het. Ek sal dan net 'n dubbel pool toggle skakelaar gebruik om te kan skakel tussen die blou eksterne pomp en die in lyn pomp. Die bestaande 2 drade na die pomp kom in die middel op 2 v d 6 punte op die toggle. Die whale in lyn pomp kom op die 2 aan die een kant v d toggle en die blou pompie kom op die oorblywende 2 punte. Toggle sal dan bepaal watter v d 2 pompe mens wil gebruik as jy enige menger oopmaak.

Len daar is gas/220V geisers beskikbaar teen redelike pryse as jy nie by 'n Campworld of Leisure world bestel nie. Google maar vir inligting.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 20:45:55 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die blou hand stort wat Willem gelys het is al wat jy nodig het met 12v battery. Parkeer sleep voertig naby of ekstra battery.

Die handstort kom met n pompie, 12v lighter sok met skakelaar. Die shower kop stuk het n blink afsny pen/klep wat jy die water kan stop terwyl die pomp nog aan is.

20l emmer waarin jy die water meng tot temp sal goed werk. Uit ondervinding maak dit effens warmer as idiaal.  Teen tyd dat water by stortkop kom het dit weer effe afgekoel.

Om beter druk as net gravitasie uit die Rambler shower te ry, koppel die hand stort daarop met net n 12V hek motor battery.  Sit die rambler steeds op die dak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 22:12:13 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ai, maar julle mense is oulik, nes ek vermoed het !

Maar, ek gaan maar by Balule en Tsendze in die ablusie stort !

Dit bly egter op my radar om 'n gebruikte Jurgens (Hansen) gas/elektriese geiser iewers in die hande te kry om my slegs-elektriese geiser te vervang.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 22:30:59 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4422
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Len aangesien jy genoeg tyd het sal ek die volgende oorweeg.

In die middel bo is die geiser.

1.   Sit 'n T-stuk in tussen tenk en pomp asook 'n klein kraan 1 wat mens toedraai as jy by die kamp kom wat nie krag het nie.

2.   Kraantjie 2 wat normaalweg toegedraai is en oopgedraai word by die nie krag kamp.

3.   Nog 'n kraantjie gemerk as 3 in die 25L kan vol gemaak met water om en by 40 grade wat mens by die ablusieblok kan kry of self kook op 'n vuur of gas.

4.  Sodra jy opgeslaan het kan jy net seker maak die pomp het nie lug in en mens gehoort maklik deur te suig aan die wasbak kraan om water deur te kry. Mens kan ook Leon se vorige voorstelle gebruik om die pomp te bloei met 'n ander kraantjie so ent na die pomp in die pyp wat na die koue water kant gaan v d mengers.

5.   Nou is jy reg om die water op temp te kry in jou kan en jy kan stort soos normaalweg. Hoop net die 25L kan het genoeg vir albei om te stort.

Verder kan mens ook maak soos Jin gese het. Ek sal dan net 'n dubbel pool toggle skakelaar gebruik om te kan skakel tussen die blou eksterne pomp en die in lyn pomp. Die bestaande 2 drade na die pomp kom in die middel op 2 v d 6 punte op die toggle. Die whale in lyn pomp kom op die 2 aan die een kant v d toggle en die blou pompie kom op die oorblywende 2 punte. Toggle sal dan bepaal watter v d 2 pompe mens wil gebruik as jy enige menger oopmaak.

Len daar is gas/220V geisers beskikbaar teen redelike pryse as jy nie by 'n Campworld of Leisure world bestel nie. Google maar vir inligting.

Oulik! Maar ek dink nie dit is raadsaam om warm water deur die pomp te laat nie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 22:32:42 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Lennie. Trek n paar flip flop sandals aan en stort met hulle. Vat n disinfectant spray saam om shower handle te spray. Gebruik jou karavaan se wasbakkie om vals tanne te borsel, kuif nat te maak en gel aan te sit.

Onthou net om die grys water op te vang en by die buurman se tent uit te gooi πŸ€ͺ 🀣

πŸŒͺ️ Worry ends where faith begins πŸŒͺ️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 16:11:59 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Oulik! Maar ek dink nie dit is raadsaam om warm water deur die pomp te laat nie.

Volgens die spesifikasies word daar gewoonlik iets soos 40 grade aangeduias ek reg onthou en dit is alreeds baie te warm vir my om in te stort. Die 25L kan sal ook nie kookwater kan hou nie maar gedoel vir stort temp.

