English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 158
Total Views: 82 384 978
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 804 118
Jokes and everything else that makes you laugh

Die DIY man

replies: 3
views: 1013
10 May 2017 @ 17:14:58 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
My suster vertel my van die keer toe haar maer Engels man te veel van Riaan se DIY programme gekyk het. Nou sy Afrikaans is maar so-so dus het hy meer gekyk as geluister. So probeer hy toe sy hand aan allerhande nutsman probleme waarvoor hy in die verlede nie kans gesien het nie. Maar hy begin agterkom dat sy ‘kyk-en-luister-nie’ metode nie een honderd persent idioot bestand is nie. Sy eerste taak is om n gat in die muur te boor maar net daar laat sy Afrikaans hom in die steek want hy gebruik n gewone staal boorpunt en brand amper die boor masjien uit .
So gaan hy aan en probeer sy bes om homself nie aan stukke pyp of hout vasgeplak te kry nie. Een aand besluit hy dit is tyd dat hy vir die bedlampie ‘n nuwe skakelaar aansit. Sy vrou baklei nou lank genoeg om hom sover te kry om die koord te vervang. Hy kry die lamp en die nuwe skakelaar en die koord wat onder die bed le bymekaar en gaan sit op die kant van die bed.
Met groot behendigheid en konsentrasie skroef hy die skakelaar oop en probeer uitwerk hoe die klomp drade daardeur moet gaan. Die instruksie boekie is ‘n mors van tyd. Die instruksies is vir ‘n nuwer model as die een wat hy vashou. Hy tel die koord op en trek aan die ‘insulation tape’ wat dik om die draad gedraai is. Dit is taai en sit mooi vas. Dit is omtrent hier waar hy weer nie mooi geluister het wat Riaan gese het nie. ‘Maak seker jy skakel die krag by die skakelbord af voordat jy met elektrisiteit werk…’ Sonder om te aarsel druk hy die koord se punt in sy kies en byt daardie ‘insulation tape’ vas en trek dit dat sy kop skeef draai.
Dan kom die taai gedeelte los en sy tong en lip raak aan die koperdraad. Koperdraad wat vol ‘No Load Shedding hierdie week’ elektrisiteit is. My suster se sy het nog nooit so iets gesien nie. In die sekonde wat dit geneem het vir die skakelbord om te ‘trip’ het al daardie heerlike skop skiet en donder elektrisiteit deur Engelsman se kop getrek met die spoed van weerlig en hom so hard geslaan dat hy bo-oor die bed gevlieg het en aan die anderkant van die bed op die grond geland het. Sy bek het gekwyl soos n Cafe vlieg wat n bord chips gesien het. Die draad was nog in sy hand en toe sy seun die skakelbord se krag aan die anderkant van die huis aansit toe trek die krag weer deur Engelsman se hand en hy slaan sy kop teen die muur van skok. Teen die tyd het hy die draad laat val en dit le teen sy been en ‘n sekonde later skakel behulpsame seun weer die skakelaar aan en die krag gaan deur sy regterbeen en Engelsman hop met ‘n skreeu eenkant toe en stamp sy kop weer teen die muur. My suster kry asem en skreeu vir die seun om die krag te los en te kom help.
So kry hulle toe arme Engelsman op die bed en gekalmeer en toe die are begin sak en die rooi uit sy gesig begin verdwyn toe weet hulle hy is nog ok. Engelsman het nie weer na Riaan se program gekyk nie en hy het vir ‘n lang tyd twee keer gedink voordat hy ‘n lampie se skakelaar gebruik…
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2017 @ 07:50:30 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years
Wat 'n skokkende ervaring! Lekker gelag - dankie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2017 @ 13:36:07 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2696
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Weer, mooi vertel...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2017 @ 12:37:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Hy is so vol krag dat hy self in die aand gloei.
Sy noem hom seker nou, My KRAGMAN. Hehehehe
Darm lewe hy nog.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required