English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 032
Total Views: 82 377 450
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 803 937
Jokes and everything else that makes you laugh

Die Brille storie

replies: 8
views: 1304
15 May 2017 @ 13:21:20 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Sit nou die dag hier en dink jy moet alles gebruik wat Moeder natuur jou gegee het voor Vader tyd dit weg vat .Ek is nou op die stadium waar die ogge ingee ,maak n afspraak met die oog arts (wat n mooi naam vir n oog kyker) en hy se ek het van daai Bi- focals of selfs Tri-focals nodig .Twee weke later bel hy my en se die brille is gereed .Nou ek weet nie wie almal hier dra sulke goed nie maar laat ek julle vertel van my insident .Stap by sy kantoor in hy sit die goed op my gesig en verduidelik die boonste lens is vir ver kyk ,hulle deel mos die lense in sulke dele op .Die middle lens is vir normal kyk en die onderste lens is vir om die etikette op my medisyne bottles te lees .Okay ek het dit, met die stap die ou uit en los my alleen met Bennie Boekwurm se brille .Ek sit by die tafel en kyk na die deur se kant .Maar hoekom lyk die deur nou so ver kannie onthou dat ek so lank geloop het nie na die tafel .Raait staan op en binne 5 tree is ek by die deur maar nou is daar n ander problem die deurknop lyk soooooo groot .Voel voel met hand vind die knop maak die deur oop en stap uit .
Juslaaik maar hierdie is n lang gang na die Hysers en weer na n paar tree is ek by die hysers.Snaaks ek moes seker groot tree gegee het om so vinnig daar te kom .In elk geval die hyser se deur gaan oop .Probleem no 2 dit lyk vir my die hyser het tussen 2 vloere gestop daar is so n trap wat ek moet opklim om in die hyser te kom.Ek tel my been hoog op nou vir die trap, die mense in die hyser staar my oorbluf aan maar se niks en so sukkel ek om in die hyser te kom .Nou staan ek in die hyser maar probleem no 3 almal staan so te se op my

Genadiglik bereik ons die grond vloer en n ou dame help my van die trap af en ek stap buite na die straat ek moet die straat oorsteek .Probleem no 4 die sypaadjie lyk so 6 voet van die teer af .Ek sak af tot ek hande 4 voet is en so bekruip ek die teerpad .Kyk die pad af vir karre en sien 1 daar ver aankom begin fluks oor die pad stap volgende oomblik is dit net brieke en toeter die kar skuur my rakelings verby.Verskrik steier ek agter uit en beland op my sitvlak op die teer .Ek hoor n stem wat vra of hy kan help ,kyk toe op en al wat ek sien is n neusgat .Okay die neusgat help my op en ek vra dat hy my net kan help tot by n Tiekie Box ek moet my vrou bel .Bel my vrou ,sy antwoord en ek is nou in trane Asseblief kom haal my ek het die nuwe brille maar kannie lekker sien .My vrou is nie baie simpatiek nie sy se net Jou poephol haal die brille af en kom huistoe .

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 17:28:57 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Nou het ek lekker gelag.  Ek het net so gesukkel met bi-focals.   En daar was nie 'n neusgat om my te help nie.laughinglaughing   Saans as ek in die bed wou lê en lees MOES ek my nek en kop op een spesifieke manier hou en ek MOES die boek op presies die regte plek hou.   Ek het daai bril teruggevat en gesê, gee my twee afsonderlike brille, dadelik!   Ek dra nie eers 'n bril voltyds nie, net as ek lees en bestuur.   Daai bi-focals het my mal gehad, kon nie een van die twee daarmee doen nie.

Goeie storie, Dassie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 18:20:28 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Ou Dassie gelukkig moes jy nie Toilet toe nie.......dit kon n neukspul afgegee het.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 18:37:06 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years

Nou het ek lekker gelag.  Ek het net so gesukkel met bi-focals.   En daar was nie 'n neusgat om my te help nie.laughinglaughing   Saans as ek in die bed wou lê en lees MOES ek my nek en kop op een spesifieke manier hou en ek MOES die boek op presies die regte plek hou.   Ek het daai bril teruggevat en gesê, gee my twee afsonderlike brille, dadelik!   Ek dra nie eers 'n bril voltyds nie, net as ek lees en bestuur.   Daai bi-focals het my mal gehad, kon nie een van die twee daarmee doen nie.

Goeie storie, Dassie.



Freda Bi- focals is hel op aarde van al die op en af kyk kry jy naderhand n kreukel in jou nek
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 18:39:19 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Ou Dassie gelukkig moes jy nie Toilet toe nie.......dit kon n neukspul afgegee het.

PietG dink ek ook nou net met daai Bennie Boekwurm brille so alles mos enorme gelyk het .Weet nie of ek moer brag of liewer stil bly nie lol
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 19:31:10 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2692
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Weer lekker gelag Das...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 21:01:22 pm
Piet Pad
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 16 Feb 2016
Experience: 32 years
Ai tog ek vee net trane van lekker lag. Het die lekker waarheid vir vroulief gelees en sy lag nog steeds. Groete. Hoop jy het die huis gehaal.
'n Glimlag is gratis!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2017 @ 09:33:09 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Hehehehe.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2017 @ 16:05:19 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Jy spot,

DRA nou 50 jaar bril. Was 5 jaar oud toe ek my 1ste bril gekry het in OOS Londen. Die Trustbank gebou was 4 verdiepings (2 verdiepings was vir die computer). Daai dag het dit gelyk soos 20 verdiepings. Ek was jongste van 4 kinders en ma was seker gatvol van so baie kinders. Toe ons oor die hoofstraat moes loop toe trap ek die gutter mis en mo@# neer in die straat.

Net daar, soos n wel opgevoede vrou van daai tyd, foeter sy my net daar!

Terloops, vandag kos n bril my tussen 5 en 11 000. Die oogarts reken darem ek het goeie OE! Jy moet goeie OE he on deur sulke dik lense te kan kyk😂😂😂😂😂😂😂

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required