Met temp wat deesdae gereeld oor die 35 gaan en woonwaens heeldag in sulke temp staan wat selfs nog meer as 40 is is ek nie so seker hulle sal iets oorkom nie. Veral nie vir die 4 of 5 min wat mens stort nie.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 07:08:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Oulik! Maar ek dink nie dit is raadsaam om warm water deur die pomp te laat nie.

In die geval wat ek beskryf het is die water darem nie kookend nie dis net so effe warmer as wat jy met hom wil stort want dit koel redelik gou af as dit deur die pyp beweeg en dan die stort effek tot op jou lyf.

Ek stem saam dis dalk nie raadsaam om baie warm water met die plastiek pompies te pomp nie.  Iets sê net vir my daai pompie gaan nie baie lank hou nie.  Het nie feite nie... net 'n gut feeling.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 10:14:13 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Danie se skets hierbo het my aan die dink gesit.  Ek poog om 'n gebruikte, draagbare ALVA gas-geiser aan te skaf.  Die idee is dan om 'n koue -waterlyn punt uit my bestaande koue waterlyn aan te lê naby die Exclusive se linker-wiele met 'n "clik-fix" koppelstuk.  Dan ook 'n tweede "clik-fix" koppelstuk met 'n pyp gekoppel aan my bestaande warm waterlyn.

Ek sal ook 'n kraantjie by die elektriese geiser se warm-uitlaat aanbring wat toegedraai sal word as daar nie elektisiteit beskikbaar is nie.

Die draagbare ALVA-gas geiser word dan in die tent of rally, by die wiele geplaas, die kouewater en die warmwater uitlate word gekoppel aan die twee "clik-fix" koppelstukke onder die wa by die wiele.  Die gas geiser behoort dan aan te skakel as 'n warmkraan in die stort geopen word en warmwater word deur die stelsel gepomp tot by 'n kraan wat oop is.  Ek hoop die karavaan Whale standard-pompie sal die ding doen want die elektriese geiser is mos met die kraantjie geblok.  Indien nie, sal ek dit met 'n Sureflo-pompie vervang.

Die groot voordeel is, alles bly standard en ek neem net die draagbare ALVA-geiser (3kg) in 'n drasak saam as ek weet ons gaan kamp waar daar nie krag is nie.

Wat dink julle hiervan, kan dit werk ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 15:02:33 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2206
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Lennie, my stelsel werk baie soos jou idee. Ons water is heelwat af asgevolg van ou pype en dan sukkel  Elmarie on te stort as sy moet vlieg. 

Het 6liter gas geyser gekoop en geinstalleer op stoep met pyp direk in die stort. As water af is sit ek 12volt pomp aan en sodra die ekstra kraan in die stort oopgemaak word het ons warm water vanuit 'n 20 liter kan.

Werk uitstekend. Geyser is klein genoeg dat ek hom in die Ranger se kant van die canopy insit as ons Namibie toer.

Al die pype se toebehore het ek met die "quick couplings" soos tuinslang sin vervang on makliker te maak. 

Elmarie is tevrede so dan is ek ook gelukkig.πŸ˜‚

Is nou besig om 500 liter JoJo tenk in te sit en sal die gas geyser stort met 230 volt pomp met reguleerder op beheer. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 19:45:33 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jan..... Stuur my jou nommer asb.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 19:53:26 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2206
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Jan..... Stuur my jou nommer asb.

 

Nul agt twee Agt nege Agt 2939

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 19:57:29 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dankie, ek bel jou later

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 20:02:30 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dankie, ek bel jou later

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 10:39:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Lennie, my stelsel werk baie soos jou idee. Ons water is heelwat af asgevolg van ou pype en dan sukkel  Elmarie on te stort as sy moet vlieg. 

Het 6liter gas geyser gekoop en geinstalleer op stoep met pyp direk in die stort. As water af is sit ek 12volt pomp aan en sodra die ekstra kraan in die stort oopgemaak word het ons warm water vanuit 'n 20 liter kan.

Werk uitstekend. Geyser is klein genoeg dat ek hom in die Ranger se kant van die canopy insit as ons Namibie toer.

Al die pype se toebehore het ek met die "quick couplings" soos tuinslang sin vervang on makliker te maak. 

Elmarie is tevrede so dan is ek ook gelukkig.πŸ˜‚

Is nou besig om 500 liter JoJo tenk in te sit en sal die gas geyser stort met 230 volt pomp met reguleerder op beheer. 

 

Jan my dogter is ook in die lugredery besigheid.  Sy werk baie ongelee tye en dan as sy in die aand by die huis kom is dit 'n mission om seker te maak sy het warm water om in te stort.  Gesien in die lig van "load shedding" en so aan.

Ek wil ook daai klein gas geyser ding doen met adisionele pyp in die stort.  Dis net vir die nood gevalle.

Het jy dalk fotos wat jy kan aanstuur en siende dat die pomp se druk laer is as munisipale druk hoe beheer jy die temperatuur?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 16:53:18 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2206
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Leon,  daar is 'n beheerknop wat jy stel om die temperatuur van die water te stel.  Die geyser het 'n digitale temperatuur meter en jy kan sien wat die temperatuur is. 

Het vir Jin belowe ek sal fotos en video neem die naweek hoe alles werk met die 12volt pomp. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 14:48:19 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Lennie, die oplossing is eenvoudig, goedkoop en effektief.

Gaan Builders Warehouse toe of enige winkek wat ordentlike onkruid spuite vir die tuin verkoop. Kry verkieslik 'n 5 liter Gardena. 

Buig nou die aluminium pyp gedeelte, baie versigtig sodat dit nie knak nie, met 'n 90 grade hoek.

Vul nou die spuit reservoir met water teen die temperatuur wat jy verkies om mee te stort.

Klim in die stort, pomp die konterpsie op en stort na hartelus. Jy kan selfs die "stortkop" se sproei patroon verstel.

Die gebuigde pyp maak dit moontlik om binne in jou ore en 'n paar ander plekke ook te was.

Ons het 'n seil storthokkie, en so 'n Gardena kontrepsie, en dit werk uitstekend vir my en vroulief.

Hierdie is 'n populere oplossing vir 4x4 entoesiaste vir gebruik in die bos.

Ek sien mens kry nou een wat met herlaaibare batterye werk.....dit sal seker sorg dat jou drukking heeltyd konstant bly

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 14:50:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek sien mens kry nou een wat met herlaaibare batterye werk.....dit sal seker sorg dat jou drukking heeltyd konstant bly

....en omdat daar nie krag gaan wees nie, n sonpaneel wat battery kan herlaai

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 16:12:11 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Nouja mense, die besluit is geneem : ek het 'n 2de handse Bundo Shower gekoop vir R1200 en die oomblik as die inperking opgehef of verlig word, rapporteer ek by BWH om 'n lengte of wat pyp, kraantjies en koppelstukke te koop.

In kort kom dit daarop neer dat ek die warm en koue water pype agter die twee linkerwiele gaan onderbreek en herlei na koppelstukke net bo die wiele.  Ek koppel dan die gas-Bundu geyser aan hierdie twee pype.  By die elektriese geyser draai ek die nuwe kraantjie op die warmwaterlyn toe sodat koue water (daar is mos nie elektrisitei nie) nie in die lyn gepomp word nie.  Dan steek ek die Bundu op die gasbottel aan en enige kraan wat oopgemaak word, sal warmwater lewer.

Ek benodig net die blink pyp (geyser) wat bo-op die gasbottel geskroef word, maar moes dit as 'n eenheid koop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 17:17:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sjoe....dis n winskoop! Nuut kos hulle meer as R3k. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 19:47:16 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ja die vorige eienaar het dit net eenkeer getoets vir sy vorige boswa en toe 'n nuwe boswa met 'n badkamer gekoop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2020 @ 21:59:13 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Nouja, my projek vorder !  Al die pypwerk op die Exclusive is gedoen en ek wag nou net vir die koerier om die Bundu wat ek in Pretoria te koop gekry het, af te lewer.

Ek het besluit om die "click-fix" koppelinge eerder agter die deur van die Exclusive te sit sodat dit in die hoek van die tent of rally staan.  As ons die rally gebruik, staan ons skottelgoed rak teen die sykant langs die karavaandeur en ek kan dus die warmwater pyp sommer vir die skottelgoed-bak ook gebruik.

Ek het probeer om 'n paar fotos te laai, maar die stelsel wil dit nie vanaand aanvaar nie.  Sal dit maar op 'n later stadium laai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2020 @ 17:19:04 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

My projek is afgehandel  -  so lyk dit as ons warmwater in die karavaan nodig het en daar is nie krag vir die elektriese geyser nie :-

.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2020 @ 22:21:14 pm
RichardJ
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 368
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Well done Lennie

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2020 @ 08:38:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dit lyk nou na n bakgat oplossing...geluk!

Net vir interesantheid....waarvoor is hierdie paaltjie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2020 @ 10:34:59 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2018
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Geert, die paaltjie is om die deur te stut want dit kan nie heeltemal oopmaak as die gas-geyser ingebruik is nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2020 @ 12:23:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert, die paaltjie is om die deur te stut want dit kan nie heeltemal oopmaak as die gas-geyser ingebruik is nie.

 

Dankie...slim planπŸ‘

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2020 @ 20:28:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za